South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2004 >>
[2004] ZAWCHC 50
| Noteup
| LawCite
S v Carolus (SS303/2003) [2004] ZAWCHC 50 (1 December 2004)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: SS303/2003
DATUM: 1 DESEMBER 2004
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
JACOBUS CAROLUS
VONNIS
FOXCROFT, R:
U het al die getuienis in hierdie hot gehoor, u het self getuig. U het vandag gehoor wat se die getuies wat saam met u gewerk het. U sal nou miskien weet dat dit is nie net iets wat die Hof in die Hof se diskresie kan doen want hier is 'n Wet wat ons parlement nou 'n paar jaar gelede ingebring het en dit is wat die mense in hierdie land wil he dat daar hierdie minimum strawwe moet wees vir hierdie soort misdaad, 'n misdaad soos hierdie waar die minimum vonnis van toepassing is omdat hier is 'n persoon wat gesterf het terwy! daar 'n gemeenskaplike doe! was om horn te beroof. U het dit self erken in u getuienis. Dit is eintlik in u guns, wat my betref, dat u wel erken het toe u getuig het en dat u ook vir my gese het dat u nie vir die man gesiaan het nie, maar u sou hom gesiaan het, indien nodig. So, u het ten voile geweet wat aan die gang daar was. U is nie. skuldig bevind presies op die basies dat dit definitief bewys is dat u die man doodgeslaan het en ek gaan dit in ag neem, want dit sou natuurlik erger gewees het as daar voikome bewys was dat u hierdie man self doodgesiaan het. Die dokter in hierdie saak het ook getuig dat dit heel moontlik is dat die ooriedene as gevolg van een geweldige hou kon doodgegaan het.
Dit beteken nie dat u nie skufdig aan moord is nie, maar dit is 'n faktor wat ek in ag gaan neem as ek besluit oor wat u vir die res van u lewe gaan doen. Mnr Ballem, u advokaat, het gevra dat ek u korrektiewe toesig moet gee. Nou, dit is wel so dat die persone wat vandag getuig het, beskou u as 'n persoon wat sal baat, natuurlik, maar dit is nie die 15 hele storie nie. Howe moet altyd aan die misdaad dink en die gemeenskap, nie net of dit goed vir die misdadiger sal wees of nie en veral nou in die lig van hierdie minimum vonnisse en die misdadigheid wat erger en erger in hierdie land eike dag word, is dit iets wat ek moet in gedagte hou, maar ek hoor ook die getuienis dat op Paternoster self is 20 dit nie so sleg nie. Mnr Clark het baie befangrike getuienis gegee toe hy gese het daar is net drie toesig sake wat hy het en daar is, ek dink, 96 op Vredenburg, net 15 kilometer weg. So, dit wys dat die howe moet ook kyk na presies wat aangaan in 'n plek in 'n presiese area en nie net aimal dieselfde straf nie.
Ek dink, en ek stem saam met me Johnson, dat 'n straf van korrektiewe toesig te lig is in so 'n gevai waar juile uitgegaan en gewag het om 'n man te beroof en hom dan dood te slaan, en dat u deel was van daardie plan om geld te kry en hom te slaan en hom dood te maak, indien nodig. Dit is te lig vir so 'n situasie. Dit is 'n skokkende misdaad. Ek glo dat 5 u we! menslike materiaal is en dat u wef sal tot 'n beter insig kom in hierdie hele situasie in. die gevangenis maar ek moet u gevangenis toe stuur. Ek gaan wel bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede in hierdie saak is, verai op die basis dat u 'n eerste oortreder is en dat u 'n vaste werk het. Die tweede punt wat diie 10 aanklaer ook vandag genoerh het, dat daar mense is wat bereid is wat in daardie gemeenskap werk en wat se dat dit sal nie so 'n slegte ding wees om u nie gevangenis toe te stuur nie. Dit moet, na my oordeel, 'n wesenlike en dwingende omstandigheid wees as beamptes soos. mnr Clark dit in 'n hof kom se. As die mense wat hierdie Wet vir die land 15 gegee het, dit sou hoor sal hulSe ook so dink, na my oordeel. Met ander woorde, hierdie minimum vonnis strawwe is me bedoel vir mense soos u nie, waar beamptes kan kom en kan se gee die man 'n kans, hy is nie die soort persoon wat vir sy hele lewe tronk toe moet gaan nie en ek dink die Paternoster gemeenskap sal dit ook nie so beskou nie.
Daar is betoog dat die gemeenskap wat eintlik die seerste sal voel oor hierdie saak, is die swartgemeenskap in daardie kampong en dit nie eintlik 'n vaste gemeenskap is nie want dit is mense wat kom en gaan. Nou tot 'n mate is dit so en dit is waarskynlik so dat die mense is nie 25 eintlik die inwoners van daardie plek, maar 'n mens kan dit nie so beskou nie en se dat dit maak dit 'n misdaad wat nie so sleg is nie. Dit is maar dieselfde misdaad.
So, a! hierdie feite moet ek onder oe hou as ek dink wat is die gepaste straf. So, ek gaan u nie vir die res van u iewe gevangenis toe stuur nie, 5 maar ek moet 'n vonnis gee wat inpas by die saak van S v MALGAS. Ek moet wys dat ek weet van daardie saak en wat die regte vonnis moet wees, 'n Mens moet aan die gemeenskap en die heie land aandui dat die tyd vir vonnisse van die ou orde - u eie advokaat praat van 'n gewone moord - verby is. Dit is nie 'n "gewone moord" hierdie nie. Dit is' 'n 10 moord wat amper by die minimum vonnis kom, wat amper by die lewenslange gevangenisstraf kom wat minstens 25 jaar is.
In die fig van a! hierdie omstandighede is die vonnis wat ek gaan vir u gee, TWAALF (12) JAAR GEVANGENiSSTRAF.
FOXCROFT, R
OORSKRYFSTER SE SERT1FIKAAT
Ek, die ondergetekende, sertifiseer hiermee dat die voorgaande, tot die beste van my vermoe en sover dit hoorbaar is, 'n ware en juiste afskrif is van die oorspronklike getuienis wat deur middel van 'n meganiese opvangtoestel opgeneem is in die saak van:
DIE STAAT v JACOBUS CAROLUS
DATUM AFGEHANPEL: 7.11.2005 LIASSEERNOMMER: SS303.VON
OORSKRYFSTER: G W MEINTJES
NAGES1EN DEUR:
GEKORRIGEER DEUR: