South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2001 >> [2001] ZAWCHC 7

| Noteup | LawCite

S v Fielies (SS.36/2001) [2001] ZAWCHC 7 (14 November 2001)

Download original files

PDF format

RTF format


MNR PRINSLOO J SNYMAN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA


(OOSTELIKE RONDGAANDE PLAASLIKE AFDELING TE OUDTSHOORN)



SAAKNOMMER: SS.36/2001

DATUM: 14 NOVEMBER 2001



In die saak tussen:

DIE STAAT

en

MELVIN FIELIES

V O N N I S




GRIESEL, R:



Die beskuldigde is in die streekhof skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting sowel as een van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die streeklanddros het gevolglik, ingevolge die bepalings van artikel 51(1) van Wet 105 van 1997 die verrigtinge gestaak en die beskuldigde na hierdie Hof verwys vir vonnisoplegging.




Ek het reeds vroeer vanoggend die skuldigbevindings bekragtig.


Die misdade waaraan die beskuldigde skuldig bevind is, spruit voort uit twee afsonderlike voorvalle wat onderskeidelik op 14 November 1999 en 2 Januarie 2000 in die distrik van Ladismith plaasgevind het. Volgens die getuienis was die beskuldigde, die klaagster ten opsigte van die eerste verkragting sowel as 'n hele groep vriende die betrokke aanH iy 'n piekniekterrein in Seweweekspoort naby Ladismith. Daar is klaarblyklik 'n groot hoeveelheid drank verorh^r die aand. Daar is, onder andere, vuurgemaak en die vuur het later buite beheer geraak en 'n rondawel of afdak by die R'akniekterrein het afgebrand.



Daarna was daar besluit om huis toe te gaan. In 'n sekere stadium het die beskuldigde en die klaagster uit die kar geklim en saam gestap. Dit was in daardie stadium wat die klaagster deur die beskuldigde aangerand en verkrag was.



Die klaagster se getuienis aangaande die verkragting was nie baie duidelik nie en sy kon nie onthou presies hoe dit plaasgevind het nie, hoofsaaklik as gevolg van haar eie drankinname. Sy het egter volgehou dat sy nie vir die beskuldigde toestemming gegee het, soos wat hy beweer het nie.





Die streeklanddros het in sy uitspraak vir die beskuldigde die voordeel van die twyfel gegee en in sy guns aanvaar dat hy nie die klaagster met geweld verkrag het nie, maar dat sy as gevolg van haar eie dronkenskap nie in 'n toestand was om geldiglik toestemming te gee tot gemeenskap nie.

Wat die tweede verkragting aanbetref, blyk dit uit die getuienis dat dit weer eens gevolg het op 'n langdurige drinkery oor die Nuwejaarsnaweek van 2000. Gedurende die vroee oggendure van Sondag, 2 Januarie, het die beskuldigde saam met die klaagster geloop om haar huis toe te bring. By 'n verlate plek het die beskuldigde die klaagster gedwing om met horn seks te he. Hy het 'n kombuismes by horn gehad waarmee hy die klaagster gedreig het.



Nadat hy klaar was, het hulle verder geloop tot naby die kaasfabriek en 'n ent verder waar hy haar in 'n geboutjie ingeforseer het en weer gedwing het om met horn gemeenskap te hou. Toe sy nie wou saamwerk nie, het hy haar kop teen die muur gestap en haar klere van haar afgeskeur. Nadat sy tuisgekom het, het die klaagster die gebeure aan haar moeder gerapporteer en was daarna na die polisie en die distriksgeneesheer geneem.



Teen hierdie agtergrond is dit nou die plig van die Hof om die beskuldigde vir hierdie misdade te straf. Die Wetgewer het in 1997 sekere swaar minimum vonnisse op die Wetboek geplaas ingevolge die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, wat op 1 Mei 1998 in werking getree het. Die doel van die wetgewing is klaarblyklik om te dien as afskrikmiddel om sodoende die golf van ernstige misdaad, insluitende die misdade van seksuele geweld teenoor vroue en jong meisies te probeer stuit.

By die oorweging van 'n gepaste vonnis is die beginpunt by artikel 51(1) gelees met Deel I van Byiae 2 van die Wet wat bepaal dat die Hof normaalweg verplig is om 'n persoon tot lewenslange gevangenisstraf te vonnis vir daardie tipe misdade waaronder verkragting, wanneer dit gepleeg is in omstandighede waar die slagoffer meer as een keer deur die beskuldigde verkrag is of waarby die toediening van ernstige liggaamliks geweld of leed betrokke is. Indien die Hof egter tevrerje is dat daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe Vonnis regverdig, kan die Hof sodanige mindere vonnis ople.



Die Wet self bevat geen definisie van die konsep van wesenlike en dwingende omstandighede nie en dit is iets wat op die totaliteit van die feite van elke besondere saak beoordeel moet word. In die onlangse uitspraak deur die Hoogste Hof van Appel in die saak van S v MALGAS is onder andere beslis dat indien die Hof in enige spesifieke saak tot die gevolgtrekking kom dat die minimum voorgeskrewe vonnis tot 'n onreg sou lei of dat dit so buite verhouding is met die misdaad, die misdadiger en die belange van die gemeenskap, dan mag die Hof 'n ligter vonnis ople. Die Hof mag egter nie uit die oog verloor nie dat die Wetgewer deur hierdie wetsbepaling duidelik te kenne gegee het dat swaarder vonnisse vir hierdie tipe misdrywe opgele behoort te word.



Advokaat Prinsloo, wat in hierdie hof namens die beskuldigde verskyn, het in sy betoog sekere versagtende omstandighede onder die Hof se aandag gebring. Die beskuldigde is tans 29 jaar oud. Hy is getroud en het een kind by sy vrou wat tans drie jaar oud is. Daarbenewens het hy ook twee buite-egtelike kinders by 'n ander vrou. Hy het van jongs af op 'n plaas gewerk en het later deur verdere studie daarin geslaag om matriek te slaag. Hy is tans besig om verder te studeer vir 'n BA-graad in Teologie.


Die beskuldigde het verskeie vorige veroordelings, meestal weens diefstal. Hy is tans besig om 'n vonnis van ses maande gevangenisstraf uit te dien weens diefstal wat egter skynbaar gepleeg is voor die huidige misdade.

Verder het advokaat Prinsloo ook daarop gewys dat die beskuldigde berou getoon het vir sy dade. Hy het naamlik uit die gevangenis 'n brief aan die tweede klaagster geskryf waarin hy onder andere die volgende se:



"Mej Snyman ek het my hart hier in Oudtshoorn gevangenis vir die Here gegee. Ek is nou 'n kind van 'n lewende God, en as wedergebore Christen is dit 'n moet dat ek moet erken wat ek gedoen het aan u was verkeerd. Mej Snyman ek wil by u vra vir vergifnis om my te vergewe vir wat ek aan u gedoen het. Ek het geen reg gehad om u te verkrag nie. Vergewe my asseblief. Ek besef dat ek nie kan weg vat wat gebeur het nie. Ek wil ook om vergifnis vra omdat ek gelieg het gedurende die verhoor van die saak. Ek is tans nog nie gevonnis nie. Ek sal die waarheid in die hof praat. Ek sal erken dat ek u verkrag het en ek sal ook erken dat ek gelieg het in die hof toe die saak verhoor was."

Verder is daar by ooreenkoms 'n proefbeampteverslag voor die Hof geplaas ten opsigte van die klaagster onder die tweede verkragting. Die klaagster het ook op versoek van die Hof kortliks hier kom getuig aangaande die effek van die misdade op haar. Die klaagster het getuig dat die gebeure 'n baie traumatiese effek op haar gehad het dat sy nou voortdurend bevrees is. Sy het wel berading ontvang vir haar toestand en dit wil voorkom asof sy wel baat gevind het daarby. Sy is tans betrokke in 'n normale verhouding met 'n mansvriend en 'n mens kan slegs maar hoop dat sy met verloop van tyd daarin sal slaag om die voorval ten voile te kan verwerk. Sy getuig verder dat alhoewel sy die beskuldigde reeds vergewe het, voel sy tog dat hy gestraf moet word vir wat hy gedoen het.



Wat die misdade aanbetref waaraan die beskuldigde skuldig bevind is, word verkragting tereg deur die howe sowel as die Wetgewer en die gemeenskap as 'n baie ernstige misdaad beskou. Verder is ons almal bewus van die wye publisiteit wat verkragting tans in die media geniet.



Die gemeenskap vereis tereg dat mense wat hulle self aan sulke optredes skuldig maak, behoorlik deur die howe gestraf word. Die vorige Hoofregter, MAHOMED, HR het dit soos volg beskryf in die saak van S v CHAPMAN 1997:




"Rape is a very serious offence constituting as it does a humiliating, degrading and brutal invasion of the privacy, the dignity and the person of a victim. The rights to dignity, to privacy and the integrity of every person are basic to the ethos of the Constitution and to any defensible civilisation. Women in this country are entitled to a protection of these rights. The courts are under a duty to send a clear message to the accused, to other potential rapists and to the community we are determined to protect the equality, dignity and freedom of all women and we shall show no mercy to those who seek to invade those rights".



In die huidige saak wil dit voorkom asof die beskuldigde geen les geleer het uit die eerste voorval nie want alhoewel hy nie dadelik op daardie aanklag gearresteer is nie, het hy skaars ses weke later die tweede verkragting gepleeg. Dit is byna met 'n toon van bravade wat hy die streekhof aangaande sy eskapades getuig het. Hy as 'n getroude man het horn min gesteur aan daardie beperking en het op sy eie getuienis gedurende die relevante periode nie slegs met die twee klaagsters nie, maar ook met verskeie ander vroue gemeenskap gehad.



Dit is vir die Hof duidelik dat daar ernstige behoefte bestaan enersyds om die beskuldigde deur middel van rehabilitasieprogramme tot ander insigte te bring en andersyds om die klaagsters en ander vroue teen sy ongevraagde attensies te beskerm.




Na sorgvuldige oorweging en met inagneming van die feite as geheel, versagtend sowel as verswarend, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat daar in die huidige saak wel wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig is wat die oplegging van 'n mindere vonnis as lewenslange gevangenisstraf regverdig. Hierdie gevolgtrekking berus op 'n kombinasie van die volgende feite en omstandighede. Eerstens, albei verkragtings het plaasgevind nadat die beskuldigde 'n aansieniike hoeveelheid alkohol verorber het. Daardeur is sy inhihisies klaarblyklik verlaag. Tweedens, die klaagster ten opsigte van die tweede verkragting het nie enige ernstige beserings opgedoen nie en het oenskynlik goed herstel van die tiauma alhoewel sy nog vir 'n lang tyd die sielkundige effek daarvan sal ervaar. Derdens, die beskuldigde het berou uitgespreek vir sy optrede ten opsigte van die tweede verkragting. Vierdens, dit olyk uit sy brief wat ek aangehaal het, sowel as sy verdere studies waarmee hy besig is, dat die beskuldigde wel die potensiaal het om gerehabiliteer te word.



Dat die beskuldigde wel gestraf moet word, is duidelik. Lang termyn gevangenisstraf is klaarblyklik die enigste vonnisopsie. Desnieteenstaande is ek van oordeel dat 'n vonnis van lewenslange gevangenisstraf in die huidige saak tot 'n onreg sou lei.



In soverre dit aanklag 1 aanbetref, dit is die eerste verkragting, val dit onder Deel III van Bylae 2. Dit bring mee dat die Hof normaalweg verplig is om 'n vonnis van tien jaar gevangenisstraf op te le. Vanwee die omstandighede van die besondere geval, is ek egter bereid om aanklag 1 en 2 saam te neem vir doeleindes van vonnis aangesien dit in wese deel gevorm het van dieselfde misdaad en hom ten opsigte daarvan 'n vonnis van ses (6) jaar gevangenisstraf op te le. In soverre dit aanklag 3, dit is die tweede verkragting, aanbetref is ek van oordeel van 'n vonnis van agtien (18) jaar gevangenisstraf gepas sal wees. Die vonnisse onder aanklag 1 en 2 sal gelyktydig met die vonnis onder aanklag 3 uitgedien word.




Om dus saam te vat, die vonnis van die Hof is die volgende:

AANKLAGTE 1 EN 2: Verkragting en aanranding met die opset om ernstig te beseer ten opsigte van die eerste klaagster, die twee klagtes saamgeneem vir doeleindes van vonnis: SES (6) JAAR GEVANGENISSTRAF.

AANKLAG 3: Verkragting van die tweede klaagster: AGTIEN (18) JAAR GEVANGENISSTRAF.



Dit word ingevolge artikel 280(2) van die Strafproseswet gelas dat die vonnisse samelopend uitgedien sal word.


GRIESEL, R