South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2004 >>
[2004] ZAWCHC 45
| Noteup
| LawCite
Bruintjies v S (SS245/04) [2004] ZAWCHC 45 (19 August 2004)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK NO: SS245/04
DATUM: 19 AUGUSTUS 2004
In die saak tussen:
ADAM BRUINTJIES ….................................................................................Applikant
en
DIE STAAT …..........................................................................................Respondent
UITSPRAAK
(Aansoek om verlof om te appelleer)
GRIESEL, R:
Die beskuldigde is gister in hierdie hof skuldig bevind op 'n aanklag van moord, een van roof met verswarende omstandighede sowel as agt aanklagte weens onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Hy is daarop gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf ten opsigte van die aanklag van moord sowel as wissellende termyne van gevangenisstraf op die oorblywende aanklagte.
Die verdediging doen tans aansoek vir verlof om te appelleer teen die skuldigbevindings van die beskuldigde. In die skriftelike kennisgewing van aansoek om verlof word daar op drie gronde gesteun, naamlik, eerstens dat die Hof fouteer het deur te bevind dat die getuienis van die staatsgetuies Le Roux, Basson en Braaf geloofwaardig is. Tweedens, dat die Hof fouteer het deur te bevind dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het en, derdens, dat die Hof fouteer het deur te bevind dat die beskuldigde weergawe nie redelik moontlik waar is nie.
Die toets op hierdie stadium is of daar 'n redelike vooruitsig is dat 'n ander Hof tot 'n ander gevolgtrekking kan kom as hierdie Hof ten opsigte van die punte wat op appel geopper word.
Dit is "n geykte reg dat 'n hof van appel nie ligtelik met die feite en geloofwaardigheidsbevindings van 'n verhoorhof inmeng nie, trouens in die afwesigheid van duidelike mistasting of "'n duidelike fout, word 'n hof van appel gebonde geag aan die feite en geloofwaardigheidsbevindings van 'n verhoorhof. Geen mistastings is in hierdie konteks aan my voorgehou nie en ek is gevolglik van oordeel dat daar nie "h redelike vooruitsig bestaan dat Yi hof van appel met die feite en geloofwaardigheidsbevindings van hierdie Hof sal inmeng nie.
Ek is derhalwe oortuig dat daar geen redelike vooruitsig bestaan op sukses op appel nie, met die gevolg dat die AANSOEK OM VERLOF OM TE APPELLEER VAN DIE HAND GEWYS WORD.
GRIESEL, R