South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2005 >>
[2005] ZAWCHC 103
| Noteup
| LawCite
Moosa v S (A242/2005) [2005] ZAWCHC 103 (30 November 2005)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A.242/2005
DATUM: 30 NOVEMBER 2005
In dte saak tussen:
RAFIEK MOOSA Applikant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
VAN REENEN, R:
Hierdie is n dubbelioop aansoek, die eerste een is vir die kondonasie van dfe laat-aantekening van appel en die ander is n aansoek vir verlof om te appelleer na die Hoogste Hof van Appel teen die afwysing van die appel deur hierdie Hof.
Die applikant en 'n mede-beskuldigde het op 5 Desember 2003 tereggestaan voor die streeklanddros op 'n aanklag van moord, een van die onwettige besit van fn vuurwapen en die ander was die besit van ammunisie sonder dat hy in besit was van 'n gelisensieerde vuurwapen waaruit dit afgevuur kon word. Die beskuldigde is op 6 Oesember 2004 op al drie die klagtes skuldig bevind en tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis op die eerste klagte; twee jaar gevangenisstraf op die tweede klagte; en een jaar ten opsigte van die derde klagte. Dit was gelas dat die twee jaar ten opsigte van die tweede ktagte en een jaar gevangenisstraf wat opgeie is op die derde klagte uitgedien word saam met die gevangenisstraf van 15 jaar, wat ten opsigte van die eerste klagte opgele is.
Die beskuldigde he! na hierdie hof appel aangeteken en die appel is op 9 September vanjaar deur hierdie Hof aangehoor. Die appel is van die hand gewys in fn voiledtge en goedberedeneerde skriftelike uitspraak wat deur my ampsbroer gegee was en waarvoigens die appel teen sowel, die skuldigbevinding en die vonnts wat die beskuldigde opgele was, van die hand gewys is.
Die aansoek om kondonasie is grotendeels gebaseer op die feit dat die applikant tans gevangenisstraf uitdien en moes steun op die hulp van familiefede ten etnde die nodige te laat doen en die finansies te bekom ten einde met die beoogde appel voort te gaan.
Dit is geykte reg dat daar twee elemente is by die beoordeling van n aansoek om kondonasie. Die eerste is die oortuigingskrag van die redes wat aangevoer word en die tweede is die kanse van sukses om uiteindelik met die beoogde appel te slaag. Die redes wat aangevoer word vir die laat voortsetting van die appel is grotendeels n afwesigheid van die nodlge finansiele middels en ander probleme wat ondervind was met die voorbereiding deur die kontrakteurs van die getikte uitspraak.
Die redes is nie bate oortuigend me - al wat nodig was, was dat kennisgewing van appel geliasseer moes word - en dit kon seer sekerlik nie n buitensporlge bedrag geld of optrede van enige beduidende moeilikheidsgraad aan die kant van die applikant se regsverteenwoordigers behels het nie.
Die aspek wat egter die swaarste weeg, is die kwessie van vooruitsigte van sukses in fn appel na die Hoogste Hof van Appel. Ons het die uitspraak wat reeds gelewer is weer in heroorweging geneem en die gronde van appel wat aangevoer word en wat grotendeels op die kwessie van uitkenning gerig was, weereens deeglik oorweeg. Daar is vandag nie veel meer daartoe toegevoeg in hierdie aansoek as wat alreeds vantevore aan hierdie Hof voorgedra was en wel deeglik oorweeg was nie en gevolglik is ek van mening dat die vooruitsigte op sukses in die appel nie redelik is nie. Dit op sigself is 'n voldoende basis vir die bevinding dat die aansoek vir kondonasie van die laat-aantekening van appel van die hand gewys moet word. Dit maak dit onnodig om die kwessie van die aansoek vir verlof om te appelleer te oorweeg.
So, die bevinding is dat die aansoek vir kondonasie vir verlof om na die Hoogste Hof van Appel te appelleer, VAN DIE HAND GEWYS WORD.
VAN REENEN, R
WEINKOVE. WnR: Ek stem saam.
WEINKOVE,, WnR