South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2004 >> [2004] ZAWCHC 44

| Noteup | LawCite

S v Bruintjies (SS245/04) [2004] ZAWCHC 44 (18 August 2004)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)


SAAK NO
: SS245/2004

DATUM: 1 8 AUGUSTUS 2004




In die saak tussen:



DIE STAAT

en

ADAM BRUINTJIES




V O N N I S




GRIESEL, R:



Die beskuldigde is vroeer vandag in hierdie hof skuldig bevind op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, sowel as agt aanklagte weens onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Dit is nou die plig van hierdie Hof om die beskuldigde vir daardie misdade te straf.



Wanneer dit by vonnisoplegging kom, is daar verskillende faktore wat die Hof in aanmerking moet neem, waaronder die persoonlike omstandighede van die betrokke beskuldigde, die erns van die misdade waaraan hy skuldig bevind is, asook die belange van die gemeenskap. Soos die Appelhof dit gestel het in die bekende saak van S v Rabie 1975:



"Punishment must fit the criminal as well as the crime, be fair to society and be blended with a measure of mercy, according to the circumstances."



Wat die misdade aanbetref waaraan die beskuldigde skuldig bevind is, blyk die omstandighede volledig uit die Hof se uitspraak oor skuldig bevinding en ek beoog nie om dit hierin te herhaal nie. Die oorledene was fi middeljarige man wat alleen op sy plaas Ouderwerf gewoon het en wat niks meer gevra het as om in vrede gelaat te word nie. Die oorledene se grondwetlike regte op lewe, privaatheid, fisiese integriteit en eiendom is op flagrante wyse en met absolute minagting deur die beskuldigde geskend deurdat hy die oorledene in sy eie huis geweldadiglik aangerand het met 'n byl, dat hy horn sekere dodelike hoofbeserings toegedien het, sy hande en voete vasgebind het en daarna 'n groot hoeveelheid goedere van die oorledene geroof het, waaronder vier vuurwapens en 'n aansienlike hoeveelheid ammunisie.



Uit die getuienis blyk dit dat die beskuldigde se optrede nie net wreed nie, maar ook uiters lafhartig was. Die euwel van plaasmoorde is reeds 'n geruime tyd met ons en is 'n verskynsel wat onrusbarende afmetings aanneem, soos tereg deur die verdediging toegegee. Dit word jarelank reeds deur ons howe as 'n uiters ernstige misdaad beskou waarvoor die doodstraf vroeer by talie geleenthede opgele en deur die Appelhof bekragtig is, voordat die doodstraf ongrondwetlik verklaar is. Tans word die situasie gereguleer deur die bepalings van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997. Dit was juis om die belange van die gemeenskap teen V> golf van ernstige misdaad te beskerm dat die Wetgewer dit nodig gevind het om die swaar strawwe in daardie Wet op die Wetboek te plaas. Volgens artikel 51 van daardie Wet moet die Hof ten opsigte van sekere ernstige misdade sekere voorgeskrewe vonnisse ople en het die Hof nie "n ander keuse nie tensy daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van Yi mindere vonnis regverdig.



Die Hof mag egter nie ligtelik van die voorgeskrewe vonnisse afwyk nie. Op die feite van die huidige saak is verskeie bepalings van die Wet tersaaklik. Eerstens, val die aanklag van moord onder Deel I van Bylae 2, aangesien die dood van die slagoffer veroorsaak is by die pleging van roof met verswarende omstandighede. Tweedens, vajff die aanklag van roof in Deel II van die Bylae aangesien daar verswarende omstandighede aanwesig is, soos bedoel in die Strafproseswet. Derdens, val aanklag 16 ook in Deel II van die Bylae aangesien die beskuldigde in besit was van "n semi-outomatiese vuurwapen.



Dit bring dan mee dat die beskuldigde op aanklag 8 tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis moet word tensy daar wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig is. Aanklagte 9 en 16 dra elk 'n minimum vonnis van 15 jaar.



Wat die persoonlike omstandighede van die beskuldigde aanbetref, is hy gebore op 25 November 1963 en is tans 40 jaar oud. Hy is ongetroud maar hy het wel twee buite-egtelike kinders. Hy kom uit 'n agtergeblewe gemeenskap en moes die skool in St.6 verlaat om te gaan werk, nadat sy vader skynbaar vermoor is. Daarna het hy van tyd tot tyd as algemene arbeider gewerk.



Die mees opvallende aspek omtrent die beskuldigde se persoonlike omstandighede is egter sy lang rekord van vorige veroordelings wat terugdateer tot 1978 toe hy skaars 14 jaar oud was. Sy SAP69 strek oor nie minder as agt bladsye en sluit, onder andere, in vorige veroordelings weens huisbraak, diefstal, poging tot verkragting en aanranding. Die beskuldigde is reeds in 1992 gewaarsku van die bepalings van artikel 286(1) van die Strafproseswet, dit wil se die moontlikheid om as gewoontemisdadiger verklaar te word. Bloot geoordeel aan sy rekord, is dit vir die Hof duidelik dat die beskuldigde oor die jare reeds talle kanse en waarskuwings van die howe ontvang het waaraan hy horn nie gesteur het nie. Hy het klaarblyklik geen respek vir Wet en orde nie en kan tereg beskryf word as 'n gevaar vir die samelewing.



Boonop weier die beskuldigde tot vandag toe om verantwoordelikheid vir die huidige misdade te aanvaar. In plaas daarvan om berou te toon vir sy sinnelose en gewelddadige optrede, probeer die beskuldigde tot nou toe om deur middel van die een leuen na die ander aanspreeklikheid vir sy dade te ontduik. Hierdie faktore weeg besonders swaar by die Hof wanneer dit by vonnisoplegging kom en dit verminder ook sy vooruitsigte op rehabilitasie.



Met betrekking tot die vraag of daar in die huidige saak wesenlike en dwingende omstandighede bestaan, het mev Van Vuuren, wat namens die beskuldigde verskyn, alles gese wat redelikerwys in sy guns gese kon word. Sy het betoog dat daar wel in die huidige saak sodanige omstandighede aanwesig is en wys onder ander op die kumulatiewe effek van die beskuldigde se agtergeblewe agtergrond; die omstandighede rondom die pleging van die huidige misdade en die periode van meer as twee jaar wat die beskuldigde reeds in hegtenis verhoorafwagtend is in verband met die huidige saak.



Volgens my oordeel is daar in die huidige saak geen wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig om 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnisse te regverdig nie. Enige moontlike versagtende omstandighede word in ieder geval geheel en al oorskadu deur die verswarende faktore rondom die erns van die onderskeie misdade sowel as die beskuldigde se lang rekord. Selfs indien daar geen voorgeskrewe minimum vonnis gewees het nie, verdien die huidige aanklag van moord, volgens my oordeel, in ieder geval die swaarste moontlike straf wat hierdie Hof kan ople, dit wil se lewenslange gevangenisstraf. Dit word genoodsaak sodat dit kan dien as afskrikking vir die beskuldigde sowel as andere en ook sodat die gemeenskap teen die beskuldigde se misdadige neigings beskerm kan word.



Die ander misdade waaraan die beskuldigde skuldig bevind is, regverdig ook lang vonnisse maar die is eintlik van akademiese belang aangesien dit outomaties sal saamloop met die vonnis van lewenslange gevangenisstraf op aanklag 8.



In al die omstandighede word die volgende vonnisse op die onderskeie aanklagte opgele:



Aanklag 8, moord, LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF; Aanklag 9, roof met verswarende omstandighede, VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF; Aanklag 16, onwettige besit van 'n semi-outomatiese vuurwapen VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF.

Aanklagte 10 tot 15 sowel as 17, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, al die aanklagte word saamgeneem vir doeleindes van vonnis, VYF 5 JAAR GEVANGENISSTRAF.


Dit is die vonnis van die Hof.

GRIESEL, R