South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 1995 >> [1995] ZAWCHC 2

| Noteup | LawCite

S v Gwadiso (1950/94) [1995] ZAWCHC 2 (16 February 1995)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

SAAK NO. 1950/94

In die saak tussen:

DIE STAAT

en

JOE GWADISO                                                                                                                Beskuldigde

 

UITSPRAAK GELEWER OP 16 FEBRUARIE 1995

 

TRAVERSO R.

Hierdie aangeleentheid dien voor my op hersiening. Die beskuldigde het daarvan aangekla gestaan dat hy handel gedryf het in 444,7 gram dagga soos beoog in Artikel S(b) van die Wet op Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary No. 140 van 1992. In die altematief het hy aangekla gestaan van 'n oortreding van Artikel 4(b) van die Wet deurdat hy in besit was daarvan.

Die beskuldigde het onskuldig gepleit. Volgens sy pleitverduideliking in terme van Artikel 115 an Wet 51 van 1977, het hy erken dat hy in besit gevind is van die dagga maar het te alle tye ontken dat hy die dagga besit het ten einde daarmee handel te dryf, of dat hy inderdaad handel gedryf het.

Die enigste getuienis wat die Staat aangebied het, is dat die beskuldigde in besit gevind is van die dagga. Daar was dus geen direkte getuienis wat bo redelike twyfel sou kon bewys dat die beskuldigde dit ten doel gehad het om met die dagga handel te dryf nie. Bygevolg is daar deur die verhoorlanddros gesteun op die vermoede soos vervat in Artikel 21(1)(a)(i) van die Wet.

In S. v. Bhulwana 1995(1) SA 509 (KPA) het Marais R. soortgelyke feite oorweeg. Marais R. het tot die gevolgtrekking gekom dat aangesien die vermoede waarna ek hierbo verwys het, die bewyslas op die beskuldigde plaas om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat hy nie die dagga besit het met.die oog daarop om handel te dryf nie, dit prima facie in stryd is met die bepalings van Artikel 25(3)(c) van die Grondwet wat bepaal:

"Elke beskuldigde het die reg op 'n billike verhoor, waarby inbegrepe is die reg-

(c) om onskuldig geag le.word en om te swyg tydens pleitverrigtinge of verhoor en om nie tydens die verhoor te getuig nie. "

Die beredenering van Marais R. ·word duidelik en volledig in die Bhulwana·uitspraak uiteengesit en ek stem respekvol daarmee saam. Ek sal dit dus riie hierin herhaal nie. Ek volstaan deur te se dat ek saamstem met Marais R. dat die verrnoede die wesentlike inhoud van die beskuldigde se reg om onskuldig geag te word, ontken.

Die hoeveelheid dagga in die onderhawige saak was nog baie minder as die in die Bhulwana saak. Inderdaad is dit bykans die helfte minder. Ek is gevolglik verplig om die vraag oor die grondwetlike afdwingbaarheid van die vermoede soos geskep in Artikel 21(1) (a) (i) van Wet 140 van 1992 na die Konstitusionele Hof te verwys vir oorweging. Dit word so beveel. Indien die Hof sou bevind dat die vermoede ongeldig is, sal die skuldigbevinding gewysig moet word na een van besit van 'n ongewensde afhanklikheidsvormende stof. Insgelyks sal die vonnis in heroorweging geneem moet word.


____________________

TRAVERSO R


Ek stem saam:

 

___________________

CONRADIE R.