South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2003 >> [2003] ZAWCHC 93

| Noteup | LawCite

S v Sithole (SS73/2003) [2003] ZAWCHC 93 (31 March 2003)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

SAAKNOMMER: SS.73/2003

DATUM: 31 MAART 2003

In die saak tussen;

DIE STAAT

en

SITHEMBELE SITHOLE

VON N IS VAN DER WESTHUIZEN. WnR:

In hierdie saak is die beskuldigde, mnr Sithembele Sithole, in die streekhof skuidig bevind op 10 Junie 2002 op die aanklag dat hy 'n 15- jarige meisie met die naam Cindy Maarman verkrag het. Die Hof het sy getuienis aangehoor asook 'n verslag deur 'n maatskaplike werker wat by ooreenkoms ingehandig is.

Ek sal kortliks die detail vir u skilder en behandel. Sy is gebore op 28 April 1985 en was derhalwe tydens die voorval 15 jaar en 9 maande oud. Sy is 'n lid van 'n arm plaaswerkergemeenskap en haar eie skolastiese prestasies het geeindig toe sy in Graad 7 was. Sy moes die skool veriaat weens finansiele probleme. Sy verrig slegs seisoenarbeid op die piaas en tans versorg sy haar twee babas (onhoorbaar, tolk en Hof praat gelyktydig} vier maande. Tydens die verhoor van die saak was sy reeds swanger.

Volgens die versiag van die maatskaplike werker het sy vaste verhouding met 'n man wat haar ook positief behandel en haar glad nie vir die verkragting verkwalik vir wat gebeur het. Die enigste sielkundige impiikasie wat geopper word in die versiag is die swangerskap wat op haar vroee leeftyd ervaar het en skynbaar as gevolg daarvan sielkundige berading mag nodig he.

Die beskuldigde is ook 'n man met geen onderwysopleiding hoegenaamd nie. Hy het nooit skool gegaan nie en kan nie lees of skryf nie. Die enigste opleiding wat hy het, is die van 'n veewagter en 'n plaaswerker. Hy getuig oor sy eie ouderdom as synde 28 jaar oud. Ek moet se dat op die oog af kom hy soos 'n 28-jarige voor.

Dit is nie baie duideiik uit die rekord uit nie, maar die beskuldigde self getuig dat hy wel 'n (onhoorbaar) verhouding met die klaagster gehad het. Aan die hand hiervan is dit baie duideiik dat die klaagster (onhoorbaar) dat sy tydens die verhoor swanger was en inderdaad ook geen beserings opgedoen het tydens die verkragting en dat sy reeds ervare was en voorheen geslagsgemeenskap gehad het.

Alhoewel die beskuldigde ontken dat hy op die betrokke aand enigsins drank ingeneem het, is dit vir my duideiik by die nagaan van die rekord dat hy inderdaad baie dronk moes gewees het. Uit die getuienis van mnr (onhoorbaar) Zulu, soos bewoord op bladsy 27, reel 20 van die rekord van die saak was dit duideiik dat toe die polisie opgedaag het, nie met horn kon praat nie omdat hy dronk op die bed gele het.

Ai hierdie faktore wat ek genoem het, is na my mening dwingende en wesenlike omstandighede, soos bedoel in (onhoorbaar, tolk en Hof praat gelyktydig), Reel 51, Wet 105 van 1997 en faktore wat dus nie die oplegging van vonnis van lewensiange gevangenisstraf (onhoorbaar).

In al hierdie omstandighede is ek van oordeel en ook gedagtig daaraan dat die beskuldigde reeds in aanhouding was sedert 18 Januarie 2001, dat gevangenisstraf van 17 jaar onder die omstandighede sou voldoen aan die vereistes van die beskuldigde, die slagoffer, die misdaad wat hy gepleeg het en die belange van die gemeenskap.

U word dus gevonnis vir 'n termyn van SEWENTIEN (17) JAAR GEVANGENISSTRAF gereken vanaf vandag se datum.

VAN DER WESTHUIZEN, WnR


OORSKRYFSTER SE SERTIFIKAAT

Ek, die ondertekende, sertifiseer hiermee dat die voorgaande, tot die beste van my vermoe en sover dit hoorbaar is, 'n ware en juiste afskrif is van.die oorspronklike getuienis wat deur middel van 'n meganiese opvangtoestel.opgeneem is in die saak van:

SITHEMBELE SITHOLE v DIE STAAT

DATUM AFGEHANDEL: 25.12,2004

LIASSEERNOMMER: SS73.VON

OORSKRYFSTER: G W MEINTJES

NAGESIEN DEUR:

GEKORRIGEER DEUR: