South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1995 >>
[1995] ZASCA 146
| Noteup
| LawCite
Vrystaat Motors v Henry Blignaut (Edms) Bpk. (145/1994) [1995] ZASCA 146; 1996 (2) SA 448 (SCA); [1996] 1 All SA 249 (A); (27 November 1995)
Download original files |
SAFLII Note: This case was originally published by Juta and Company (Pty) Ltd. Juta retains copyright as far as it subsists. An English translation of this case is available at: http://saflii.org/za/other/ZAENGTR/1995/1.html |
LL Saak No 145/1994
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
Insake die appèl van:
VRYSTAAT MOTORS Appellant
teen
HENRY BLIGNAUT (EDMS) BEPERK Respondent
HOF: CORBETT HR, VAN HEERDEN, VIVIER,
MARAIS ARR en VAN COLLER Wnd AR
VERHOORDATUM: 6 NOVEMBER 1995
LEWERINGSDATUM: 27 NOVEMBER 1995
UITSPRAAK
VAN HEERDEN AR:
2
Gedurende Februarie 1993 het die appellant 'n aansoek teen die respondent in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling aanhangig gemaak. Daarin het hy o a betaling van die som van R97 000 gevorder. Die tersaaklike bewerings in die funderende verklaring kan soos volg saamgevat word:
-
(1)
Op 26 Mei 1992 het die appellant vier bakkies van die respondent aangekoop teen kooppryse wat in totaal R97 000 beloop het. (Gerieflikheidshalwe verwys ek voortaan na hierdie voertuie as "die Toyota" en "die ander drie bakkies".) Die appellant het die totale koopprys betaal en die volgende dag is die voertuie aan hom gelewer.
(2)
Tydens 'n telefoniese gesprek op 8 Junie is ooreengekom dat die aankoop van die Toyota gekanselleer sou word omdat o a die masjien daarvan in 'n swak toestand was, en dat die respondent 'n tjek vir die betrokke koopprys (R23 250) sou oorhandig aan die appellant se bestuurder wat die Toyota by die respondent se besigheidsperseel in
3
Germiston sou terugbesorg.
-
(3)
Teruglewering het op 10 Junie geskied maar die respondent het versuim om 'n tjek aan die bestuurder te gee.
(4)
Nadat die respondent verskeie beloftes nie nagekom het nie, is die appellant op 17 Julie deur die respondent meegedeel dat die Toyota moontlik 'n gesteelde voertuig was en dat die partye eers die afhandeling van 'n polisieondersoek moes afwag. Die appellant het toe 'n dagvaarding teen die respondent in die Vrystaatse Provinsiale Afdeling laat uitreik. Daarin het hy betaling van die som van R23 250 gevorder op grond van die aangevoerde ooreenkoms van 8 Junie.
(5)
Die ander drie bakkies is mettertyd (dit moes voor 17 Julie gewees het) deur die appellant aan drie verskillende persone verkoop en gelewer. Op daardie datum is die appellant deur adjudant-offisier Abrams meegedeel dat die drie bakkies vermoedelik gesteelde voertuie was en dat hy op hulle beslag wou lê ten einde 'n inspeksie uit te voer.
4
As gevolg van 'n latere reëling tussen die appellant en Abrams is twee van die bakkies toe in Bloemfontein, en die ander een in Kaapstad, geïnspekteer. Dit het gelei tot beslaglegging op die drie bakkies ingevolge art 20 van die Strafproseswet 51 van 1977 ("die Wet").
-
(6)
Op 27 Julie het die appellant die kooppryse van die drie bakkies aan die drie kopers terugbetaal nadat die betrokke koopkontrakte konsensueel gekanselleer is.
(7)
Alvorens die ondersoek van die polisie afgehandel was, het die appellant se prokureur op 24 November 'n skrywe aan die respondent se prokureur gerig. Daarin is die respondent versoek om die appellant by te staan in sy strewe om herbesit van die bakkies te verkry. Aangeheg by die skrywe was 'n brief gerig deur eersgenoemde prokureur aan die polisie waarin teruglewering van al vier bakkies ingevolge art 31(1) van die Wet gevorder is weens die lang tydsverloop vanaf Julie. Die respondent het egter geweier om enigsins saam te werk.
5
(8) Hierna het die appellant se prokureur 'n skrywe van die
polisie, gedateer 11 Desember, ontvang. Daarin is o a die volgende gesê:
"Nieteenstaande die feit dat die ondersoek nog nie in alle fasette voltooi is nie, is dit reeds op hierdie stadium duidelik dat bovermelde voertuie gesteel is en gesteel gebly het en dat u kliënt dit derhalwe nie wettiglik mag besit nie. (In die verband word u respekvol venvys na die bepalings van artikel 31 van die Strafproseswet, 1977 (Wet No. 51 van 1977) saamgelees met die uitspraak van Van Heerden AR in Minister van Wet en Orde v Datnis Motors (Midlands) (Edms) Bpk 1989 (1) SA 926 (A).
Alhoewel die Suid-Afrikaanse Polisie, uit vrees daarvoor dat die ondersoek en daaropvolgende vervolging benadeel kan word, nie van voorneme is om u van volledige gronde te verskaf nie, kan dit gemeld word dat die koderingsnommers wat op die voertuie verskyn nie aan die voertuie behoort nie. Verder is tekens van peutering in die omgewing van die nommers duidelik sigbaar. Aangesien dieselfde valse nommers ook op die registrasiedokumente voorkom is die afleiding feitlik onafwendbaar dat die voertuie gesteel is en gesteel gebly het.
In die omstandighede, neem die uiteengesette gronde vir u kliënt se aanspraak, nie die aangeleentheid enigsins verder nie en is dit met spyt dat ek u moet meedeel dat die voertuie nie terugbesorg sal word nie."
6
(Die inhoud van hierdie brief is in 'n aparte beedigde
verklaring van 'n polisiebeampte bevestig.)
Hier dien gemeld
te word dat hoewel die appelïant nie in soveel woorde so sê
nie, dit duidelik is dat die brief
van 11 Desember ook op die
Toyota betrekking gehad het. Soos hieronder blyk, is hierdie
bakkie ook deur die polisie in
beslag geneem.
Samevattend het
die appellant sy aanspraak op temgbetaling van die totale
koopprys berus op die premisse dat weens die diefstal
van die
bakkies die appellant nie weer in besit daarvan gestel sou word
nie en dus uitgewin is.
In die bestrydende verklaring het die
respondent in eerste instansie gesteun op kloasule 2 van die
verkoopsvoorwaardes vervat
in 'n skriftelike dokument wat die
partye by die aankoop van die vier bakkies geteken het. Dit het
soos volg gelui:
"I [die appellant] agree that the Owners [die respondent] have
7
given no warranty whatever as to the state, condition or quality of the Vehicle, or as to its fitness for any purpose and any implied warranty is expressly excluded and the Vehicle is sold 'voetstoots'."
Wat die Toyota betref, het die respondent ontken dat dit
onderneem het om die koopprys aan die appellant terug te betaal.
Al wat ooreengekom is, so is beweer, was dat die respondent die
voertuig sou herstel na terugbesorging daarvan by die respondent
se perseeï. Kort na teruglewering het die polisie op die
Toyota beslag gelê as synde 'n gesteelde voertuig en
daama
in besit daarvan gebiy.
Die respondent het voorts beweer dat
dit die vier bakkies in Mei 1992 van Markos Investments CC
("Markos") aangekoop
het as "vehicle status number
3" voertuie, d w s heropgeboude voertuie wat opnuut
geregistreer was. Op sterkte
van 'n aantal dokumente het die
respondent voorts twyfel probeer werp op die polisie se bewering
dat die vier bakkies gesteelde
voertuie was.
8
In repliek het die appellant o a gesteun op 'n beëdigde verklaring van Abrams wat teen daardie tyd 'n luitenant was. Samevattend sê hy dat hy betrokke was by 'n omvangryke ondersoek rakende 160 voertuie. Hierdie ondersoek was toegespits op grootskaalse diefstal van veral bakkies deur 'n sindikaat diewe. Drie verdagtes was reeds gearresteer en verhoorafwagtend. Die vier bakkies wat tans ter sprake is, en wat klaarblyklik deel van die 160 voertuie was, se valse koderingsnommers het oorspronklik behoort aan voertuie wat algehele wrakke was. Die vier bakkies is nie van sodanige wrakke na hul huidige toestand verander nie en daar is voorts tekens van peutering in die omgewing van die koderingsnommers. Dieselfde vals nommers kom ook voor op die vier bakkies se registrasiedokumente. Wat dus gebeur het, is dat nadat die vier bakkies gesteel is hul koderingsnommers by wyse van vervalsing vervang is met die wrakke se sodanige nommers, en dat hulle toe met die vals nommers hergeregistreer is.
9
In die hof a quo het die respondent blykbaar op verskeie gronde aangevoer dat die aansoek afgewys moes word. Een daarvan was dat al sou die appellant uitgewin gewees het, die respondent weens die bepalings van die hierbo aangehaalde klousule 2 van die verkoopsvoorwaardes nie verplig was om die koopsom aan die appellant terug te betaal nie. Die hof het bevind dat daar heelwat te sê was vir die konstruksie dat die woorde "any implied warranty" ook die stilswyende waarborg teen uitwinning uitgesluit het. Weens oorwegings wat vir my nie duideiik is nie, is egter voorts bevind dat al sou daar twyfel bestaan het oor die juiste uitleg van klousule 2 dit voorsienbaar was dat 'n feitelike dispuut aangaande daardie uitleg sou ontstaan, welke dispuut slegs deur die aanhoor van mondelinge getuienis bygelê sou kon word. Gevolglik is die aansoek met koste afgewys. Later het die appellant ingevolge art 21(2), saamgelees met art 20(4)(b), van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959, verlof verkry om teen bedoelde bevel na
10
hierdie hof te appelleer.
Dit is dienstig om ter aanvang op
die effek van klousule 2 van die verkoopsvoorwaardes te let.
Selfs in die veronderstelling
dat dit aanspreeklikheid vir
uitwinning uitsluit, baat dit nie die respondent nie. Meestal met
'n beroep op D 19.1.11.18
leer 'n hele aantal van ons ou skrywers
naamlik dat 'n beding waarvolgens die verkoper in geval van
uitwinning nie aanspreeklikheid
oploop nie, nie in die weg staan
van 'n uitgewonne koper se vordering vir terugbetaling van die
koopprys nie. So 'n beding
bring slegs mee dat die koper nie ook
skadevergoeding kan verhaal nie. Sien o a Van Leeuwen C F
1.4.19.14; Voet 21.2.31;
Groenewegen, nota 20 by De Groot 3.14.4;
Matthaeus, De Auctionibus 1.14.5, en Van der Keessel,
Praelectiones Th 640. Van
Nieustad en Kooren, vonnis 68, vermeld
ook 'n gewysde van die Hoogen Raad van Holland, Zeeland en West
Friesland waarin
in dier voege beslis is. En in Alpha Trust
(Edms) Bpk v Van der Watt 1975
(3) SA 734 (A) 745-6, is
11
met blykbare goedkeuring na meeste van hierdie bronne verwys.
Voet se motivering vir die gedeeltelike onafdwingbaarheid
van
die beding onder bespreking is dat "a bonae fidei
contract does not admit
of this covenant that the purchaser
should lose the thing and the seller
should keep the price".
(Gane se vertaling, band 3, p 686.) Pothier,
Contract of Sale, se ietwat soortgelyke motivering lui:
"... as the buyer is not obliged to pay and does not in fact pay the price, but in consequence of the seller's promise to cause him to have the thing, if the seller does not fulfil this promise, the cause for which the buyer pays the price no longer subsists, and the seller, being in possession of it without cause, is consequently bound to restore it." (Cushing se vertaling, p 115.)
In aanvullende betoogshoofde het die respondent se advokaat
nietemin betoog dat hierdie hof nie gevolg aan bostaande reël moet gee
nie. In eerste instansie is aangevoer dat Schorer 'n
teenoorgestelde
standpunt ingeneem het (aantekening CCCL op De
Groot 3.14.6.) Die
beroep op Schorer is egter heeltemal
misplaas. In die betrokke
12
aantekening verwys hy naamlik glad nie na 'n beding wat
aanspreeklikheid vir uitwirming uitsluit nie, maar wel na 'n
geval
waarin die koper bewus is dat die saak nie die eiendom van
die verkoper is en nie sorg dra dat die koopkontrak 'n beding
bevat wat hom uitdruklik teen uitwinning vrywaar nie. In so 'n
geval, sê Schorer, leer sommige skrywers dat indien die
koper uitgewin word hy nogtans die koopprys van die verkoper kan
verhaal, maar dat die Hof van Mechelin en die Raad van
Brabant
anders beslis het.
Morice, Sale in Roman-Dutch Law, p 130, se
beroep op Schorer is eweneens mis, en in die verbygaan kan daarop
gewys word
dat na oorweging van talle gemeenregtelike brorme
Roberts Wnd R beslis het dat selfs in die geval waaroor Schorer
dit het
die koper in die reël die koopprys mag terugvorder.
In Van der Westhuizen v Yskor Werknemers se Onderlinge
Bystandesvereniging
1960
(4) SA 803 (T), het hy naamlik die volgende regsreël
geformuleer (op p 812 A-B):
13
"Waar 'n koper wetende 'n res aliena koop, sonder kwade trou en sonder om uitdruklik of deur sy optrede te kenne te gee dat hy 'n emptio spei aangaan, dan is hy, by uitwinning, geregtig op terugvordering van die koopprys, maar nie op verhaal van die id quod interest nie."
Mackeurtan, Sale of Goods in South Africa, 5de uitgawe, p 172,
n 3, en Norman, Purchase and Sale in South Africa, 4de uitgawe,
p
291, gee ook te kenne dat Schorer afwyk van bostaande standpunt
van Voet et al. Hulle gaan egter verder deur hul ook
op De Groot
3.14.6 te beroep. Maar hierdie teks het dit nog minder as Schorer
se aantekening oor 'n beding wat aanspreeklikheid
vir uitwinning
uitsluit. Sover ek kon nagaan, is daar dan ook nie 'n enkele
gemeenregtelike skrywer wat bedoelde standpunt
betwyfel nie.
Wat
moderne skrywers betref, word die standpunt as 'n gevestigde
regsreël aanvaar deur Wessels, The Law of Contract
in South
Africa, 2de uitgawe, band 2, para 4602, en De Wet en Van Wyk,
Kontraktereg en Handelsreg, 5de uitg., band 1, pp
331-2.
14
Hoewel hy nie bostaande gemeenregtelike posisie betwyfel nie,
meen Mostert, Uitwinning by die Koopkontrak in die
Suid-Afrikaanse
Reg
(ongepubliseerde proefskrif) vol 1, p 358,
en vol 2, pp 472-3, egter dat dit nie hedendaags nagevolg moet
word nie. (Sien
ook Mostert, Joubert en Viljoen, Die Koopkontrak,
p 154, en Mostert in Acta Juridica 1968, p 52.) Sy vernaamste
argument
- wat ook een is wat aanvanklik namens die respondent
aangevoer is - kom daarop neer dat die reêl waarvolgens die
verkoper normaalweg vir uitwinning aanspreeklik is tot die
reêlende reg behoort, en dat daar dus geen logiese rede is
waarom die partye tot 'n koopkontrak nie by ooreenkoms die reël
kan uitsluit nie.
Die bondigste antwoord op hierdie argument
is natuurlik dat volgens die gemeemegtelike opvatting die reël
dat die verkoper
in geval van uitwinning verplig is om die
koopprys terug te betaal juis nie deel van die reélende
reg is nie. 'n
Mens moet nietemin toegee dat die redes waarom dit
die regsposisie is uit 'n oogpunt van logika nie ten volle
15
bevredigend is nie. Soos reeds dikwels opgemerk, is die reg
egter nie altyd volkome logies nie: vgl Du Plessis v Strauss 1988
(2) SA 105 (A) 143 H-I. En dit is sekerlik nie onbillik nie
dat die koper wat deur uitwinning die saak ontneem is selfs in
die aanwesigheid
van die meermaal genoemde beding die koopprys -
maar nie ook skadevergoeding nie - van die verkoper kan verhaal.
Immers,
die koper ondemeem om die koopprys te betaal in die
stellige verwagting dat hy nie uitgewin sal word nie.
Daar
bestaan dus nie 'n dwingende rede nie waarom hierdie hof moet
afwyk van 'n reël wat eenstemmig deur ons ou skrywers
aanvaar en bowendien deur die Hooge Raad toegepas is. Dit het die
advokaat vir die respondent dan ook aan die einde van
sy
mondelinge betoog toegegee. Gevolglik kon die respondent hom nie
op grond van klousule 2 van die verkoopsvoorwaardes,
in sy
veronderstelde uitleg, teen die appellant se vordering vir
terugbetaling van die koopprys verweer nie.
16
Uitwinning vind in die reël plaas wanneer die koper die verkoopte saak geheeï of gedeeltelik ontneem word 6f omdat die verkoper nie eienaar daarvan was nie óf omdat sy eiendomsreg beperk was. Die Massieke geval van uitwinning is natuurlik dié waarin die koper op aandrang van die ware eienaar die saak aan laasgenoemde lewer. Die vraag ontstaan nou of en, indien wel, wanneer 'n beslaglegging op 'n saak ingevolge art 20 van die Wet uitwinning tot gevolg het.
Art 31(l)(a) en (b) van die Wet lui soos volg:
"(a) Indien geen strafregtelike verrigtinge ingestel word in verband met 'n in artikel 30(c) bedoelde voorwerp nie of indien dit blyk dat so 'n voorwerp nie by die verhoor vir die doeleindes van bewyslewering of vir die doeleindes van 'n hofbevel nodig is nie, word die voorwerp teruggegee aan die persoon van wie dit in beslag geneem is, indien so 'n persoon daardie voorwerp wettiglik mag besit, of, indien so 'n persoon daardie voorwerp nie wettiglik mag besit nie, aan die persoon wat dit wettiglik mag besit.
(b) ïndien niemand so 'n voorwerp wettiglik
mag besit
nie of indien die polisiebeampte belas met die
ondersoek
redelikerwys nie weet van iemand wat so 'n
voorwerp
wettiglik mag besit nie, word die voorwerp aan die
Staat
verbeur."
17
Art 30(c), wat in art 31(l)(a) vermeld word, het betrekking op
'n voorwerp wat ooreenkomstig art 20 in beslag geneem is en wat
in bewaring van of namens die polisie gebly het, soos die geval
met die onderhawige vier bakkies was.
Ingevolge art 32 geld
gelykluidende bepalings vir die geval waarin strafregtelike
verrigtinge in verband met die voorwerp
ingestel word en die
beskuldigde sy skuld ooreenkomstig die bepalings van art 57
erken.
Art 34(1) is van toepassing by beëindiging van
strafregtelike verrigtinge wat ingestel is in verband met 'n in
art
33 bedoelde voorwerp. So 'n voorwerp is een wat in art 30(c)
vermeld word en wat by 'n strafverhoor vir doeleindes van
bewyslewering of van 'n hofbevel nodig is. Behoudens 'n tans
ontersaaklike kwalifikasie bepaal art 34(1) dat die regter of
regterlike amptenaar wat by strafregtelike verrigtinge voorsit by
beëindiging daarvan 'n bevel moet gee dat so 'n voorwerp:
18
"(a) aan die persoon teruggegee word van wie dit in beslag geneem is, indien so 'n persoon daardie voorwcrp wettiglik mag besit; of
-
(b)
indien so 'n persoon nie op die voorwerp geregtig is of die voorwerp nie wettiglik rriag besit nie, aan 'n ander persoon wat daarop geregtig is, teruggegee word, indien daardie persoon die voorwerp wettiglik mag besit; of
(c)
indien geen persoon op die voorwerp geregtig is of indien geen persoon die voorwerp wettiglik mag besit nie of, indien die persoon wat daarop geregtig is, nie opgespoor kan word nie of onbekend is, aan die Staat verbeur word."
(So 'n bevel kan ook later gemaak word : art 34(3).)
(Edms) Bpk 1989
(1) SA 926 (A) 933-4, is beslis dat 'n gesteelde
voorwerp
nie ingevolge art 31(1) teruggegee mag word nie aan die origens
onskuldige persoon uit wie se besit dit kragtens
art 20 in beslag
geneem is indien hy van die diefstal bewus geword het.
(Gerieflik-heidshalwe gebruik ek die frase "gesteelde
voorwerp" ter aanduiding van 'n voorwerp 'n vroeëre
diefstal waarvan tot datum van beslaglegging voortgeduur
het, of,
soos dit in Datnis gestel is, 'n voorwerp wat gesteel
19
is en gesteel gebly het.) Die rede is dat so 'n persoon dan
nie die voorwerp wettiglik mag besit nie. Bostaande geld
klaarblyklik
ook vir artikels 32(1) en 34(1). Maar selfs al sou
bedoelde persoon die voorwerp wettiglik mag besit, kan dit
ingevolge
art 34(1) slegs aan hom teruggegee word indien hy
bowendien daarop geregtig is.
'n Koper van 'n voorwerp waarop
ingevolge art 20 as 'n vermoedelik gesteelde voorwerp beslag gelê
word, word klaarblyklik
nie deur die blote beslaglegging uitgewin
nie. Die voorwerp mag immers aan hom terugbesorg word. Net so
klaarblyklik is
so 'n koper wel uitgewin indien die voorwerp
volgens òf art 31(l)(b) òf art 32(2) òf art
34(l)(c)
aan die Staat verbeur word, of aan iemand anders -
gewoonlik die eienaar- terugbesorg word. Maar moet die koper nou
vir
'n onbepaalde tydperk na die beslaglegging, wat jare mag
wees, wag aleer hy op grond van uitwinning teen sy verkoper kan
optree omdat sodanige verbeuring of terugbesorging geskied het?
Ek meen van nee. So gou dit blyk dat
20
die voorwerp nie aan die koper - of aan iemand wat deur hom 'n reg op besit van die voorwerp verkry het - terugbesorg sal word nie, is die koper immers reeds uitgewin aangesien sy tydelike verlies aan besit van die voorwerp weens die beslagïegging nou 'n permanente een geword het. Anders gestel, is hy nou in effek permanent die saak ontneem, òf deur die Staat òf deur die persoon aan wie die voorwerp terugbesorg staan te word.
Uit bostaande volg dat die appellant in eerste instansie moes aangetoon het dat die vier bakkies wel gesteelde voorwerpe was. Ek het reeds verwys na verklarings van polisiebeamptes waarin gesê is dat die bakkies wel gesteelde voertuie was o a omdat hulle valse koderingsnommers gehad het; daar tekens van peutering in die omgewing van die nommers was, en dieselfde vals nommers ook op die betrokke registrasiedokumente voorgekom het. (Die woord "koderingsnommers" slaan klaarblyklik op masjien- en onderstelnommers.) In die bestrydende
21
verklaring het die respondent enige suggestie van diefstal van die bakkies probeer weerlê deur onder andere te steun op aangehegte motorvoertuigklaringvorms ("klaringsvorms"). Soos reeds genoem, het die respondent op sy beurt die vier bakkies van Markos aangekoop en vermoedelik is hierdie vorms deur laasgenoemde van die polisie verkry ten einde die voertuie te herregistreer. Al wat egter uit die vorms blyk, is dat bakkies met sekere koderingsnommers, en in drie gevalle sekere registrasienommers, nie by die polisie as gesteel aangemeld is nie. Dit beteken nie dat hulle nie inderdaad gesteel is nie. Eerstens kon die eienaar versuim het om 'n diefstal aan te meld. Tweedens, indien die koderingsnommers van die vier bakkies wat aan die appellant gelewer is, vervals was, sou diefstal van voertuie met daardie nommers uiteraard nie as gesteel aangemeíd gewees het nie. Ek kom later in meer besonderhede terug op die gegewens wat op die vorms voorkom.
Voorts het die respondent wat die ander drie bakkies betref,
22
gesteun op aangehegte dokumente met die opskrif: "Kennisgewing van diefstal of permanente ongeskiktheid van geregistreerde motorvoertuig" (hierna aanmeldingsdokumente genoem). Hierdie dokumente is blykbaar vanweë die bepalings van Ordonnansie 21 van 1966 (Natal) deur die aanmelders van drie bakkies ingevul, geteken en by die polisie ingehandig. 'n Oningevulde aanmeldingsdokument maak voorsiening vir aanmeïding dat 'n voertuig gesteel is ("rede (a)") of permanent vir gebruik as motorvoertuig ongeskik geraak het ("rede (b)"), en bevat twec blokkies waarin die aanmelder deur 'n merk soos 'n kruis te kenne kan gee welke rede op die aanmelding van toepassing is. Die een blokkie ("blokkie (a)") moet gemerk word as die voertuig gesteel is en die ander ("blokkie (b)") indien rede (b) geld.
Die eerste aanmeldingsdokument het betrekking op 'n bakkie ("bakkie (1)") met registrasienommer NP 30145 en in aïbei blokkies is kruisies aangebring. Die toepaslike datum betreffende beide redes vir
23
aanmelding word verstrek as 1 Januarie 1992 en daar word te
kenne gegee dat diefstal van die bakkie op daardie dag by die
polisie in Hilton gerapporteer is. Onder blokkie (b) verskyn
egter in manuskrip: "Accident/Wright off". (Die woord
"Wright" is waarskynlik as gevolg van 'n spelfout in
plaas van "Write" gebruik.) Die enigste aanvaarbare
afleiding is óf dat die aanmelder blokkie (a) per abuis
gemerk het, óf dat die bakkie wel gesteel is en op
dieselfde dag - allig toe dit deur die dief of 'n trawant bestuur
is - in 'n ongeluk betrokke was. Hoe dit ook al sy, in
die
dokument wat 21 Januarie 1992 gedateer is, word gemeld dat dit
vergesel gaan van die bakkie se registrasiesertifikaat.
Een
van Markos se fakture het betrekking op 'n voertuig met
registrasienommer NP 30145, d w s dieselfde een as dié
wat
op bogenoemde aanmeldingsdokument asook op een van die
klaringsvorms voorkom. Die faktuur meld egter nie enige
koderingsnommers nie. Die masjiennommer op die
aanmeïdingsdokument verskil geheel en al van
24
sodanige nommer wat op die betrokke klaringsvonn voorkom, en
ook van die masjiennommer van elk van die vier bakkies wat aan
die appellant gelewer is.
Die tweede aanmeldingsvorm het
betrekking op 'n bakkie ("bakkie 2") met
registrasienommer NR 10155. Blykens 'n
faktuur van Markos is 'n
bakkie met hierdie registrasienommer aan die respondent verkoop
op 22 Mei 1992, en volgens laasgenoemde
is dit een van die ander
drie bakkies wat weer aan die appellant verkoop is. Die faktuur
vermeld nie enige koderingsnommers
nie maar beide die masjien- en
onderstelnommer van voertuig NR 10155 is op die
aanmeldingsdokument ingevul en kom ooreen
met dié van 'n
tweede van die ander drie bakkies wat aan die appellant gelewer
is. Dieselfde nommers verskyn ook
op een van die klaringsvorms en
die registrasienommer op daardie vorm is ook NP 10155.
Slegs blokkie (a) is op die tweede aanmeldingsvorm gemerk,
25
en die betrokke gedeelte van die dokument gee te kenne dat bakkie 2 op 11 November 1991 gesteel is en dat die diefstal by die polisie in Howick gerapporteer is. Onder blokkie (b) verskyn egter die volgende in manuskrip: "Vehicle burnt out back". Dit laat 'n mens twyfel of die eienaar nie beoog het om die bakkie as permanent ongeskik, eerder as gesteel, aan te meld nie. Indien nou in ag geneem word dat die aanmelder in die dokument ook te kenne gee dat dit vergesel gaan van die betrokke registrasiesertifikaat, wat waarskynlik slegs in geval van aanmelding weens rede (b) ingedien hoef te word; dat die koderingsnommers en registrasienommer vermeld in die tweede aanmeldingsdokument dieselfde is as dié wat op een van die klaringsvorms voorkom, en dat in daardie vorm te kenne gegee word dat 'n voertuig met bedoelde nommers nie as gesteel gerapporteer is nie, is dit vir my aanneemliker dat bakkie 2 in die betrokke aanmeldingsdokument as permanent ongeskik, eerder as gesteel,
26
aangemeld is.
Ek kom dan by bakkie 3. Volgens die derde
aanmeldings-dokument is die registrasienommer daarvan NIX 2293.
Hierdie nommer
kom ook voor op een van Markos se fakture,
gedateer 22 Mei 1992, en een van die klaringsvorms, en volgens
die respondent
is die bakkie waarop dit betrekking het een van
die ander drie wat aan die appellant gelewer is. Die
koderingsnommers van
een van sodanige bakkies is dieselfde as dié
vermeld in die klaringsvorm, en die masjiennommer van daardie
bakkie
stem ooreen met die een wat in die derde
aanmeldingsdokument ingevul is. (In daardie vorm word nie 'n
onderstelnommer vermeld
nie, terwyl die faktuur geen besonderhede
oor die koderingsnommers bevat nie.) Die rede vir die aanmelding
blyk duidelik
uit die aanmeldingsdokument, nl permanente
ongeskiktheid vir gebruik as motorvoertuig. Die oorsaak van die
ongeskiktheid
lui soos volg: "involved in an accident,
damaged beyond repair".
27
Volgens 'n vierde faktuur van Markos, gedateer 7 Mei 1992, is
'n verdere bakkie aan die respondent verkoop. Die faktuur vermeld
geen koderingsnommers nie en slegs 'n Transvaalse
registrasienommer wat blykbaar by herregistrasie aan die voertuig
toegeken is. Op die klaringsvorm waarop die respondent steun, kom
geen registrasienommer voor nie; in die toepaslike mimte
is slegs
"Vir Reg" (blykbaar betekende "vir registrasie")
ingevul. Die koderingsnommers op die klaringsvorm
is egter
dieselfde as dié van die Toyota wat aan die appellant
gelewer is.
Betreffende die Toyota het die respondent nie 'n
aanmeldingsdokument aangeheg nie maar wel gesteun op 'n dokument
wat voorgee
uitgereik te gewees het deur die Kwazulu Departement
van Finansies op 16 Oktober 1991. Volgens dié dokument is
'n
bakkie ("bakkie 4") op daardie datum aan 'n
ongenoemde persoon verkoop op 'n sogenaamde "Kwazulu
redundant
motor vehicle sale". Die dokument vermeld nie 'n
registrasienommer of die toestand van die voertuig nie,
28
maar die koderingsnommers wat daarop voorkom is dieselfde as
dié van die Toyota wat aan die appellant gelewer
is.
Samevattend is dit die respondent se saak dat bakkies 1
tot 4 dieselfde bakkies is as dié wat, sy dit dan ook tot
'n mate opgebou, aan die appellant gelewer is. In die
veronderstelling dat die dokumentasie waarop die respondent steun
in sy guns toelaatbaar is, bewys dit egter nie dat die vier
bakkies wat aan die respondent gelewer is nie gesteelde voertuie
was nie. Die teendeel is eerder waar. Aangenome dat bakkie 1 as
gesteel aangemeld is en een van bogenoemde vier bakkies
is, is
die posisie dat bakkie 1 vier maande na die aanmelding met
aangifte van dieselfde registrasienommer (NP 30145) deur
Markos
aan die respondent verkoop is, en 'n paar dae later met 'n valse
masjiennommer deur laasgenoemde aan die appellant
verkoop en
gelewer is. Gesien die kort tydsbestek is dit vir my
onwaarskynlik dat die polisie bakkie 1 na die diefstal
en die
vervalsing van die masjiennommer sou opgespoor en aan
29
die Natalse eienaar terugbesorg het, en dat laasgenoemde dit
daama verkoop het op 'n wyse wat dit voor 22 Mei 1992 in Markos
se besit in die Transvaal sou laat beland het. Kortom, in
bostaande veronderstelling was bakkie 1 'n gesteelde voorwerp
toe
dit aan die appellant gelewer is. Indien hierdie bakkie egter
bloot as permanent ongeskik aangemeld is, geld dieselfde
as wat
hieronder betreffende bakkies 2 en 3 gesê
word.
Laasgenoemde twee bakkies was as't ware wrakke tydens
die onderskeie aanmeldings. Dit pas in by Abrams se beskrywing
van
die werkswyse van die sindikaat, nl om die koderingsnommers
van gesteelde voertuie te vervang met dié van wrakke. En
indien bakkies 2 en 3 na die aanmeldings verkry is deur Markos of
iemand anders wat hulle op 'n onskuldige wyse bloot heropgebou
het, sou dit natuurlik nie nodig gewees het om in die omgewing
van hul koderingsnommers te peuter nie. Die aanduidings
is dus
dat bakkies 2 en 3 nie dieselfde bakkies is as dié met
ooreenstemmende koderingsnommers wat aan die appellant
gelewer is
nie,
30
maar dat laasgenoemde bakkies gesteelde voorwerpe was die
koderings-nommers waarvan valslik deur dié van bakkies 2
en 3 vervang is.
Die dokumentasie waarop die respondent steun
en wat op bakkie 4 betrekking het, werp nie juis lig op die
lotgevalle daarvan
nie. Dit is egter ietwat vreemd dat die
faktuur van Markos wat volgens die respondent op bakkie 4 van
toepassing is geen
koderingsnommers en ook nie die vorige Natalse
registrasienommer vermeld nie. Hoe dit ook al sy, 'n mens weet
nie of bakkie
4 ten tye van die veiling reeds so te sê 'n
wrak was, of daarna een geword het nie, en indien hierdie bakkie
na die
veiling deur 'n onskuldige verkryer bloot heropgebou was,
sou dit natuurlik net so min as in die geval van bakkies 2 en 3
nodig gewees het om in die omgewing van die koderingsnommers
daarvan te peuter. Die peutering wat wel plaasgevind het xn
die
omgewing van die Toyota se koderingsnommers dui dus daarop dat
dit 'n gesteelde voorwerp was waarin die voertuig se
oorspronklike sodanige nommers by wyse van
31
vervalsing vervang is deur dié van bakkie 4.
Die
knoop word verder deurgehak deur Abrams. Soos reeds aangedui, sê
hy dat die koderingsnommers van die vier bakkies
waarop beslag
gelê is dié is van ander voertuie wat totale wrakke
geword het, en dat die vier bakkies nie
voor enige moontlike
opbouing fisies sodanige wrakke kon gewees het nie; m a w, dat
die koderingsnommer van die vier bakkies
vervals is. Voorts weet
ons dat die masjiennommers, en in twee gevalle ook die
onderstelnommers, van drie van die bakkies
wat aan die appellant
gelewer is, dieselfde is as dié van bakkies 2, 3 en 4. Die
aanmeldings van bakkies 2 en 3
en die verkoop op 'n veiling van
bakkie 4, asook die diefstal van bakkie 1 (indien dit wel gesteel
is), het in Natal tussen
Oktober 1991 en Maart 1992 geskied, en
indien hulle dieselfde voertuie is as dié wat aan die
appellant gelewer is,
moes hulle op 'n bra toevallige wyse al
vier voor omstreeks 22 Mei 1992 in besit van Markos in die
Transvaal gekom het.
32
ïn die lig van al bogenoemde oorwegings meen ek nie dat
daar realistiese sprake is nie dat die vier bakkies wat aan die
appellant gelewer is voorheen gesteeï is; dat hul
koderingsnommers toe vervals is waama hulle aan hul eienaars
terugbesorg is, en dat weens daaropvolgende vervreemdings deur
die eienaars hulle uiteindelik al vier deur Markos bekom is.
Samevattend is dit dus waarskyniik dat die bewuste vier bakkies
gesteelde voorwerpe was.
In die verbygaan dien gemeld te word
dat die feit dat bakkie 1 as gesteel aangemeld is - gestel dat
dit wel die geval was
- nie noodwendig spreek teen Abrams se
bewering dat die vervalste koderings-nommers van die vier bakkies
waarop beslag
gelê is dié was van vier wrakke wat
nie tot die aan die appellant gelewerde bakkies heropgebou kon
gewees
het nie. Ek sê dit omdat bakkie 1 natuurlik na die
veronderstelde diefstal as gevolg van, sê, 'n botsing in 'n
wrak kon verander het.
33
Die respondent se advokaat het egter betoog dat Abrams nie
uitdruklik sê waar hy kom aan die kennis dat die
koderingsnommers
waama hy verwys voorheen dié van totale
wrakke was, en dat die in beslag genome vier bakkies nie voor
heropbouing
sodanige wrakke kon gewees het nie. Dit is so, maar
dit bring geensins mee nie dat Abrams nie uit eie kennis spreek
nie
of dat die betrokke getuienis slegs deur 'n deskundige - wat
Abrams moontlik nie is nie - gegee kon gewees het. So byvoorbeeld
is dit sekerlik nie vergesog nie dat Abrams die vier wrakke
persoonlik kon besigtig het en dat sy waarnemings dié
was
wat selfs 'n leek kon gemaak het. En indien die respondent twyfel
gehad het of die betrokke bewerings van Abrams toelaatbaar
was,
kon dit aansoek gedoen het om verlof om Abrams mondelings te laat
getuig, of om 'n toepaslike verdere beëdigde
verklaring in
te dien.
Namens die respondent is ook met 'n beroep op die
beslissing in Westeel Engineering (Pty)Ltd v sydney Clow and Co
Ltd 1968
(3) SA
34 458 (T) betoog dat al sou die in beslag genome
bakkies gesteelde voorwerpe gewees het, die appellant nie ten
opsigte van
daardie bakkies (met uitsondering van die Toyota)
uitgewin is nie. Dié beroep is mis. In Westeel was daar
geen uitwinning
van - of 'n dreigement van uitwinning teen - die
uiteindelike koper van 'n saak wat in besit daarvan was op die
stadium
toe sy onregstreekse voorganger 'n bedrag gelykstaande
aan die beweerde waarde van die saak aan die eienaar daarvan
betaal
het nie. Derhalwe is beslis dat die voorganger ook nie
uitgewin was nie. (Sien ook Louis Botha Motors v James and
Slabbert
Motors (Pty) Ltd 1983
(3) SA 793 (A).) In die onderhawige geval is die
koopkontrakte van die ander drie bakkies egter gekanselleer
voordat dit geblyk het
dat hulle gesteelde voorwerpe was. Na die
kansellasies het die drie kopers dus nie meer enige belang by die
drie bakkies
gehad nie. By ontstentenis van die kansellasies sou
die drie bakkies nie aan die drie kopers terugbesorg gewees het
nie,
want hulle sou allig in kennis gestel gewees het dat die
35
bakkies gesteelde voorwerpe was en sou dus nie wettiglik in besit daarvan geplaas kon gewees het nie. Weens die kansellasies het die appellant teenoor die drie kopers op besit van die drie bakkies geregtig geword. Hy weet egter reeds van die diefstalle en daar is dus geen sprake dat die bakkies uit beslaglegging aan hom besorg sal word nie. Kortom, na die kansellasies het niemand ander as die appellant op grond van 'n titel wat regstreeks of onregstreeks na die koopkontrak tussen hom en die respondent teruggevoer kan word, 'n aanspraak op die drie bakkies gehad nie, en daardie aanspraak is weens die bepalings van die Wet verydel. In effek is die appellant dus wel uitgewin.
Dit is nog nodig om die kwessie van uitwinning betreffende die Toyota van nader te beskou. Onthou sal word dat hierdie voertuig op die perseel van die respondent in beslag geneem is nadat, volgens die appellant, die verkoop daarvan gekanselleer en dit aan die respondent teruggelewer was. As dit so is, was daar natuurlik geen sprake van
36
uitwinning van die appeïlant ten opsigte van die Toyota
nie. Die respondent ontken egter die appellant se bewerings.
Volgens eersgenoemde was die verkoop nie gekanselleer nie en het
dit die Toyota ten tye van die beslaglegging daarvan namens
die
appellant besit. As dit die geval was, is die appellant in die
lig van bostaande natuurlik wel uitgewin. Dit volg dus
dat welke
van die botsende weergawes ook al juis is, die appellant geregtig
is op terugbetaling van die koopprys van die
Toyota, sy dit dan
ook op verskillende gronde. Hier dien nog gemeld te word dat die
respondent se advokaat hom tereg nie
beroep het nie op 'n verweer
van lis alibi pendens betreffende die aksie wat die appellant
voor aanhangigmaking van die
aansoek vir terugbetaling van
bedoelde koopprys ingestel het.
Die appèl slaag met
koste en die bevel van die verhoorhof word deur die volgende
vervang:
"Die aansoek slaag met koste en die respondent word gelas
37
om die som van R97 000 asook moratore rente teen 18,5% per jaar aan die applikant te betaal."
H J O VAN HEERDEN AR
CORBETT HR
VIVIER AR STEM SAAM
MARAIS AR
VAN COLLER
Wnd AR
SAFLII Note: This case was originally published by Juta and Company (Pty) Ltd. Juta retains copyright as far as it subsists. An English translation of this case is available at: http://saflii.org/za/other/ZAENGTR/1995/1.html |