South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2003 >>
[2003] ZAWCHC 79
| Noteup
| LawCite
S v Kamangana and Another (SS106/2003) [2003] ZAWCHC 79 (28 May 2003)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFR1KA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: SS106/2003
DATUM: 28 MEI 2003
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
CHRISTOPHER KAMANGANA
MALOLO NAZI
VONNIS
VELDHUIZEN, R:
Beskuldigde 1, u is skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel, roof met verswarende omstandighede en moord. Beskuldigde 2, u is skuldig bevind aan diefstal van die oorfedene se skoene en dit is my taak om vanoggend aan u 'n vonnis op te le.
Beskuldigde 1 is 43 jaar oud, getroud en het vier kinders, twee seuns van 21 en 18 jaar en twee dogters 16 en 7 jaar oud. U vader het vroeg in sy lewe heengegaan en u het daarna 'n taamlike sukkelbestaan gevoer. U het st.8 op skool gehaal. Die feit is egter dat die misdade waaraan u skuldig bevind is, is baie ernstige misdade, veral die moordklag waaraan u skuldig bevind is, dra 'n baie hoe blaamwaardigheid.
Die moord wat u gepleeg het val onder Bylae 2 van Deel I van Wet 105 van 1997. Daardie bylae bepaal dat waar die dood van die slagoffer deur die beskuldigde veroorsaak is by die pleging van roof met verswarende omstandighede, dit is die aanhaling van Deel I van Bylae 2 van die betrokke Wet met weglating van die onnodige woorde.
Ek is gevolglik ingevolge artikel 51(1) van die Strafregwysigingswet, nr. 105 van 1 997, verplig om aan u lewenslange gevangenisstraf vir die moordklag op te le en ingevolge sub-artikel (2) van daardie artikel verplig om aan u vir die roof met verswarende omstandighede 'n minimum vonnis van 15 jaar op te le, tensy ek bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van 'n mindere vonnis regverdig. Geen sodanige omstandighede is aan ons voorgehou nie en dit verba as my ook nie want na
noukeurige ontleding kon ek ook nie enige wesenlike en dwingende omstandighede vind wat 'n mindere vonnis regverdig nie.
Gevolglik is die vonnis wat ek ople op aanklag 1, huisbraak 5 met die opset om te steel, een van VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF; op aanklag 2, roof met verswarende omstandighede, VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF en op aanklag 3, moord, LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF en mi ski en is dit onnodig, want ek meen dat die Wet op Korrektiewe Dienste bepaal dat enige vonnis wat saam met lewenslange gevangenisstraf opgele word, samelopend daarmee sal wees, maar ex abudante cautela voeg ek by dat die vonnisse op die huisbraak met die opset om te steel, dit is die vyf jaar vonnis, en die vonnis ten opsigte van die roof met verswarende omstandighede, dit is die vyftien jaar vonnis, dat daardie twee vonnisse saamlopend sal wees met die vonnis van lewenslange gevangenisstraf wat ten opsigte van aanklag 3 opgele is.
Beskuldigde 2, by u hoef ek nie lank stil te staan nie, u is al 'n geruime tyd in die gevangenis verhoorafwagtend op hierdie aanklagte en ek meen u is langer in die gevangenis verhoorafwagtend as wat die vonnis is wat hierdie Hof vir u sou opgele het op die aanklag waarop u skuldig bevind is. Ek weet nie, maar miskien is u baie gelukkig om so lig daarvan af te kom in hierdie besondere saak, maar nou ja, u het hopelik u gewete wat u sal mee moet saamleef wat dit aanbetref. Hierdie Hof sit nie as 'n hof van moraliteit nie, maar as 'n geregshof. Miskien is u gelukkig wat dit aanbetref.
Op aanklag 2, diefstal van die skoene, is die vonnis dat u word GEWAARSKU EN ONTSLAAN.
VELDHUIZEN, R