South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2004 >> [2004] ZAWCHC 38

| Noteup | LawCite

S v Mthambeka and Others (A231/2004) [2004] ZAWCHC 38 (10 September 2004)

Download original files

PDF format

RTF format





IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIP-AFRIKA


(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

SAAKNOMMER A.231/2004


DATUM: 10 SEPTEMBER 2004


In die saak tussen:

SISEKO MTHAMBEKA 1ste Appellant

SENZO MOYO 2de Appellant

SANOILE QHUSEKA 3de Appellant

en


DIE STAAT Respondent




UITSPRAAK






CLEAVER. R:



Hierdie is 'n appel teen die skuldigbevinding en vonnis van die appellante op twee aanklagtes van roof met verswarende omstandighede. Die appellante is in die streekhof van Atlantis skuldig bevind en gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf op elk van die aanklagte. Die minimum vonnis wetgewing, dit wil se Wet 105 van 1997, was van toepassing en die landdros het bevind dat daar dwingende en wesenlike omstandighede aanwesig was en het gevolgJik nie die minimum vonnisse van 15 jaar opgele nie en, soos ek gese net, die appellant tot twaalf jaar gevangenisstraf op elk van die twee aanklagte gevonnis. Hy het egter gelas dat vier jaar van die vonnis op die tweede aanklag sametopend sou wees met die vonnis op die eerste, met die gevolg dat die kumulatiewe effek van die vonnisse die van 20 jaar gevangemsstraf is. Die appellante kom nou in hoer beroep teen beide die skuldigbevindings en vonnis.



Namens die appellante het me Joubert In die eerste instansie verskillende besware, wat die appellante self opgenoem het, onder die Hof te bring, maar heeltemal tereg na my mening het sy die meeste van hierdie gronde nie tydens argument beaam nie. Ek noem hulle kortliks. Daar is namens die appeMante aangevoer dat daar onreelmatighede plaasgevind het veral omdat die regsverteenwoordigers wat namens huile verskyn het, nie hulie tale magtig was nie en die feit dat op 'n stadium gedurende die hofverrigtinge 'n tofk, wat op daardie stadium in die hof was, skynbaar nie behoorlik getolk het nie maar dit het geskied tydens die ondervraging van staatsgetuies deur hulle regsverteenwoordigers.

Wat die eerste van hierdie besware betref, is daar na my mening geen meriete daarin nie en tewens ook nie wat die tweede betref nie.



Wat die tweede betref, is dit duidetik dat die appellante se bekommernis was dat hulle miskien nie behoorhk bygestaan sou word deur die tolk wanneer dit by hulle getuienis sou kom. Die landdros het as gevolg daarvan ondersoek ingestel en vasgestel van die drie regsverteenwoordigers dat hulle tevrede was dat die verhoor van die appellante nie nadelig getref is deur die sogenaamde onbehoorlike veriolking nie.



Hulle het ook te kenne gegee dat hulle nie probleme ondervind het om met die appellante te kommunikeer nie en dit blyk ook uit die getuienis dat sekere van die appellante goed verstaan het tydens ondervraging van die getuies in Afrikaans.



Om te slaag op 'n grond van hierdie aard moet dit blyk dat die appellante nie behoorlike en regverdige verhoor gehad het nie en ek is tevrede dat dit nie die geval was nie. Sodra daar vasgestel was dat daar 'n probleem in verband met die een tolk was, is reelings getref om 'n ander tolk aan te stel en daarna het dlnge vlot verloop.

Daar is ook beswaar gemaak op die basis van sogenaamde partydigheid deur die landdros. Dit blyk dat gedurende die vonnisverrigtinge, die landdros verwys het na die agtergeblewende geskiedenis van die appellante en die feit dat hulle nie werk kon kry nie, dat dit moontlik hulle tot die misdade genoop het, maar ek kan geen partydigheid in sy opsomming by die vonnisverrigting bespeur nie en, soos ek se, mej Joubert het hierdie aspekte nie eintlik verder gevoer nie.



Sy het staatgemaak op sekere verskilJe tussen die getuienis van mnr Dippenaar, die klaer in die eerste klagte in verband met sy uitkenning van die appellante. Die beswaar is dat hy miskien ]n fout sou gemaak het met betrekking tot die aantaf persone wat betrokke was by die roof. Dippenaar is n sekuriteitsbeampte wat verantwoordelik was vir die vervoer van geld van die bank af daardie dag. Hy het die geld En trommels uit die bank uitgebring en in sy vierwielmotorkar geplaas by die passasierskant. Nadat dit gedoen is, het hy om gestap na die bestuurderskant en op daardie stadium is hy gekonfronteer deur n persoon, wat hy as appellant nommer 3 geidentifiseer het, met 'n vuurwapen. Die het gedreig om horn te skiet indien hy nie die sleutels van die kar aan horn oorhandig nie. Die sleutels is toe oorhandtg waarop mnr Dippenaar getuig het dat 'n aantal persone op die bakkie gespring het en dat daar toe deur appellant nommer 3 gepoog is om weg te kom met die voertuig. Blykbaar deur onkunde kon die persoon, wie hy as die derde appellant ge'identifiseer het, nie daarin slaag nie, met die gevolg dat nadat die enjin, soos hulle in die getuienis gese het, ge-ref is, tot stilstand gekom.




Dit is duideiik uit die ander getuienis wat deur die Staat gelei is, dat die motorvoertuig van ene mev Smith toe geroof is en gebruik is deur die persone wat op Dippenaar se bakkie was, om mee weg te kom. Mev Smith het getuig dat amper onmiddelfik nadat sy haar voertuig in die parkeerruimte geparkeer het, sy ook gekonfronteej" is deur Yi swartpersoon wat 'n vuurwapen teen haar bors gedruk het en haar van haar motor beroof het.



OnmiddeElik daarna, volgens die getuienis van Dippenaar, het die persone wat besig was om sy kar te kaap, hulle gehaas na die voertuig van mev Smith, 'n rooi Honda, en daarin geklim en toe haastig weggejaag.



Dippenaar se getuienis was verder dat hy in sy kar die rooi kar agtervolg het en gesien het dat naby die winkelsentrum n blou Jetta voertuig vir die rooi Honda gewag het. Hy se dat twee persone uit die Honda uitgektim het en in die Jetta ingeklim het. Nou die getuienis wat later gemene saak geblyk het, was dat vier persone in die Honda was toe die Honda van die pad af bestuur is nadat die bestuurder daarvan bewus geword het dat die verkeerspolisie vir horn ingewag het en dat daar ook Suid-Afrikaanse Polisie agter horn was. Die vier persone het die drie appellante ingesluit. Die argument was dus dat omdat Dippenaar h font kon gemaak het met die aantal persone wat hy in die Honda gesien klim het, sy getuienis nie goed genoeg was nie. Dippenaar het ook die derde en eerste appellant geTdentifiseer as persone wat hy op die tonee! met vuurwapens in hulle besit gesien het.



Dit mag wees dat Dippenaar se getuienis miskien aangeval kan word wat die detail daarvan betref, maar sy getuienis moet nie alteen gesien word nie. Al die getuienis moet saamgevat word om te beslis of die Staat se saak bo redelike twyfel bewys is en hier is dit van kardinale belang om te let op die weergawes van die appellante.



Al drie van hulle het baie wankelende getuienis aangebied oor hoekom hulle daardie dag op die toneel was, maar, meer belangrik, hulle getuienis was dat niks eienaardig by die winkelsentrum gebeur het nie; dat hulle eerder onskuldig en op ft doodgewone manier by die Honda ingeklim het en daar weggery het. Hulle kan geen aanduiding gee van hoekom die geroofde geld en twee trommels in die Honda was nie. Dit blyk voigens foto's wat ingehandig is dat daar vuurwapens in die motor was. Gelukkig vir die appellante het die Staat nie bewys dat dit wel 'n vuurwapen was nie, maar een van die appellante het getuig dat hy ook gesien het dat daar 'n vuurwapen langs die bestuurder gele het terwyl hulle weggery het.


Die landdros het, na my mening, heeltema! korrek die appellante se weergawes verwerp. Hulle is dus die persone wat voigens aanvaarbare getuienis daardie dag by die winkelsentrum vanaf Dippenaar se motor hulself gehaas het tot in die rooi Honda met die geld wat van die bank geroof is. in die omstandighede is daar geen rede om met die skuldigbevinding in te meng nie.


Namens die appellante is daar aangevoer dat die kumulatiewe effek van die vonnisse so swaar is dat die streeklanddros misgetas het en sy diskresie dus nie op 'n behoorlike regtelike manier uitgeoefen het nie. Die landdros het nie ag geslaan op die feit dat een van die appellante nie vorige veroordelings gehad het nie, en ek dink ons kan aflei dat hy hutle almal as eerste oortreders behandef het. Een van die appellante is baie jonger as die ander twee. Twintig jaar is 'n lang tyd. Dit is so dat hier twee afsonderlike misdade gepleeg is, maar aan die ander kant het die Staat ook toegegee dat die tweede misdaad, die kaping van die rooi Honda, nie vooruit beplan is nie, maar dat dit geskied het toe die appellante nie kon slaag om met mnr Dippenaar se voertuig weg te kom nie. Die Staat het ook daarop gewys dat dit geskied het met die gebruik van 'n vuurwapen en indien die Staat nie bewys het dat 'n vuurwapen was nie, het dit seer sekerlik bewys dat dit geskied het as gevolg van dreigemente wat genoeg was om d;t onder die minimum vonnis wetgewing te bring. Ten beste vir die appellante het dit geskied het met iets wat soos 'n vuurwapen gelyk het.


Dit is so dat die Wetgewer bepaal het dat streng strawwe opgele moet word vir hierdfe soort misdade, aan die ander kant is deel van die bedoeling van vonnisoplegging ook om moontiikhede te skep vir rehabiMtasie. Na my mening, kon daar meer aandag aan hierdie aspek gegee gewees het en ek sou dus 'n verdere gedeelte van die vonnis op die tweede aanklag sou laat saamloop met die van die eerste.



In die omstandighede word die volgende beve! gemaak;

1. Die appelle teen die skuldigbevindings word van die hand gewys en die skuldigbevindings word bekragtig.

2. Die vonnisse van twaalf (12) jaar gevangenisstraf op beide die aanklagte word bevestig, maar dit word bepaal dat ses (6) jaar van die gevangenisstraf wat opgele is op aanklag 2, samelopend uitgedlen sal word met die vonnis wat opgele is op aanklag 1, dit wil se die helfte van die vonnis sal saamloop.

3. Dit beteken dat a\ drre van die appellante effektief tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis is.



CLEAVER,R




WHITEHEAD. WnR: Ek stem saam.






WHITEHEAD, WnR