South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 63
| Noteup
| LawCite
S v Dangatye (724/1992) [1994] ZASCA 63; [1994] 3 All SA 128 (A) (17 May 1994)
Download original files |
LL Saak No 724/1992
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
CHARLES DANGATYE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: BOTHA, HEFER, GOLDSTONE ARR, NICHOLAS
et OLIVIER Wnd ARR
VERHOORDATUM: 7 MAART 1994 LEWERINGSDATUM: 17 MEI 1994
UITSPRAAK BOTHA AR:-
2 Die appellant is in die Rondgaande Hof op
Rustenburg deur SCHABORT R en assessore skuldig bevind aan moord, roof (twee
aanklagte)
en die onwettige besit van 'n vuurwapen. Weens die moord is hy ter
dood veroordeel. Op elk van die aanklagte van roof is hy tot 10
jaar
gevangenisstraf gevonnis, en op die oorblywende aanklag tot 2 jaar
gevangenis-straf. Die appêl is gerig slegs teen sy
skuldig-bevinding aan
moord en die doodvonnis wat hom opgelê is.
Die verhoor in die hof a
quo het oor drie dae gestrek, van 1 April tot 3 April 1992. Gedurende die
oggend van die tweede dag het die appellant hom "onttrek aan
die saak", soos die
verhoorregter dit gestel het, deur die hofsaal te verlaat en terug te keer na
die sel waarin hy aangehou was.
Daarna is die verhoor voortgesit in sy
afwesigheid. Die appellant se "onttrekking" het gevolg nadat hy
3 beswaar gemaak het teen die wyse waarop die pro Deo advokaat wat
destyds namens hom opgetree het, die saak gevoer het, en die advokaat hom aan
die ver-rigtinge onttrek het (met die verlof
van die verhoor-regter), en nadat
die verhoorregter laat blyk het dat hy nie van voorneme was om 'n aansoek van
die appellant om
die uitstel van die verhoor, ten einde die dienste van 'n
advokaat van sy keuse te bekom, toe te staan nie.
Aan die einde van die
verhoor, nadat die appellant (steeds in sy afwesigheid) skuldig bevind en
gevonnis is, het die verhoorregter
die prokureur-generaal (Transvaal) versoek om
reëlings te tref vir regsverteenwoordiging van die appellant, om hom
"desnoods
teen wil en dank" by te staan vir die doeleindes van 'n appèl.
Ter voldoening aan die versoek het 'n lid van die prokureur-generaal
se
personeel die appellant in die gevangenis besoek en
4
aan hom verduidelik dat 'n pro Deo advokaat aangestel
kan word om sy appêl te behartig. Die appellant het
bevestig dat hy
wil appelleer teen die doodvonnis wat
hom opgelê is en dat hy wel
bereid is om die aanstel-
ling van 'n pro Deo advokaat te aanvaar om die appèl
te behartig. Daarna is mnr Waqener aangestel om
namens die
appellant op te tree. Met die advies en
bystand van mnr Wagener het
die appellant toe 'n
aansoek in die hof a quo geloods dat 'n
spesiale
aantekening van 'n onreëlmatigheid op die
oorkonde
aangebring word ingevolge artikel 317(1) van die
Strafproseswet 51 van 1977. Die aansoek is toege-
staan. Die spesiale
aantekening lui soos volg:
"Dit word beweer dat daar 'n onreëlmatig-heid plaasgevind het deurdat die verhoor-regter nie geregtig was om aan die beskuldigde 'n keuse te gee of hy sy ver-hoor wil bywoon al dan nie. Dit word beweer dat artikel 158 van die Strafproses-wet 51 van 1977 gebiedend bepaal dat alle strafregtelike verrigtinge in 'n hof in die aanwesigheid van die beskuldigde moet plaasvind. Dit word beweer dat die
5
verhoorregter slegs in terme van artikel 159(1) kon gelas het dat die verrigtinge in die afwesigheid van die beskuldigde plaas-vind en dat hy nie daarvolgens opgetree het nie dit wil sê die bepalings van artikel 159(1) van We t 51 van 1977 nie hier van toepassing is nie.
Dit word voorts gepostuleer dat die gevolglike afwesigheid van die beskuldigde by die verrigtinge 'n onreëlmatigheid daargestel het, alternatiewelik, in stryd met die reg was en daartoe gelei het dat geregtigheid nie geskied het nie."
In hierdie Hof het mnr Wagener, in die loop
van sy deeglike en bekwame betoog namens die appel-
lant, uitgebrei op die bewerings wat vervat is in die
spesiale aantekening en aangevoer dat die appêl op
grondslag daarvan
gehandhaaf behoort te word. Daar-
benewens het hy ook 'n verdere grond ter
onder-
steuning van die appél aangevoer, wat afsonderlik is
van die
feit dat die appellant tydens 'n groot
gedeelte van die verhoor afwesig was.
Dit was dat
die verhoorregter gefouteer het deur die appellant se
aansoek
om uitstel te weier en dat sy beslissing in
6 dié verband aanvegbaar
is op grond daarvan dat hy sy diskresie nie op 'n regterlike wyse uitgeoefen het
nie. Die weiering
van die aansoek om uitstel word nie geopper in die spesiale
aantekening nie, maar dit sluit nie die oorweging van die punt uit nie,
omdat al
die feite wat daarop betrekking het reeds uit die oorkonde self blyk. (Dit is
trouens ook die posisie ten opsigte van die
punt wat wel in die spesiale
aantekening geopper word.)
Mnr Waqener se betoog noodsaak 'n
uiteen-setting van hoe presies die verhoor in die hof a quo verloop het.
Ter agtergrond is dit egter eers nodig om kortliks die gebeure te skets wat
aanleiding gegee het tot die aanklagte teen
die appellant. Die appellant het
self 'n lang en uitvoerige relaas daarvan verskaf in 'n verklaring wat hy na sy
inheg-tenisneming
aan 'n vrederegter, kaptein De Bruin, afgelê het, en wat
deur die kaptein in getuienis
7 ingedien is nadat die appellant se bywoning
van die verhoor reeds tot 'n einde gekom het. Ek verwys slegs na enkele
hooftrekke van
die verklaring. Die appellant het gewerk op die plaas van mnr Van
Vuuren ("die klaer"). Die appellant het saam met 'n vriend, ene
Sakkie, beplan
om die klaer en sy eggenote ("die oorledene") te beroof van geld. Op die
betrokke dag het die appellant en 'n ander
werknemer van die klaer, ene Shortie
(sy regte naam is Samuel Moraki) in 'n kamp op die plaas gewerk waar hulle 'n
draad-heining
herstel het. Onder 'n voorwendsel het die appellant Moraki oorreed
om saam met hom na 'n naby-geleë bos te gaan, waar Sakkie
gewag het. Daar
het die appellant Moraki van agter vasgegryp en vasgehou terwyl Sakkie sy hande
en voete vasgebind het. Sakkie het
lappe in Moraki se mond gedruk en met nog 'n
lap sy mond toegebind. Daarvandaan het die appellant die klaer by sy woonhuis
gaan roep,
onder
8 die voorwendsel dat nog draad nodig was om die herstel van
die heining te voltooi. Die klaer het sy bakkie gevat en saam met die
appellant
na die werks-plek gery. Op soek na Moraki het hy in die bos gegaan, waar
dieselfde met hom gebeur het as met Moraki: die
appellant het hom van agter
vasgegryp en vasgehou terwyl Sakkie sy hande en voete vasgebind het, lappe in sy
mond gedruk het en sy
mond met 'n lap toegebind het. Die appellant en Sakkie het
toe met die bakkie na die opstal gery. (Die aanval op die klaer en die
neem van
die bakkie was die onder-werp van een van die roof-aanklagte teen die
appellant.) By die woonhuis het die appellant aan
die oorledene gesê dat
die klaer 'n knyptang uit die stoorkamer benodig. Toe sy in die stoorkamer
ingaan, is dieselfde met
haar gedoen as met Moraki en die klaer: die appellant
het haar vasgehou terwyl Sakkie haar hande en voete vasgebind het, 'n lap in
haar
9
mond gedruk het en haar mond toegebind het. Daarna
het die appellant en Sakkie kontant en vuurwapens uit
die brandkluis in die huis verwyder, ander goed uit
die huis geneem en
hulle uit die voete gemaak met
hulle buit. (Die ander roof-aanklag en die
aanklag
van die onwettige besit van 'n vuurwapen het
hieruit
voortgespruit. En so ook die moord-aanklag: anders
as Moraki en
die klaer, het die oorledene nie die
aanval op haar oorleef nie. Dit is later
tydens 'n
nadoodse ondersoek vasgestel dat sy beswyk het as
gevolg van
versmoring.)
Aan die einde van sy verklaring het die
appellant, in antwoord op 'n vraag van kaptein De
Bruin waarom hy en
Sakkie nie teruggegaan het na die
oorledene om te kyk of sy nog lewe nie, die
volgende
gesê:
"Ons het nie teruggegaan nie, want ek het gedink sy lewe nog. Ek was nie van plan om moord te pleeg nie, ons het gaan geld soek."
10
Met die aanvang van die verhoor het die appellant skuldig gepleit op die twee aanklagte van roof en die aanklag van die onwettige besit van 'n vuurwapen. Op die moord-aanklag het die appellant verklaar dat hy nie die opset gehad het om die oorledene te dood nie, en op daardie grondslag skuldig gepleit aan strafbare manslag. 'n Skrifte-like pleitverduideliking wat deur die appellant onderteken is, is deur sy pro Deo advokaat ingehandig en deur die appellant bevestig. Daarin het hy al die bestanddele van die misdade waarop hy skuldig gepleit het, erken. Die Staat het nie die pleit op die moord-aanklag aanvaar nie, maar wel die ander pleite. Daarop het die verhoorregter die appellant skuldig bevind op die drie aanklagte ten aansien waarvan hy ongekwalifiseerd skuldig gepleit het, en 'n pleit van onskuldig aangeteken op die moord-aanklag. Wat
11
laasgenoemde betref, het die appellant 'n reeks formele erkennings gemaak,
onder meer met betrekking tot die verslag van die nadoodse
ondersoek op die
liggaam van die oorledene en ' n plan en foto's van die toneel van die
moord.
Net voordat 'n aanvang gemaak is met die lei van getuienis, het die
verhoorregter sekere opmerkings teenoor die appellant gemaak wat
vermeld moet
word met die oog op die latere ontevredenheid wat by die appellant ontstaan het
met die optrede van sy advokaat. Die
verhoorregter het naamlik die appellant se
aandag daarop gevestig dat, indien hy te enige tyd in die loop van die saak sou
voel dat
dit vir hom nodig is om instruksies aan sy advokaat te gee, hy
onmiddellik die tolk se aandag moes trek. Die hof sou dan vir die
appellant die
geleentheid gee om daardie instruksies te gee. Die verhoorregter het bygevoeg
dat daar ook verdagings sou wees waartydens
12
instruksies aan die advokaat gegee sou kon word indien die appellant sou
oordeel dat dit nie dringend genoeg was om dit daar en dan
te doen
nie.
Daarna het die Staat begin om getuienis te lei. Gedurende die oggend van
die eerste dag van die verhoor het vyf getuies getuig. Dit
is nodig om na 'n
paar aspekte van dié getuienis te verwys, in soverre dit verband hou met
die besprekings wat later tussen
die appellant en die verhoorregter plaasgevind
het. Die eerste getuie was Moraki. Volgens hom het die aanranding op hom
plaasgevind
nadat die klaer met sy bakkie vir hom en die appellant kom oplaai
het vir middagete (omtrent eenuur die middag) en weer terug-gebring
het na die
werksplek (omtrent twee-uur). Hy is nie hieroor verder gevra in
kruisondervraging nie. Sy getuienis was verder dat die
appellant hom van agter
vasgegryp het, maar oor wie van die appellant en sy maat hom vasgebind het, was
sy getuienis
13
onduidelik. Aanvanklik, in hoofgetuienis, het hy gesê dat die appellant
hom vasgemaak het en sy mond en oë toegebind het,
maar in kruisondervraging
het hy gesê dit was die ander man saam met die appellant wat hom met die
tou (of rieme) vasgebind
het. Op 'n vraag of die appellant hom nie net vasgehou
het nie, het hy bevestigend geantwoord, maar toe bygevoeg dat hy op 'n stadium
geval het en dat albei die appellant en sy maat hom vasgedruk het. Op 'n verdere
vraag het hy gesê dat die appellant "begin
vasmaak" het. Dit is aan hom
gestel dat die vasbind met die rieme en die lap nie deur die appellant gedoen is
nie, maar deur die
ander man, waarop hy geantwoord het dat die appellant een lap
uit sy sak gehaal het en dit om sy mond en kop vasgemaak het. Later
het hy
gesê dat die appellant ook 'n lap in sy mond gedruk het.
Twee van die
getuies het getuig oor hoe die oorledene in die stoorkamer aangetref is. Hulle
is
14 die menere Du Plessis, vader en seun. Du Plessis senior het getuig dat
daar 'n groot drom regop voor die deur van die stoorkamer
geplaas was. Hy het
die deur oopgemaak, binnegegaan en die oorledene aan-getref op 'n klomp
gereedskap en 'n rol draad. Haar hande
was vasgemaak met toue en 'n stukkie
draad, en haar voete op dieselfde manier. 'n Lang lap was in haar mond vasgedruk
en haar mond
was met 'n ander lap toegebind. Op die foto's van die toneel het
die getuie 'n wit lap met pienk kolle uitgeken as die lap wat binne-in
die
oorledene se mond gedruk was. 'n Blou lap op die foto's is deur die getuie
beskryf as 'n voorskoot wat die oorledene aangehad
het. Hy het die lap om haar
mond afgetrek en die lap in haar mond uitgetrek. Hy het gesien dat sy reeds dood
was. Daarna het hy met
'n knyptang die toue en die draad om haar hande en haar
bene afgeknip en losgemaak. In kruisondervraging is dit aan hom gestel dat
die
15
appellant sou sê dat sy maat die oorledene net met toue vasgemaak het
en nie met draad nie; die getuie het dit betwis. Du Plessis
junior se
waarnemings het in die volgende opsigte van sy pa s'n verskil. Die oorledene se
hande was met 'n tou en 'n stuk draad vasgebind,
en haar voete net met die tou.
Die blou lap op die foto's was in die oorledene se mond gedruk. Gevra deur die
Staatsadvokaat spesifiek
waar die wit lap met pienk kolle was voordat dit
losgemaak was; het die getuie te kenne gegee dat hy nie sou waag om te sê
nie, en toe hy daarop gewys is dat sy pa sê dat daardie lap in die
oorledene se mond was en dat die blou lap ' n voorskoot
was, het hy gesê
dat dit moontlik kan wees, hy was geskok en het nie die kleure van die lappe
opgeneem nie. Onder kruisonder-vraging
het hy gesê dat die oorledene se
hande onder die rol draad ingesteek het, maar dat haar hande net vasgebind was
met tou en
nie met draad nie.
16 Ene mnr Barnard het getuig dat hy die klaer
in die bos aangetref het, en hy het beskryf hoe sy hande en voete vasgebind en
sy mond
toegebind was. Geen vrae is aan hom in kruisondervraging gestel nie. Ten
slotte het majoor Bekker getuig dat hy 'n vinger-afdruk
van die appellant gelig
het van 'n leë bier-botteltjie in die stoorkamer, en dat hy 'n pakkie wat
ses soortgelyke botteltjies
bevat, waarvan twee verwyder was, in die sitkamer
van die woonhuis aangetref het. Ook hy is nie gekruisvra nie.
Nadat die
voorgaande getuienis afgelê is, het die hof vir die middagete verdaag. Met
die hervatting het die appellant se advokaat
die verhoor-regter versoek om die
saak te laat afstaan tot die volgende oggend. Die rede vir die versoek was dat
die advokaat nie
die geleentheid gehad het om met die appellant te konsulteer
oor 'n verklaring wat hy afgelê het nie. Dit is duidelik dat die
verklaring
17 waarna verwys is, dié was wat die appellant aan kaptein
De Bruin afgelê het (soos vroeër vermeld). Die hof is
meegedeel dat
daar dinge in die verklaring is wat nie aan Moraki gestel is nie en dat Moraki
moontlik teruggeroep sou moes word.
Die verhoor-regter het daarop Moraki
gewaarsku om die volgende môre by die hof aanwesig te wees. Voordat die
hof kon verdaag,
het die tolk die verhoorregter meegedeel dat die appellant iets
wou sê. Daar het toe 'n bespreking tussen die appellant en
die
verhoorregter begin wat lank voortgeduur het, in die loop waarvan die appellant
om uitstel aansoek gedoen het, en wat uiteindelik
daarop uitgeloop het dat hy
die hof verlaat het en dat die saak in sy afwesigheid voort-gesit is. Die
bespreking strek oor bykans
24 bladsye van die oorkonde. Ek ag dit nodig om die
hele bespreking woordeliks hier aan te haal, en dit is miskien gerade om ter
inleiding kortliks aan te dui
18 waarom ek dit doen. Soos weldra sal blyk,
het die verhoorregter, nadat die appellant hom aan die saak "onttrek" het,
verklaar dat
dit vir hom duidelik is dat die appellant "totaal mala fide
optree". In die samehang het hierdie opmerking ook betrekking gehad op die
appellant se aansoek om uitstel. Wat dit betref, stem
ek nie saam met die
verhoorregter se beskouing van die appellant se optrede nie. Ek is van oordeel,
met eerbied, dat die verhoorregter
se sienswyse in hierdie opsig nie op
wesenlike gronde berus het nie, en dat sy weiering van 'n uitstel gevolglik aan
'n onbehoorlike
uitoefening van sy diskresie te wyte was. Om dit aan te toon, is
dit verkieslik, dink ek, om die oorkonde in die eerste plek vir
homself te laat
spreek. Die kommentaar wat ek daarop moet lewer, sal dan verkort kan word, en om
die latere terugverwysings te vergemaklik,
sal ek die aanhaling van die
bespreking tussen die appellant en
19 die verhoorregter, alhoewel dit
deurlopend was, in genommerde onder-afdelings verdeel, soos volg.
(1)
TOLK: Jammer, blykbaar wil beskuldigde
iets meedeel.
HOF: Ja?
BESKULDIGDE: Ek
is nie gelukkig oor hoe
die saak verhoor word in hierdie hof nie en
ek is
ook nie tevrede met my regsman nie.
Ons aanklaer hierso, die staatsadvokaat,
hy
stel my nie so tevrede nie, want by party
plekke in die getuienis waar
hy behoort
vrae te gevra het doen hy dit nie.
HOF: Ja, nouja, is dit al wat u wil sê?
BESKULDIGDE: Wat my
regsman aanbetref,
die hof het my gewaarsku dat as ek enigiets
wil oordra
aan hom moet ek die hof se
aandag trek. Ek het hom herhaaldelik
gesê
hy moet die en dit vra, dan sê hy nee, dit
is nie nodig nie.
HOF: Nouja, is dit al wat u wil sê?
BESKULDIGDE: Ja,
laastens ek dink dit sal
raadsaam wees om 'n ander regsman te kry
vir my.
HOF: Het u nou klaar gepraat?
BESKULDIGDE: Of nie so nie, 'n ander hof
moet hierdie saak verhoor.
HOF: Het u nou klaar gepraat?
BESKULDIGDE: Dit is al.
HOF: Is u heeltemal seker?
BESKULDIGDE: Ek is seker.
20
(2)
HOF: Laat ek net eers vir u dit sê dat die
staatsadvokaat sal hierdie saak hanteer soos wat hy goed dink dat dit gedoen
moet word
en wat u eie advokaat betref, hy is 'n onafhanklike regsgeleerde wat
presies weet hoe om 'n hofsaak te bedryf. Hy weet welke vrae
relevant is en
watter irrelevant is, dit is juis om die rede dat hy 'n advokaat is en in
hierdie saak optree. Sy bedoeling is stellig
om u saak te bevorder vir sover as
wat dit moontlik is. Om daardie rede het hy ook nou gevra dat die saak afstaan
sodat 'n verklaring
van u met u bespreek kan word en stem die staat saam dat dit
in u belang is dat dit so hanteer word. Die hof het geen rede om te
dink dat
adv. Johnson nie u belange na behore hanteer nie en hy is klaarblyklik ook nie
onwillig om namens u verder op te tree nie.
Op hierdie stadium sal die saak
afstaan tot môreoggend en hy sal met u konsulteer oor die verklaring
waarom dit gaan en u kan
die tyd ook benut om met hom verder te beraadslaag en u
instruksies aan hom te gee en ek is seker hy sal ook aan u 'n verduideliking
kan
gee vir sy hantering van die saak. Daar is baie advokate in die land, maar daar
is geen advokaat wat sy sout werd is, wat net
as 'n geleibuis van u sal optree
nie. Hy sal sy verstand gebruik en sy kennis en hy sal die vrae stel soos wat hy
dit goed dink.
So, ek laat die saak op hierdie stadium afstaan tot môreoggend om 09:00.
21
(3)
BESKULDIGDE: Maar as hierdie hof nou sal voortgaan
nadat ek my besware voorgehou het sal ek nie eers in die beskuldigdebank
môre verskyn
nie.
HOF: Ja, kom laat ek net vir u so
ver-duidelik. Die hof wil u nou nog 'n kans gee om met u advokaat te
beraadslaag. Dit is natuurlik
nie nodig dat u 'n advokaat moet hê nie, as
u nie 'n advokaat wil hê nie dan hoef u nie 'n advokaat te hê nie,
u
moet dit goed verstaan. Dan gaan u waar-skynlik wees soos 'n babatjie wat
verlore is in 'n bos, dan gaan u nou wees soos 'n dokter
wat op homself 'n
operasie doen. So, u het 'n advokaat in hierdie saak soos dit vir die hof lyk,
nodig. U het hier by u 'n bekwame
advokaat en 'n ervare advokaat en die hof het
tot dusver geen rede of aanduiding gevind waarop hy u belange nie na behore
hanteer
nie. Om te sê dat hy vrae wat u wil hê hy moet stel nie stel
nie, is geen grond vir twyfel oor sy integriteit of oor
sy bekwaamheid nie.
U
het ook beswaar teen die staats-advokaat oor wie u hoegenaamd geen seggen-skap
het nie. So, u moet dit nou duidelik verstaan u moet
oor u posisie versigtig
besin. Daar is niks wat u tot dusver gesê het hier voor die hof in verband
met u advokaat wat vir my
lyk asof dit werklik meriete het nie.
Is daar nog iets wat u wil sê?
22
(4)
BESKULDIGDE: Ek weet nie, miskien as hierdie hof my
verstaan, ek maak my besware, as ek nie oor iets tevrede is nie dan is ek nie
tevrede nie.
Ek weet nie, as die hof dit sal goed dink sal ek my familie gaan
raadpleeg, hulle sal fondse bymekaar maak dat ons iemand opdrag
kan gee, nie 'n
staatsprokureur soos ek hom noem nie. HOF: Ja, nou kyk, u het nou in
hierdie saak het u nou al van vanmelewe af kans gehad om u eie reëlings te
tref en klaar-blyklik
het nóg u, nóg hulle gevoel dat u 'n eie
privaat advokaat nodig het. Klaar-blyklik, luister hierso, u moet nou stilbly
as
die hof praat. Klaarblyklik het u nie die fondse daarvoor nie, is dit reg?
BESKULDIGDE: As ek net my familie kan kontak, niks sal ons verhinder om
so fondse te kry nie.
HOF: Maar u weet mos nou, u familie weet mos nou
u word nou verhoor, nie waar nie? Is hier van u familie hier in die hof?
BESKULDIGDE: My swaer is hier. HOF: Maar dan weet hulle mos, u
familie weet mos u word vandag verhoor. Hoekom het u nie gesorg dat u u eie
advokaat het nie? BESKULDIGDE: Ek het nie geweet dat 'n pro Deo
sal die saak behartig op so 'n manier nie.
HOF: Sê weer vir die
hof presies wat is u klagte?
BESKULDIGDE: Ek kla oor my regsman, ek
kla oor ons staatsadvokaat.
23
(5)
HOF: Sê vir die hof eerstens u klagtes
oor u
regsman, noem hulle een vir een?
BESKULDIGDE: Hy vra nie Vrae soos wat
ek
wil hê nie. Ek kan op my eie sekere vrae
stel aan die getuies al is ek nie 'n
advokaat nie.
HOF: Wat is die vrae wat u wou gehad het
hy moes
vra?
BESKULDIGDE: Van sekere getuies is hy
gevra deur die hof het
jy enige vrae te vra
aan die getuie, dan gaan sit hy.
HOF: Wat sê u moes hy
daardie getuies
gevra het, ek sal vir u sê wie hulle was.
Het u enige probleem met
sy ondervraging
van die getuie Moraki?
BESKULDIGDE: Ek het probleme
daarmee.
HOF: Wat is die probleme?
BESKULDIGDE: Moraki het
beweer dat ons
twee, ek en my maat, lappe in sy mond
geplaas het, maar vroeër het hy
gesê ek het
hom gewurg van agter af. Hoe kon ek dit
reg kry om vir hom vas te hou en terself-
dertyd lappe te plaas in sy
mond? Daardie
blanke seuntjie wat hier getuig het sê ...
(tussenbei)
HOF: Net 'n oomblikkie, laat ons hom net
kry, dit is
mnr. Du Plessis (jnr). Ja, wat
van hom?
BESKULDIGDE: Ja, hy het
hier
(tussenbei)
HOF: Kan ek net eers vra, net 'n oomblik-
kie, los
hom uit, ons kom staan nog by
Moraki stil. Is dit die enigste punt
hierdie
by Moraki?
24
BESKULDIGDE: Nee, op die oomblik is ek
nou so deurmekaar, ek het hoofpyn en ek kan
sien ek word nou na 'n donker kol getrek
terwyl ek bewus ... (tussenbei)
HOF: Nee, u word nou na die lig toe
getrek. So, ek trek u nou nog verder na
die lig toe en ek wil hê u moet nou vir die
hof sê watter punte is daar nog wat Moraki
betref waar u voel u
advokaat u in die
steek gelaat het?
BESKULDIGDE: Ek het vir my regsman gesê
van die blanke se
plaas af het ons gery in
sy voertuig, ... en Moraki het hier gesê
die klaer het vir ons kom haal met sy
voertuig, ons is toe plaashuis toe
en so
14:00 vat hy ons terug na die werksplek.
Nou my regsman het nagelaat om
vir Moraki
te vra hoe laat het ons vir hom vasgemaak.
Wat ek van weet op hierdie dag
het ons nie
ete gaan kry en daarna teruggegaan werk
toe
nie.
HOF: Nou het u dit vir u regsman
vertel?
BESKULDIGDE: Ek sê vir hom die posisie is
so, dan sê hy nee, dit is nie nodig nie.
Dit is wat my
hinder.
HOF: Het u die vraag van die hof
gehoor?
BESKULDIGDE: Watter vraag?
HOF: Die vraag wat ek vir
u gevra het of
u vir u regsman gesê het dat daardie dag
het u nie
ete gekry en toe teruggegaan werk
toe nie.
BESKULDIGDE: Ek het.
HOF: Enigiets verder in
verband met
Moraki?
BESKULDIGDE: Nee, daar is nie.
HOF: Kom ons
kom nou by die volgende
getuies. Mnr. Du Plessis (jnr.), wat is
25
daar?
BESKULDIGDE: Hierdie klein Du Plessistjie
se getuienis is nie dieselfde soos sy
vader s'n nie.
HOF: In watter opsig?
BESKULDIGDE: Hy het vir die hof
gesê die
oorledene se bene en arms was met 'n
plastiese tou
vasgemaak.
HOF: Ja, nou wat daarvan?
BESKULDIGDE: En dat die
oorledene gelê
het op 'n rol draad en dit het voorgekom
asof sy
vasgemaak was aan hierdie rol draad
waarop sy gelê het. Ja, na hy so
gesê het
hierdie aanklaer van ons het blykbaar
gesien hierdie man
verdwaal.
HOF: Ja?
BESKULDIGDE: En hy het hom aangeraai
om
terug te val na sy getuienis, want as hy
sien die man dwaal nou af dan lei hy vir
hom terug. En verder het hierdie
seuntjie
gesê dat die stuk lap wat in die oorledene
se mond ingedruk
was, was óf blou óf groen
van kleur.
HOF:
Ja?
BESKULDIGDE: Maar die vader het getuig
dat die kleur van
daardie lap rooi is met
merke of wit kolle.
HOF:
Ja?
BESKULDIGDE: En my regsman het gehoor die
vader van hierdie
seuntjie getuig dat hy
die oorledene in daardie vertrek gekry het,
sy het
daar gelê en dat voor die deur 'n
drom gestaan het en my regsman het
toe
nagelaat om tersaaklike vrae oor die drom
te vra.
HOF: Soos?
26
BESKULDIGDE: As die drom verwyder was, waarnatoe of na watter kant toe
is hy verwyder. Du Plessis (snr.) het gesê hy het die lyk daar gekry,
hy
het dit onmid-dellik die voorwerp wat vasgemaak was aan die mond verwyder, hy
het toe 'n stuk lap uit die oorledene se mond uitgehaal.
En hy sê toe hy
het so gekyk na die oorledene en dit was vir hom duidelik die persoon het
gesterf. Wat vir my snaaks is, hy
sien die persoon is dood, dit is nou na hy die
lappe verwyder het by die mond en uit die mond, maar hy gaan verder, hy knip die
drade
af soos hy gesê het. Hoekom het hy dit gedoen, want die persoon is
dood? Hoekom het hy nie eers gewag tot die polisie daar
opgedaag het nie?
HOF: Nog iets?
BESKULDIGDE: Ja, dit is dinge wat die regsman
nagelaat het om te vra en ek is nie tevrede hieroor nie. HOF: Nog iets?
BESKULDIGDE: Niks verder.
(6)
HOF: Nou hierdie getuie Moraki is pas gewaarsku om weer by die hof te wees môre-oggend sodat hy verder ondervra kan word indien nodig. En u advokaat sal die geleentheid kry om die vrae wat hy dink nodig is aan hom te stel, ook in die lig van enigiets wat u nou gesê het. Die kwessies wat u geopper het in verband met die mnre. Du Plessis is aangeleenthede wat deels reeds in getuienis uitgeklaar is, of
27
is aangeleenthede wat klaarblyklik irrele-vant is. Hulle sal egter ook
beskikbaar wees om verdere vrae te beantwoord indien u advokaat
oortuig sou wees
dat dit nodig is dat sulke vrae gestel word. Daar is geen advokaat in hierdie
land, ek wil amper sê in die
wêreld, wat bereid sal wees om as 'n
papegaai van u op te tree nie.
So, u moet nou maar versigtig oor u posisie
besluit. Die hof se raad aan u is om met u advokaat saam te werk. Dit sou jammer
wees
as u hom die harnas in jaag onnodig sodat hy hom onttrek, want die redes
wat u hier aangevoer het wil ek vir u graag duidelik maak,
is van 'n aard wat,
as u advokaat hom onttrek, u nie moet verwag dat die hof hierdie saak sal
uitstel om te wag vir 'n ander advokaat
nie. Dan sal u, mnr. Charles Dangatye, u
eie verhoor moet waarneem. Dit is soos dit vir my lyk waarop dit afstuur en u
moet versigtig
u posisie oorweeg. U advokaat is nou nog bereid om vir u op te
tree en hy is klaar-blyklik bevoeg om vir u op te tree en hy doen
dit op 'n
bekwame wyse. DIE HOF VERDAAG TOT 2 APRIL 1992.
(?)
DIE HOF HERVAT OP 2 APRIL 1992.
HOF: Wat is die posisie vanoggend, mnr.
Johnson?
MNR.
JOHNSON: Ek wil net meld die kritiek
van die beskuldigde is ongegrond, hy
is
blykbaar onder die indruk dat ek 'n staats-
amptenaar is.
28
HOF: 0.
MNR. JOHNSON: Hy weier vanoggend om verder met my te konsulteer, ek kan der-halwe nie oor kardinale aspekte met hom konsulteer nie. Dit is vir my onmoontlik om met die saak voort te gaan, ek vra u verlof om te onttrek.
HOF: Nouja, nou net voordat dit nou alles dalk langs daardie weë verloop, laat ek nog ' n slag met die beskuldigde praat en hoor wat hy sê. Sal u net alles tolk wat nou gesê is.
Mnr. Van den Berg, by die landdros-hofverrigtinge watter standpunt het die
beskuldigde ingeneem oor die kwessie van verdediging?
MNR. VAN DEN
BERG: Dat hy wel pro Deo verdediging wou gehad het. HOF: Is
daar iets wat die beskuldigde wil
sê?
BESKULDIGDE: Ja.
HOF: Wat wil u sê?
BESKULDIGDE: Ek het gister hier
voorgehou
ek is nie tevrede nie en ek sal versoek dat
u my kans gee, my familie moet bymekaar
kom, hulle sal plan maak om 'n
regsman te
kry vir my.
HOF: Gister was hier 'n swaer of
iemand
van u, is hy nou vanoggend weer hier by die
hof?
BESKULDIGDE: Vandag is hier niemand van
my familie nie,
hulle kan nie hierdie op en
af doen nie, hulle het nie geld om vervoer
te
bekostig nie.
HOF: Ja, nou as hulle nie kan vervoer
bekostig om by
die hof te kom nie, waar
29
gaan hulle geld kry om vir u 'n advokaat in
die hande te kry en 'n prokureur?
BESKULDIGDE: Nee, ek verwys na die twee,
dit is my swaer en my moeder wat gister
hier gewees het, maar nou ek praat van my
eie broertjie, hy is 'n man wat werk. As
hy nie kan plan maak nie dan sal ek alles
verkoop om geld bymekaar te hê vir regs-
geld.
HOF: So, hy is 'n man wat geld het, die
broertjie van u?
BESKULDIGDE: Hy moet hê, want hy werk.
HOF: Wat se werk doen hy presies?
BESKULDIGDE: Hy was voorheen 'n polisie-
man gewees, hy het toe bedank, hy is nou 'n
sekuriteitswag.
HOF: Waar?
BESKULDIGDE: In Pretoria.
HOF: By watter plek presies?
BESKULDIGDE: Ek hoor hy is op die oomblik
daar by Hyperama omgewing, Hyperama te
Menlopark.
HOF: Vir wie werk hy?
BESKULDIGDE: Nee, ek weet nie, ek was in
hegtenis gewees toe hy daardie werk van hom
bekom het.
HOF: Wanneer het u hom laaste gesien?
BESKULDIGDE: Verlede jaar.
HOF: Wanneer in verlede jaar?
BESKULDIGDE: By 'n hof daar op Warmbad,
dit was op 8 Mei gewees.
HOF: En wat het hy daar kom
doen?
BESKULDIGDE: Hy het net my verhoor byge-
woon.
HOF:
Het hy u nog nooit opgesoek in die
gevangenis nie?
30
BESKULDIGDE: Hy het al my kom sien in die
tronk.
HOF: Wanneer?
BESKULDIGDE: In 1990, destyds was hy nog
'n polisieman gewees.
HOF: En is hy 'n getroude man?
BESKULDIGDE: Hy is 'n getroude man.
HOF: Het hy kinders?
BESKULDIGDE: Net een.
HOF: En waar woon hy?
BESKULDIGDE: Soshanguve.
HOF: Wat se soort huis het hy?
BESKULDIGDE: 'n Privaat huis.
HOF: En het hy al vir die huis betaal of
betaal hy af aan die
huis?
BESKULDIGDE: Hy het 'n perseel gekoop en
op hierdie perseel
het hy 'n huis gebou.
HOF: En wat is sy salaris?
BESKULDIGDE: Nee, ek sal nie kan
sê nie.
(8)
HOF: Ja, nou hoekom het u nie in die landdroshof
gesê dat u u eie regsverteen-woordiging sou kry en nie dat u 'n pro Deo
advokaat wou hê nie?
BESKULDIGDE: Aanvanklik het ek vir
daar-die hof gesê ek wil nie ' n staats-regsman hê nie. Ek sal so
stel, ek wou eintlik my saak
self behartig, dan sê hierdie mense vir my
ja, maar daar in die hoër hof kan jy nie jou eie saak behartig nie.
HOF: Nouja, was dit dus u begeerte van die begin af om u self te
verdedig? BESKULDIGDE: Ja, want destyds ek het geld gehad wat genoeg sou
gewees het om my
31
familie en my moeder te onderhou.
HOF: Maar toe besluit u u wil
maar liewer
'n pro Deo advokaat hê?
BESKULDIGDE: Ja, ek het toe so
besluit,
want daardie geld van my was nou aangewend
vir die
kinders.
HOF: Ja, nou toe het u een gekry, hier
sit hy hier voor u.
BESKULDIGDE: Ek stem saam ek het 'n
regsman,
hy is hierso, maar hy stel my net
nie tevrede nie.
HOF: En u het
nou gister vir die hof
alles gesê wat u klagtes teen hom
is?
BESKULDIGDE: Ja, maar ek het toe gister
nie alles gedek
nie.
HOF: Hoekom nie? U het al die tyd gehad
van die wêreld
om dit te doen?
BESKULDIGDE: Ja, maar die einde het ek
genoem dat
ek hoofpyn gehad het gister en
ek was deurmekaar gewees.
HOF: Is u
nou vanoggend reg?
BESKULDIGDE: Ek is nou reg.
HOF: Nouja,
maar laat hoor.
BESKULDIGDE: Wat hoor nou?
HOF: Die ding
waaroor die hof u nou vra
van die advokaat.
BESKULDIGDE: Soos ek
gister gesê het die
advokaat het nagelaat om nog vrae te stel
aan
getuies wat hier getuig het.
(9)
HOF: Mnr. Dangatye, kyk net hiernatoe. Die hof is baie geduldig en die hof is vreesloos en die hof is onbevooroordeeld en die hof het geen voorkeur tussen u of die
32
staat nie, maar u moet nie 'n fout maak nie, die hof is hier om werk te kom doen, nie om speletjies te maak nie. En as u nou dink u gaan nou met praatjies draaie om hierdie hof hardloop, dan maak u 'n ver-skriklike groot fout. U staan tereg op 'n aanklag van moord, u is reeds skuldig bevind aan verskeie aanklagtes, u het reeds skuldig gepleit aan strafbare manslag. Die wesenlike geskilpunt in hierdie saak is of u die opset gehad het om die oorledene te vermoor en of u nalatig opgetree het. Dit is die enigste wesenlike geskilpunt in hierdie saak. U advokaat is bewus daarvan en hy het daarop gefokus, hy is nie hier om die hof te trakteer met allerhande praat-jies en vragies wat met die meriete van die geskilpunt niks te doen het nie. As u dink u kan enigiets vir hierdie hof vertel en die hof sal dit insluk dan is u by die verkeerde hof vandag.
(10)
Nou wil ek vir u graag verduidelik dat adv. Johnson is 'n onafhanklike advo-kaat wat so vry is soos 'n voël wat buite-kant rond vlieg. Hy kan kom en hy kan gaan soos hy wil, die staat is nie sy baas nie, inderdaad het hy geen baas nie behalwe sy gewete. Duisende en tienduisende mense in u posisie word deur advokate soos hy ver-dedig voor hierdie howe. Die feit dat hy hier is, is omdat die belastingbetalers van hierdie land waarvan u een is, geld opsy gesit het vir advokate soos hy om u te
33
verdedig in 'n saak soos hlerdie. Elke keer as u iets koop en daar word belasting op gehef dan gaan daardie geld na die staat toe en 'n deel van daardie geld word be-skikbaar gestel vir mense soos adv. Johnson en honderde ander advokate om mense soos u in halsmisdade vry regsverteen-woordiging te verskaf. As u daardie fasi-liteit nie wil benut nie is dit u keuse.
Ek het reeds gister vir u gesê u sal dom wees as dit u besluit is, maar ook u is in hierdie verband so vry soos 'n voël. En u kan net vir die hof sê u verkies om uself te verdedig, dan moet u dit doen. Daar is iets wat u baie goed moet verstaan, u staan tereg op 'n uiters ernstige aanklag. Die potensiële straf in hierdie saak is die doodvonnis. As u dit gering skat dan moet u uself blameer as die verloop van die saak indien u uself sou verteenwoordig, nie is soos u gehoop het dit sou wees nie.
(11)
Dit is nie die bedoeling van die hof om die uitslag in hierdie saak enigsins vooruit te loop in enige opsig nie. Die hof gee ook geen waarborge omtrent die resultaat as adv. Johnson of vyf ander advokate vir u hierin sou optree nie. Die hof gaan na al die getuienis luister en sal die nodige beslissings in hierdie saak neem. Daar is ook 'n lang tou van sake wat wag om aan te kom. Hierdie voorval waarom dit in hierdie saak gaan het reeds plaas-gevind op 18 September 1989, dit is duide-
34
lik dat dit in u belang is en dit is ook duidelik dat dit in die openbare
belang is dat hierdie saak nou met spoedeisendheid afgehandel
word.
Met
spoedeisendheid bedoel ek ook met inagneming van al die faktore wat met
geregtigheid te doen het. Dit sluit in die f eit dat u
' n billike verhoor moet
kry en behoorlike regsverdiging moet hê as u dit verkies. U het niks
gesê aan hierdie hof tot
dusver wat die hof noop om te glo dat u 'n
gegronde beswaar teen u advokaat het nie. U besware teen die staatsadvokaat is
belaglik.
Gister het die hof vroeg verdaag om u genoegsame tyd te gee om oor u
posisie te besin. Dit blyk volgens wat adv. John-son meedeel
is dat u obstinaat
is en dat u eenvoudig nou maar net weier om u samewerk-ing aan hom te gee. Die
regsproses sal voortgaan en die
regsproses sal nou voort-gaan.
(12)
Nou gee ek u weer 'n kans, u kan besluit of u adv. Johnson as 'n advokaat wil hê al dan nie. Hy het te kenne gegee waarteen ek u gister gewaarsku het, dat die oomblik mag kom dat hy voel dat hy hom liewer wil onttrek aan die saak. Ek is egter seker daarvan dat hy steeds bereid sou wees om sy plig teenoor u na te kom as u u samewerking aan hom sal gee. Dit verbaas die hof glad nie dat u f amilie vandag nie hier by die hof is nie, tewens, die hof het verwag hulle sou nie hier wees
35
nie. Hulle het ook gehoor wat u gister gesê het en dit is duidelik dat hulle besef het dat u nou gryp na 'n strooihalm in hulle rigting om nou sogenaamd vir u hier verdediging te koop, te huur. U broer stel so min in u belang dat met al die middele tot sy beskikking, hy u so lank terug in die verlede laas in die gevangenis besoek het, toe was hy nog 'n polisieman. Hy het nog nie eers nou dat hy nie meer 'n poli-sieman is by u sy opwagting gemaak nie. U staan nou voor ' n krisis in u lewe en tog het u broer nie soveel belangstelling in u dat hy nou hier agter in die hof sit nie. Hyself is 'n werksman, hy het 'n vrou en 'n kind om voor te sorg, u weet nie eers wat sy inkomste is nie, van sy uitgawes weet u nog minder. Daar is geen redelike vooruit-sig dat daardie broer van u in staat is, daar is geen aanduiding dat daardie broer van u in staat is om vir u 'n prokureur en 'n advokaat te kry nie. En daar is geen aanduiding dat hy bereid is of bereid sou wees om dit te doen nie. Die hof is nie bereid om ontwrig te word en hierdie saak van u uit te stel in die ydele hoop dat daar iewers vandaan vir u die klas uitkoms gaan kom waarna u soek nie.
(13)
Bowendien is daardie klas uitkoms nie op aarde beskikbaar nie. U soek na 'n advokaat wat hier voor u staan en wat soos 'n grammof oonplaat net vir die hof sal sê die woorde wat u wil hê hy moet spreek. So
36
'n advokaat sou so pateties wees dat hy nie die naam advokaat werd sou wees
nie en ek is seker daarvan dat so iemand nooit sou kwalifiseer
as 'n advokaat
nie.
Dus, u keuse is weer eens, u is so vry soos 'n voël. As u die
advokaat wat nou hier beskikbaar is en vir u opgetree het met bekwaamheid
tot
dusver, wil hê om vir u verder op te tree is ek seker hy sal dit doen. As
u nie van sy dienste gebruik wil maak nie dan
sal hy uitstap en terug-gaan waar
hy vandaan kom. Dan sal u alleen voor die hof staan en sal u die reg geniet om u
eie verdediging
te behartig.
(14)
Het u duidelikheid oor wat die hof vir u gesê het? Het
u enige vrae wat u wil vra?
BESKULDIGDE: Ek wil iets vra. HOF:
Ja, vra.
BESKULDIGDE: Ek weet nie, as ek nie tevrede is met my regsman
nie, wat moet ek nou doen? Moet julle my nou druk om hom te
aanvaar?
HOF: Ja, as u gegronde rede het vir u ontevredenheid dan sal
die hof daaraan oorweging skenk, maar dit is duidelik dat die klas van
ontevredenhede
wat u het is die soort waarvoor daar nie verligting bestaan nie.
As daar verdere vrae is wat u wou laat stel deur u advokaat aan
die getuie
Moraki dan kan dit nog gedoen word. As daar relevante verdere vrae is aan enige
van die ander getuies, dan kan dit weer
37
gestel word, maar om aan te hou soos u nou net aanhou om die een probleem na die ander te probeer opper is sinneloos.
(15)
BESKULDIGDE: Daar word getuienis gelei
hierso en
soos ek gister hier genoem het
daar word gepraat van twee persone. Dit
is
die mense wie die persoon doodgemaak het,
die getuie het gepraat van
myself eerstens
en die tweede persoon genoem in hierdie
gebeure is ene
Sakkie, hy is tans in Rooi-
grond tronk. Dit is snaaks, ek is vir
ongeveer
twee jaar lank verhoorafwagtend,
maar die hof weier om 'n uitstel te gee
as
ek nou vra vir die uitstel om 'n regsman te
kry. Ek weet vir 'n feit ek
het goed wat
ek sal verkoop om die nodige fondse te hê.
HOF:
Wat se goed is dit?
BESKULDIGDE: Huisraad, as ek die verkoop
ek sal
die nodige fondse kan kry.
HOF: Wat is die
huisraad?
BESKULDIGDE: Sofa's, video, TV
stelle,
ensovoorts.
HOF: TV stelle?
BESKULDIGDE: 'n Grote en 'n
kleintjie.
HOF: En hoeveel videos?
BESKULDIGDE: Net
een.
HOF: En wat nog?
BESKULDIGDE: Beddens, hangkaste,
tafels
en stoele.
HOF: En wat nog?
BESKULDIGDE: Baie
ander goed, as ek al
die verkoop ek sal ... (tussenbei)
HOF: Wat se
baie ander goed nog?
38
BESKULDIGDE: Dit is huisraad soos byvoor-
beeld 'n stoof,
yskaste.
HOF: En wat nog?
BESKULDIGDE: Dit is die
huisraad.
HOF: Het u 'n vrou?
BESKULDIGDE: Ek het 'n vrou
gehad, maar
die het net spore gemaak in die jaar 1990,
sy het die kinders net so gelos, ek weet
nie waar is sy op die oomblik
nie.
HOF: Hoeveel kinders het u?
BESKULDIGDE:
Drie.
HOF: Waar woon hulle?
BESKULDIGDE: Daar by die
huis.
HOF: In daardie huis?
BESKULDIGDE: By my
moeder.
HOF: In daardie huis waarvan ons
nou
praat?
BESKULDIGDE: By my moeder.
HOF: Nie in die
huis met die huisraad
nie?
BESKULDIGDE: By my moeder in die huis
met
meubels.
HOF: Hierdie meubels wat ons nou van
gepraat
het?
BESKULDIGDE: Ja.
HOF: Nou wie woon nog
daar?
BESKULDIGDE: My moeder, my een sussie wie
se een been gebreek is, sy het begin ver-
lede jaar nie gewerk nie.
HOF: En wie nog?
BESKULDIGDE:
En drie van my sussie se
seuntjies, die pa is oorlede.
HOF: Sy is 'n
weduwee?
BESKULDIGDE: Jammer, die moeder is oor-
lede.
HOF: Woon die kinders daar?
39
BESKULDIGDE: Hulle bly daar.
HOF: En hulle
pa?
BESKULDIGDE: Hy is 'n geruime tyd al
uitmekaar, hy en die
moeder.
HOF: Hy is weg?
BESKULDIGDE: Hy is
weg.
HOF: Wie woon nog daar?
BESKULDIGDE: My ouer broer,
maar die is
sieklik, hy is net daar by die huis.
HOF: En wie woon nog
daar?
BESKULDIGDE: Dit is al mense.
HOF: Nou wat gaan van
die stomme mense
word as jy al hierdie goed verkoop?
BESKULDIGDE:
Nee, daar is nog meubels in
die huis, maar ek verwys na meubels wat
aan
myself behoort, die was daar gehou waar ek
gehuur het.
HOF: Hoe bedoel u nou?
BESKULDIGDE: Ek
sê ek het voorheen by
iemand gehuur.
HOF: So, is die meubels wat u van praat
gestoor iewers?
BESKULDIGDE: Na my arrestasie het ek
versoek al
daardie meubels moet nou terug-
geneem word na my ouerhuis.
HOF:
So, is hulle gestoor daar?
BESKULDIGDE: Hulle is gestoor by
my
ouerhuis.
HOF: Die hele totale lot word nie
gebruik
nie?
BESKULDIGDE: Ek kan my nie daaroor uit-
laat nie, want ek is nou in die tronk.
HOF: Ja, nou goed, die hof
het nou gehoor
wat u sê. Weet u wat dit kos om ' n proku-
reur en 'n advokaat in diens te neem vir 'n
saak soos hierdie?
40
BESKULDIGDE: Ja, ek weet, want voorheen het ek 'n advokaat gekry vir
iemand wat beland het in so 'n saak. HOF: En wat sou u dink sou dit u
kos? BESKULDIGDE: So R3 000.
HOF: Ja. Is daar nog iets wat u
wil vra? Luister mooi, luister mooi, is daar iets wat u wil
vra?
BESKULDIGDE: Ek wil net die hof inlig, nie 'n vraag stel nie.
HOF: Waaroor wil u die hof inlig? BESKULDIGDE: Ek hoor die hof
sê hierdie broer van my sal my geensins kan help nie. Daardie man is my
eie moeder se ander kind en hy sal
nie toelaat dat sulke dinge met my moet
gebeur nie. Hierdie swaer van my hy was gister baie ontevrede oor hoe die saak
gevorder het.
En ek is seker as ek nou kans kry om 'n brief te skryf, ek het
koeverte en posseëls daar by die tronk, in 'n week se tyd of
minder as 'n
week se tyd sal die brief by hom uitkom. Ek sal dan vra in die brief hy moet my
persoonlik kom sien en as hy kom sal
ek en hy nou praat, ek sal hom sê wat
alles moet hy hê of vat om te verkoop en hy het 'n advokaat van sy
eie.
(16)
HOF: Nou goed mnr Dangatye, die hof het nou gehoor wat u sê. Het u nou f inaal besluit dat u nie van die dienste van adv. Johnson gebruik sal maak nie? BESKULDIGDE: Dit is die einde van die storie.
41
HOF: Mnr, Johnson, u word verskoon.
MNR. JOHNSON:
Dankie.
HOF: U vra nou uitstel van hierdie saak
sodat u nou u eie advokaat kan in die hande
kry?
BESKULDIGDE:
Dit is so.
HOF: Is daar enigiets verder wat u wil sê
oor
daardie aansoek van u?
BESKULDIGDE: Nee, niks verder nie.
HOF: Dan kan u sit. Mnr.
Van den Berg,
wat is u standpunt oor die aansoek om
uitstel?
MNR.
VAN DEN BERG: Die staat wens dit te
opponeer
(Nadat die staatsadvokaat die hof toegespreek het, het die bespreking voortgegaan soos volg.)
(17)
HOF: Is daar enigiets wat u nog wil sê in
antwoord?
BESKULDIGDE: Ja, oor die staat se betoog wil ek iets
sê. HOF: Sê dit.
BESKULDIGDE: Ek het vroeër
genoem hierdie saak gaan oor twee persone wie die ander doodgemaak het. Die een
persoon is in hegtenis, hy is
tans in Bophuthatswana. Die getuies het hier
getuig, maar daar is 'n twyfel wie van die twee, ek of die ander man, het die
persoon
doodgemaak. Dit sal my baie tevrede maak of tevrede stel as die ander
persoon ook hier langs my kom staan. Kyk, die tyd wat ek in
die tronk
deurge-bring het, die is niks, ek is nie daaroor
42
bekommerd nie. Ek kan nie net alleen hier kom staan nie, ek wil hê die ander persoon moet ook hier kom staan, ek kan nie sy skuld gaan staan en dra nie en dit is vir my duidelik alles wat gesê is in hierdie hof is net om vir my te druk. Ek sal baie tevrede wees as die hof hierdie saak sal uitstel tot so ' n tyd dat ek tevrede sal voel oor die verhoor van die saak. Op die oomblik is ek glad nie beïndruk en ek is glad nie tevrede oor die verhoor van hier-die saak nie. Dit sal al betoog wees. HOF: Dankie, u kan sit.
(18)
SCHABORT, R. : Die beskuldigde het in hierdie saak
tereg gestaan op vyf aan-klagte, die laaste waarvan deur die staat teruggetrek
is. Hy is vanuit
die staan-spoor hierin regsverteenwoordig deur adv. Johnson. Hy
is reeds skuldig bevind aan aanklagte 1, 2 en 4. Daar is 'n pleit
van onskuldig
aangebied op die aanklag van moord, maar skuldig aan strafbare manslag op
daardie aanklag.
Die beskuldigde het toe hy gevra is om te pleit, reeds
verder gegaan as die tiperende blote pleit van skuldig of on-skuldig. Sy pleite
en pleitverduidelikings is in ieder geval verder toegelig deur sy advokaat en is
ook uiteengesit in bewysstuk AA, 'n pleitverduideliking
ingevolge artikel 112(2)
van Wet 71 van 1955. Die geskilpunt val binne 'n eng bestek en kom in wese
daarop neer dat die beskuldigde
te
43
kenne gee dat hy ... (onvoltooid)
Die beskuldigde het nou opgestaan en hy
wil klaarblyklik die hof verlaat. Laat ek net met hom praat, konstabel.
Wil u
uit die hof uitgaan, mnr Dangatye?
BESKULDIGDE: Ek het gesê
julle kan my nie druk om voort te gaan met die saak as ek nie wil nie. Dit is my
reg as ek vra vir 'n uitstel
moet die hof die uitstel toe-staan.
HOF:
Ja, is daar nog iets wat u wil sê? BESKULDIGDE: Ek sal gehoor gee
as die hof sê u gaan die saak uitstel, nie so nie, nie.
HOF: Ja,
dan gaan u loop?
BESKULDIGDE: Nee, maar kyk, ek luister nou na iets
wat ek nie na wil luister nie. Soos ek hier gister gesê het ek sal nie
bereid wees om
voort te gaan in hierdie manier nie.
HOF: Ek wonder of
u bewus is daarvan dat u afgesien van enigiets anders, tree u ook minagtend
teenoor die hof op. BESKULDIGDE: Nee, dit is nie dat ek die hof minag
nie, maar ek is 'n man met hart-moeilikheid en ek wil nie dinge herhaal,
aanhoudend herhaal
nie. Ek het gister vir die hof duidelik gesê vandag sal
ek nie bereid wees om rnet die verhoor voort te gaan nie.
HOF: Nouja,
die hof hoor u duidelik. BESKULDIGDE: Die hof het sekere vrae gevra, ek
het daarop geantwoord en ek was nie moedswillig om miskien of geweier om in te
kom nie.
44
HOF: Is u bereid om na nog iets te luister wat die hof vir u wil
sê? BESKULDIGDE: Ek wil net hoor wat is die volgende verhoordatum,
as dit nie gaan oor die verhoordatum nie, wil ek nie hoor nie. HOF: Nee,
ek kan nou nie dit vir u sê nie, maar wat ek vir u wel wil sê is die
volgende. Dit is moontlik om hierdie verhoor
in u afwesigheid voort te sit. As u
u hier gedra soos wat u u nou gedra dan sal hierdie verhoor in u afwesigheid
voort-gesit word,
dan sal die hof nie die voor-deel hê van u getuienis nie
en die hof sal nie die voordeel hê van enigiets wat u nog wil
sê in
hierdie saak nie. En as u skuldig bevind word aan moord of aan man-slag sal u
gestraf word en u sal ingelig word waar
u aangehou word wat u straf is. So
kritiek en ernstig is u posisie en nou gaan u u besluit neem. As u u gedra soos
u u nou gedra
dan kan u wat die hof betref nou gaan en dan sal die verhoor
voortgesit word in u afwesigheid. Een of ander tyd sal u verneem wat
u lot is.
Wil u aanwesig bly of wil u vertrek?
BESKULDIGDE: Ek wil teruggaan sel
toe. HOF: Ja, goed, u kan teruggaan. Die verhoor word voortgesit in u
afwesigheid.
(19)
Die verloop van die verrigtinge in hierdie saak spreek uit die opgetekende gebeure en dit is nie my bedoeling om dit op hierdie stadium in enige verdere beson-derhede toe te lig of te bespreek nie. Die
45
beskuldigde het hom nou onttrek aan die saak op die wyse en onder die omstandighede waarin dit geskied het. Dit is vir die hof sonder die minste twyfel duidelik dat hy totaal mala fide optree en dat daar geen gegronde redes is vir enige van sy stand-punte en houdings en sy uiteindelike ont-trekking aan hierdie verrigtinge nie.
In die omstandighede word die verhoor nou voortgesit."
(Volledigheidshalwe meld ek net kortliks
hoe die verhoor verder verloop het. Die Staat het
die getuienis gelei van
kaptein De Bruin en 'n ander
getuie om die appellant se verklaring en die
vrywil-
ligheid daarvan te bewys. Die Staatsaak is gesluit.
Die verhoorregter het
kaptein De Bruin versoek om by
die appellant te verneem wat sy houding is.
Die
kaptein het gerapporteer dat die appellant steeds nie
na sy verhoor
wil luister nie. Die verhoorregter het
twee staatsgetuies (Du Plessis senior en Barnard)
teruggeroep vir verdere ondervraging deur die hof, en
het ook die
distriksgeneesheer opgeroep om te getuig
46
oor sy bevindings tydens die lykskouing op die oorledene. Die verhoorregter
het 'n uitspraak gelewer waarvolgens die hof die appellant
skuldig bevind het
aan moord. Die Staat het 'n getuie opgeroep om 'n lang lys vorige veroordelings
van die appellant te bewys, en
die verhoorregter het twee van die familielede
van die appellant opgeroep om oor sy persoonlike omstandighede te getuig.
Kaptein
De Bruin is weereens versoek om met die appellant te praat, en hy het
meegedeel dat die appellant se houding dieselfde is: hy weier
om die verhoor by
te woon. Uiteindelik het die verhoorregter die appel-lant ter dood veroordeel op
die moord-aanklag en die vonnisse
opgelê op die oorblywende aanklagte
waaraan die appellant met die aanvang van die verhoor reeds skuldig bevind was,
soos vroeër
vermeld.)
Uit die oorkonde soos hierbo aangehaal, paragraaf
(6), blyk dit dat die verhoorregter in 'n
47 vroeë stadium van die
bespreking reeds besluit het dat hy nie die verhoor van die saak sou uitstel
nie, en dat hy die appellant
in sterk en onomwonde woorde meegedeel het dat dit
sy houding is en dat die appellant sy eie verdediging sou moes waarneem indien
die advokaat hom sou onttrek. Die regter se houding het deurgaans onverbiddelik
gebly (sien die slotsinne van paragrawe (11), (12)
en (13)), met die gevolg dat,
toe die regter begin het om sy uitspraak op die aansoek om uitstel te lewer
(paragraaf (18)), dit alreeds
duidelik was dat 'n uitstel geweier sou word, soos
dan toe ook gebeur het, blykens die slotsinne van paragrawe (18) en (19).
Dit
is voorts duidelik dat die verhoor-regter van mening was dat die appellant se
ontevre-denheid met sy advokaat ongegrond was. Reeds
in reaksie op die appellant
se aanvanklike beswaar dat die advokaat nie die vrae wou vra wat die
appellant
48
wou gehad het hy moet vra nie (paragraaf (1)), het die verhoorregter laat
blyk dat hy skepties staan teenoor die meriete van die beswaar
(paragrawe (2) en
(3)). Nadat die appellant sy beswaar verder toegelig het (paragraaf (5)), het
die verhoorregter te kenne gegee
dat die redes wat die appellant aangevoer het
van so 'n aard was dat dit nie 'n uitstel sou regverdig nie (paragraaf (6)).
Later
het die verhoorregter op erg neerhalende wyse na die appel-lant se beswaar
verwys (paragrawe (9) en (13)). Na my mening was die verhoorregter
se
beoordeling van die aard van die appellant se ontevredenheid verkeerd, om die
redes wat volg.
Toe die appellant die geleentheid gegun is om sy klagtes te
verduidelik (paragraaf (5)), was hy in staat om dit te doen met verwysing
na 'n
hele aantal spesifiek genoemde aspekte van die getuienis. Die besondere gevalle
wat die appellant voorgehou het
49 van vrae wat nie gevra is nie, kan nie as
'n geheel afgeskryf word asof hulle glad niks om die lyf gehad het nie. Dit blyk
dat
die appellant Moraki se getuienis oor die feit dat hy en die appellant
weg-geneem is vir die middagete, wou betwis, en dat hy dit
vir sy advokaat
gesê het, maar dat die advokaat gesê het dit is nie nodig om dit te
doen nie. Die appellant was ten volle
geregtig om te verwag dat sy advokaat aan
Moraki sou stel in watter opsigte die appellant se getuienis van Moraki s'n sou
verskil.
In dié verband was die appellant se klagte dat Moraki nie gevra
is oor die tyd van die aanval op hom nie, ook geregverdig.
Gesien dat drie
slagoffers op bykans dieselfde wyse vasgemaak is en dat net een beswyk het, kon
die tyd van die aanvalle en die tyd
toe die slagoffers gevind is, van belang
gewees het. (Inderdaad het die verhoorregter later self perti-nente vrae daaroor
gevra toe
hy die Staatsgetuies Du
50
Plessis senior en Barnard laat terugroep het.) Daarbenewens is die appellant
in verskeie opsigte nie gevra om sy klagtes verder op
te klaar nie, waar verdere
navrae wel aangewese was. So byvoorbeeld het hy gewag gemaak van die feit dat
daar geen vrae deur sy advokaat
aan sekere getuies gestel was nie, ver-wysende
klaarblyklik na Barnard en Bekker, maar hy is nie uitgenooi om aan te dui in
watter
opsigte hy hulle getuienis sou betwis in sy eie getuienis nie. Die
verhoorregter was nie geregtig om net te aanvaar dat hulle getuienis
onbetwis
gelaat sou gewees het nie. Barnard het byvoorbeeld getuig dat die klaer om sy
mond en kop met 'n tou vasgebind was, wat
nie strook met wat die appellant in sy
verklaring gesê het nie. Die verhoorregter het toe nog nie kennis gedra
van die appellant
se verklaring nie, maar sonder verdere ondersoek na al die
klagtes van die appellant was dit ongeregverdig om hulle as 'n geheel
51 te
verwerp op die grondslag dat die appellant wou gehad het dat sy advokaat moet
optree soos 'n papegaai of 'n grammofoonplaat
(paragrawe (6) en
(13)).
Bowendien was die vraag waaroor die verhoorregter in die eerste plek
moes besin het, in ieder geval nie of die vrae wat die appellant
gestel wou
gehad het, streng objektief gesproke relevant was tot die geskilpunt in die saak
nie (vgl paragrawe (6) en (9) ) . Die
vraag was ook nie of die appellant se
advokaat tekortgeskiet het aan bekwaamheid, ervaring of integriteit nie (vgl
paragraaf (3)).
Wat die appellant geopper het, was dat hy nie vertroue gehad het
in die advokaat nie, in so 'n mate dat hy 'n ander "regsman" wou
verkry om vir
hom op te tree. Dit was sy standpunt uit die staanspoor (paragrawe (1) en (4))
en hy het deurgaans daarin volhard,
soos ook blyk uit sy latere klagte dat die
hof hom wou
52
"druk" om 'n regsman te aanvaar met wie hy nie tevrede was nie (paragraaf
(14)). Die appellant se uitgesproke gebrek aan vertroue
in sy advokaat het in
die eerste plek geverg dat die verhoorregter oor-weging moes geskenk het aan sy
subjektiewe gemoeds-toestand.
Die wesenlike vraag was of die appellant se
standpunt eg was of geveins. By die oorweging van daardie vraag kon die
appellant se
uiteensetting van die vrae wat hy gevra wou gehad het, hoogstens
aangewend gewees het as gegewens waaruit moontlik afleidings gemaak
kon word
aangaande die appellant se motiewe.
Dit lei dan tot 'n beskouing van die
verhoorregter se uiteindelike bevinding in paragraaf (19) dat die appellant
"totaal mala fide" opgetree het en dat daar "geen gegronde redes is vir
enige van sy standpunte en houdings" nie. In soverre die bevinding berus op
die
inhoud van die appellant se
53 aangevoerde besware teen die advokaat
(paragraaf (5)), is ek van mening dat dit nie geregverdig is om daaruit af te
lei dat die
appellant se optrede mala fide was nie. Soos ek reeds probeer
aantoon het, het die punte wat die appellant geopper het, direk betrekking gehad
op pertinente aspekte
van die gelewerde getuienis, en het ten minste sommige
daarvan op goeie gronde berus. In die mate dat daar twyfel is oor die geldigheid
van party van die besware, kan dit tog nie gesê word dat dit so
beusel-agtig of onredelik was dat die appellant nie werklik
kon geglo het dat
die advokaat die saak nie behoorlik gehanteer het nie.
Afgesien van die
inhoud van die appellant se klagtes, meen ek dat daar ook nie in enige ander
aspekte van sy optrede voldoende gronde
bestaan het om 'n afleiding van kwaaie
trou te regverdig nie. Sy dreigement, vroeg reeds (paragraaf (3)), om nie
die
54 verhoor by te woon nie, was 'n teken van weerbarstig-heid, maar dit
was in reaksie op die voorafgaande opmerkings van die verhoorregter
(paragraaf
(2)), wat volgens die persepsie wat die appellant na alle waarskynlikheid (en
nie sonder rede nie) daarvan gehad het,
te ligtelik sy probleem met die advokaat
opsy geskuif het. Dat hy so sterk gevoel het oor sy grief, beteken nie dat hy
nie opreg
en bona fide was nie. Die verhoorregter se opmerking dat die
appel-lant obstinaat was (paragraaf (11)), verloor myns insiens uit die oog dat
dit
heel verstaanbaar is dat die appellant nie wou saamwerk met 'n advokaat in
wie hy alreeds vertroue verloor het nie. Die regter se
verdere opmerking dat die
appellant net aanhou om die een probleem na die ander te opper (paragraaf (14)),
was ook nie geregverdig
nie. Tot in daardie stadium het die appellant, behalwe
sy besware teen sy advokaat, net een ander "probleem" geopper, en dit
55 was
sy ontevredenheid met die Staatsadvokaat ook. Al sou 'n mens sy houding in
daardie verband as "belaglik" kon beskryf (paragraaf
(11)), volg dit nog nie dat
sy besware teen sy eie advokaat niks meer as 'n blote voorwendsel was nie. Ook
die feit dat hy uiteindelik
'n verdere beswaar bygesleep het oor die afwesigheid
van sy makker by die verhoor (paragraaf (17)), toon nie aan dat sy gebrek aan
vertroue in sy advokaat onopreg was nie.
Daar is verdere gewigtige oorwegings
wat in berekening gebring moet word. Die bevinding dat die appellant mala
fide was, behels dat die ware motief of oogmerk van sy optrede iets anders
moes gewees het as om die advokaat te laat vervang deur 'n
ander advokaat. Op
die oog af spreek die oorkonde egter slegs van 'n begeerte om die geleentheid
gegun te word om die dienste van
'n ander advokaat te bekom (sien bv die eerste
en die laaste gedeeltes van
56 paragraaf (15)). Watter ander, verskuilde
bedoeling die appellant kon gehad het om 'n taktiese of ander voordeel te bereik
deur
'n uitstel, kan net die onderwerp wees van bespiegeling. Na my mening word
sodanige bespiegeling egter effektief uitgeskakel vanweë
die appellant se
optrede met die aanvang van die verhoor. Deur die pleite wat hy aangebied het en
deur sy pleitverduideliking en
erkennings het hy sy aandadigheid aan die misdade
waarvan hy aangekla is ten volle erken, met die enkele uitsondering dat hy sy
beweerde
opset om die oorledene te dood in geskil geplaas het. Sy houding was
die teenoorgestelde van obstruksionisme. Na my oordeel het die
verhoorregter
daardie belangrike feit oor die hoof gesien. Daar is in die oorkonde geen rede
te vind om die verandering wat die appellant
se houding gedurende die eerste
oggend van die verhoor ondergaan het, aan opportunis-me toe te skryf nie. Op die
waarskynlikhede
is die
57 afleiding onvermydelik dat die appellant werklik
ontevrede was met die wyse waarop sy advokaat die saak gevoer het.
Die
verhoorregter het die appellant herhaaldelik en indringend ondervra oor die feit
dat hy in die landdroshof aangedui het dat hy
'n pro Deo advokaat verlang
en oor die vooruitsigte om fondse te bekom vir die aanstelling van 'n advokaat
van sy keuse (paragrawe (4), (7),
(8) en (15)). Ek stem met eerbied nie saam met
die verhoorregter se benadering in hierdie verband nie, en ek is van oordeel dat
sy
kommentaar op die gebrek aan vooruitsigte dat die appellant se familie hom
geldelik sou bystaan, onvanpas was (paragraaf (12)). 'n
Beskuldigde wat in die
landdroshof-verrigtinge versoek dat 'n pro Deo advokaat vir hom aangestel
word, en wat by sy verhoor ontevrede is oor die manier waarop die advokaat die
saak voer, behoort nie sonder
meer gedwing te word om
58
óf voort te gaan met die gebruikmaking van die dienste van die
advokaat óf self sy eie verdediging waar te neem nie.
As die beskuldigde
aansoek doen om uitstel ten einde die geleentheid te hê om aan 'n advokaat
van sy eie keuse opdrag te gee,
en as sy ontevredenheid met die pro Deo
advokaat nie gesimu-leerd of onredelik is nie, behoort sy aansoek nie geweier te
word tensy daar goeie rede bestaan om dit te doen
nie. Die blote feit dat dit
twyfelagtig is of hy wel die nodige f ondse sal bekom, is nie ' n goeie rede om
die aansoek te weier
nie. Ook is dit nie per se goeie redes vir weiering
dat daar 'n lang lys van sake is wat wag om aan te kom, of dat die voorval wat
aanleiding gegee het tot
die betrokke saak 'n geruime tyd vantevore plaasgevind
het, of dat 'n uitstel die hof sou ontwrig nie (paragrawe (11) en (12)). 'n
Mens
is terdeë bewus daarvan dat die uitstel van 'n deelsverhoorde saak, veral
op rond-
59 gang, groot ongerief kan meebring vir almal wat daarby betrokke
is, maar tensy daar buitengewone omstandighede aanwesig is, behoort
dit nie die
beskuldigde die geleentheid te ontneem om reëlings te probeer tref vir
regsverteenwoordiging van sy eie keuse nie,
des te meer waar sy versuim om dit
vroeër te doen nie onredelik was nie en waar hy nog nie vantevore so 'n
geleentheid aangevra
en dit verkwis het nie (vgl die opmerkings van PAGE R in
die onge-rapporteerde beslissing in S v Dladla, 2 Augustus 1982 (NPD) ,
wat aangehaal word in ' n artikel van J van der Berg in 1984 THRHR 447 op 453
in f ine -454).
Om die voorgaande redes is my gevolg-trekking dat die
verhoorregter se welering van die appellant se aansoek om uitstel nie op
wesenlike
gronde berus het nie, dat hy sy diskresie in dié verband nie
behoorlik uitgeoefen het nie, en dat
60 hierdie Hof gevolglik bevoeg en
verplig is om in te gryp (sien bv R v Zackey 1945 AD 505 op 511; S v
Seheri en Andere 1964 (1) SA 29 (A) op 33G; en S v Van Wyk en 'n
Ander 1972 (1) SA 787 (A) op 794D). Dit spreek vanself, in die omstandighede
van hierdie saak, dat die appellant benadeel is deur die onreël-matige
weiering van 'n uitstel en dat geregtigheid daarom nie geskied het nie. Sy
skuldigbevinding aan moord en die doodvonnis wat hom opgelê
is, moet
gevolglik tersyde gestel word.
In die lig van hierdie gevolgtrekking is dit
onnodig om aandag te skenk aan die ander beweerde onreëlmatigheid wat
vroeër
genoem is, en wat gebaseer is op die bepalings van artikels 158 en
159(1) van die strafproseswet. Ek spreek dus geen mening daar-oor
uit
nie.
Sowel mnr Waqener, namens die appellant, as mnr De
Meillon, namens die Staat, het voorgestel dat
61 hierdie Hof moet gelas
dat die appellant de novo verhoor moet word op die moord-aanklag.
Alhoewel so 'n bevel nie sonder meer toegestaan sal word nie (vgl S v Seheri
supra op 36E-F), is daar in die omstandig-hede van hierdie saak, anders as
in S v Xaba 1983 (3) 717 (A) op 737F-738H, geen rede waarom so 'n bevel
nie verleen behoort te word nie. Na my mening is dit hier gepas om uitvoering
te
gee aan die gesamentlike voorstel van die advokate. Ek kan egter nie mnr De
Meillon se verdere versoek aanvaar dat die verhoor moet plaasvind voor 'n
hof wat op dieselfde manier saamgestel is as wat die hof a quo was nie.
Om voor die hand liggende redes sal dit 'n verskillend saamgestelde hof moet
wees.
Ten slotte moet ter wille van duidelikheid net vermeld word dat die
skuldigbevindings en die vonnisse op die oorblywende aanklagte
(anders as die
moord-aanklag) nie deur hierdie uitspraak geraak word
62
nie. Alhoewel die vonnisse op daardie aanklagte eers opgelê is nadat die onreelmatigheid plaasgevind het, het mnr Wagener aangedui dat die appellant nie daar-teen beswaar maak nie. In ieder geval, soos vroeër geblyk het, is daar geen appèl voor die Hof met betrekking tot daardie aanklagte nie. Daardie skuldigbevindings en vonnisse sal dus bly staan. Die bevel van die Hof is soos volg:
1. Die appèl word gehandhaaf.
2. Die appellant se skuldigbevinding aan moord en die doodvonnis wat hom opgelê is, word tersyde gestel. 3. Dit word gelas dat die appellant de novo verhoor sal word op die aanklag van moord deur 'n hof wat anders saamgestel is.
A S BOTHA AR
HEFER AR
GOLDSTONE AR
NICHOLAS Wnd AR STEM SAAM
OLIVIER Wnd
AR