South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2003 >>
[2003] ZAWCHC 85
| Noteup
| LawCite
S v Hendricks (SS.153/2002) [2003] ZAWCHC 85 (14 May 2003)
Download original files |
IN DIE HQOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: SS.153/2002
DATUM: 14 MEI 2003
In die saak tussen:
DIE ST A AT
en
VIRGIL HENDRICKS
GARTH MEYER
LINDSAY JANSEN
UITSPRAAK
GRIESEL. R:
Die drie beskuldigdes, mnre Virgil Hendricks, Garth Meyer en Lindsay Jansen, staan tereg op een aanklag van roof met verswarende omstandighede; twee aanklagte van moord sowel as twee aanklagte ingevolge die Wet op Wapens en Ammunisie, 75 van 1969.
Die beskuldigdes het onskuldig gepleit op al die aanklagte. Geen pleitverduidelikings ingevolge artikel 115 van die Strafproseswet is deur hulle verskaf nie, maar al drie het sekere erkennings gemaak wat uiteengesit is in Bewysstukke A, B en C onderskeidelik. Al die misdade is op Vrydagaand, 20 Julie 2001, in Montana naby Bishop Lavis gepleeg by die huis van die eerste oorledene, ene Abie Pankie Khabela. Hy is die betrokke aand in sy huis doodgeskiet saam met ene Lucas Msipha, wat ook in daardie stadium by dieselfde adres gewoon het. Aangesien die eerste oorledene, Pankie Khabela, die mees prominente rol in die gebeure gespeel het, sal ek hierin na horn verwys bloot as "die oorledene".
Uit die ballistiese en patologiese getuienis blyk dit dat beide oorledenes eksekusiestyl gedood is deur 'n enkele skoot in die kop wat, in beide gevalle, op kort afstand deur 'n kussing afgevuur is. Die betrokke kussings met die koeelgate daarin is voor die Hot as Bewysstukke 1 en 2.
Die vraag waaroor die Hof vandag moet beslis, is of die beskuldigdes die aanvallers was, soos wat die Staat beweer. Die Staatsaak teen die beskuldigdes berus grotendeels op die getuienis van ene Michelle Armstrong. Sy is 'n 30-jarige ongetroude vrou wat reeds 13 jaar saam met haar mansvriend, ene Steven Vermeulen, woon. Sy was 'n gereelde meeloper van die Americans-bende in Heideveld. Sy ken at drie beskuldigdes reeds vir 'n aanta! jare voor die huidige saak.
Volgens haar is of was al drie van hulle lede van die Americans-bende. Sy het hulle van tyd tot tyd teegekom by die huis van ene Gummie wat skynbaar 'n leiersfiguur in die Americans-bende in die Heideveld area is of was.
Op 1 7 Julie 2001 het sy in 'n koerant gelees dat daar weer by die huis van die oorledene ingebreek is. Sy het nie op daardie stadium vir die oorledene geken nie, maar sy het wel die volgende dag by Gummie se huis sekere inligting gekry aangaande wie, na bewering, by die inbraak of roof betrokke sou gewees het. Volgens die inligting, sou dit die drie beskuldigdes en nog 'n persoon, genaamd Nazzer, gewees het.
Sy het later aan 'n vriend van haar, ene Shaun Odendaal, laat blyk dat sy sou weet wie ingebreek het. Aangesien die oorledene 'n goeie vriend van Shaun was, het Shaun voorgestel dat sy hierdie inligting aan die oorledene oordra. Hy, wat Shaun is, het haar dan ook na die oorledene se huis geneem waar sy aan die oorledene voorgestel is en sy het horn vertel wie, volgens haar inligting, vir die roof verantwoordelik was.
Die oorledene het haar daarop versoek om vir horn te gaan wys waar die betrokkenes bly waarop sy die huise van beskuldigdes 1 en 2 aan die oorledene uitgewys het. Die oorledene was baie in sy skik met hierdie inligting en het uit sy eie aangebied om vir haar R4 000,00 kontant sowel as 50 Mandrax tablette te gee as beloning. Dit was op Donderdag, 19 Julie 2001. Sy is aangese om die volgende dag terug te kom vir haar beloning. Voordat sy egter huis toe kon gaan, het beskuldigde 3 daar opgedaag in sy motor, 'n rooi Toyota. Sy wou nie he dat beskuldigde 3 haar daar moes sien nie en het gevolglik op voorstel van die oorledene in sy slaapkamer gaan wegkruip.
Vandaar het sy gehoor dat beskuldigde 3 vir die oorledene vra vir werk.
Sy het dit verstaan as 'n verwysing na dwelmmiddels. Die oorledene het geantwoord dat daar nie op daardie stadium werk was nie, en dat beskuldigde 3 die volgende dag moes terugkom. Nadat beskuldigde 3 vertrek het, het die oorledene vir die getuie huis toe geneem.
Op Vrydagoggend, 20 Julie 2001, het die getuie tussen elf- en twaalfuur weer na die oorledene se huis gegaan, maar sy is deur horn meegedeel dat die Mandrax tablette nog nie gekom het nie. Hy het gese dat sy die middag weer moes terugkom. Na 3:00 namiddag het sy weer teruggegaan maar dieselfde proses is herhaal. Sy het saam met die twee oorledenes in die sitkamer gesit toe beskuldigde 3 weer daar aangekom het. Sy het weer na die oorledene se slaapkamer gegaan en daar weggekruip. Die oorledene het vir beskuldigde 3 gese om ook die aand terug te kom.
Die aand tussen ongeveer 7:00 en 7:30 namiddag het die getuie weereens na die oorledene se huis gegaan. Sy het weer saam met die twee oorledenes in die sitkamer gesit en beskuldigde 3 het weer daar opgedaag met sy motor. Sy het weer na die slaapkamer gegaan.
Sy getuig dat daar 'n stort in die badkamer is wat in die gang gelee is en sy kon hoor dat die stort loop. Op 'n vraag van haar het die oorledene vir haar gese dit is 'n vriend van horn wat besig was om te stort. Vanuit die slaapkamer kon sy hoor dat die oorledene vir beskuldigde 3 se dat hy nou die werk gaan haal, waarop die oorledene na die kombuis geloop het. Toe hy terugkom in die sitkamer, het die oorledene gevra wat gaan nou
^ dene
aan. Sy het gesien 'n hand, lig van kleur, word gelig na die o
met 'n vuurwapen in die hand. Sy het gehoor dat die P ^
ons gaan vadala die goed". Sy het beskuldigde 2 se stem
detaal dat die mense
het die woorde verstaan as 'n voorstel m
, het beskuldigde 2 vir die doodgemaak moes word. Toe hy dit se,
oorledene oor die kop geslaan met die vuurwapen.
. een van die lang Op daardie stadium het die getuie bang geword en i
nie betrokke
a«n wegkruip- u,e mgeboude klerekaste in die slaapkamer gaan »
was, is net regs van
kaste is sigbaar op foto D. 12 en die een waarin sy die ingang na die badkamer. Sy het getuig °dl 91
dat sy kon sien wat m
en die dubbeldeure op 'n skrefie oopgehou het so die kamer aangaan.
d-,e slaapkamer
Daarop het beskuldigde 1 saam met ene Nazzer
dra het, die een by sv
binnegekom terwyl hulle vir die oorledene gesleep
daarop Naz
arms en die ander by sy voete. Beskuldigde 1 net gevra om vir horn 'n kussing aan te gee, w»»
had en terwyl die
Beskuldigde 1 het 'n vuurwapen in sy hand 9
van sy famine e oorledene vir sy lewe gesmeek het en gevra het v»/at v
se kop g^drUK
kinders. het beskuldigde 1 die kussing teen die oor'e e en een skoot geskiet.
Daarna het die getuie gesien dat beskuldigde 2 vir d,e Lucas, die kamer binnesleep onder sy arms. Dit he?* 9e,v bewusteloos was. Beskuldigde 2 het ook gevra vir
Nazzer aangegee was, waarop beskuldigde 2 vir Lucas ook een skoot deur die kop geskiet het.
Daarna het sy gehoor dat beskuldigde 3 vanuit die rigting van die voorkamer vra of die "job" klaar is. Die ander het "ja" geantwoord waarop beskuldigde 3 die kamer binnegekom het en by die laaikas aan die regterkant, wat op foto D.7 sigbaar is, die laai oopgemaak het en daarin rondgekrap het. Daarna het sy gehoor dat hulle uit die kamer uit hardloop. Sy was steeds in die kas waar sy by haarself Psalm 23 opgese het.
Toe sy nie meer voetstappe hoor nie, het sy uit die kas geklim en aangesien die kasdeure nie behoorlik wou toemaak nie, het sy die oefenapparaat wat op die foto's sigbaar is, teen die kasdeure gestoot. Sy het dit gedoen omdat sy nie wou he dat die beskuldigdes, indien hulle sou terugkeer, moes sien dat daar moontlik iemand in die kas was nie.
Toe sy in die voorkamer kom, het sy gesien dat beskuldigde 3 in sy motor klim en ry. Sy het ook gesien dat beskuldigdes 1, 2 sowel as Nazzer in 'n wit Toyota klim en ook wegry. Daarna het sy in haar eie motor geklim, wat 'n entjie daarvandaan in die straat geparkeer was en het ook weggery.
Sy getuig dat sy baie geskok was deur wat sy gesien het en dat sy aanvanklik vir niemand vertel het wat sy gesien het nie. Ongeveer 'n week later, het sy egter wel vir haar vriend, Shaun, vertel wat sy gesien het en wie betrokke was. Sy getuig dat sy bang was om na die polisie te gaan met die inligting, aangesien sy hulle nie vertrou het nie. Volgens haar gebeur dit dikwels dat die polisiebeamptes deur bendelede en ander misdadigers betaal word om uit te vind wie die getuies in 'n sekere saak is.
Die oorledene is 'n week na die voorval in Johannesburg begrawe en gedurende die daaropvolgende week het haar vriend, Shaun, haar meegedeel dat die familie van die oorledene haar wou sien. Sy het na die oorledene se huis gegaan waar sy die oorledene se seun, Lucky ontmoet het. Hy het op sy beurt vir haar na die oorledene se meisie, Mavis Julies, geneem. Die getuie het aan die familielede vertel wat sy die betrokke Vrydagaand by die oorledene se huis gesien het en wie by die aanvalle betrokke was. Mavis het haar daarop gevra om die aand terug te kom na die oorledene se huis.
By daardie geleentheid het sy 'n persoon met die naam van Quinton Marinus ontmoet. Lucky het gese dat hy 'n huisvriend is en dat sy vrylik vir horn kon vertel wat sy weet. Nadat sy haar verhaal aan Quinton vertel het, het hy haar aangeraai om dit aan die polisie te vertel. Hy het daar en dan per selfoon kontak gemaak met 'n polisiebeampte wat volgens horn betroubaar was.
Sodoende het hulle 'n afspraak gemaak om vir inspekteur Van der Walt in Goodwood te ontmoet, waar sy vir horn in sy voertuig in bree vertel het wat gebeur het. Later het sy 'n ander polisiebeampte, ene inspekteur Schyffers ontmoet wat op 1 Augustus 2001 'n verklaring van haar geneem het. Die verklaring is tydens die verhoor ingehandig as Bewysstuk L.
Vir meer as twee maande het niks verder gebeur nie totdat sy op 23 Oktober 2001 'n verdere verklaring gemaak het aan die huidige ondersoekbeampte, kaptein Dryden, wat intussen die ondersoek oorgeneem het. Sy het ook aan kaptein Dryden die huise van beskuldigdes 1 en 2 uitgewys waarop die beskuldigdes kort daarna gearresteer is. 'n Paar dae later is beskuldigde 3 ook gearresteer nadat kaptein Dryden aanvanklik 'n lasbrief vir die arrestasie van 'n ander persoon genaamd Lindsay Barnes bekom het. Michelle Armstrong het horn egter daarop gewys dat dit die verkeerde Lindsay was. Nadat sy verdere navrae gedoen het, is beskuldigde 3 gearresteer.
Nie lank na beskuldigde 3 se arrestasie nie, is Michelle deur beskuldigde 3 se broer genader en gevra om vir nommer 3 in die Goodwood Gevangenis te gaan besoek. Nadat druk op haar uitgeoefen is deur beide beskuldigde, telefonies sowel as haar mansvriend, Steven, het die getuie ingestem om te gaan sodat sy kon uitvind wat die beskuldigde se plan met haar was.
Tydens daardie besoek het die beskuldigde vir haar gevra of sy horn regtig gesien het die betrokke aand by die oorledene se huis. Nadat sy aanvanklik ontken het dat sy 'n getuie was, het sy kwaad geword en bevestig dat sy wel vir horn gesien het. Daarop het die beskuldigde, volgens haar, begin sweet en het sy trui uitgetrek. Hy het haar gevra om 'n verklaring te gaan maak by sy prokureur waarin sy moes se dat kaptein Dryden vir haar R10 OOO betaal het om 'n verklaring te maak wat die beskuldigde impliseer. Indien sy dit sou doen, sou die beskuldigde 'n taxi vir haar vriend Steven koop. Sy was egter nie bereid om aan hierdie versoek gehoor te gee nie en het die gesprek aan kaptein Dryden gerapporteer wat 'n verdere verklaring van haar geneem het.
Die getuie het vertel hoe die voorval haar geaffekteer het en ook van die dreigemente wat sy vanaf die beskuldigdes ontvang het. Sy getutg dat sy baie senuweeagtig geword het, haar hare het begin uitval en sy was meermale by 'n dokter gewees wat haar inspuitings en pille gegee het. Sy het ook op 'n stadium Johannesburg toe gegaan om weg te kom en is by twee geleenthede in 'n getuiebeskermingsprogram opgeneem. Sy was tydens die verhoor steeds sigbaar gespanne en het geweier om in die rigting van die beskuldigdes te kyk terwyl sy haar getuienis gegee het. Sy het ook tydens haar getuienis 'n koeelvastebaadjie onder haar klere gedra.
Behalwe vir Michelle Armstrong, het die staat ook die getuienis van ene Bobby Isaacs aangebied wat die aand van die moord in die huis van die oorledene was. Dit blyk dat hy die persoon is wat op 'n stadium in die badkamer was. Hy getuig egter dat hy nie gestort het nie, maar besig was om 'n bad te tap. Hy het later gehoor dat daar 'n ander persoon in die huis was wat vir die oorledene gese het" Jy is mos slim". Hy het toe deur 'n skrefie gesien dat daar 'n worsteling plaasvind en dat iemand die oorledene agter die nek beet het. Dit was 'n persoon met 'n baie ligte gelaatskleur.
Hy het daarop oor die gang na sy slaapkamer gegaan waar hy in die donker op sy bed gesit het. Hy het later skote gehoor vanuit die rigting van die oorledene se slaapkamer wat soos 'n vuurwapen geklink het, maar dit was nie baie hard nie. Later het hy iemand in Afrikaans hoor vra "Is jy klaar?" waarop iemand anders geantwoord het "Ja". Hy het later voetstappe in die gang gehoor en gehoor dat die veiligheidshek by die voordeur toegeslaan word. Daarna het hy uit die slaapkamer gekom en na die oorledene se slaapkamer gegaan waar hy beide oorledenes aangetref het. In daardie stadium het albei nog gelewe, alhoewel hulle nie in staat was om met horn te praat nie.
Hy het gevind dat die oorledenes se selfone weg was en het na die bure gegaan en hulle versoek om die polisie te laat weet. Hy het daarna ook na die huis van Mavis Julies gegaan om die nuus aan hulle oor te dra. Daarna is hy terug na die oorledene se huis waar daar in daardie stadium reeds 'n groep mense begin saamdrom het. Hy het later dieselfde aand 'n verklaring aan kaptein Dryden gemaak waarin hy, onder andere, verklaar het dat hy nie tydens die gebeure die badkamer verlaat het nie.
Wat die verdedigingsaak aanbetref, het die drie beskuldigdes almal getuig en ontken dat hulle enige kennis van die betrokke misdade dra. Hulle beweer dat geeneen van hulle die betrokke aand op die moordtoneel teenwoordig was nie en dat hulle niks met die dood van die oorledenes te doen gehad het nie.
Beskuldigde 1 het getuig dat hy dink dat hy op 20 Julie 2001 by sy huis was, maar volgens kaptein Dryden het beskuldigde 1, na sy arrestasie en tydens 'n onderhoud met horn, gese dat hy wel by die huis was ten tyde van die voorval.
Beskuldigde 2 het getuig dat hy nie kan se waar hy die betrokke aand was nie, maar dat hy waarskynlik saam met 'n meisievriend uit was.
Beskuldigde 3 het na sy arrestasie op 11 November 2001 teenoor kaptein Dryden ontken dat hy by die voorval betrokke was. Volgens beskuldigde 3 het hy op Maandag, 16 Julie 2001, laas vir die oorledene gesien. Tydens sy getuienis meld hy dat hy dink dat hy die betrokke aand van 20 Julie by sy huis was.
By die oorweging van hierdie botsende weergawes, hou die Hof in gedagte dat die bewyslas deurgaans op die staat rus om die beskuldigdes se skuld bo redelike twyfel te bewys. Daar is geen bewyslas op die beskuldigdes om die Hof van hulle onskuld te oortuig nie. Ingevolge die Strafproseswet kan 'n beskuldigde op die enkele getuienis van 'n getuie aan enige misdryf skuldig bevind word. In die saak van S v SAULS 1981(3} SA 172 (A) word die volgende gese aangaande die wyse waarop 'n enkelgetuie se getuienis beoordeel moet word:
"There is no rule of thumb test or formula to apply when it
comes to a consideration of the credibility of a single witness. The trial judge will weigh his evidence, will consider its merits and demerits and, having done so, will decide whether it is trustworthy and whether, despite the fact that there are shortcomings or defects or contradictions in the testimony, he is satisfied that the truth has been told. The cautionary rule referred to by DE VILLIERS, JP in 1932 may be a guide to a right decision, but it does not mean that the appeal must succeed if any criticism, however slender of the witness' evidence, were well-founded. It has been said more than once that the exercise of caution must not be allowed to displace the exercise of common sense."
'n Beskuldigde se weergawe hoef slegs redelik moontlik waar te wees, 'n Hof is geregtig om na die waarskynlikhede te kyk ten einde te bepaal of 'n beskuldigde se weergawe moontlik waar is. Die feit dat 'n beskuldigde se getuienis, in isolasie beskou, nie vatbaar vir kritiek is nie beteken nie dat daar geen sprake van 'n positiewe verwerping van sy getuienis kan wees nie. Die gehalte en oorwig van getuienis tot die teendeel mag so oortuigend wees dat 'n Hof genoop voel dat die moontlikheid dat die beskuldigde se weergawe waar mag wees uit te skakeL Alles sal van die trefkrag van die staat se getuienis aan die eenkant en die van die beskuldigde aan die ander kant afhang. Teen daardie agtergrond gaan ons nou daartoe oor om die getuienis oor die betwiste aspekte te oorweeg.
Soos reeds genoem, berus die staat se saak teen die beskuldigdes grotendeels op die getuienis van Michelle Armstrong. Sy is vir alle praktiese doeleindes 'n enkelgetuie. Sy is deur die verdediging aan 'n lang en deurtastende kruisondervraging onderwerp wat oor bykans drie hofdae gestrek het. Soos te verwagte, het die verdediging beide tydens kruisondervraging en betoog sterk klem gele op sekere beweerde gebreke in haar getuienis. So byvoorbeeld is daar talle voorbeelde van gapings in haar getuienis waar sy sekere insidente nie kon onthou nie. Ook is daar klem gele op sekere botsings tussen haar getuienis in hierdie hof en haar vorige verklarings aan die polisie waarvan daar nie minder nie as ses was.
Advokaat De Lanoe, wat namens die staat verskyn het en wat die vervolging op 'n bekwame en verantwoordelike wyse behartig het, het tereg toegegee dat Michelle geensins 'n perfekte getuie was nie. Ons is terdee bewus van die versigtigheid waarmee haar getuienis benader moet word, 'n Verdere rede waarom haar getuienis, volgens ons oordeel, versigtig benader behoort te word, is omdat sy op haar eie getuienis beweeg op die rand van die skaduwereld van bendes en dwelms waar die wette van die normale gemeenskap nie altyd geld nie.
Verder hou ons rekening met die onbevredigende aspekte wat deur die verdediging aan ons voorgehou is met betrekking tot haar getuienis insluitend die afwykings tussen haar getuienis en haar vorige verklarings.
Gedagtig aan al hierdie faktore het ek en my geleerde assessore haar getuienis noukeurig oorweeg. Ons het genoegsame ge
bes^oU' S^
om haar waar te neem terwyl sy getuig het. Op die P ^
'n gunstige indruk op ons in die getuiebank gemaak en *■ 9
■ iS in sy totaliteit enige wesenlike opsig geskud nie. Wanneer haar getuie
asCjjeafwykin9s'
oorweeg word, is dit die konsekwentheid daarin, eer wat ons bei'ndruk.
die alge™606
By oorweging van haar getuienis teen die agtergron va ^
waarskynlikhede hou ons in gedagte dat Michelle redelik goe
en 2. Foutiewe
was met die beskuldigdes, veral met beskuldigdes e
moontlikneid wa
identifikasio is dus buite die kwessie en die enigs e d de
oorbly is dat sy opsetlik en valslik die beskuldigdes by di ^
probeer betrek. Sy het egter geen vyandigheid teenoor dte e ^
openbaar nie en ons het nie die indruk gekry dat sy prob
qv het dan ook tydens saak teen enigeen van hulle aan te dik nie. SY
wit aeregverdig vwas. kruisondervraging toegewings gemaak wanneer on a
Alhoewel daar geen bewyslas op die beskuldigdes rus om t
■p net die beskuldigdes voer waarom getuies hul valslik sou inkrimineer nie.
r die invloed
in hierdie hof gesuggereer dat sy dit doen aangesien sy °
van hom en/of die
van Quinton Marinus is en geld of ander gunste
oorledene se farnilie en/of die polisie ontvang het of v©rvva0
in die
Wat Marinus aanbetref, is hy die sogenaamde ^r ^ ^
*n die Americans kompeterende 28 bende en is daarop uit om die area vai
•d. D't kan ny oor te neem vir doeleindes van sy eie dwelmbesigrie *
makliker regkry indien die beskuldigdes uit die area verwyder word.
Volgens ons oordeel kan hierdie hipotese, sonder huiwering, as ongegrond verwerp word. Dit voorveronderstel dat die weergawe, soos deur Michelle Armstrong aan die Hof oorgedra, 'n algehele versinsel is. Dit staan egter soos 'n paal bo water dat die getuie die betrokke weergawe reeds vertel het minstens aan die oorledene se vriendin, Mavis Julies, nog voordat sy vir Quinton Marinus ontmoet het. Die onbetwiste getuienis in hierdie verband is dat Michelle eers ongeveer 'n week na die gebeure vir haar vriend Shaun vertel het wat sy die betrokke aand gesien het.
Shaun het haar, op versoek van die familie, met hulle in verbinding gebrtng. Dit was eers nadat sy vir Mavis Julies vertel het, dat Mavis reelings getref het om haar aan Quinton Marinus voor te stel. Dit was, met ander woorde, nie 'n geval waar Michelle Armstrong sekere inligting aan die familie van die oorledenes wou gaan verkoop nie. Dit is ook nie geval waar Quinton Marinus 'n opgemaakte storie aan haar voorgese het om aan die polisie op te dis nie.
Verder is hierdie hipotese aangaande Quinton Marinus uiters onwaarskynlik. Volgens die getuienis voor hierdie Hof, is geeneen van die beskuldigdes leiersfigure in die Americans-bende nie. Indien dit Marinus se doelwit was om die Americans in die area uit te skakel sou 'n mens verwag dat hy eerder sou poog om van die leiersfigure, soos Gummie, ontslae te raak.
Ons vind dit in al die omstandighede hoogs onwaarskynlik dat Michelle Armstrong die beskuldigdes, wat haar vriende was, valslik by sulke ernstige misdade sal betrek ten gunste van iemand wat sy skaars geken het, soos Quinton Marinus. Te meer so, gesien in die lig van die uiters ernstige gevolge wat haar getuienis vir haar eie veiligheid sou inhou.
By die evaluering van Michelle Armstrong se getuienis, hou ons verder in gedagte dat sy in etlike wesenlike opsigte gestaaf word deur ander staatsgetuies. Katie Chihoro, ook bekend as antie Katie, wat 'n uitstekende indruk op die Hof gemaak het as getuie, bevestig byvoorbeeld dat Michelle Armstrong wel die Vrydagoggend van die moorde tussen elf- en twaalfuur by die oorledene se huis was en staaf selfs vir Michelle oor die spesifieke plek waar sy op die bank sou gesit het. Sy bevestig dat die oorledene teenoor haar bevestig het dat Michelle die persoon is wat inligting ten opsigte van die roof aan horn verstrek het. Sy het ook gehoor dat die oorledene vir Michelle aangese het om later die Vrydag terug te keer. Michelle het met ander woorde 'n afspraak met die oorledene gehad om horn die betrokke Vrydagaand te kom sien.
Bobby Isaacs bevestig dat hy wel die betrokke aand in die badkamer was. Alhoewel hy sS dat hy nie gestort het nie, bevestig hy dat daar wel water geloop het van die bad wat hy ingetap het. Sy getuienis in hierdie hof, naamlik, dat hy in 'n sekere stadium die badkamer verlaat het en in sy slaapkamer oorkant die gang gaan sit het, bots met sy polisieverklaring wat, volgens ons oordeel, meer waarskynlik is.
Isaacs bevestig ook dat al die ligte in die gang aan was en dat hy 'n persoon met 'n baie ligte gelaatskleur daar gesien het wat besig was om die oorledene te dreig en aan te rand. Dit staaf Michelle se beskrywing en kom ooreen met die voorkoms van beskuldigde 2.
Verder staaf hy ook Michelle se getuienis dat 'n kleurlingman na die skietery in Afrikaans gevra het of die "job" klaar is. Selfs Michelle se getuienis oor 'n relatiewe onbenulligheid, soos die feit dat die TV se volume in 'n sekere stadium harder gedraai is, word deur Bobby Isaacs gestaaf.
Mavis Julies, wat eweneens 'n gunstige indruk op die Hof gemaak het as getuie, staaf vir Michelle Armstrong oor die wyse waarop hulle met mekaar in verbinding gekom het. Sy was die een wat gereet het Quinton Marinus in die saak betrokke geraak het.
Mavis bevestig voorts dat Michelle Armstrong niks van haar verwag het nie en geen beloning by die familie ontvang het of beloof is nie. Mavis meld ook dat Michelle, voor die tronkbesoek, aan haar gese het dat beskuldigde 3 haar gevra het om horn in die tronk te besoek; dat Michelle bang was maar dat haar vriend Steven gese het sy moet gaan. Verder bevestig Mavis ook dat Quinton Marinus in 'n sekere stadium R300.00 aan Michelle gegee het op 'n stadium toe sy uit Bonteheuwel weg is.
Verder hou ons in gedagte dat Michelle Armstrong se weergawe vol van detail is wat sy net te wete kon kom indien sy inderdaad self op die toneel was. Sy het getuig dat die oorledenes in die hoofslaapkamer geskiet is en onderskeidelik op die plekke soos gesien kan word op die foto, Bewysstuk D.7. Daar was groot bloedkolle in die omgewing waar die oorledene se koppe gele het. 'n Patroondoppie was ook in die omgewing van die oorledene se kop aan die agterkant gevind. So ook is 'n koeelpunt in die bloedkol, waar Lucas se kop gele het, gevind.
Sy het getuig dat Pankie aan die regter agterkant van sy kop meer aan die bokant geskiet was. Hierdie beskrywing word gestaaf deur die patologtesegetuienis. Volgens Michelle, was Lucas Msipha aan die linker agterkop geskiet. Ook hierdie beskrywing stem ooreen met die patologiese getuienis. Volgens Michelle het die oorledenes se aanvallers kussings teenaan hulle koppe gehou toe die skote afgevuur was. Daar was inderdaad kussings op die toneel gevind met merke wat op kontakskote dui. Hierdie feite is reeds in haar eerste verklaring op 1 Augustus 2001 vermeld.
Wat afwy kings tussen haar getuienis en haar polisieverklaringsaanbetref, hou ons in gedagte wat gese is in S v BRUINDERS EN 'N ANDER 1 998(2) SASV 432 (SE) te 437e-438a in verband met die doel en rol getuieverklarings -
"Nie-wesenlike afwykings in 'n getuieverklaring sal nie noodwendig afbreuk doen aan die gehalte van 'n staatsgetuie se getuienis as 'n geheel nie. Die doel van 'n polisieverklaring is om besonderhede van 'n misdaad te bekom sodat daar besluit kan word of die beskuldigde vervolg moet word. Die getuieverklaring is nie om die getuie se getuienis in die hof vooruit te loop nie. Dit is vergesog om van 'n getuie te verwag om in sy getuieverklaring reeds presies dieselfde weergawe te verskaf as wat hy in die ope hof gaan getuig. Getuieverklarings bly nuttige ammunisie vir kruisondervraging, maar dan moet dit in konteks oorweeg word en sal die aard en die omvang van die afwykings in geheel in ag geneem moet word alvorens dit gese kan word dat 'n getuie se getuienis as gevolg van sulke afwykings verwerp moet word."
Dit bring my by die bespreking van die beskuldigdes se getuienis. Beskuldigde 1 het bevestig dat hy en Michelle Armstrong vriende was en dat daar nog nooit probleme tussen hulle was nie. Volgens die beskuldigde impliseer sy horn omdat Quinton Marinus haar gebruik om hulle uit die Heideveld area te verdryf. Ek het alreeds gese waarom hierdie hipotese nie aanvaar kan word nie.
Verder het beskuldigde 1 getuig dat volgens ene Mark Lewis het Michelle Armstrong vir laasgenoemde gese dat sy RI0 000,00 by Quinton Marinus gekry het om teen die beskuldigdes te getuig. Hierdie inligting was egter nooit tydens kruisondervraging aan Michelle Armstrong gestel nie. Trouens, die beskuldigde het getuig dat hy in hierdie hof vir die eerste keer uitgevind het dat Michelle Armstrong die staat se vernaamste getuie teen hulle is. Hy moes later toegee dat dit nie waar kan wees nie en dat hy lankal reeds van haar identiteit as getuie bewus was.
Beskuldigde 1 het ook 'n briefie aan sy ma gegee met sy eerste verskyning te Bishop Lavis hof na sy arrestasie. Alhoewel inspekteur Cassiem nie meer die volledige besonderhede van die inhoud van die briefie kon onthou nie, bevestig hy dat die datums 20 Julie en 21 Julie 2001 op die briefie voorgekom het. Inspekteur Cassiem getuig dat hy dit die volgende dag, toe dit nog vars in sy geheue was, aan kaptein Dryden oorgedra het. Kaptein Dryden het wel 'n aantekening van die mededeling gemaak in sy sakboekie met die strekking dat beskuldigde 1 se ma vir die speurders moes se dat hy op 20 en 21 Julie 2001 by die huis was.
Tydens kruisondervraging is dit aan kaptein Dryden gestel dat beskuldigde 1 in die briefie bloot by sy ma verneem het waar hy op die betrokke datums was. Indien dit egter so was, is dit eienaardig dat hierdie aspek nooit deur die beskuldigde met sy ma opgevolg is nie. Hierdie feite lei tot die afleiding dat daar meriete is in die staat se betoog dat beskuldigde 1 waarskynlik probeer het om met behulp van sy moeder homself 'n alibi te fabriseer.
Beskuldigde 2 het ook bevestig dat hy nog nooit enige probleme of uitval met Michelle Armstrong gehad het nie. Soos beskuldigde 1, voer hy ook aan dat Quinton Marinus haar beinvloed het om valse getuienis te lewer. Aangesien hy, wat beskuldigde 2 is, 'n onderleier van die Americans in-Heideveld is, wil Quinton Marinus horn wegwerk om die area vir sy eie dwelmbedryf op te eis. Ek het reeds redes verstrek waarom hierdie verduideliking nie opgaan nie.
Beskuldigde 2 het ook getuig dat dieselfde Mark Lewis aan hom gese het dat Michelle Armstrong geld aan Quinton Marinus skuld en hy voer aan dat dit die rede is waarom sy met haar valse getuienis teen hulle volhard. Soos in die geval van beskuldigde 1, is hierdie wesenlike bewering ook nooit aan Michelle Armstrong gestel nie. Inteendeel, daar was namens besku digde 2 aan naar geste! an: hy nie weel waarom sy hom as eer van die aanvallers identifiseer nie.
Wat sy gedrag in die getuiebank aanbetref, was beskuldigde 2 by tye ontwykend. So byvoorbeeld was hy onwillig om toe te gee dat Michelle Armstrong wel in staat sou wees om op die betrokke aand sy stem uit te ken as die een wat sou gese het "Kom ons gaan vadala die goed".
Volgens beskuldigde 3 het Michelle Armstrong op eie inisiatief vir hom in die tronk te Goodwood kom besoek en laat blyk dat sy betaling gekry het om hom valslik te impliseer. Sy het nie gese van watter persoon sy die betaling gekry het nie. Volgens beskuldigde 3 wou die getuie geld by hom gehad het om nie teen hom te getuig nie. In die eerste plek is dit uiters eienaardig dat beskuldigde 3 nie vasgestel het wie haar betaal het om hom valslik te impliseer nie.
Volgens kaptein Dryden sowel as Michelle Armstrong het beskuldigde 3 reeds na die eerste borgaansoek gedurende Desember 2001 geweet wie die getuie was en sou 'n mens verwag het dat hy angstig sou wees om te hoor wat sy vir horn te se gehad het. Dit bots met sy getuienis in hierdie hof dat hy eers tydens daardie tronkbesoek uitgevind het dat Michelle die staatsgetuie is wat hulle impliseer. Michelle se weergawe dat sy onder druk na die tronk toe is om beskuldigde 3 te ontmoet, is meer waarskynlik in die lig van al die omstandighede. 'n Verdere faktor wat dit bevestig, is die feit dat sy vir beide kaptein Dryden en vir Mavis Julies in kennis gestel het voor die tronkbesoek, wat sinneloos sou wees indien sy wel na die tronk is met die doel om vir beskuldigde 3 af te pers.
Dit is verder ook onwaarskynlik dat sy vir beskuldigde 3 uitgesonder het om horn te gaan besoek en geensins gepoog het om met beskuldigdes 1 en 2, met wie sy beter bevriend was, kontak te maak na hulle arrestasie nie. Volgens Michelle Armstrong het slegs beskuldigde 3 gepoog om haar te beinvloed en ook te intimideer. Dit is insiggewend dat kaptein Dryden ook na bewering dreigemente van slegs beskuldigde 3 se kant af ontvang het, en nie vanaf enige van die ander beskuldigdes nie. Daar bestaan, volgens ons oordeel, geen rede om kaptein Dryden se getuienis in hierdie opsig te bevraagteken nie.
'n Verdere aspek wat 'n vraagteken plaas agter beskuldigde 3 se getuienis, is die feit dat dit nooit aan Michelle Armstrong gesuggereer was dat hy nie 'n lid van die Americans-bende was nie. In sy getuienis is hierdie bewering egter heftiglik deur horn ontken.
'n Laaste aspek met betrekking tot die saak teen beskuldigde 3, is die feit dat hy wel op sy eie weergawe 'n verbintenis met die oorledene, Pankie Khabela, gehad het in die sin dat die oorledene wel 'n gereelde verskaffer van dwelmmiddels aan beskuldigde 3 was. Indien Michelle Armstrong wel 'n valse storie teen iemand wou opmaak, is dit hoogs toevallig dat sy iemand sou uitkies wat wel 'n verbintenis met die oorledene gehad het, soos beskuldigde 3.
By oorweging van al die feite, is ons tevrede dat Michelle Armstrong se getuienis in wese aanvaarbaar is en dat die kritiek van verdedigingskant nie hieraan afbreuk doen nie. Ons bevind dus as 'n feit dat sy wel die betrokke aand op die toneel was en wel gesien het wat sy vir die Hof vertel het. Ons aanvaar ook die getuienis van die ander getuies namens die staat, waar dit met di6 van die beskuldigdes bots. Die beskuldigdes se ontkenning dat hulle betrokke was, word verwerp as vals. Die Hof bevind dus eenparig dat die drie beskuldigdes saam met ene Nazzer die betrokke Vrydagaand by die oorledene se huis was en opgetree het soos wat Michelle Armstrong getuig het.
Dit bring ons by die vraag welke aanklagte deur die staat bewys is. Ek handel vervolgens eers met aanklagte 2 en 3, die aanklagte van moord. Op die getuienis wat deur ons aanvaar is, is dit duidelik dat die aanval op die oorledenes opsetlik en met voorbedagte rade gepleeg is. Die aanvallers het gesamentlik na die toneel gegaan gewapen met minstens twee vuurwapens. Dat daar vooraf 'n afspraak tussen hulle was om die oorledenes te vermoor, blyk onder andere uit die volgende: Eerstens, die aanwesigheid van die vuurwapens; tweedens, die feit dat beskuldigde 2 in 'n stadium aan die ander gese het "Kom ons gaan vadala die goed", wat op Michelle se onbetwiste getuienis beteken dat die mense doodgemaak moes word; derdens, die feit dat beskuldigde 3 na die skote geskree het "Is die job of die move klaar?" Dit lei tot die gevolgtrekking dat die "job" was om die mense dood te maak.
Teen hierdie agtergrond kan daar dus geen twyfel bestaan nie dat al drie die beskuldigdes aan die moorde aan beide oorledenes skuldig is. Ons bevind voorts dat die bepalings van artikel 51 (1){a) gelees met Deel I van Bylae 2 van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, soos gewysig op die moorde van toepassing is. Dit is so, weens twee redes, eerstens, omdat die moorde beplan of met voorbedagte rade gepleeg is en, tweedens, omdat die moorde deur 'n groep persone in die uitvoering of ter bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering gepleeg is.
Wat aanklagte 4 en 5 aanbetref, dit is die onwettige besit van wapens en ammunisie, is daar direkte getuienis dat beskuldigdes 1 en 2 vuurwapens en ammunisie fisies besit het, aangesien hulle die oorledenes geskiet het. Ons is tevrede op die getuienis as geheel dat beskuldigdes 1 en 2 die vuurwapens namens die groep besit het. Dit is gemene saak dat geeneen van die beskuldigdes oor 'n vuurwapenlisensie beskik nie. In S v KANBULE 2001{1) SASV 501 (HHA) het die Hof beslis dat daar by wyse van noodwendige afleiding bevind kan word dat al die aanvallers hulle met die besit van vuurwapens vereenselwig het, selfs al het hulle dit nie elkeen afsonderlik fisies besit nie. Op 507 tot 509 se die Hof die volgende:
"Ek kan in beginsel nie sien waarom in gepaste situasies en indien die leerstuk van gemeenskaplike oogmerk toegepas word, die gemeenskaplike animus om die vuurwapens gesamentlik te besit, nie afgelei kan word nie. Indien dit die bedoeling van die lede van die groep is om die vuurwapens ter uitvoering van 'n roof of moord te gebruik tot hulle almal se voordeel vereenselwig hulle hul immers met die besit van die vuurwapens."
Ons is tevrede dat dieselfde beginsel ook hier van toepassing is.
Wat die aanklag van roof met verswarende omstandighede betref, toon die getuienis dat sekere selfone wat aan die oorledenes behoort het gewoonlik in die sitkamer was. Na die moorde was dit weg. Ons weet egter nie wat daarvan geword het nie. Daar is geen getuienis oor wie dit verwyder het of wanneer dit verwyder is nie. Ons kan ook nie van die omstandigheidsgetuienis aflei as enigste redelike afleiding daar 'n gemeenskaplike opset was tussen die beskuldigdes om die selfone te roof nie.
In die omstandighede is ons nie bo alle redelike twyfel tevrede dat die beskuldigdes wel skuldig is aan aanklag 1 nie. Hulle is gevolglik op hierdie aanklag op die voordeel van die twyfel geregtig.
Om dus op te som, vir die redes wat ek so pas uiteengesit het, word al drie die beskuldigdes op aanklag 1 ONSKULDIG BEVIND AAN ROOF EN OONTSLAAN. Op aanklagte 2 en 3 word hulle al drie SKULDIG BEVIND SOPS AANGEKLA AAN MOORD. Op aanklagte 4 en 5 word hulle al drie SKULDIG BEVIND SOPS AANGEKLA aan oortreding van die tersaaklike bepalings van die Wet op Wapens en Ammunisie.
GRIESEL, R
OORSKRYFSTER SE SERTIFIKAAT
Ek, die ondergetekende, sertifiseer hiermee dat die voorgaande, tot die beste van my vermoe en sover dit hoorbaar is, 'n ware en juiste afskrif is van die oorspronklike getuienis wat deur middel van 'n meganiese opvangtoestel opgeneem is in die saak van:
DIE STAAT v VIRGIL HENDRICKS EN TWEE ANDER
DATUM AFGEHANDEL: 1 5.1.2004
LIASSEERNOMMER: SS153. UIT
OORSKRYFSTER: G W MEINTJES
NAGESIEN DEUR:
GEKORRIGEER DEUR:
SNELLER TRANSKRIPSIES [EDMS1 BEPERK, KAAPSTAD