South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2006 >> [2006] ZAWCHC 73

| Noteup | LawCite

Goliath v S (A125/2005) [2006] ZAWCHC 73 (10 February 2006)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)


SAAKNOMMER: A.125/2005

DATUM: 10 FEBRUARIE 2006



In die saak tussen:

WILLEM GOLIATH Appellant

en

DIE STAAT Respondent



UITSPRAAK




LOUW. R:



Die appellant, wat deurgaans deur n regsverteenwoordiger bygestaan is, net in die streekhof in Parow tereggestaan op vyf aanklagte tewete aanklag 1, huisbraak met die opset om te steel; aanklag 2, roof met verswarende omstandighede; aanklag 3, besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen; aanklag 4, besit van ammunisie; en aanklag 5, rig van 'n vuurwapen op iemand, Aanklagte 3, 4 en 5 Is oortredings van die Wet op Vuurwapens en Ammunisie, no. 75 van 1969.

Die aankJagtes spruit voort uit 'n voorval wai op 19 Junie 2002 by die huis van drie bejaarde susters, tewete me Florence Kirkhoff wat 75 jaar oud was; me Phylis Fitzgerald wat 73 jaar oud was en me Lily Kirkhoff wat 77 jaar oud was. Dit het gebeur by hulie woning in Forest Drive, Pinelands, in die Kaap.



Met die aanvang van die verhoor is aanklag 1 f tewete die aanklag van huisbraak teruggetrek en het die Staat slegs voortgegaan met aanklagte 2 tot 5. Die appellant het op al hierdie aanklagte onskuldig gepleit. Dit is nie duidelik uit die oorkonde of daar enige mondeltnge pleitverduideliking namens horn gemaak is nie.



Na afloop van die verhoor is die appellant op a! vier die oorblywende aanklagte skuldig bevind. Op 6 Mei 2004 is hy die volgende vonnisse opgele;



Aanklag 2, roof met verswarende omstandighede vyftien (15) jaar gevangenisstraf;

Aanklag 3, besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen drie (3) jaar gevangenisstraf;

Aanklag 4, besit van ammunisie drie (3) jaar gevangenisstraf.

Aanklag 5( die rig van 'n vuurwapen, drie (3) jaar gevangenisstraf.

Daar is voorts gelas dat die vonnisse ten opsigte van aanklagte 3, 4 en 5 saamloop met die vonnis op aanklag 2. Die effektiewe gevangenisstraf is dus vyftien (15) jaar gevangenisstraf.



Die appellant appelleer nou met verlof van die verhoorhof teen beide die skuldigbevindings en die vonnisse wat horn opgele is.



Dit word nie betwis dat die drie susters om ongeveer halfsewe die betrokke aand in hulie huis aangeval is deur twee mans; dat hulle met 'n vuurwapen gedreig is; dat gedurende die loop van die aanval hn skoot uit die vuurwapen afgevuur is en dat hulle van R590,00 in kontant beroof is. Die vernaamste geskilpunt is of die appellant een van die rowers was.



Twee van die susters het getuig. Die eerste, me Florence Kirkhoff was buite die huis besig om wasgoed van die draad af te haat toe sy om ongeveer haffsewe die aand deur twee jong mans aangeval is en deur een van hulle met 'n vuurwapen oor die kop geslaan is. Sy is deur die agterdeur na binne geneem. Haar ouer suster, me Lily Kirkhoff, wat aan epilepsie ly en as 'n kind breinvliesontsteking opgedoen het en gevolglik breinskade opgedoen het, het na die kombuis gekom en is ook deur die rowers vasgegryp en altwee die susters is na n klein slaapkamer geneem. In hierdie slaapkamer het een van die twee mans 'n skoot afgevuur. Die derde sus ter, me Phyfis Fitzgerald, was in haar slaapkamer. Sy ly aan diabetes en het onlangs n been verloor. Sy het op daardie stadium met 'n rolstoel oor die weg gekom.



Sy het ook na die kombuis gekom waar sy vasgegryp is en met die vuurwapen oor die kop geslaan is. Die aanvallers wou geld he en hulie is toe met me Phylis Fitzgeraid terug na haar slaapkamer terwyl een van die aanvallers 'n vuurwapen teen haar bors vasgedruk het. Daar het sy R500 uit haar hangkas en nog los note uit haar handsak aan hulle gegee. Me Florence Kirkhoff het ook geld uit haar handsak geneem en aan die aanvallers gegee. Die aanvatlers wou daarop ook by die garage uitkom en terwyl hulle op pad daarheen was, het die voordeurklokkie gelui. Dit was van die bure en die ADT sekunteitsbeampte.



Beide me Florence Kirkhoff en Phylis Fitzgerald het vroeer reeds die alarmknopptes gedruk. Die twee aanvallers het daarop gevlug. Die polisie het ook later opgedaag. ft Dokter wat daar naby woon, het die twee susters wat wonde aan die kop gehad het waar hulle met die vuurwapen geslaan is, is deur horn behandei en me Florence Kirkhoff het 12 hegsteke ontvang.





'n Rukkre later het die polisie weer teruggekom na hulle huis. Hulfe het 'n persoon by hufle gehad. VoJgens me Florence Kirkhoff het sy die persoon buite die huis aan die polisie uitgeken as een van die aanvallers tewete die een wat die vuurwapen hanteer het, Sy het die appellant in die hof as hierdie aanvaller uitgeken.



Volgens haar het sy gevra dat hy ook in die huis ingebrrng moet word, sodat haar susters ook kan se of hulle horn herken as een van die aanvallers. Sy se dat hy die korter een van die twee aanvallers is. Sy se dat sy het geen twyfel dat die persoon wat die polisie teruggebring het, die een aanvaller is nie. Sy se dat sy die geleentheid gehad het om altwee die aanvallers in die helder lig tydens die voorval in hulle kombuis te sien. Sy se dat hulle altwee donker klere aangehad het en dat die korter een met die vuurwapen, 'n donker "navy-blue1' baadjie aangehad het. Later het een van die polisiebeamptes weer teruggekom na hulle huis en 'n gedeelte van haar suster, me Phylis Fitzgerald, se Nedbank tjekboek aan haar getoon. Haar suster het vroeer haar IO-nommer op daardie gedeelte van die tjekboek geskryf en het dit uitgeken as 'n deel van haar tjekboek.


Me Phylis Fitzgerald het grootliks die getuienis van haar suster bevestig. Sy se dat sy eers R500,00 uit haar hangkas en later nog ongeveer R80,00 uit haar handsak aan die rowers gegee. Sy het die appellant aan die Hot geidentifiseer as die persoon wat haar oor die kop geslaan het. Volgens haar het sy hom ook later die betrokke aand as die aanvaller geidentifiseer toe hy deur die polisie na hulle huis teruggebring is.



Sy bevestig ook dat hy die korter een van die twee aanvallers was en dat die polisie later teruggekom het met 'n gedeelte van haar tjekboek waarop sy vroeer haar ID-nommer neergeskryf het. Sy verduidelik dat die bladsy uit die tjekboek waarskynlik tussen die note in haar handsak was wat sy aan die rowers oorhandig het.



Inspekteur Maritz van die Suid-Afrikaanse Polisie in Pinelands het getuig dat hy en inspekteur Eymann na die voorval uitgeroep is. Hulle is na die klaagster se huis waar daar rn beskrywing van die aanvallers aan hulle gegee is. Maritz het vir Eymann teruggeneem na die polisiestasie in Pinelands en hy het toe in die omgewing gesoek vir die aanvallers. Hy het getuig dat hy die appellant in 'n duikweg onderdeur Forest Drive sten staan het naby (ongeveer 100 na 200 meter) vanaf die klaagsters se huis.


Hy is nader en het opgemerk dat die appellant 'n baadjie, soos beskryf deur die klaagsters, aan het. Hy het die appellant genader en horn gevra wat hy maak. Volgens Maritz het die appellant geantwoord dat hy die betrokke dag in Pinelands gewerk het en dat hy gewag het vir h geleentheid na Mitchell's Plain of IVIanenberg. Hy het egter, voigens Maritz, onmiddeliik sy storie verander en gese dat hy op pad is na Hanover Park.



Maritz se dat hy agterdogtig was aangesien die beskrywing van die kleredrag wat die appellant aangehad het, ooreengestem het met die beskrywing wat hy van die klaagsters gekry het en dat die appellant senuagtig was en ook nie h behoorlike verduideliking kon gee van wat hy gemaak het op daardie plek nie. Hy het die appellant daarop saam met horn in die vangwa na die klaagsters se huis geneem. Volgens horn het een van die klaagsters uit die huis gekom en die appellant wat agter in die vangwa gesit het, as een van die aanvallers ge'identifiseer het nadat hy die Mg binne-in die vangwa aangeskakel het.



Voigens horn het hy nooit die appellant in die huis geneem sodat die ander klaagsters horn ook kon sien nie. Hier bots sy weergawe met die van die twee susters wat getuig het. Nadat die appellant deur die een klaagster uitgeken is, het Maritz die appellant na die polisiestasie geneem. By die polisiestasie is die baadjie wat die appellant aangehad het deursoek. In die voering van die baadjie is R590,00 in banknote en Yi gedeelte van 'n tjekboek wat tussen die note was, gevind, Maritz het toe agter in die vangwa gaan kyk en tussen die sitpiek en die bakwerk van die vangwa 'n stuk papier gevind wat daar ingeforseer is. Dit was die ander gedeelte van die tjekboek. Hy het hierdie bewysstukke aan inspekteur Burk oorhandig.



I nspekteur Burk het getuig dat sy die aanvanklike ondersoekbeampte in die saak was en dat sy met die gedeelte van die tjekboek na die kiaagsters se huis is waar dit deur een van die kiaagsters uitgeken is as 'n deel van haar tjekboek.



Daar was ook bloed aan die baadjie wat by die appellant gevind is. ]n Verslag ten opsigte van die DNA-ontleding van hierdie bloed is aan die einde van die Staat se saak ingehandig. Volgens die Staatsaak dui die verslag daarop dat die bloedkoi op die baadjie ooreenstem met die bloed van PhyEis Fitzgerald, een van die kiaagsters. Ek twyfel of hierdie verslag en die steun wat die Staat daaruit wil verkry op n behoorlike wyse voor die Hot geplaas is. Na my mening moet daardie gedeelte van die getuienis buite rekening gelaat word.

Die appellant het seif getuig. Volgens horn het hy die betrokke dag as 'n wag op 'n taxi in Hanover Park werk. Om ongeveer sesuur die aand is hy en 'n vriend, ene Abdurahman Engel, na Kensington om daar vir enige Kenny Kirsch te sien in verband met 'n aansitter vir 'n motorvoertuig. Op pad terug het hy en sy vriende in die motor begin stry oor 'n selfoon en as gevolg daarvan is hy uit die motorvoertuig gelaai en moes hy verder stap.



Dit, se hy, is hoe hy in Pinelands beland het. Hy het 'n ent gestap en uiteindelik by die ingang van 'n duikweg onder die pad naby h fabriek 'n baadjie op die grond sien le. Hy het die baadjie opgetel en aangesien dit koud was, het hy dit aangetrek. Hy het deur die duikweg gestap en toe hy aan die ander kant uitkomr het lede van die buurtwag horn nader geroep en gevra waarheen hy op pad is. Hy het gese dat hy op pad is na Hanover Park. Hutle het vir horn gese, soos hy dit gestel het, dat daar nou "net n toneel plaasgevind het" en horn aangese om in hulle kar te klinru Hulle is toe met horn in die kar na die huis waar die voorval plaasgevind het. Daar het hy uitgeklim. Die polisievoertuig was ook daar en hy is agter in die polisievangwa geplaas. Later beweer hy dat die vangwa die buurtwag se voertuig op pad ontmoet het en dat hy nog op pad na die klaagster se huis in die vangwa geplaas is.

Hoe dit ook al sy, volgens horn het 'n dame by die huis na buite gekom en na horn gekyk waar hy in die donker agter in die vangwa gesit het. Hy het gehoor dat sy se iets tot die effek dat "dit is die jacket". Volgens horn is hy nooit deur die persoon uitgeken nie. Hy se ook dat hy nooit uit die vangwa geneem is na die binnekant van die huis nie.



Die appellant se bewering dat hy aanvanklik deur lede van die buurtwag aangekeer is, is nie in kruisverhoor aan Maritz gestel nie, hoewel daar wel gestel is dat lede van die buurtwag in die omgewing was onmiddellik voordat Maritz die appellant genader het. Trouens, dit is aan Maritz gestel dat die appellant nie weggehardloop het toe Maritz horn genader het nie, en sy regs vert een woordiger het in kruisverhoor in besonderhede ingegaan op die voorval by die duikweg waar Maritz die appellant aangetref het. Maritz is uitgevra oor waarom hy besluit het om die appellant in die vangwa te plaas en presies oor wat in die gesprek tussen Maritz en die appellant gese is en in die proses is die appellant se weergawe van wat hy by die geleentheid aan Maritz sou gese het, aan Maritz gestel.



Dit is dus duidelik dat die appellant se instruksies aan sy regsverteenwoordiger nie was dat hy aanvanklik deur die buurtwag aangekeer is nie.

Dit is gemene saak dat die appellant vanaf die klaagsters se huis na die poiisiestasie geneem is waar die polisie die baadjie wat hy aangehad het, deurgegaan het en dat die polisie geld gekry het in die voering van die agterkant van die baadjie.



Nadat die polisie, soos hy dit gestel het, die jacket "uitgeskud het", is hy in die selle toegesluit. Later, se hy, het h polisiebeampte na horn gekom en vir horn gese dat daar ook n gedeelte van h tjekboek in die vangwa gekry is.



Die appellant ontken dat hy die betrokke aand deelgeneem het aan die aanval op die klaagsters en dat hy hulle beroof het. Volgens horn was dit toevallig dat hy die baadjie opgetel het waarin die geld gevind is. In kruisverhoor verander hy enigsins sy weergawe en die sin dat hy beweer dat hy nie teenwoordig was toe die baadjie deursoek is nie, maar dat die polisie hom siegs meegedeel het dat hulle geld in die baadjie gekry het.



Nadat die appellant getuig het, is 'n forensiese verslag by ooreenkoms ingehandig. Uit hierdie verslag blyk dit dat die toets wat op die appellant se hande uitgevoer is, nadat hy gearresteer is, nie die aanwesigheid van ontstekingsresrdu getoon het nie.

Die vraag is of die ianddros se bevinding dat dit die appellant was wat deelgeneem het aan die rooftog op die klaagsters tersyde gestel moet word. Dit is geyk dat 'n hot van appel nie geredetik, in die afwesigheid van wesentlike mistastings, sal inmeng met die feitebevindmgs van n verhoorhof nie. Die baadjie wat die appellant aangehad het toe hy deur die polisie gevind is, is ongetwyfeld deur die geld en stuk tjekboek wat daarin gevind is, gekoppel met die aanval op die klaagsters. Die enigste werklike vraag is of die klaagsters se identifikasie van die appellant as een van die aanvallers in die lig van al die getuienis, betroubaar is.



Die Ianddros het bevind het dat die twee ktaagsters altwee bevredigende en eerlike getuies was wat geen rede gehad het om die appellant valslik te impliseer nie. Wanneer dit egter gaan oor identifikasie, is die vraag nie net of die getuies eerlik is nie maar ook of hulle betroubaar is. Die vraag is dus of hulle identifikasie van die appellant as een van hulle aanvalfers sodanig bei'nvloed is deur die feit dat hy die baadjie aangehad het wat ongetwyfeld deur een van die aanvallers gedra is en ook dat hy deur die polisie na hulte gebring is met die vraag of hy een van die aanvallers is, dat hulle n baie besliste identifikasie van die appellant, in die lig van die appellant se ontkennende getuienis nie betroubaar is nie.

Ek meen dat in hierdie verband in ag geneem moet word dat die appellant, soos deur die verhoorlanddros bevind, klaarblyklik nie Yi bevredigende getule was nie. 'n Belangrike aspek van die Staat se saak was die feit dat Maritz die appellant by die ingang tot die duikweg konfronteer het en dat hy, volgens Maritz, nie 'n behoorlike verduideliking kon verskaf oor wat hy in Pinelands gedoen het nie.



Martiz, soos ek reeds gese het, is in besonderhede oor hierdie gedeelte van sy getuienis in kruisverhoor geneem. Daar is egter nooit aan horn gestel dat hy nie die appellant by die duikweg aangetref het nie. Trouens, die trant van die kruisverhoor was dat Maritz hom wel daar aangetref het. Die appellant getuig egter dat hierdie voorval waaroor Maritz getuig het en waaroor hy in besonderhede in kruisverhoor geneem is, glad nie tussen hom en Maritz plaasgevind het nie, aangesien hyt soos ek gese het, vofgens die appellant deur lede van die buurtwag gevind is en dat hy eers later aan die polisie oorhandig is.



Hierdie weergawe is, na my mening, 'n nagedagte waarskynlik omdat hy ten tyde van die afle van sy getuienis gemeen het dat dit 'n meer aanvaarbare weergawe sou wees om te beweer dat hy vanaf Kensington op pad was na Hanover Park, nadat hy as gevolg van 'n argument met sy vriende deur hulle afgelaai is.



Volgens Maritz het appellant gese dat hy in Pinelands gewerk het. Daardie stelling is nie in kruisverhoor betwis nie en is trouens in kruisverhoor bevestig nadat daar spesifieke instruksies van die appellant geneem is deur sy regsverteenwoordiger. Na my mening het die appellant leuenagtige getuienis gelewer oor sy teenwoordigheid in Pinelands en oor die instruksies wat hy aan sy regsverteenwoordiger gegee het. Hy het een storie aan Maritz vertel en later, nadat Maritz getuig het, met 'n ander weergawe oor sy teenwoordigheid in Pinelands gekom.



Dit is ook gemene saak dat die appellant nooit, sells nadat die geld in die baadjie gevind is, aan die polisie gese dat hy die baadjie opgetel het nie. Die appellant se weergawe is ook nie ondersteun deur die twee beweerde getuies wat hy kon geroep het nie. Daar is geen aanduiding dat hierdie mense nie as getuies geroep kon word nie. Nog sy vriend Engel saam met my wie hy na bewering gery het, nog die persoon by wie hulle na bewering in Kensington was, is deur die appellant as getuie geroep.

Die deurlees van die twee kiaagsters se getuienis wys dat hulle besonder helder kon onthou wat met hulle gebeur het. Hulle getuienis bots wel met die van Maritz oor of die appellant in die huis ingebring is om geidentifiseer te word. In hierdie opsig, meen ek, dat hulle getuienis aanvaar moet word. Die gebeure van die aand was klaarblyklik vir hulle 'n bale trauma tiese ervaring, die besonderhede waarvan hulle waarskynlik sal onthou. Maritz daarenteen getuig oor Y\ saak, die besonderhede waarvan hy klaarblyklik nie in alle opsigte van seker is nie. Ek meen dat hulle getuienis, gesten teen die agtergrond van die gebeure wat gemeensaak is, duidelik wys dat dit in kwaliteit en oorredingskrag die getuienis van die appellant ver oortref. Ek meen dus dat daar geen basis is waarop die feitebevindings van die verhoorhof tersyde gestel kan word en dat die appel teen die skuldigbevindings van die hand gewys moet word nie.



Ek handel vervolgens met die appel teen die vonnisse. Roof met verswarende omstandighede, soos hier waar 'n vuurwapen gebruik is, is Yi misdaad soos bedoel in Dee! II van Bylae 2 van Wet 105 van 1997. Die appellant het, afgesien van 'n vorige veroordeling vir gebruik en besit van dagga wat uit 1994 dateer, wel een vorige tersaakiike oortreding tewete huisbraak met die opset om te steei en diefstal wat op 11 Maart 1996 gepteeg is en waarvoor hy drie jaar gevangenisstraf ingevolge die bepalings van artikel 276(1)(i) van Wet 51 van 1977 opgele is. Nadat hy aanvanklik op 13 Maart 1997 op korrektiewe toesig vrygelaat is, is hy weer op 10 November van daardie jaar in die gevangenis opgeneem weens die verbreking van sy korrektiewe toesig voorwaardes en is hy eers op 25 April 1999 by verstryking van sy vonnis vrygelaat.



Ingevolge die bepalings van artikel 51(2)(a)(i) van Wet 105 van 1997 is die verpligte minimum vonnis vir n eerste oortreder van roof met verswarende omstandighede 15 jaar gevangenisstraf. Die Ianddros het, na my mening, tereg bevind dat hierdie 'n uiters ernstige misdryf is. Die weerlose ou dames is wreed met 'n vuurwapen aangerand, twee van hulle het redelike ernstige kopwonde opgedoen toe hulle oor die kop geslaan is. Hulle is met die vuurwapen gedreig en daar is ook h skoot afgevuur. Hulle is daarop van R590.00 beroof. Dit is so, soos betoog deur mnr Cloete in sy hoofde van argument namens die appellant, dat die appellant ten tyde van vonnisoplegging reeds ongeveer 2 jaar in die gevangenis deurgebring het. Ek meen nie dat in hierdie geval die appellant se persoonlike omstandighede saam met die feit dat hy reeds ongeveer 2 jaar in aanhouding was, wesenlike en dwingende omstandighede daarstef wat die oplegging van n ligter vonnis as 15 jaar gevangenisstraf regverdig nie.

Ek meen dat as af die faktore wat normaalweg in ag geneem word by die oorweging van ft gepaste vonnis, hier oorweeg word, die kumulatiewe effek van die verswarende omstandighede sodanig is dat daar geen ruimte is vir die bevinding dat 'n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf wat as minimum deur die Wet voorgeskryf word, tot 'n onreg sal tei nie.



Na my mening is dit h gepaste vonnis en is daar geen meriete in die appel teen die vonnis wat op aankiag 2 opgele is nie. Wat die ander vonnisse wat opgele is betref, is daar na my mening ook geen basis vir inmenging nie. Die kumulatiewe effek van hierdie vonnisse is deur die Verhoorhof in ag geneem en daar is gelas dat die vonnisse saam uitgedien moet word.



Ek sou dus die appel teen die vonnisse van die hand wys en die volgende bevel maak:

  1. Die appel teen die skuldigbevindings en vonnisse word afgewys.

2. Die skuldigbevindings en vonnisse word bekragtig.

VAN STADEN. WnR: Ek stem saam.

VAN STADEN, WnR



LOUW. R: Dit word so beveel.




LOUW. R