South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
2001 >>
[2001] ZASCA 63
| Noteup
| LawCite
Kommissaris Suid-Afrikaanse Inkomste Diens v Boedel Wyle A I J de Beer (328/99) [2001] ZASCA 63 (18 May 2001)
Download original files |
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
DIE HOOGSTE HOF VAN
APPèL
Saaknommer: 328/99
Rapporteerbaar
Die Kommissaris Suid-Afrikaanse Inkomste Diens Appellant
en
Boedel
Wyle A I J de Beer Respondent
Coram: Hefer Wnde HR, Howie, Streicher, Cameron ARR en Nugent Wnde AR
Verhoor op 2 Mei 2001
Uitspraak gelewer op
Boedelbelasting - korting onder a 4(m) van Wet 45 van 1955 - “nie
toegelaat is nie” in para (m)(ii) voor wysiging gedurende
1998 beteken
“nie deur die Kommissaris toegelaat nie.”
UITSPRAAK
JJF HEFER
HEFER WNDE HR:
[1] Die bedrag waarop
boedelbelasting ooreenkomstig die bepalings van die Boedelbelastingwet 45 van
1955 bereken word, word in elke besondere
geval bepaal deur die toepaslike
kortings in a 4 genoem plus `n bedrag van R1m af te trek van die totale waarde
van die oorledene
se eiendom. Onder a 3(2)(a) van die Wet vorm `n vruggebruik
wat `n oorledene gedurende sy lewe geniet het, deel van sy eiendom
by sy
dood; maar in a 4(m) (soos dit op die relevante stadium gelui het) is
voorsiening gemaak vir `n korting ten opsigte van die
waarde van so `n
vruggebruik
“indien bedoelde ... reg deur `n vooroorlede gade van die oorledene geskep is en -
(i) die eiendom waaroor die oorledene daardie ... reg geniet het deel van die boedel van die vooroorlede gade uitgemaak het; en
(ii) geen korting ten opsigte van die waarde van daardie ... reg by die bepaling van die netto waarde van die boedel van die vooroorlede gade kragtens die bepalings van paragraaf (q) van hierdie artikel toegelaat is nie.”[1]
[2] In
die huidige geval het `n vruggebruik wat hy uit die boedel van sy vooroorlede
eggenote verkry het deel uitgemaak van die eiendom
van Abraham De Beer toe hy
gedurende 1995 oorlede is. Weens redes wat later sal blyk wou die Kommissaris
nie `n korting onder a 4(m)
toelaat nie. Die eksekuteurs het hulle na `n
Inkomstebelasting Spesiale Hof gewend en die hof het die Kommissaris gelas om
die
korting toe te laat. Met die nodige verlof appelleer die Kommissaris nou na
hierdie Hof.
[3] Die drie vereistes wat gestel word voordat die
waarde van `n vruggebruik vir `n korting onder a 4(m) kwalifiseer is, eerstens,
dat
die vruggebruik deur `n vooroorlede gade geskep is; tweedens, dat die
eiendom waaroor die reg geniet is, deel van die boedel van
die vooroorlede gade
gevorm het; en, derdens, dat geen korting ten opsigte van die waarde van die
vruggebruik onder paragraaf (q)
toegelaat is by die bepaling van die netto
waarde van die vooroorlede gade se boedel nie. (Paragraaf (q) skep `n
korting ten opsigte van “soveel van die waarde van enige eiendom in die
boedel ingesluit wat nie ingevolge
die voorgaande bepalings van hierdie artikel
as `n korting toegelaat is nie, as wat aan die langslewende gade van die
oorledene toeval
... ”)
[4] Die Kommissaris betwis nie die
aanwesigheid van die eerste twee vereistes nie. Wat die derde betref is dit
gemene saak dat die eksekuteur
in wyle Mev De Beer se boedel wel `n korting
onder paragraaf (q) geëis het maar nie die waarde van die vruggebruik
ingesluit
het by die berekening van die korting nie omdat Mev De Beer se boedel
so klein was dat die betaling van boedelbelasting vermy kon
word sonder om die
waarde van die vruggebruik af te trek. Volgens die eksekuteur is die weglating
doelbewus gedoen sodat paragraaf
(m)(ii) nie by Mnr De Beer se dood in die weg
van `n korting kon staan nie.
[5] Die geskil wentel om die vraag
of `n korting ten opsigte van die waarde van die vruggebruik toegelaat is in Mev
De Beer se boedel.
Die antwoord hang af van die korrekte vertolking van die
woorde “[nie]toegelaat is nie” in paragraaf (m)(ii) van a 4.
Namens die Kommisaris word aangevoer dat die feit dat `n korting nie geëis
is op die waarde
van die vruggebruik nie, nie meebring dat so `n korting nie
“toegelaat” is soos in paragraaf (m)(ii) bedoel nie. Die
betoog namens hom kom daarop neer dat die kortings waarvoor a 4 voorsiening maak
deur die Wet self “toegelaat” word ongeag of dit geëis word of
nie. Indien dít die korrekte vertolking is,
is `n a 4(q) korting ten
opsigte van die waarde van die vruggebruik in Mev De Beer se boedel toegelaat en
het die Kommissaris tereg
`n a 4(m) korting in Mnr De Beer se boedel geweier.
Namens die boedel word daarenteen aangevoer dat paragraaf (m)(ii) betrekking
het
op `n feitelike situasie; dat enige korting onder a 4 deur `n eksekuteur
geëis en deur die Kommissaris afgewys of toegelaat
moet word, en dat die
derde vereiste van paragraaf (m) behels dat `n korting ten opsigte van die
waarde van die vruggebruik nie
deur die Kommissaris toegelaat is nie.
Indien dít die korrekte vertolking is, was `n art 4(q) korting nie in Mev
De Beer se boedel toegelaat ten
aansien van die waarde van die vruggebruik nie
en bestaan daar geen rede waarom `n a 4(m) korting nie in Mnr De Beer se boedel
toegelaat
kan word nie.
[6] Dit kan nie betwyfel word dat die
uitdrukking wat in geskil is, vatbaar is vir die vertolking waarvoor die
Kommissaris betoog nie.
Maar dit is ook vatbaar vir die vertolking wat die
eksekuteurs voorstaan. Dit blyk naamlik uit arts 7 en 8 dat kortings inderdaad
geëis en deur die Kommissaris beslis moet word. Art 7 verg van elke
eksekuteur om `n opgawe voor te lê waarin die bedrag
aangegee word wat
volgens hom die belasbare bedrag van die boedel weergee, met besonderhede van
die eiendom van die oorledene en
“enige korting waarop ingevolge artikel
vier aanspraak gemaak word” (“any deduction claimed in terms
of section four”, volgens die Engelse weergawe). Ooreenkomstig a 8
moet die Kommissaris self die belasbare bedrag bepaal en die opgawe verbeter
indien
hy van oordeel is dat dit nie die juiste bedrag weergee nie. Dit kan hy
slegs doen deur o a uitsluitsel te gee oor die geëiste
kortings. Word
verder in aanmerking geneem (1) dat die Kommissaris in elke geval moet toesien
dat elke aanspraak op `n korting
binne die perke van a 4 val, (2) dat daar
verskeie kortings is (b v díe genoem in paragrawe (a), (e) en (f) van a
4) wat
uitdruklik onderhewig gestel is aan sy oordeel, en (3) dat hy
aansienlike magte onder a 5 het ten opsigte van die waardebepaling
van die
eiendom van `n boedel met die oog op die toelating van `n korting onder a 4, is
dit verstaanbaar en bykans vanselfsprekend
dat hierdie funksie aan hom opgedra
is.
Dit is waar dat a 4 in gebiedende taal voorskryf dat die netto waarde
van `n boedel bepaal word deur die kortings wat daarin beskryf
word, op die
totale waarde van die eiendom van die boedel te doen. Daarom is die Kommissaris
klaarblyklik nie bevoeg om `n geëiste
korting wat binne die perke van a 4
val, uit te sluit of een wat buite die perke val, in te sluit nie. Maar dit
volg geensins dat
die berekening van boedelbelasting `n formaliteit is wat
nagekom kan word sonder dat die Kommissaris in elke geval beslis of, en
tot
watter mate, elke geëiste korting toelaatbaar is nie.
[7] Dit is
nie moontlik om te bepaal of voorkeur aan die een dan wel aan die ander
vertolking verleen moet word nie. Die Wet bevat, behalwe
in a 4(m)(ii), etlike
ander verwysings na kortings wat “nie toegelaat is nie” maar
geeneen van die ander gevalle verskaf
duidelikheid oor die ware betekenis van
die uitdrukking nie. In die eerste voorbehoudsbepaling tot a 4(q) word ander
woorde gebruik
waar voorgeskryf word dat “die korting wat kragtens die
bepalings van hierdie paragraaf toegelaat mag word” in bepaalde
gevalle verminder moet word. (In die Engelse weergawe word verwys na
“the deduction allowable under the provisions of this
paragraph”.) Hoewel beide uitdrukkings ongetwyfeld die indruk skep van `n
korting wat deur die Kommissaris toegelaat mag word en nie van toelating
deur die Wet self nie, ag ek die betrokke paragraaf nie as deurslaggewend nie
omdat die Wet
vir dertig jaar bestaan het voordat a 4(q) gedurende 1985 by wyse
van `n wysiging ingevoeg is en die bepaling daarna self weer gewysig
is. Dit kan
nouliks aangewend word om die wetgewer se bedoeling in die oorspronklike wet en
vroeëre wysigings te peil.
[8] Omdat die ware bedoeling van die
wetgewer gevolglik nie met gebruik van die gewone hulpmiddels bepaal kan word
nie moet a 4(m)(ii)
contra fiscum uitgelê word deur voorkeur te gee
aan die vertolking wat die belastingbetaler bevoordeel. Daarom moet die
eksekuteurs gelyk
gegee word en moet die verwysing na `n korting kragtens die
bepalings van a 4(q) beskou word as `n korting wat nie deur die Kommissaris
toegelaat is nie.
Die appèl word van die hand gewys met
koste.
___________________
JJF HEFER
Waarnemende Hoofregter
Stem saam:
Howie AR
Streicher
AR
Cameron AR
NUGENT, A J A:
[1] I regret
that I do not share the view of the Acting Chief Justice. In my view a
deduction that "was allowed...under the provisions
of paragraph (q)" is one that
was permitted to be made by the terms of that subsection (irrespective of
whether it was claimed).
That accords with the ordinary meaning of the language
in that the deduction is permitted by the subsection without any decision
of the
Commissioner. It is true, as pointed out by the Acting Chief Justice, that the
Commissioner must scrutinize the return submitted
by the executor but he does so
only to ensure that its contents accord with what is permitted by the
Act.
[2] The alternative construction that has been suggested
would mean that the legislature must have intended to allow the executor of
the
estate of the first-dying spouse to choose in which estate the deduction should
be made. When one considers the background to
the enactment of the subsection I
do not think the legislature could have had that
intention.
[3] The Estate Duty Act 45 of 1955 imposes a tax
(estate duty) upon deceased estates, which is to be calculated on the value of
the estate.
The value of the estate is determined by making various deductions
(which are provided for in s 4 and s 4A) from the value of the
estate property.
The estate property includes a usufructuary interest held by the deceased
immediately prior to his death.
[4] In 1957 ss (m) was added to s
4 by Act 59 of 1957. That subsection allowed the value of any usufructuary
interest created by a predeceased
spouse over property which formed part of the
estate of such predeceased spouse to be deducted in the estate of the last-dying
spouse.
The result was that the value of the usufructuary interest would not be
taxable in the estate of the last-dying spouse, and by the
same token it would
be taxable in the estate of the first-dying spouse (in that no deduction of its
value in that estate was allowed).
[5] In 1985 subsection (q) was
added (by Act 81 of 1985). That subsection allowed as a deduction from the
estate of a deceased the amount
of any property that accrues to the surviving
spouse (if it had not already been allowed as a deduction under any other
provision
of s 4). That section applied to the estate of any person who died on
or after 1 November 1984.
[6] However a difficulty arose from
the addition of ss (q) without the deletion of ss (m). The effect of the two
subsections in conjunction
was that the value of the usufructuary interest would
never attract the tax. Its value would be deducted in the estate of the
first-dying
in terms of ss (q) and be deducted again in the estate of the
last-dying in terms of ss (m).
[7] In order to tax the value of
the usufructuary interest in one estate or the other two courses were open to
the legislature. Subsection
(m) could be repealed with the result that the
value of the usufructuary interest would be taxable in the estate of the
last-dying;
or ss (q) could be amended by excluding the value of the
usufructuary interest with the result that it would be taxable in the estate
of
the first-dying.
[8] However to repeal ss (m) would have created
another problem. The value of the usufrucutary interest would then not be
deductible
in the estate of either spouse if the first dying spouse had died
before 1 November 1984 (with the result that the same property
would be taxable
twice). It would not have been deductible in the estate of the first-dying
(because ss (q) had not yet been enacted
when that spouse died) and it would
also not be deductible in the estate of the last-dying (once ss (m) was
repealed).
[9] That could be overcome by allowing the deduction
to be made in the estate of the last-dying only if the deduction had not been
permitted
in the estate of the first-dying (i. e. only if the first-dying had
died before 1 November 1984). In my view that was the purpose
of ss (m)(ii),
which rendered the value of a usufructuary interest taxable in the estate of the
last-dying if it was not taxable
in the estate of the first-dying (i.e. if the
first-dying had died after 1 November 1984 when ss (q) came into effect). In
that
way it was taxable in either one estate or the
other.
[10] The effect of the alternative conclusion is that the
legislature must have intended, instead of merely rendering it taxable in one
estate or the other, to allow the executor in the estate of the first-dying to
choose in which estate it should be taxed. In my
view that is most unlikely.
First, I can see no reason why the legislature should have introduced such a
principle when it had done
nothing of the sort before. The problem it faced was
no more than to render the value of a usufructuary interest taxable in at least
one estate. Secondly, if it had intended to introduce this new principle of
choice (which it would have to have done deliberately)
it would surely not have
done so obliquely.
[11] In my view the intention was merely to
render the value of a usufructuary interest taxable in one or other of the
estates depending
upon when the first-dying died. That gives effect to the
ordinary meaning of the language of the subsection, is consistent with
the
principles that had been applied in the Act since its advent, and is explicable
by its history.
[12] I would thus uphold the
appeal
___________
R W Nugent
Acting Judge of Appeal
[1]Art 4 (m) (ii) is gedurende 1998 gewysig deur die woorde “toegelaat is” met “toelaatbaar was” te vervang.