South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2004 >>
[2004] ZAWCHC 47
| Noteup
| LawCite
S v Moolman (SS256/03) [2004] ZAWCHC 47 (7 September 2004)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: SS256/03
DATUM: 7 SEPTEMBER 2004
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
ALDORE MOOLMAN
V O N N I S
FOXCROFT. R:
Mnr Moolman, u het nou alles gehoor in die hof en ons het van u moeder gehoor. Dit is baie swaar natuurlik vir 'n moeder om hier te kom staan en pleit vir haar seun. Dit moet veral swaar wees in omstandighede soos hierdie waar sy moes seker baie gesukkel het om u deur die skool te laat loop totdat u matriek gekry het. En ek het ook gehoor dat sy dink daar is nog n kans dat u tot 'n regte siening van die lewe kan kom. U het ook self gepraat van die feit dat u wil nie voortgaan met die misdade waarmee u in die negentigerjare u betrokke was.
Ek het ook jou advokaat gehoor in verband met die vonnis, asook die staatsadvokaat. Dit is baie redelik en heeltemal reg, dink ek, wat die staatsaanklaer se, dat hierdie saak nie een vir 'n lewenslange gevangenisstraf is nie. Dit is nie een van die slegste gevalle wat in hierdie howe voorkom, waar jong kinders vreeslik beseer is, fisies en psigologies, en waar hulle vir die res van hulle lewens dit onthou. U het self gehoor dat die vrou wat in hierdie saak verkrag is heel normaal lyk. Sy het 'n man nou, sy gaan binnekort "n baba in die wereld bring. En sy het self gese dat sy nou net bang is om buite te gaan in die aand. So, gelukkig vir u, lyk dit asof sy amper ten voile herstel het.
Aan die anderkant het die Parlement hierdie wet ses jaar gelede ingebring, omdat almal in die land geskreeu het, en hulle skreeu nog, dat die howe vonnisse gee wat te lig is. Gisteraand op die radio, vanoggend hoor ek dit weer, dat duisende mense in Mitchells Plain binnekort sal byeenkom om te marsjeer na die howe en ook na die parlement, om te kla dat die vonnisse te lig is. Die mense in die Parlement het nou moeg geraak van hierdie misdaad. So, 'n mens kan nie sommer se dit is ongelukkig dat hierdie ding gebeur het en 'n baie ligte straf gee nie.
Maar daar is dwingende omstandighede wat die staat voor my gele het in hierdie saak. Die eerste een is natuurlik dat u baie daardie aand gedrink en dat dit tot 'n groot mate tot hierdie misdaad gelei het. Daar kan geen twyfel daaraan wees nie.
Die tweede feit is wat ek al reeds genoem het. Die skade aan die dame is gelukkig min. Dit was groot vir 'n tyd, sy het natuurlik baie seer daarna gevoel. Sy was baie bang vir mans vir 'n jaar of twee, maar nou het dinge so te se reg gekom.
En die derde feit wat mnr Theron genoem het, is dat u al reeds twee jaar gewag het vir hierdie vonnis vandag. Ek dink nie dat die Parlement verwag het dat mense twee jaar moes wag voordat hulle in hierdie aparte Hoer Hof gevonnis word, 'n Jaar sou redelik wees, in ag genome die waglys op die hof se lyste. Maar twee jaar dink ek is te lank en ek gaan 'n jaar afneem op die basis van die tyd wat u al reeds in die gevangenis was.
Die vonnis wat ek sou gegee het is elf jaar gevangenisstraf. Ek gaan 'n jaar afneem. So, die vonnis van hierdie hof is TIEN (10) JAAR GEVANGENISSTRAF.
FOXCROFT, R