South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2004 >> [2004] ZAWCHC 37

| Noteup | LawCite

Perry v S (A995/2003) [2004] ZAWCHC 37 (11 June 2004)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA


(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)



SAAKNOMMER: A.995/2003

DATUM: 11 JUNIE 2004




In die saak tussen:



KENNETH PERRY Appellant

en

DIE STAAT Respondent








UITTSPRAAK




ALLIE. R:



Die appellant is op 21 September 2000 in die Bellville streekhof skuldig bevind op een aanklag van roof en een van verkragting. Die appellant het regsverteenwoordiging gehad en het onskuldig gepleit op beide klagtes. Die appellant het nie 'n pleitverduideliking geoffer met betrekking tot die roof aanklag nie. Hy is op 19 September 2001 gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf op die roof aanklag en 14 jaar gevangenisstraf op die verkragting aanklag. Die appellant appelleer slegs teen die skuldigbevinding op die roof aanklag.



Namens die appellant het mnr Solomon betoog dat die klaagster 'n enkelgetuie was en haar getuienis met versigtigheid geevalueer moet word. Mnr Solomon voer verder aan dat die klaagster se getuienis ook versigtig benader moet word omdat dit identifisering behefs. Hy submitteer dat die landdros fouteer het deur die klaagster se getuienis te aanvaar en die beskuldigde se getuienis nie te oorweeg nie, alhoewel sy getuienis oor die roof nooit verwerp is nie.



Die klaagster het getuig dat die appellant en sy vriend haar van agter af genader het terwyl sy naby 'n park geloop het. Sy het hulle skuins gewaar maar later het die beskuldigde haar van agter af gegryp en haar mond toegehou. Hy het haar beveel om stil te bly of sy sou seergemaak word. Hy het ook gese dat sy haar kappie oor haar gesig moet trek. Sy medepligtige het haar juwele van haar ore en vingers verwyder en hy is daarna weg.



Beskuldigde het haar om haar lyf vasgehou en sy moes saam met horn loop terwyl haar gesig nog steeds toegemaak was met die kappie. Toe hulle by die agterplaas van 'n reeks woonsteMe kom, het hy haar op die grond neergegooi en gestagsgemeenskap met haar gehad. Hy het haar daarna op 'n bank gegooi en haar beveel om bo-op horn te sit terwyl hy haar verder verkrag het. Sy het hom gese om haar nie te beseer nie omdat sy swanger was. Sy het horn gevra om haar huis toe te neem. Hy het haar huis toe vergesel en gese dat sy haar kappie kan afhaal. Sy het horn herken as iemand wat saam met haar vader gewerk het.



Sy het die appellant meegedeel dat sy op 'n vorige geleentheid ook beroof en verkrag is. Sy se dat sy biere gedrink het die betrokke aand, maar sy was nie dronk gewees nie.



Die appellant het getuig dat hy daardie aand Mandrax gerook het en alkohol gedrink het. Hy beweer dat hy Vi lid van die American bende was. Hy se dat hy twee persone op die veld gesien het. Toe hy hulle nader, het hy een herken as Boetatjie, 'n lid van 'n verskil.ende bendegroep. Boetatjie het toe weggeloop en die klaagster het gese dat sy deur horn beroof is. Sy het horn gevra om haar na haar huis toe te neem. Hy beweer dat die klaagster nie so dronk was nie, maar sy prokureur het beweer dat sy baie dronk was.

Hy se dat hy begin het om weg te loop, maar sy het horn agtervolg. Sy het horn gevra om haar juwele terug te kry en as vergoeding sou sy omgang met horn hou.



Appellant se prokureur het dit aan die klaagster gestef dat sy horn omgang aangebied het as hy haar sou huis toe neem, terwyl die appellant eers se dat sy horn geslagsgemeenskap aangebied het omdat hy haar juwele moes terugkry. Later se hy die aanbod was omdat hy haar moes huis toe neem. Dit is duidelik dat die appellant sy weergawe aangepas het.



Die verdediging het die klaagster se moeder geroep om te kom getuig. Al wat sy bygedra het, was om te getuig dat die klaagster wel soos bier geruik het.



Die Hof het wel die versigtigheidsreel omtrent enkelgetuies toegepas in die evaluering van die klaagster se getuienis. Op bladsy 106, reel 5 van die rekord se die landdros die volgende:



"En die Hof soek vir waarborge wanneer dit kom by enkelgetuies en die waarborge, na my oordeel, is te vinde in die ondersteuning wat jy kry in haar vader se getuienis en in die stawing wat haar ma vir haar bied met betrekking tot haar geestestoestand by die polisiestasie."



Die beskuldigde het sy getuienis aangepas met die verioop van die verhoor. Hy het gese dat sy so dronk was dat sy aan horn vasgehou het en toe hy gekonfronteer word oor hoe sy horn vertel het van 'n vorige roof en verkragting asook van haar swangerskap, se hy sy was nie so dronk nie. Eers se hy dat sy vir horn seks aangeb.ed het in rui! vir juwele wat hy sou terugkry en later se hy sy het dit aangeb.ed omdat hy haar moes huis toe neem.



Die klaagster was gekonfronteer met die appellant se weergawe dat iemand haar beroof het voor die appeflant by haar aangekom het. Sy het hierdie stelling ontken en haar getuienis is nie ontwrig nie. Sy het eerlik voorgekom en die landdros het haar getuienis aanvaar. Die weersprekings in die appellant se getuienis asook die verskil tussen sy weergawe en die stellings gemaak deur sy prokureur bemvloed sy geloofwaardigheid. Die landdros het nie fouteer in sy evaluasie van die getuienis nie en hy het die versigtigheidsreel omtrent enkelgetuies toegepas.



Daar is dus geen mistasting deur die Hof a quo begaan nie. Hierdie Hof het geen rede om met die skuldigbevinding op die aanklag van roof in te meng nie. Gevolglik sal ek die appel van die hand wys en die skuldigbevinding en vonnis bekragtig.






ALLIE, R


VELDHUIZEN. R: Ek stem saam en dit word so beveel.








VELDHUIZEN, R