South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2003 >>
[2003] ZAWCHC 97
| Noteup
| LawCite
S v November (SS 114/2003) [2003] ZAWCHC 97 (2 June 2003)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: SS. 114/2003
DATUM: 2 JUNIE 2003
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
HENDRIK HENRY NOVEMBER
V 0 N N I S
DLODLO, WnR:
Mnr November, ek moet dadelik vir u se dat om 'n gepaste vonnis te bepaal, is nie 'n maklike werk nie. Die drie belangrike faktore wat aityd in ag geneem moet word, is u persoonlike omstandighede, die erns van die misdaad self en die belange van die gemeenskap.
Ek neem dus in ag dat u 34 jaar oud is. U is getroud en het vier kinders. Ten tyde van die voorvalle het u gewerk en u het 'n inkomste van R1 100,00 per maand. U deel die Hof mee dat u jammer is oor die misdrywe waaraan u skuldig bevind is. U het vier biere gedrink net voor u die klaagster in aankiag 1 verkrag het, maar u was glad nie dronk gewees nie.
Wanneer dit op die erns van die misdaad kom, u weet self dat die misdrywe wat u gepleeg het en waaraan u klaar skuldig bevind is, van 'n ernstige aard is. Aankiag 1 is so ernstig dat die Wetgewer dit nodig geag het om die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, van toepassing te maak. U het 'n sewejarige kind verkrag.
Dit blyk uit die oorkonde dat u 'n bekende persoon was aan hierdie gesin. U het gewoonlik by die mense kom kuier en saam met die ouers van die kind bier geniet. 'n Mens drink nie met vreemdelinge nie, maar 'n mens drink gewoonlik met vriende, kennisse, mense saam met wie 'n mens kan praat en lag. U was bekend aan die kinders van hierdie besondere huis U staan bekend aan almal daar as oom Lange. U was dus tot 'n mate in 'n vertrouensposisie gewees. Die honde van hierdie huis, volgens die getuienis wat ek nagegaan het, het u aanvaar as 'n lid van gesin. Die honde kon u nie meer pla nie.
Mnr November, dit blyk dat u beplan het om hierdie misdaad te pleeg. Volgens die getuienis het u eers aan die ma van die klaagster getik en het vatterig geraak en aan haar klouerig. Toe u besef het dat hierdie dame moeilik is vir u, uiter u toe gevaarlike woorde, naamlik dat "as u nie haar of haar suster kan naai nie, gaan u een van hulle kinders naai". Op dieselfde aand het u die kind van mev Lodewyk verkrag.
Op 1 Maart 2000, net voordat die vorige gebeurtenis wat op 13 November 1998 afgehandel was, poog u weer op 'n wreedaardige wyse om die klaagster in klagtes 2 en 3 te verkrag. U poog om haar te vermoor. Hierdie klaagster is ook aan u bekend. Sy ken u baie goed. Volgens haar getuienis, sy het saam met u grootgeword. Die dame het biykbaar veilig gevoel toe sy saam met u geloop het. U is mos nie 'n vreemdeling nie. Ek meen sy was verbaas toe u haar om seks gevra het. Sy antwoord darem baie kalm en se "Maar Hennie, jy is dan getroud". U het haar neergedruk eh gou was u bo-op haar gewees. U het hierdie klaagster se damesbroekie met 'n mes afgesny. Hierdie mes, volgens die getuienis, het u oopgebyt. U het woorde geuiter tot die volgende effek "Jou naai, ek vra mos vir gat". U het toe in die dame se onderliggaam gesteek vier houe by haar vagina en ook aan die linkerkant van haar kop gesteek, tot aan die linkerkant van haar boud. U het haar verder vyf houe teen haar rug gesteek. God het biykbaar vir die klaagster 'n plan gegee. Sy het toe gemaak asof sy doodgaan. Sy se in haar getuienis dat sy haar asem ingetrek het en haar oe.laat om dop. Volgens haar, sou u, mnr November, gese het "Ja, jy is klaar vrek, niemand sal weet dat ek jou klaar doodgemaak het nie".
U sien vir uself uit die bostaande opsomming dat die misdrywe waaraan u skuldig bevind is, van ernstige aard is. Die klaagster in aanklagte 2 en 3 voer aan dat as gevolg van die steekhoue met 'n mes het sy soms pyn in haar biad. Volgens dr De Klerk, was daar altesaam 16 steekwonde aan die klaagster. Volgens die dokter, die twee wonde agter die kaakrante, 'n wond agter die linkerblad en ook wonde by die regterboud, enigeen wat dieper was, van Tewensgevaarlike aard was.
Hierdie klaagster was bare gelukkig dat sy nie van hierdie beserings doodgegaan het nie.
Die gemeenskap moet teen gewelddadige oortreders beskerm. word. Op aankiag 1 is die uitgangspunt dat die voorgeskrewe vonnis opgele moet word tensy weseniike en dwingende omstandighede bewys is. In S v MALGAS 2001(1) SASV 469 (HHA) het MARAIS, AR beslis .dat die Hof mag nie ligtelik afwyk van die voorgeskrewe vonnis op deursigtige flou gronde nie. Ek het na u getuienis ter versagting geluister. Ek het ook u vrou se getuienis gehoor. Ek het mnr Carolissen gehoor ter versagting. Ek moet dadelik se, mnr November, dat as 'n mens die totaliteit van die versagtende en die verswarende omstandighede in hierdie saak oorvveeg, is dit maklik om 'n bevinding te maak of daar weseniike en dwingende omstandighede is.
Daar is geen duidelike ware oortuigende redes in hierdie saak vir 'n ander vonnis nie, met ander woorde geen weseniike en dwingende omstandighede bestaan in hierdie saak nie. Na my mening, die enigste belangrike faktor wat in u guns tel, is dat u 'n eerste oortreder is. (Onduidelik) in sy boek THE GUIDE TO SENTENCING IN SOUTH AFRICA, op bladsy 223 skryf soos volg:
"A first offender is treated with mitigation because the offender may prove to have committed her only crime;
which may imply that she is not a criminal as such, and therefore not likely to repeat the crime. However, the nature of the crime and the callousness and brutality of the actions of the offender may show that she has no regard for other people. Then the interests of society become more important than the interests of the individual."
Na deeglike oorweging van al die faktore, soos deur die strafregstelsel vereis word, is ek van oordeel dat die volgende gepaste vonnisse is, mnr November:
Aanklag 1, verkragting van. 'n sewejarige kind, u word ingevolge Wet 105 van 1997 LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF opgeie.
Aanklag 2, poging tot verkragting, SEWE (7) JAAR GEVANGENISSTRAF.
Aankfag 3, poging tot moord, TIEN (10) JAAR GEVANGENISSTRAF.
DLODLO, WnR