South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2004 >> [2004] ZAWCHC 42

| Noteup | LawCite

S v Waterboer (SS40/2004) [2004] ZAWCHC 42 (30 January 2004)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP Hoe HOF. KAAPSTAD)


SAAKNOMMER:SS40/2004

DATUM: 30 JANUARIE 2004


In die saak tussen:

DIE STAAT

en

GERT WATERBOER


VONNIS


PARKER, AJ:

Mnr Gert Waterboer (beskuldigde), die Hof het in ag geneem die betoog met betrokke tot u persoonlike omstandighede. Die Hof het ook in ag geneem die betoog van beide die Staat en die verdediging. Die Hof moet ook in ag neem die erns van u optrede, mnr Waterboer en die belang van die gemeenskap. Naas die trits, die triad, soos dit in die Zinn saak genoem was, word die vernaamste oogmerke van straf gesien as hervorming, vergelding, afskrikking en voorkoming.



In verband met u persoonlike omstandighede neem die Hof die volgende in ag. U ouderdom, 30. U is 'n getroud, maar u het wel 'n saamleefverhouding met Sofia, of soos hulle gese het in die getuienis Vytjie Zimmery. Dat u twee afhanklikes het,alhoewel daar twyfel geskep was oor die een kind. Dat u 'n gewone plaaswerker is en dat u slegs Standerd 5 behaal het op skool. Die Hof het ook in ag geneem u vorige veroordelings soos bewys was.



Daar is ook die belang van die gemeenskap. Die Hof is gedagtig daaraan dat die Hof geregtelike kennis neem daarvan dat die gemeenskap 'n geweldige afkeur het aan geweldsmisdrywe wat gepleeg word, veral teenoor vroue. Ons is almal bewus van die daaglikse bydrae wat ons in die dagblaaie, vanoggend se koerant, televisie ensovoorts het oor die afkeur van die gemeenskap teenoor gevalle van geweld teenoor mense, vroue en mans. Die afkeur van die gemeenskap en die erns van die oortreding is soveel meer wanneer die voorval van 'n seksuele aard is en met geweld.



Die Hof het na die meriete ook van die saak gekyk. Die klaagster het beserings opgedoen. Sy het hospitaal toe daarvoor gegaan. Die Hof het ook die maatskaplike werker se verslag deurgegaan waar dit gese het sy het nog pyn, maar daar is geen mediese verslae voor die Hof geplaas om vir die Hof in te lig wat die mediese effek op haar eintlik het nie. Die verslag van die maatskaplike werker was dat die klaagster indien wel goed slaap. Beide beskuldigde, u, en die klaagster en die klaer, mnr Zimmery, ken mekaar.


In verband met die klaagster se die maatskaplike werker dat daar 'n probleem is as sy verby u stap, maar daar is geen psigiatriese verslae voor die Hof gebring om te se tot watter mate daar emosionele letsels is nie. Die klagte in die aanrandingsaak, met die doel om ernstig te beseer, dit is klagte nommer 2 teenoor die klaagster, is die Hof van mening het op dieselfde tyd plaasgevind en die Hof sal daarom klagte 1 en 2 saamneem vir doeleindes van vonnis.



In verband met klagte nommer 3, hier ook soos die Hof nou net genoem het, ken die klaer, dit is Jan Zimmery, vir u, die beskuldigde, en toe hy op die beskuldigde en op die klaagster af kom, was hy ook met geweld aangerand. Die maatskaplike werker het genoem dat die klaagster kry 'n gevoel dat die klaer, Jan Zimmery, nie vir haar vertrou nie. In die kruisondervraging deur die Staat het dit ook na vore gekom dat u nie berou getoon het nie.



Die Hof het waargeneem die beginsels soos vermeld was in die S v Malgas en die erns van die oortreding. In verband met klagte nommer 1, die Hof kon nie enige wesenlike en dwingende omstandighede vind wat oplegging van 'n mindere vonnis as die vonnis by hierdie subartikels van die wet voorgeskryf, regverdig nie.


In die omstandighede, en alles wat waargeneem was ter u versagting, mnr Waterboer, in verband met klagte 1 en 2, dit word saamgeneem soos ek reeds genoem het vir doeleindes van vonnis. Die vonnis is, Klagte 1 en 2 LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF.Klagte 3 VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF. Dit word gelas dat alle vonnisse gelyktydig uitgedien sal word.


PARKER, AJ