South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2004 >> [2004] ZAWCHC 43

| Noteup | LawCite

S v Bruintjies (SS245/04) [2004] ZAWCHC 43 (18 August 2004)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)

SAAK NO: SS245/04

DATUM: 1 8 AUGUSSTUS 2004




In die saak tussen:



DIE STAAT

en

ADAM BRUINTJIES




UITSPRAAK




GRIESEL. R:



Die beskuldigde, 40-jarige man, het aanvanklik tereggestaan op altesaam 17aanklagte. By die aanvang van die verhoor is die eerste drie aanklagte deur die Staat teruggetrek terwyl die beskuldigde aan die einde van die staatsaak ook op aanklagte 4, 5 en 6 ontslaan is.



Wat die oorblywende aanklagte aanbetref, beweer die Staat ten opsigte van aanklag 7 dat die beskuldigde 'n vuurwapen op Piet de Wee gerig het. Aanklag 8 is een van moord deurdat die beskuldigde, na bewering, vir die oorledene, wyle mnr Johan Combrink vermoor het deur horn met 'n byl te kap, terwyl aanklag 9 betrekking het op huisbraak met die opset om die oorledene te beroof en roof met verswarende omstandighede. Die laaste agt aanklagte het betrekking op die onwettige besit van vier afsonderlike vuurwapens sowel as ammunisie.



Die beskuldigde het onskuldig gepleit op al die aanklagte en het sy swygreg uitgeoefen. Hy word hierin bygestaan deur mev Van Vuuren terwyl advokaat Theron namens die Staat verskyn. Die Hof is dank verskuldig aan beide regsverteenwoordigers vir die bekwame en verantwoordelike wyse waarop hulle die verhoor hanteer het en die Hof bygestaan het.



Uit die getuienis wat gemene saak is, blyk dit dat die oorledene 'n 57-jarige man, wat alleen gewoon het op die plaas Ouderwerf, in die distrik van Bonnievale. Op 25 April 2002 is die bebloede lyk van die oorledene ontdek in sy voorhuis waar hy gele het met sy hande en voete vasgebind. Hy het ernstige hoofbeserings gehad as gevolg waarvan hy beswyk het.



Die beskuldigde is later dieselfde dag op die plaas van die oorledene nie ver van die opstel nie deur die polisie gearresteer. Beskuldigde het gedurende die voorafgaande twee weke in die veld gewoon nadat hy sy werk op 'n nabygelee plaas as gevolg van sy saamleefvrou, Susan Booysen, verloor het.



Volgens die weergawe van die Staat is die beskuldigde gevind waar hy onder 'n bos weggekruip het met een van die oorledene se vuurwapens in sy besit. Hy is gearresteer en aangaande sy regte ingelig. Hy het onderneem om ook die ander vuurwapens aan die polisie uit te wys. Die nodige reelings is onmiddellik getref om 'n onafhanklike offisier te kry om die uitwysings te behartig. Dit het daartoe gelei dat die oorblywende drie vuurwapens sowel as 'n hoeveelheid ammunisie en ander artikels, waaronder persoonlike besittings van die oorledene, die volgende dag op verskeie plekke op die oorledene se plaas gevind is.



Die toelaatbaarheid van die getuienis aangaande die uitwysings is deur die verdediging in geskil geplaas op grond van die bewering dat die beskuldigde, na sy arrestasie, in die polisiestasie op Bonnievale aangerand is deur lede van die polisiediens. Hy beweer dat hy as gevolg daarvan onder druk gevoel het om met die polisie saam te werk en dat hy gevolglik ingestem het om die uitwysings te gaan doen.



Hierdie geskil het aanleiding gegee tot 'n verhoor-binne-'n-verhoor ten einde die toelaatbaarheid van daardie getuienis te beslis. Na die aanhoor van getuienis het ek beslis dat die getuienis wel toelaatbaar is en het aangedui dat my redes later verstrek sal word. My redes vir daardie gevolgtrekking is kortliks die volgende: Volgens die ondersoekbeampte, inspekteur Le Roux, het die beskuldigde feitlik onmiddellik na sy arrestasie te kenne gegee dat hy bereid was om verdere vuurwapens aan die polisie te gaan uitwys. As gevolg van hierdie mededeling is stappe geneem om kaptein Huisamen te ontbied ten einde die uitwysings te hanteer.



Nadat kaptein Huisamen op die toneel gekom het, het hy die beskuldigde aangaande sy regte ingelig waarop die beskuldigde te kenne gegee het dat hy nie in daardie stadium enige uitwysings wou doen nie. Volgens die vorm wat kaptein Huisamen ingevul het, Bewysstuk E, het die beskuldigde die volgende gese:



"Ek wil nie meer uitwys nie, het niks verder om te se nie. Ek wil eers rus en sal dan weer besluit. Kaptein kan more weer na my toe kom, dan gaan ek uitwys. Ek is moeg."



Die bewyslas rus op die Staat om bo redelike twyfel te bewys dat die uitwysings vrywilliglik gedoen is. Volgens my oordeel van die getuienis as geheel het die Staat hulle wel van daardie bewyslas gekwyt. Ek is tevrede dat die getuienis van die Staat se twee hoofgetuies, kaptein Huisamen en inspekteur Le Roux, geloofwaardig is en deur die Hof aanvaar kan word.



Dieselfde kan nie van die beskuldigde se weergawe gese word nie. Die eerste probleem met sy weergawe is dat hy probeer om gelyktydig op twee stoele te sit. Aan die eenkant probeer hy voorgee dat hy die uitwysings gaan doen het omdat hy bang was hy sou verder aangerand word deur die polisie. Aan die ander kant egter ontken hy dat hy enige uitwysings gedoen het behalwe vir sy twee slaapplekke. Die was hy heeltemal bereid om te gaan uitwys, maar toevallig het die polisie self in die omgewing van daardie slaapplekke die vuurwapens en ander items gevind.



My gevolgtrekking is dat die beskuldigde in die proses albei stoele mis sit. Ek is tevrede dat hy nie gedwing of onbehoorlik beTnvloed is om die uitwysings te doen nie en ook dat hy nie gevra is of onderneem het om slegs sy slaapplekke aan die polisie te gaan uitwys nie. Per slot van sake het niemand daarin belang gestel nie.



Daarbenewens is die beskuldigde se weergawe ook vol teenstrydighede en onwaarskynlikhede. Dat die beskuldigde onmiddellik na sy arrestasie bereid was om uitwysings te doen, blyk, onder andere, daaruit dat kaptein Huisamen as onafhanklike offisier ontbied is om die uitwysings te behartig. Daar was geen ander rede vir horn om op die toneel te wees nie.



Kaptein Huisamen het die beskuldigde op geen wyse gedreig of beinvloed om die uitwysings te doen nie; inteendeel die beskuldigde het klaarblyklik heeltemal op sy gemak gevoel in kaptein Huisamen se teenwoordigheid en het dit ook so aan die Hof erken. Dit is waarom hy geensins verplig gevoel het om uitwysings te doen op die aand van 25 April nie, maar die vrymoedigheid gehad het om die kaptein mee te deel dat hy eers wou gaan rus en die volgende dag sou besluit of hy die uitwysings sou doen of nie.



Die volgende dag was hy steeds heeltemal gemaklik in kaptein Huisamen se teenwoordigheid en was geensins vir horn bang nie. Sy huidige weergawe, naamlik, dat hy onder druk en geTntimideer gevoel het, is volgens my oordeel klaarblyklik 'n nagedagte.



Die beskuldigde se weergawe is verder ook aangepas, soos wat die saak gevorder het. Aanvanklik is namens horn te kenne gegee dat ene Philander en Witbooi saam met horn in die selle was toe hy aangerand is en dat hulle sy weergawe sou kon staaf. Later het dit onomwonde geblyk dat dit onmoontlik was, aangesien die gemelde persone eers die volgende dag gearresteer is.



So ook is daar aan inspekteur Le Roux gestel dat die inspekteur die beskuldigde op die Maandag, na sy arrestasie, sou gedreig het dat hy (Le Roux) sou toesien dat die beskuldigde sy lewe lank in die tronk sit en dat hy na Francina de Wee sou gaan sodat sy klagtes teen horn kan le. Hierdie bewerings is deur inspekteur Le Roux ontken en hy het ook daarop gewys dat die beskuldigde se weergawe onmoontlik nie waar kan wees nie, aangesien Francina de Wee se verklaring geneem is reeds voordat die beskuldigde nog gearresteer is.



Die beskuldigde se weergawe aangaande inspekteur Le Roux se aanwesigheid en afwesigheid op verskillende stadiums is ook botsend. Hy het beweer dat Le Roux nie tydens sy arres teenwoordig was nie, maar wel gedurende die uitwysings. Ek is tevrede dat die Staat se weergawe tot die teendeel eerder die waarheid is.



In al die omstandighede was ek derhalwe tevrede dat daar geen moontlikheid is dat die beskuldigde se weergawe die waarheid is nie en is die getuienis aangaande die uitwysings derhalwe toegelaat.




Die getuienis aangaande die uitwysing self is daarna gelewer. Daarvolgens blyk dit dat die beskuldigde die betrokke oggend saam met kaptein Huisamen en drie ander polisiebeamptes sowel as die polisiefotograaf na die plaas van die oorledene gegaan het waar daar by drie verskillende punte uitwysings gedoen is en goedere gevind is.



Die aantekeninge van die uitwysings sowel as sekere mededelings deur die beskuldigde is deur kaptein Huisamen aangeteken en vorm deel van Bewysstuk E. Foto's is ook by die verskillende plekke geneem, soos vervat in Bewysstuk F. 'n Lys van die goedere wat gevind is, is uiteengesit in Bewysstuk O.



Volgens kaptein Huisamen se aantekeninge het die beskuldigde, onder andere, ten opsigte van sommige van die items teenoor horn erken dat dit uit die huis van die oorledene kom, waar hy dit gevat het.



Daar was verdere getuienis van Staatskant waardeur die beskuldigde met die pleging van die betrokke misdade verbind word. Eerstens, het Francina de Wee getuig dat die beskuldigde haar aangaande die oubaas uitgevra het, naamlik, of hy geld het, of hy alleen op die plaas bly, ensovoorts.

Volgens haar het dit verwys na die oorledene en niemand anders nie, aangesien sy huis vanaf die plek waar hulle was, sigbaar was.



Alhoewel sy andersins nie 'n indrukwekkende getuie was nie, was daar vir haar geen rede om hierdie brokkie getuienis te versin nie. Indien sy 'n saak teen die beskuldigde wou fabriseer, kon sy dit veel erger vir horn gemaak het.



Tweedens, het haar broer, Piet de Wee, getuig dat die beskuldigde die aand van Dinsdag 23 April by sy huis gekom het met Vi pistool wat aan die oorledene behoort het en wat De Wee herken het as die oorledene se eiendom.



Derdens, het Andries Pietersen ook die beskuldigde met 'n handwapen opgemerk die volgende dag waarmee die beskuldigde horn ook gedreig het.



Vierdens, het die Staat die getuienis aangebied van ene Petrus Philander, wat saam met die beskuldigde aangehou was na sy arrestasie. Volgens horn het die beskuldigde in 'n sekere stadium teenoor horn erken dat hy die oorledene sou doodgemaak het.







Dit bring my by die verdedigingsaak. Die beskuldigde se weergawe kom basies daarop neer dat hy niks met die betrokke misdade te doen gehad het nie; dat hy geen goedere aan die polisie uitgewys het of mededelings aan hulle gedoen het nie en dat die staatsgetuies of deur die polisie geintimideer is of uit hulle eie leuens kom vertel het.



Die getuienis van die Staatsgetuies was oor die algemeen geloofwaardig en word deur die Hof aanvaar behalwe soos wat ek aanstons sal aantoon. Op aanklagte 4, 5 en 6 het die Staat toegegee dat die beskuldigde op sy ontslag geregtig was. Dit was waarskynlik te wyte aan die swak gehalte van die Staatsgetuies op daardie aanklagte, naamlik, Francina de Wee en haar houman, Hans Harmse. Ek het egter reeds bevind dat Francina de Wee se getuienis aangaande die beskuldigde se navraag oor die oorledene, wel aanvaar kan word.



Wat aanklag 7 aanbetref, het Piet de Wee getuig dat die beskuldigde op die aand van 23 April by sy huis gekom het en Yi pistool teen sy bors gedruk het. Met hierdie weergawe is daar egter sekere probleme. In die eerste plek het De Wee homself in sy getuienis in twee belangrike opsigte weerspreek. In kruisondervraging is dit aan horn uitgewys dat, volgens sy getuienis, die beskuldigde 'n flitslig, 'n bottel wyn sowel as "n vuurwapen in sy hande sou gehad het. Daarop het die getuie homself gekorrigeer deur te se dat die beskuldigde slegs die flitslig en die bottel wyn gehad het, waarop hy die flitslig neergesit en die vuurwapen uit sy sak gehaal het, maar daar het die getuie homself weer weerspreek aangaande die sak waaruit die vuurwapen gehaal sou gewees het. Hy het aanvanklik beduie na die regter baadjiesak, maar daarna weer aangedui dat dit die linker binnesak van die baadjie was waar die vuurwapen weggesteek was.



Tweedens, word sy weergawe nie deur die ander staatsgetuie, Andries Pietersen, ook bekend as Voel, gestaaf nie. Hy het glad nie Yi vuurwapen genoem in sy getuienis nie, terwyl dit beswaarlik iets is wat hy kon mis, indien dit wel gebeur het soos deur De Wee beskryf.



Derdens, beweer die staatsgetuie self dat die beskuldigde tydens die betrokke voorval onder die invloed van drank was. Selfs indien dit dus bevind sou word dat die beskuldigde die vuurwapen kon uitgehaal het en gerig het, kan dit myns insiens nie bo redelike twyfel bevind word dat hy dit met opset op De Wee gerig het nie.



Vierdens was De Wee self nie 'n indrukwekkende getuie nie. Hy is klaarblyklik 'n ongeletterde persoon en as enkelgetuie ten opsigte van hierdie aanklag was hy nie van so 'n kaliber dat die

Hof op sy getuienis kan staatmaak nie. Laastens, is sy oe ook baie swak en in die swak kerslig is dit moontlik dat hy horn hieromtrent vergis het.



Weens hierdie redes is die beskuldigde, volgens my oordeel, op aanklag 7 geregtig op die voordeel van die twyfel en is hy dus geregtig om op hierdie aanklag VRYGESPREEK te word.



Ek keer dan terug tot 'n oorweging van die beskuldigde se getuienis. Die beskuldigde het 'n swak indruk as getuie gemaak. Ek het reeds vroeer hierin bevind dat die beskuldigde se weergawe tydens die verhoor-binne-'n-verhoor vol teenstrydighede en onwaarskynlikhede was. Hy het dieselfde weergawe kom herhaal tydens sy getuienis op die meriete.



Vir die beskuldigde se weergawe om waar te wees, veronderstel dit dat 'n hele string toevallighede moes plaasgevind het. Die werklike moordenaar, indien dit nie die beskuldigde is nie, moes die gesteelde goedere kom versteek het toevallig min of meer naby dieselfde plekke waar die beskuldigde onlangs geslaap het en daarna moes hy spoorloos verdwyn het. Die gesteelde goed is toevallig deur die polisie ontdek terwyl die beskuldigde bloot besig was om sy slaapplekke aan hulle uit te wys.

Verder moes daar iemand anders gewees het wat toevallig ook gedurende dieselfde tyd as die beskuldigde op dieselfde plaas in die veld geslaap het, sonder dat hulle mekaar ooit raakgeloop het. Dit sou verduidelik die aanwesigheid van ander beddegoed wat, volgens horn, nie aan die beskuldigde behoort nie, wat gevind is op die plek, soos aangedui op foto F17.



Daarby kom die feit dat dit ook toevallig is dat die beskuldigde se beddegoed en ander besittings deur 'n onbekende persoon of persone gesteel sou word vanuit hulle wegsteekplek op die presiese oomblik toe die beskuldigde vir Francina de Wee na haar broer se huis toe sou neem op Sondag, 21 April.



Verder word hierdie beddegoed dan toevallig deur die dief gelaat op 'n plek baie naby die opstal van die oorledene en ook baie naby waar die beskuldigde later gearresteer is.



Die beskuldigde se weergawe veronderstel verder dat daar reeds vanaf dag een 'n komplot tussen die onderskeie polisiebeamptes gesmee moes gewees het om die beskuldigde valslik by hierdie aanklagte te betrek. Dit behels onder andere dat Le Roux, Braaf en Basson reeds op 'n baie vroee stadium moes saamgesweer het om die beskuldigde valslik by hierdie aanklagte te betrek. Dit behels onder andere dat Le

Roux, Braaf en Basson reeds op 'n baie vroee stadium moes saamgesweer het om valslik te getuig dat hulle die beskuldigde onder "n bos gevind het met 'n vuurwapen in sy besit. Die bestaan van so 'n sameswering is nie alleen uiters onwaarskynlik nie, maar is ook nooit aan enigeen van die staatsgetuies in kruisondervraging gestel nie - myns insiens tereg.



Volgens my oordeel is daar geen moontlikheid dat die beskuldigde se weergawe die waarheid is nie en het ek geen huiwering om sy weergawe as leuenagtig te verwerp nie. Op die getuienis as geheel het die Staat 'n oorweldigende saak teen die beskuldigde aangebied. Die Staat se saak word verder versterk deur die beskuldigde se leuenagtige getuienis, soos ek reeds genoem het.



Ek is derhalwe tevrede dat die Staat die volgende feite bo redelike twyfel bewys het:



1. Die beskuldigde is op Donderdag, 25 April 2002, naby die opstal van die oorledene gearresteer deur inspekteur Le Roux, bygestaan deur inspekteur Braaf en sersant Basson waar hy onder 'n bos weggekruip het.

2. Hy het 'n .222 geweer van die oorledene in sy besit gehad.

3. Tydens visentering, tydens arres is 'n verdere .222 patroon in sy hempsak gevind.

4. Na sy arres het die beskuldigde aangebied om verdere vuurwapens aan die polisie uit te wys wat hy wel die volgende dag gedoen het.

5. Tydens die uitwysings is 'n groot hoeveelheid goed gevind wat aan die oorledene behoort het insluitende die drie vuurwapens en ammunisie.

6. Ook tydens die uitwysings het die beskuldigde sekere inkriminerende opmerkings en erkennings teenoor kaptein Huisamen gemaak wat ondubbelsinnig daarop dui dat die beskuldigde die betrokke goed uit die oorledene se woning verwyder het.

7. Die oorledene is dood as gevolg van sekere ernstige hoofbeserings wat waarskynlik met die byl wat op foto's C21 tot C24 sigbaar is, toegedien is deur die beskuldigde.



Op grond van hierdie feitebevindings word die volgende afleidings gemaak as enigste redelike afleidings: Eerstens, dat die beskuldigde wel die huis van die oorledene binnegegaan het met die opset om die oorledene te beroof. Advokaat Theron. namens die Staat, het tereg toegegee dat die element van huisbraak nie deur die Staat bewys is nie.



Tweedens, dat die beskuldigde die oorledene aangerand het waarskynlik met die betrokke byl en sy hande en voete vasgebind het ten einde enige moontlike weerstand te oorkom.



Derdens, dat toe hy die oorledene aangerand het, hy die direkte opset gehad het om horn te dood.



Vierdens, dat die beskuldigde al die items genoem in die klagstaat uit die oorledene se huis verwyder het en dit versteek het op die plekke waar dit later gevind is.



Laastens, dat die beskuldigde die vuurwapens en ammunisie verwyder het met die opset om beheer daarvan te neem of daaroor uit te oefen en dat hy dus besit het sonder dat hy die nodige lisensie of permit gehad het om dit te besit.



In die lig van hierdie bevindings wat ek so pas uiteengesit het, word die volgende bevel gemaak:

Op aanklag 7, onwettige rig van 'n vuurwapen, word die beskuldigde VRYGESPREEK. Op aanklag 8 word die beskuldigde SKULDIG

bevind aan moord, soos aangekla. Op aanklag 9 word die beskuldigde SKULDIG bevind aan roof met verswarende omstandighede. Op aanklagte 10 tot 17 word die beskuldigde SKULDIG bevind, soos aangekla, weens onwettige besit van die vuurwapens en ammunisie genoem in die klagstaat.


GRIESEL, R