South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2003 >> [2003] ZAWCHC 96

| Noteup | LawCite

S v Els (SS 105/2003) [2003] ZAWCHC 96 (29 May 2003)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELINGS)



SAAKNOMMER: SS. 105/2003

DATUM: 29 MEI 2003



In die saak tussen:

DIE STAAT

en

EUGENE FRANCOIS ELS

VONNIS

CLEAVER, R:

Mnr Els, dit is vir my 'n onaangename taak om u nou te vonnis. Dit is seker besonder ook onaangenaam wees vir u moeder. Ek kry haar baie jammer dat sy vandag namens u moes kom praat, nadat sy soveel in haar lewe gewy het om vir u te sorg. Dit is bekend dat wanneer ek oor 'n gepaste vonnis moet besluit, ek verskeie aspekte in gedagte moet hou; die misdaad self en die ernstigheid daarvan; die belange van die gemeenskap by die toepassing van vonnisse; u eie persooniike omstandighede en waar toepaslik ook die belang van die slagoffer. Al daar sodanige dwingende eri wesenlike omstandighede aanwesig is wat my toelaat om af te wyk van wat die Parlement besin en besluit het. Ek het nie enige woord van berou van u gehoor nie. Ek sit met 'n geval waar 'n ou man, wat vir niemand enige kwaad aangedoen het nie, van sy lewe beroof is vir 'n paar pennies en 'n motorvoertuig. Die klem van die benadering, soos ek hierdie uitspraak lees, het geskuif na die erns van die misdaad. Ek moet dus die erns van die misdaad opweeg teenoor u persoonlike omstandighede en dan moet ek ook die belange van die slagoffer en die slagoffer se familie in aanmerking neem - in hierdie geval het ons nie 'n vrou en kinders wat agtergelaat is nie, so daardie aspek is nie so belangrik nie. Dit is nie vir my maklik om swaar strawwe op te le nie, maar aan die ander kant het ek 'n regterlike plig wat uitgevoer moet word. Ek kan ongeiukkig nie bevind dat daar enige dwingende en wesenlike omstandighede hier aanwesig is wat my die reg gee om af te wyk van die voorgeskrewe vonnis nie.


In die omstandighede word u op die aanklag van moord tot LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF gevonnis en op die tweede aanklag van roof met verswarende omstandighede tot VYFT1EN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF.




CLEAVER, R