South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
2008 >>
[2008] ZASCA 68
| Noteup
| LawCite
Oliphant v Road Accident Fund (395/07) [2008] ZASCA 68; [2008] 4 All SA 239 (SCA) (30 May 2008)
Download original files | Links to summary |
THE SUPREME COURT OF APPEAL OF SOUTH AFRICA
Case No: 395/07
NOT REPORTABLE
In the matter between:
SANNA SUZAN OLIPHANT ... APPELLANT
v
THE ROAD ACCIDENT FUND ... RESPONDENT
Coram: Harms ADP, Scott, Heher, Mlambo et Cachalia JJA
Heard: 12 May 2008
Delivered: 30 May 2008
Summary: Motor vehicle ‘driver’ working on his engine – spanner he was using slipped and dropped onto two electrical contact points causing vehicle to start and set off in reverse injuring the claimant – ‘freak accident’ – negligence not proved.
Neutral citation: This judgment may be referred to as Oliphant v The Road Accident Fund (395/2007) [2008] ZASCA 68 (30 May 2008).
JUDGMENT
CACHALIA JA
[1] The appellant instituted proceedings in the Free State High Court against the Road Accident Fund for damages arising from injuries she sustained when her husband’s motor vehicle knocked her over in front of her house on 5 December 1999. The evidence was that while he was investigating a mechanical problem with the vehicle’s engine, a spanner slipped from his hand and dropped onto two electrical contact points of the vehicle’s starter. This caused the vehicle to start unexpectedly and set off in reverse, knocking her over in the process. The accident left her paraplegic.
[2] The High Court (Ebrahim J) was asked to consider only the merits of the dispute. It found, in favour of the appellant, that her husband’s (the insured driver’s) negligence caused the accident. The Fund’s appeal to the full court (Van der Merwe J, Hattingh J and van Zyl J concurring) was upheld. The appellant appeals with special leave of this court.
[3] Other than the appellant and her husband, Mr Isaac Ndeleni Oliphant, who both testified more than six years after the incident, no one else witnessed the occurrence. The appellant and the Fund each called an expert to testify on the plausibility of Mr Oliphant’s version as to how the accident happened. Mr B Grobbelaar testified on behalf of the appellant and Mr D L van Onselen for the respondent.
[4] The appellant’s case rests mainly on her husband’s version of how the accident occurred, which the trial court accepted but the court below did not. The court below summarised his evidence thus:
‘Mnr Oliphant het getuig dat die voertuig ‘n outomatiese ratkas gehad het. Hy het egter die ratkas sodanig gebrug dat die enjin in enige rat aangeskakel kon word en nie net in die parkeerrat nie. Omdat hy probleme gehad het om die voertuig aan die gang te kry, het Mnr Oliphant ‘n aansitknoppie in die kajuit geïnstalleer met twee drade deur die paneelbord direk aan die aansittermotor gekoppel. Ten einde die aansitterknoppie te gebruik om die voertuig aan te skakel, moes die vonkskakelaar (“ignition switch”), wat met ‘n sleutel gewerk het, egter aangeskakel word deur die sleutel na regs te draai. Sodoende het daar twee liggies op die paneelbord aangekom. Op die betrokke oggend het Mnr Oliphant die enjinkap oopgemaak en toe omgeloop en die enjin op die gebruiklike manier aangeskakel en laat luier. Die ratkas was in die parkeerrat geskakel. Volgens Mnr Oliphant het hy toe ‘n ongewone geluid van die kant van die enjin gehoor, as gevolg waarvan hy die enjin weer afgeskakel het, waarna hy die sleutel uit die vonkskakelaar getrek het en in sy sak gedruk het. Hy het die regterkantste voordeur oopgelos. Hy het vasgestel dat ‘n moer waarmee die petrolpomp vasgetrek word, los was. Hy het ‘n moersleutel geneem en die moer stywer gedraai. Hy het toe aan die regterkant van die voertuig gestaan en oor die enjin gebuk. Op daardie stadium was die respondent in die huis enkele tree daarvan af. Die moersleutel het gegly en uit sy hand geval en op die solenoïde en aansittermotor geval. Volgens Mnr Oliphant het die aansittermotor toe begin draai, die enjin aangeskakel en, soos hy dit gestel het, “onmiddellik het die kar sommer weggegaan van my af” en wel agteruit. Die voertuig het ‘n paar meter verder tot stilstand gekom, aangesien die regtervoordeur daarvan aan ‘n sinkgeboutjie gehaak het. Hy het die enjin doodgemaak deur die drade van die klos en die vonkpropdrade uit te trek. By ondersoek het hy vasgestel dat die respondent onder die voertuig lê en dat sy beseer is. Hy het opgemerk dat die ratkas van die voertuig in trurat geskakel was en dat die stuurwielslot aangeskakel was. Die stuurwielslot word losgemaak deur die vonkskakelaar aan te skakel.’
[5] The court below then analysed the evidence and concluded that Mr Oliphant’s evidence on how the accident occurred was improbable and could not be accepted. I agree with the court’s reasoning on this aspect and for convenience will merely repeat what appears at paragraph’s 7-13 of the judgment.
‘[7] Dit is gemeensaak dat die voertuig in die onderhawige geval slegs deur middel van die enjin daarvan agteruit kon beweeg indien ten minste al vier die ondervermelde gebeur het of van toepassing was:
(i) Die moersleutel moes voldoende en lank genoeg kontak bewerkstellig het tussen die positiewe pool van die aansittermotor en die positiewe pool van die solenoïde sodat die aansittermotor die enjin kon aansluit.
(ii) Die vonkskakelaar moes aangeskakel gewees het, sodat die elektriese stroombaan voltooi was tussen die battery en die klos en vonkverdeler.
(iii) Die ratkas moes in trurat geskakel gewees het.
(iv) Die enjin moes voldoende revolusies opgebou het om die voertuig te laat wegtrek.
[8] Die getuienis van Mnr Oliphant op elkeen van hierdie aspekte en des te meer op almal tesame, is myns insiens so onwaarskynlik dat dit nie aanvaar kan word nie. Oorkoepelend moet op grond van algemene waarskynlikhede in gedagte gehou word dat die probleem met hierdie tipe ou voertuig juis is om dit aan die gang te kry en nie andersom nie, wat ook strook met Mnr Oliphant se eie ervaring.
[9] Dit is natuurlik in die eerste plek besonder eienaardig dat die moersleutel toevallig presies gelyktydig geval het net op die positiewe pool van die aansittermotor en die positiewe pool van die solenoïde. Boonop het Mnr Oliphant gesê dat die moersleutel nie vasgewig was nie, maar bloot op die twee pole geval het, vir ‘n wyle vasgebrand het daarop en toe afgeval het. Mnr Grobbelaar het self gesê dat hy dit betwyfel dat die enjin aangeskakel kon word indien die moersleutel nie op die betrokke twee pole vasgewig was of vasgesteek het nie. Daar is verwys na brandmerke wat op die betrokke pool of pole voorgekom het. In die omstandighede is hierdie getuienis vir my van min waarde. Dit is ‘n baie ou voertuig en dit is duidelik dat Mnr Oliphant bewus was van hoe ‘n voertuig aangeskakel kon word deur kontak tussen die twee pole te bewerkstellig. Trouens, hy het self verduidelik hoe hy dit tot verbasing van een van die persone wat hom met betrekking tot die saak besoek het, op die voertuig gedemonstreer het. Selfs Mnr Grobbelaar het, volgens sy eie getuienis, ‘n toets gedoen voor sy demonstrasie in die hof om aan te dui hoe die aansittermotor aangeskakel kon word deur die twee genoemde pole meganies te verbind.
[10] Mnr Grobbelaar het in sy getuienis die moontlikheid geopper dat die vonkskakelaar aangesluit kon gebly het, indien dit erg uitgeslyt was. Hy het egter nie die vonkskakelaar ondersoek nie. Dat die vonkskakelaar moontlik aangeskakel kon gebly het, is egter myns insiens in die omstandighede tot die hoogste mate onwaarskynlik en berus op ‘n baie bedenklike getuienisbasis. Mnr Oliphant se getuienis hieromtrent was duidelik. Toe hy die moer begin vasdraai, was die vonkskakelaar afgeskakel, die sleutel in sy sak, was daar geen krag vanaf die battery na die klos en vonkverdele nie en kon die enjin op geen manier aan die gang gesit word nie. Klaarblyklik het hy pas voordat die moersleutel uit sy hand sou geval het, die enjin afgeskakel deur juis die vonkskakelaar af te skakel. Dit verbaas derhalwe nie dat Mnr Oliphant in kruisverhoor op die vraag aangaande hoe dit desondanks dan moontlik is dat die enjin aangeskakel kon word, onsamehangend soos volg geantwoord het:
“Kan u net vir die Hof sê hoe op aarde is dit moontlik dat hierdie enjin ge-idle en geloop het terwyl die ignition nie aan was nie? --- Wat daar is, dit kan moontlik wees die ignition, al is hy aan, dan kan ek die sleutel uittrek. Al is hy af, ek kan die sleutel uittrek.”
Mnr Oliphant het dus nie op hierdie kritiese vraag geantwoord dat die vonkskakelaar erg uitgeslyt was en daarom aangeskakel gebly het al het hy dit so pas afgeskakel nie. In sy hoofgetuienis het hy in ‘n ander konteks, nl as die rede waarom hy die aansitterknoppie geïnstalleer het, gesê dat die vonkskakelaar ‘n bietjie uitgewerk was. Eers in herverhoor het hy op ‘n erg leidende vraag geantwoord dat die vonkskakelaar baie uitgewerk was. Hierby moet gevoeg word dat volgens Mnr Oliphant die stuurwielslot ontkoppel word deur die vonkskakelaar aan te skakel en die stuurwielslot onmiddellik na die voorval aangeskakel of gekoppel was. Indien die stuurwielslot gekoppel was, volgens die onbetwiste getuienis van Mnr Van Onselen, duit dit aan dat die vonkskakelaar af was.
[11] Die moontlikheid dat die ratkoppeling vanuit die parkeerrat na trurat kon “gespring” het, was gebaseer op ‘n beweerde vorige voorval waartydens iets soortgelyks sou gebeur het. Mnr Oliphant se getuienis hieromtrent is egter so weersprekend en onbevredigend dat dit nie aanvaar kan word nie. In sy hoofgetuienis het hy in die uiterste vae terme en sonder om eers na die ratkoppeling te verwys, vertel hoe die voertuig by geleentheid ook “. . . sommer skielik agtertoe gegaan” het. Mnr Van Onselen het getuig dat toe hy vir doeleindes van die saak vir Mnr Oliphant besoek het en die voertuig ondersoek het, Mnr Oliphant aan hom ten aansien van die beweerde vorige geleentheid vertel het dat die motorvoertuig vorentoe beweeg het. Hy het notas hiervan geneem en daardie notas is tot beskikking van die respondent se advokaat gestel. Toe Mnr Van Onselen se gemelde getuienis in kruisverhoor aan Mnr Oliphant gestel is, het hy dit nie ontken nie. Wat oorbly is die onbetwiste getuienis van Mnr Van Onselen dat dit moeilik was om ratskakeling te verkry, die rathefboom moes gemanipuleer word om dit te kon doen. Ek aanvaar dat daar skade aan die regterdeur voordeur van die voertuig was wat ooreengestem het met die tipe skade wat daaraan verwag sou word indien die oop deur aan die sinkhuis gehaak het, soos beskryf. In lig daarvan dat op Mnr Oliphant se getuienis dit onverklaarbaar is hoe die voertuig in trurat kon gekom het, het hierdie getuienis vir my weinig waarde.
[12] Mnr Oliphant het in sy getuienis vertel dat wanneer hy met die voertuig byvoorbeeld by ‘n stopstraat gestop het, die voertuig nie weer beweeg het tensy hy die versneller getrap het nie en dat selfs dan “hy vat ‘n tydjie om te gaan, maar hy gaan”. Mnr Grobbelaar het getuig dat dit gebeur wanneer die olievlak in die ratkas laag is. Mnr Oliphant het bevestig dat hy dikwels olie vir die ratkas moes ingooi. Dat die luierspoed hoog gestel was, is neutraal. Dit geld ook wanneer by die stopstraat gestop word. Hierdie getuienis rym dus nie op waarskynlikhede met die getuienis dat op die betrokke dag die voertuig onmiddellik weggetrek het sonder dat die versneller in werking gestel is nie.
[13] Dit is nie namens die respondent betoog dat op die respondent se eie feitelike getuienis alleenstaande ‘n bevinding ten gunste van die respondent gegrond kan word nie. Ek meen dat dit ‘n korrekte benadering is. Die probleem is dat die respondent se eie getuienis in die utierste vaagheid gehul is. Behalwe dat sy sê dat sy agter die voertuig verbygeloop het, sê sy herhaaldelik daarna net dat “toe sien ek dat ek lê” onder die voertuig. Sy het nie bewus geword daarvan dat die voertuig beweeg nie en kan nie bevestig of die enjin geloop het of nie. Die ongelukkige resultaat is dat geen aanvaarbare getuienis deur of namens die respondent aangebied is aangaande hoe die respondent beseer is nie.’
[6] The court below also found that negligence on the part of Mr Oliphant was, in any event, not proved. It is trite that to establish negligence, the person whose conduct is under scrutiny, must foresee the possibility of harm ensuing from it and fail to take reasonable steps to prevent its occurrence.1 Whether harm is foreseeable will thus depend first, on the degree of probability of it occurring,2 and second, whether reasonable precautions were taken to avoid the harm materialising.3
[7] To recapitulate the main facts which are relevant to the first leg of the inquiry: Mr Oliphant was not a qualified mechanic. His mechanical experience of motor vehicles appears to have been confined mainly to dabbling with his own vehicle. On the morning of the accident he was preparing to go to church. He started the vehicle, as he usually did, by inserting the key into the ignition to generate power and then pushing the button on the dashboard to start it. He heard an unusual noise from the engine. The engine idled for a few minutes. He then switched it off, removed the key, put it into his pocket and proceeded to investigate the source of the noise in the area of the petrol pump. And while working on the pump, which is not in the immediate vicinity of the starter, the spanner slipped, lodged between two electrical contact points and caused the vehicle not only to start, but also to reverse.
[8] In my view the chances of the accident happening in this manner were too remote to be reasonably foreseeable. It consisted of the spanner slipping from his hand dropping on exactly the specific spot causing it to start and then reverse without the accelerator being depressed or the gear lever activated.
[9] In regard to the second leg of the inquiry, whether Mr Oliphant could have taken reasonable precautions to prevent the harm materialising, it is difficult to see what more he could have done, other than remove the key from the ignition. Once he had done this, he had no reason to think that the vehicle would start and reverse because of a chain of unforeseen events.
[10] To conclude, if the accident did occur as Oliphant said it did, it was simply a ‘freak accident’ for which the law ought not to hold anyone culpable. It follows that the court below was correct in its finding that the appellant had not proved negligence on the part of her husband.
[11] The following order is made:
‘The appeal is dismissed with costs.’
______________
A CACHALIA
JUDGE OF APPEAL
CONCUR:
HARMS ADP
HEHER JA
[12] I shall assume, without deciding, that the court a quo erred in not finding that the appellant proved on a balance of probabilities that she was injured in the circumstances to which her husband testified.
[13] I agree, nevertheless, with Cachalia JA that no reasonable person in the position of Mr Oliphant, working over the engine of his vehicle, would have foreseen the possibility of harm resulting to any other person when he dropped the spanner into its bowels. For that reason his negligence was not proved and the appeal should fail.
___________________
J A HEHER
JUDGE OF APPEAL
CONCUR:
SCOTT JA
MLAMBO JA
1Kruger v Coetzee 1966 (2) SA 428 (A) 430E-F.
2J Neethling, J M Potgieter, P J Visser (translated and edited by J C Knoble) Law of Delict 5 ed (2006) p 129.
3Ibid p 130.