South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2001 >>
[2001] ZAWCHC 10
| Noteup
| LawCite
S v Willemse (SS113/1999) [2001] ZAWCHC 10 (6 August 2001)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK NO: SS113/1999
DATUM: 6 AUGUSTUS 2001
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
DANIEL WILLEMSE
V O N N I S
N C ERASMUS. R:
Mnr Willemse, ek het vandag die onplesierige taak om vir u 'n vonnis op te le. U moet nou vandag gestraf word. Wanneer ek u vonnis moet ek verskeie faktore in ag neem. Ons kyk na u self as h mens wat voor die Hof staan. Ons kyk ook na die daad wat u gepieeg het en ons let ook op die belange van die gemeenskap, die ander mense daar buitekant en dan neem ek ook in ag die doel van die straf. U advokaat het veral klem daarop gele daarop dat ek nie h vonnis moet ople wat vir u breek nie, dat daar ten minste nog in u gemoed die verwagting sal wees dat u eendag uit die gevangenis vrygelaat sal word.
Bykomend tot al hierdie faktore en doelstellings moet ek ook in ag neem dat die Wetgewer sekere vonnisse voorskryf vir hierdie tipe misdryf en die vonnis wat die Wetgewer voorskryf is lewenslange gevangenisstraf en ek kan slegs daarvan afwyk as al die omstandighede saam, dit is nou u eie sowel as die van die gemeenskap en die misdryf, alles saamgeneem, vir my dwingende omstandighede is, met ander woorde dit moet my beweeg om ti ander vonnis op te le, h ligter of in sommige gevalle ook "h swaarder vonnis, maar ons kyk spesifiek na die ligter vonnis.
Kom ons handel eers met die getuienis wat vandag gelei is van die psigiater. Die psigiater het spesifiek ondersoek ingestel of u verklaar moet word tot "h gevaarlike misdadiger, met ander woorde iemand wat se optrede van so 'n aard is dat dit 'r\ gevaar inhou vir ander mense of dit nou is as gevolg van sy geestestoestand of nie, is nou nie belangrik nie. Maar dit is so dat iemand wat nou oor 'n tydperk gewys het dat hy veral prooi maak op jong kinders kan so beskryf word, soos in u geval, en dit is hoekom die dokter seker se u is 'n gevaar vir die gemeenskap.
Maar die ondersoek bly nie daar nie, om vir u onder daardie artikel te vonnis, moet ek eerstens bevind u is 'n gevaar vir die gemeenskap, met ander woorde daar is 'n hoe risiko, daar is 'n beter kans dat u dit weer gaan doen en ek moet bevind dat u 'n persoon is teen wie die gemeenskap beskerm moet word. Dit is maar net een van die vonnisopsies, met ander woorde een tipe vonnis wat ek vir u kan ople. Dit beteken dat ek dan vir u 'n tydperk tronk toe stuur en aan die einde van daardie tydperk kom u terug na die Hof toe - normaalweg as 'n mens daardie vonnisse ople, dan sal dit nou nie meer in my leeftyd wees nie, ek is al te oud, dit sal mense wat my volg wat sal hier wees om dan te besluit of jy ooit uit die tronk uit kan kom. Nou kan u self dink hoe lank is daardie tyd. Die ander vonnisopsie natuurlik gewone gevangenisstraf of lewenslange gevangenisstraf.
U is 'n man wat vir 'n lang tyd 'n skoon pad geloop het tot na die ouderdom van 40 was u nie skuldig bevind in 'n hof nie, maar dit lyk as ons na die dokter se verslag kyk, asof u maar al lankal die hunkering het om as vroumense nie vir u u sin wil gee nie, dat u hulle wil misbruik. Dit het u self vir die dokter gese, u het so gevoel. U het egter vir u 'n baie gevaarlike paadjie uitgekap toe u begin het om met kinders te lol. U het nou eers met die tweetjies gelol en hulle verkrag en terwyl u op borg uit is, gaan doen u hierdie afskuwelike daad waarvoor ek vir u nou vandag moet straf en dit is 'n verswarende faktor, dit is iets wat ek teen u moet hou dat u die kans gekry het om buite te wees en u het dit nie gebruik nie. U het gegaan en nogal "h familielid se kind wat vir u vertrou het, na wie u moes omgesien het, het u gaan verkrag. Dit is verswarend.
Aan die ander kant neem ek in ag dat u het 'n moeilike tyd gehad as "h jong mens, van drie maande oud af, lyk dit vir my, toe u ma vir u verlaat het en in pleegsorg gaan plaas het, u maar ook so hak-en-tak skool toe gegaan het want die ander mannetjies op skool het u afgeknou en u pa het ook maar vir u onder die duim gehou dat u miskien nie regte verhoudinge kon opbou met vrouens nie en dit gaan nou hier oor die man wat die vrou misbruik, dit is hoekom ek dit so stel. Ek weet nie hoe u verhoudings was met mansmense of u goeie vriende gemaak het nie, dit weet ons nou nie. Ek sal dit in ag neem.
Ek sal in ag neem dat u nou nie so hoog geleerd is nie, in mooi Afrikaans gese u intelligensiepeil is nou nie so hoog nie, maar ek praat nou met u dat u my kan verstaan. Dat u ook nie miskien, soos u advokaat geargumenteer het, altyd geweet hoe om die dinge te hanteer nie, maar dit alles saam is nie 'n verskoning vir dit wat u gedoen het nie. Nou moet ek vir u se ek het nou al vandat u die eerste keer voor my verskyn het, omdat hierdie 'n minimum vonnis is en omdat ek weet u doen reeds 14 jaar vir verkragting, gedink aan die verskillende opsies van hoe 'n mens vir u kan straf dat u ten minste nog weet u het 'n kans.
Nou u sou gehoor het ek het die advokaat gevra en hy het toegegee dat vir hierdie tipe misdryf, as u nou hier gestaan het net vir die een klagte, vergeet van u straf wat u doen, dan sou 'n mens verwag het dat ek vir u gaan straf tot 'n baie swaar straf, sou kyk hier by die 20 jaar rond as daar nie die minimum vonnisse was nie, daarvandaan op. As u dit bytel by die vonnis wat u klaar doen, dan gaan u bokant die norm waar dit is vir iewenslange gevangenisstraf, dan beweeg ons weer na daardie eerste vonnis wat ek u verduidelik het, wat so swaar kan wees dat u ook sien dit is nag, daar is nie lig aan die einde van die tonnel nie en dit is tussen daardie twee opsies wat ek moet besluit.
Ek het verdere opsies, ek kan ook vonnisopmerkings maak wat eendag wanneer u voor die paroolraad moet kom daar gaan wees en hulle gaan kyk en hulle gaan se maar die regter het gese a, b of c en aan die hand daarvan word u parool oorweeg. Ek het egter daarteen besluit omdat ek glo dat geen mense is te sleg om goed te raak nie - dit is die eerste uitgangspunt - en die tweede is as ons u ouderdom in ag neem en die vonnis wat ek in gedagte het, dan sal u 'n baie ou man wees as u eendag uit die tronk kom en hopelik dan sal die ouderdom al vir u getemper het dat u nie 'n gevaar is vir ander mense se kinders nie en dit gee vir u die geleentheid om by die minimum tydperk wat u in die gevangenis moet sit, dalk vrygelaat kan word, indien u ook u kant bring. U het gehoor die dokter se mense wat hierdie tipe goed doen, kan nie behandel word nie, hulle moet self hulle kop verander. Maar dit gaan ook met soos 'n mens ouer raak, raak 'n mens mos wyser ook. Ek glo u moet vir 'n lang tyd uit die gemeenskap verwyder word sodat u kan die kans kry om te verander maar soos ek se ek wil nie vir u breek nie.
Ek oorweeg, sonder om 'n bevel te maak, in ag te neem dat vonnisse wat u reeds uitdien, die 14 jaar, in elk geval sou kon saamloop met die vonnis wat ek sal ople. Voordat u nou skrik en nie meer luister na wat ek se nie, gaan ek nou nie vir u se wat die vonnis is nie, ek moet eers vir u verduidelik hoe dit werk. Die vonnis wat ek vir u oorweeg beteken u 14 jaar wat u nou doen, val as 't ware weg, hy loop, soos julle in die tronk se, hy loop in die ander een in maar u sal tussen 20 en 25 jaar in die tronk wees voordat u enigsins oorweeg gaan word vir vrylating, behalwe as u gesondheid so agteruitgaan of u ouderdom is van so 'n aard, ek weet nie hoe daardie regulasies kan verander in die toekoms nie en dit is om die redes wat ek besluit het, behalwe die minimum vonnisse, dat die mees gepaste vonnis in u geval is een van LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF. So, u gaan nou na die gevangenis, u dien 'n vonnis uit van lewenslange gevangenisstraf, maar soos ek u verduidelik het, bestaan daar altyd die moontlikheid verder in die toekoms en daardie tydperk is hier erens tussen 20 en 25 jaar, maar ek kan nie vir u waarborge gee nie, daardie word eers oorweeg oor 'n klomp jare voor 'n paroolraad. Verstaan u die vonnis?
N C ERASMUS. R