South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2006 >> [2006] ZAWCHC 88

| Noteup | LawCite

S v Jacobs and Another (SS161/2005) [2006] ZAWCHC 88 (26 September 2006)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)



SAAKNOMMER: SS161/2005


DATUM: 27 SEPTEMBER 2006



In die saak tussen:


DIE STAAT

en


DONOVAN JACOBS ......................................................................................Beskuldigde 1


EUGENE MATTHEWS ....................................................................................Beskuldigde 2



UITSPRAAK


DESAI R

Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van menseroof; moord; besit van ’n vuurwapen sonder ’n lisensie en onwettige besit van ammunisie. Ten opsigte van aanklag 1 beweer die Staat dat die beskuldigdes op 8 November 2003 te Bernadinorylaan, Bernadino Heights, Kraaifontein, wederregteiik en opsetlik vir die oorledene van sy vryheid van beweging ontneem het deur horn in ’n motorvoertuig weg te voer. In aanklag 2 word dit beweer dat die beskuldigdes op of tussen 8 November 2003 en 10 November 2003 wederregteiik en opsetlik vir Hennie Claasens, 'n manspersoon, gedood het deur hom te skiet. In aanklag 3 beweer die Staat dat die beskuldigdes in besit was van ’n vuurwapen sonder dat hulle die houer(s) van ’n geldige lisensie om dit te mag besit was en dan laastens, Aanklag 4, in besit was van ammunisie sonder dat hulle in regmatige besit was van !n vuurwapen wat dit kon afvuur. Die Akte van Beskuldiging lui voort dat die bepalings van Wet 105 van 1977 van toepassing is ten opsigte van aanklag 2.


Die beskuldigdes se aandag was ook in die hof daarop gevestig dat die wetsbepalings met betrekking tot minimum vonnisse van toepassing is met betrekking tot aanklag 1.

Die beskuldigdes word onderskeidelik deur advokate Lotter en Els verteenwoordig.

Die beskuldigdes het op die aanklagte hulle ten laste gele onskuldig gepleit en hul swygreg uitgeoefen.

Die volgende formele erkennings in terme van artikel 220 van Wet 51 van 1977 is deur die verdediging gemaak:

1. Die identiteit van die oorledene as synde Heynrich Claasens, ook bekend as Heinie Claasens, is erken.

2. Dat die liggaam van die oorledene geen verdere beserings opgedoen het sedert dit vanaf die misdaadtoneel verwyder was tot en met die lykskouing gehou was nie.

3. Dat dr Linda Liebenberg ’n lykskouing op die liggaam van die oorledene op 11 November 2003 uitgevoer het.

4. Dat die foto's, Bewysstukke D tot F, korrek die toneel waar die oorledene se liggaam gevind was, die oorledene se liggaam tydens lykskouing en spesifieke dele van Kraaifontein area onderskeidelik uitbeeld.

5. Bewysstukke A tot H wat erkennings deur beide beskuldigdes in terme van artikel 220 van die Strafproseswet behels; die lykskouingsverslag; die alkoholinhoudsverslag ten opsigte van die oorledene; fotoalbums van die toneel te Locanweg, Strandfontein, waar die oorledene se liggaam gevind was; foto’s van die oorledene se liggaam en foto's van die Kraaifontein area; ’n MTN selfoonuitdruk asook ’n Absabank depositostrokie is tydens die verhoor deur die Staat ingehandig. Bewysstuk J tot M, wat betrekking het op ’n briefwisseling tussen die SA Polisiediens en die forensiese wetenskapslaboratorium ten opsigte van sekere bewysstukke asook ’n afskrif van ’n gedeelte van die dossier waar twee selfoonnommers verskyn, was namens beskuldigde 1 ingehandig.

Bewysstuk N en O wat onderskeidelik ’n motorvoertuiglisensie en ’n koopbrief behels, was namens beskuldigde 2 ingehandig.

Die Staat het 14 getuies geroep terwyl die beskuldigdes self getuig het. Beskuldigde 2 het ook sy moeder as getuie geroep terwyl die Hof ook twee getuies geroep het.

Die vernaamste feite in die saak kan soos volg opgesom word: Konstabel Leslie Jacobs was aan diens in Kraaifontein gemeenskapsdienssentrum op Sondag, 9 November 2003. Om ongeveer 14h50 het die oorledene se vader gerapporteer dat die oorledene die vorige dag ontvoer was. Die twee verdagtes was bekend as Donovan Jacobs, afkomstig vanaf Wallacedene, en ene Georgie. Die getuie het ’n persoon by die naam van Donovan se selfoonnommer, op versoek van mnr Claasens, gekry. Die persoon bekend as Donovan het op navraag van konstabel Jacobs aangedui dat hy geen idee het waar die oorledene homself bevind het nie. Die getuie het beskuldigde 1 se stem herken aangesien hy vantevore al op meer as een geleentheid met hom te doen gehad het. Die oorledene se vader het ook met beskuldigde 1 op die foon gepraat. Konstabel Jacobs se getuienis was nie in geskil geplaas nie.


Michael Lawrence is werksaam by die Stad Kaapstad se Wetstoepassingsagentskap. Op Maandag 10 November 2003 was hy aan diens en het patroliiedienste in die Strandfontein area verrig. Na aanleiding van iniigting ontvang, het hy en ’n koilega om ongeveer 15h50 die oorledene se liggaam gevind tussen die teerpad Lukanonweg en die toilet naby Ponenstraat(?) op die plek soos aangedui op die foto's in Bewysstuk D en foto's 15 en 16 in Bewysstuk F.

Die getuie was, op grond van sy ondervinding van 24 jaar, van mening dat die liggaam reeds daar gele het sedert die vorige nag. Die oorledene het met sy gesig na onder gele en daar was droe bloed aan sy gesig.

Mnr Lawrence se getuienis was nie betwis nie, behalwe in soverre hy bevestig het dat hy nie ’n forensiese werker is nie.

Charlie Claasens is die oorledene se vader. Die oorledene, ook bekend as Heinie, se geboortedatum, volgens die vader, was 1 September 1987 en was dus 16 jaar oud ten tye van sy dood. Die oorledene was in St.8 toe hy die skool in 2000 om ’n onbekende rede verlaat het. Die oorledene se moeder is in 2000 oorlede en daar was niemand om na hom om te sien nie, benewens mnr Claasens wie gewerk het.


Op Saterdag, 8 November 2003, was die getuie tussen 17h00 en 18h00 by sy huis te Scottsdene nadat hy vanaf die werk teruggekeer het. Beskuldigde 1 en ene Chico was ook ongeveer 17h10 tot 17h 1 5 daar by die getuie se huis. Daar het ook ’n rooi Toyota Tazz gestaan. Beskuldigde 1 het die oorledene gereeld besoek. Dit is onbekend watter persone met die Tazz voertuig daar by mnr Claasens se huis gearriveer het. Mnr Claasens het die oorledene gesoek om lugtyd vir sy selfoon te gaan koop. Om ongeveer 17h30 tot 17h45 die oorledene en Chris(?) het die huis verlaat met beide die oorledene se eie selfoon sowel as mnr Claasens s’n. Die oorledene het van die MTN selfoonnetwerk gebruik gemaak. Die oorledene het nie weer huis toe teruggekeer nie.

Op Sondag, 9 November 2003, en ongeveer 10h 15 het die oorledene se vriend, bekend as Chico van Rooyen, en ene “Buyer” mnr Claasens ingelig dat beskuldigde 1 die oorledene te Watsonia Park in ’n voertuig gedruk het. Chico het die getuie se eie selfoon wat die oorledene vroeer gehad het, vir mnr Claasens teruggegee. Volgens Chico het die oorledene die selfoon vir horn gegee. Die oorledene self het ’n 3310 Ericsson selfoon gehad. Die getuie weet nie wat van die oorledene se selfoon geword het nie.

Mnr Claasens se selfoonnommer was 082 485 2513, soos gereflekteer word in Bewysstuk H, ’n Absabank depositostrokie. Beskuldigde 1 se selfoonnommer was op mnr Claasens se selfoon gelys en daar was R26,00 lugtyd op die selfoon.

Chico en Baaie het mnr Claasens na die Kraaifontein polisiestasie vergesel. Konstabel Jacobs het beskuldigde 1 op die selfoonnommer gebel wat mnr Claasens by Chico gekry het. Daarna het die getuie self met beskuldigde 1 op die foon gepraat. Mnr Claasens het aan beskuldigde 1 gevra waar die oorledene is, waarop beskuldigde 1 gese het dat die oorledene by hom is en dat hy die oorledene huis toe sal bring. Die getuie het tevergeefs by die huis gaan wag en is later die aand weer terug na die polisiestasie.

n Polisiebeampte het weer vir beskuldigde 1 gebel en dit het toe geblyk dat beskuldigde 1 nie geweet het waar die oorledene hom op daardie stadium bevind het nie.

Op Maandag, 10 November 2003, het ’n onbekende vrou gebel en gevra of die getuie Charlie Claasens is, waarop die getuie bevestigend geantwoord het. Die vrou het daarna die telefoon weer neergesit.

Op Dinsdag, 11 November 2003, het die getuie op die radionuus gehoor dat ’n man se liggaam gevind was en het hy die oorledene later die middag gaan uitken by die Soutrivier lykshuis.

Die oorledene en sy vriende het altyd ’n persoon by name van Kobus by sy winkei besoek. Ongeveer vier maande voor die oorledene se verdwyning het ene Teresa na mnr Claasens se woning gekom en beweer dat die oorledene ’n .38 kaliber vuurwapen by ’n ander man afgeneem het. Die oorledene het ontken dat hy sodanige vuurwapen gehad het. Die dame het toe gedreig dat sy hulle een vir een sal laat doodskiet het. Sy het later dieselfde aand tesame met beskuldigde 1 weer daar by die woning aangekom en hulie het toe met die oorledene gepraat. Mnr Claasens het die polisie gekontak waarna die woning deursoek was, maar die polisie het nie ’n vuurwapen gekry nie.

Tydens kruisondervraging was dit namens beskuldigde 1 betwis dat hy die Saterdagmiddag met ’n rooi Tazz voertuig op die betrokke Saterdag by die getuie se woning was. Mnr Claasens kon nie bevestig dat beskuldigde 2 deel was van die groep wat hy die Saterdag by sy woning gesien het nie. Beskuldigde 2 is nie aan die getuie bekend nie en het vir beskuldigde 2 die eerste keer by Kuilsrivier hof gesien. Die getuie het egter ook op ’n stadium getuig dat hy al voorheen vir beskuldigde 2 in die Scottsdene area gesien rondry het.

Dan het ons ook die getuienis van Lawrence van Rooyen aangehoor. Lawrence van Rooyen, ook bekend as “Chico” was ter aanvang van sy getuienis in terme van artikel 204 van die Strafproseswet gewaarsku ten opsigte van sekere spesifieke aanklagte. Hy is woonagtig te Scottsdene, Kraaifontein, en was bevriend met die oorledene (onduidelik) vir ’n tydperk van ongeveer drie maande aan die getuie bekend in November 2003 terwyl hulle nie bevriend was nie.


Beskuldigde 1 was woonagtig te Wallacedene in Delft omgewing. Beskuldigde 2 was net van aansien aan die getuie bekend en is ook bekend as Georgie. Beskuldigde 2 het in die verlede met verskillende voertuie by die getuie verbygery.

Op Saterdag, 8 November 2003, het die oorledene en mnr Van Rooyen in mekaar se geselskap verkeer. Op Saterdagaand om ongeveer 22h00 het die oorledene se vader die oorledene gestuur om lugtyd vir die seifone te koop. Die oorledene het weer teruggekeer na hulle huis in die Scottsdene, Kraaifontein, area en die lugtyd aan sy vader oorhandig. Volgens mnr Van Rooyen was die beskuldigdes nie die betrokke Saterdag by die oorledene se vader se woning nie.


Later die aand het mnr Van Rooyen die oorledene na mnr Kobus Matthews se huis vergesel waar hulle ook vir mnr Ashley Theodoor, ook bekend as Buyer, aangetref het. Na die besoek aan mnr Kobus Matthews, het die oorledene aangedui dat hy “’n nommer wil gaan volmaak”, wat beteken hy wil iemand gaan skiet.

Om ongeveer 22h30 het mnr Van Rooyen op versoek van die oorledene saam met horn na Waliacedene gestap tot waar beskuldigde 1 gebly het. Die oorledene moes vir beskuldigde 1 om ’n onbekende rede doodgemaak het. Mnr Van Rooyen was vooraf deur die oorledene van die plan ingelig.

Beskuldigde 1 sowet as mnr Kobus Matthews was bekend as ’n smokkelaars en het vermoedelik hul besighede in opposisie met mekaar bedryf. Die oorledene het sy selfoon vir die getuie gegee om te hou tot nadat die taak afgehandel sou gewees het. Terwyl hulle na Waliacedene gestap het, het die oorledene ’n 9mm pistool, wat voor by sy broek ingesteek was, uitgehaal. Die oorledene het die magasyn uitgehaal en het nege rondtes getel. Daar was ook ’n rondte in die loop van die pistooi. Hulle het naby beskuldigde 1 se huis die beskuldigdes ’n rukkie vanaf ’n afstand dopgehou.

Beide beskuldigdes het daarna tesame met dames vanaf

beskuldigde 1 se huis in ’n rooi Tazz Toyota weggery. Mnr Van Rooyen het die rooi Tazz vroeer dieselfde dag in die blokke by beskuldigde 2 se familie gesien. Die oorledene en die getuie het 'n kort paadjie deur ’n gangetjie gehardloop en die voertuig by ’n kruising ingewag. Die getuie het die toneel, soos weergegee op Foto 1, Bewysstuk F, beskryf. Beskuldigde 2 het die voertuig bestuur en beskuldigde 1 het links agter in die voertuig gesit.

Toe die Tazz voertuig by die vierrigtingkruising, soos sigbaar op Foto 1, Bewysstuk F, gestop het, het die oorledene die pistool weer uitgehaal en op die voertuig begin vuur aan die kant waar beskuldigde 1 gesit het. Die oorledene het die wapen leeggeskiet.

Die getuie en die oorledene het op daardie stadium in die donkerte gestaan. Die linkerruit van die voertuig was getref. Die voertuig het reguit aan oor die kruising weggery terwyl die oorledene en die getuie oor ’n veldjie in die rigting van Watsonia Park weggehardloop het. Die oorledene en mnr Van Rooyen het ongeveer vyf minute naby ’n huiswinkel gerus. Die skietvoorval het ’n redelike ent vanaf die huiswinkel plaasgevind. Hulle het onder ’n ligpaal gestaan. Die Tazz voertuig het met ’n hoe spoed in hulle rigting aangekom. Beskuldigde 2 het die oorledene om die lyf gekry terwyl beskuldigde 1 ’n swart handvuurwapen teen die oorledene se kop gehou het. Die oorledene het homself verset, maar die beskuldigdes het daarin geslaag om die oorledene in die voertuig te druk. Die oorledene se vuurwapen was nog op sy persoon toe hy ontvoer was, maar daar was nie meer rondtes in die magasyn nie.


Mnr Van Rooyen het weggehardloop waarna die beskuldigdes hul met die voertuig agternagesit het tot by ’n punt waar die voertuig nie verder kon gegaan het nie, soos sigbaar op foto 13 van Bewysstuk F. Daar was op geen stadium deur die beskuldigdes op mnr Van Rooyen geskiet nie.

Die getuie was so geskok as gevolg van die gebeure wat gebeur het dat hy verby sy eie woning na ’n vriend, Charlton Lewis, se woning gehardloop het. Mnr Van Rooyen het by sy vriend se woning verklee.

Die getuie was ook by die oorledene se vader se woning om hom in te lig in verband met die ontvoering. Die getuie het egter nie oorledene se vader ingelig nie vanwee die feit dat mnr Claasens, volgens die getuie se mening, onder die invloed van drank was. Die getuie en mnr Lewis het daarna vir mnr Theodoor van die gebeure gaan vertel wie op sy beurt deur sy vriend, mnr Kobus Matthews, ingelig.

Die getuie en mnr Lewis het buite mnr Kobus Matthews se huis gewag terwyl mnr Theodoor en mnr Matthews gesels het. Mnr Kobus Matthews bedryf ook ’n smokkelbesigheid op sy perseel. Volgens getuie was hy baie senuweeagtig die aand en het nie daaraan gedink om die polisie te be! nie. Hy was onder die indruk dat die oorledene weer vrygelaat sal word.

Beskuldigde 1 het op ’n Saterdagaand, na die ontvoering, na mnr Kobus Matthews se selfoon gebel waarop die getuie die nommer vir mnr Kobus Matthews gevra het en dit op die selfoon, wat hy gedink het aan die oorledene behoort het, gelys. Beskuldigde 1 het ’n MTN netwerk nommer gehad. Die getuie, mnr Theodoor, het onsuksesvol met mnr Kobus Matthews se voertuig rondgery in die omgewing waar die ontvoering plaasgevind het om na die oorledene te soek.

Om ongeveer middernag het mnr Van Rooyen vir beskuldigde 1 gebel om uit te vind hoe dit met die oorledene gegaan het en waar laasgenoemde hom bevind het. Beskuldigde 1 het toe aangedui dat die oorledene by hom was.

Op Sondagoggend, 9 November 2003, om ongeveer 07h30 het mnr Van Rooyen tesame met mnr Theodoor en mnr Kobus Matthews asook persone by name van Oscar Felix en Brandon vanaf mnr Kobus Matthews se huis na beskuldigde 1 se huis te Delft gegaan. Op daardie stadium was die getuie nie bewus daarvan dat beskuldigde 1 in Delft woonagtig was nie. Beskuldigde 1 was nie tuis nie. Die getuie is nie goed bekend met Oscar Felix en Brandon nie, maar is bewus daarvan dat hulle bevriend met mnr Matthews was. Mnr Felix en mnr Theodoor was ook bevriend. Die genoemde persone was bekommerd oor die oorledene se welstand.

Die Sondagoggend het mnr Van Rooyen en mnr Theodoor weer na die oorledene se vader gegaan en hom ingelig dat die oorledene ontvoer was. Mnr Claasens was geskok. Die getuie het nie aan mnr Claasens of mnr Theodoor vertel dat Kobus Matthews aan die oorledene opdrag gegee het om beskuldigde 1 te gaan skiet nie.

Daarna is hulle na die polisiestasie met die selfoon waarop beskuldigde 1 se selfoonnommer gelys was. Die getuie het aanvanklik getuig dat hy nie geweet het dat beskuldigde 1 se nommer op die betrokke selfoon gelys was nie. Konstabel Jacobs het na beskuldigde 1 se selfoonnommer gebel en hy het sowel met die oorledene se vader op die selfoon gepraat.

Mnr Claasens het later weer na die polisiestasie gegaan toe die oorledene nie by die huis opgedaag het nie. Die getuie het oor die radio gehoor dat ’n liggaam te Strandfontein gevind was.

Beskuldigde 1 het voorval tydens ’n besoek aan die oorledene se woning tesame met Teresa laat blyk dat hy aimal gaan doodmaak as huile nie die vuurwapen aan Teresa teruggegee het nie. Die getuie was ook bewus van aanslae op beskuldigde 1 se lewe by sy woning in die verlede maar hy getuig dat Kobus nie daarvoor verantwoordelik was nie.

Volgens die getuie was hy bang om te getuig aangesien beskuldigde 1 aan die 28 bende behoort en hy moontlik seergemaak kon word. Mnr Van Rooyen weet nie of mnr Kobus Matthews ’n bendelid is nie.

Tydens kruisverhoor namens beskuldigde 1 was die telefoongesprek tussen die oorledene se vader en beskuldigde 1 ontken. Alhoewel mnr Claasens se getuienis in hierdie verband geensins betwis was nie, het advokaat Lotter aangevoer dat dit ’n oorsig was. Die plaasvind van die twee verdere telefoongesprekke onderskeidelik met mnr Kobus Matthews en mnr Van Rooyen was ook namens beskuldigde 1 ontken. Daar was gewys op die teenstrydighede tussen die getuie se getuienis in hoof en tydens kruisverhoor met betrekking tot die feit of die getuie bewus daarvan was dat beskuldigde 1 se telefoonnommer op die oorledene selfoonlys was.

Dit was verder betwis dat beskuldigde 1 ’n bendelid is. Daar is ook namens beskuldigde 1 ontken dat hy die aand van die voorval by ’n skietvoorval betrokke was of naby die oorledene was. In wese het beskuldigde 1 enige kennis van die ontvoering van die oorledene ontken.

Op Saterdag, 8 November 2003, was beskuldigde 1, na bewering, by sy werksplek te Waliacedene en het hy daar oornag. Daar was namens beskuldigde 1 aangevoer dat hy eers die volgende dag na sy huis te Deift gegaan het.

Namens beskuldigde 2 was aangevoer dat die getuie in die teenwoordigheid van ’n ander persoon sou gese het dat beskuldigde 2 nie by die voorval betrokke was nie, waarop die getuie geantwoord het dat beskuldigde 2 wel die voertuig bestuur het.

Voorts was daar aan die getuie gestel dat beskuldigde 2 nie ’n rooi Tazz gehad het nie en dat hy die hele Saterdag tot en met Sondagoggend, na ’n partytjie die vorige aand, sy roes afgeslaap het.

Hilda du Plessis is die volgende getuie. Sy was vir tien jaar as ’n forensiese data bedrogontleder by die MTN netwerk werksaam. Sy ontleed die afgelope sewe jaar data vir doeleindes van die polisie. Die getuie was deur die polisie versoek om die maspaalpunte en die inkomende asook uitgaande oproepe met betrekking tot Vi selfoonnommer 073 166 6747 vir die tydperk 8 November 2003 tot 10 November 2003 na te gaan.

Sy het ’n uittreksel van die data vanaf die netwerk versamel wat as Bewysstuk G ingehandig is. Volgens mev Du Plessis is die inligting daarin vervat, honderd persent akkuraat, aangesien alles elektronies op die netwerk gedoen word.

Die betrokke selfoonnommer is ’n sogenaamde prepaid of vooruitbetaalde nommer waarvan die eienaarskap moeilik bepaalbaar is. Die selfoonnommer is nog in gebruik, maar daar het ’n verwisseling van simkaarte plaasgevind. Die naaste toring met die sterkste sein word gewoonlik geaktiveer sodra ’n oproep geaktiveer word. In geboude areas strek die radius van ’n toring tot 300 meter en in ’n wyer area tot 15 kilometers en in ’n groter area tot 72 kilometers.

As ’n selfoontoring oorlaai word, skakel dit oor na ’n ander toring binne dieselfde gebied. Dit gebeur egter weinig dat ’n selfoontoring in die middel van die nag oorlaai word en gebeur dit hoofsaaklik op spesiale dae, soos byvoorbeeld Kersfees en Nuwejaar.

Mev Du Piessis was op ’n latere stadium deur die Hof herroep met betrekking tot die betroubaarheid van die seifoonuitdruk, naamiik Bewysstuk G. Sy het getuig dat daar drie sogenaamde backups of steunstelsels in werking is om te verseker dat die data korrek geprosesseer word. As ’n fout by een stelsel insluip, sal ’n ander stelsel in werking tree om die akkuraatheid van die proses te verseker. Hoewel daar geringe kans bestaan dat foute kan insluip, het dit nog nie gebeur gedurende haar dienstydperk van elf jaar nie.

Sy het voorts getuig dat indien ’n oproep identifikasielyne van Telkom of enige selfoonnetwerk geblok word, sal die nommer nog steeds op die MTN-stelsel gereflekteer word en op ’n seifoonuitdruk verskyn vir rekeningdoeleindes. Sy het aanvanklik getuig dat sy nie kon verklaar het hoekom die oproepe wat deur die polisiegetuies gemaak was, nie op Bewysstuk G verskyn het nie. Later het sy verduidelik dat die Telkom telefoonnommers van die polisie aan ’n router nommer gekoppel was wat ’n selfoonnommer sal reflekteer nadat sy inligting van ’n ander deskundige getuie, mej Sher, ontvang het. Die sogenoemde router nommers deur die

polisie gebruik verskyn inderdaad op Bewysstuk G. Op 9 November 2003 om 14h42, 20h01, 20h02, 20h03 en 23h08 word die betrokke nommers gereflekteer.

Die akkuraatheid en betroubaarheid van Bewysstuk G was nie betwis nadat die getuie herroep was nie.

Daarna is die getuie Shireen Jacobs en Letitia Jacobs geroep. Beide Shireen Jacobs en Letitia Jacobs was woonagtig te Scottsdene, Kraaifontein. Mej Shireen Jacobs is Letitia Jacobs se skoonsuster. Beide beskuldigdes was welbekend aan beide getuies en bestaan daar ook 'n familieverband tussen me Jacobs en beskuldigde 2. Geeneen van die getuies het ooit in die verlede probleme met die beskuldigdes ondervind nie. Die gemelde twee getuienis het mekaar se getuienis in wese gestaaf benewens sekere verskille waarna die Hof later na sal verwys.

Op Vrydag, 7 November 2003, was dit mej Shireen Jacobs se verjaarsdag. Op Saterdagmiddag, 8 November 2003, het beskuldigde 2, die getuies sowel as ander persone, in twee groepe met ’n rooi voertuig na Hendelene, beskuldigde 2 se suster se woning te Delft, geneem om verder partytjie te hou. Beskuldigde 2 het hulle afgelaai en gaan slaap.

Teen die aand se kant was beskuldigde 2 wakker gemaak om die getuies en ander persone weer huis toe te neem. Me Shireen Jacobs was op daardie stadium ook onder die invloed van drank terwyl me Letitia Jacobs nie deur die drank aangetas was nie. Beskuldigde 2 was nugter en het die voertuig bestuur. Hy het van die ander dames by hulle huis in Brackenfell afgelaai. Daarna het hulle Kraaifontein toe gegaan na beskuldigde 1 toe op me Shireen Jacobs se aandrang.

Ene Brian het vir beskuldigde 1 in die huis gaan roep terwyl hulle buite in die voertuig gewag het. Beskuldigde 1 het toe ook in die voertuig ingeklim en het hulle weer na Hendelene se woning in Hoofweg, Delft, gery om ’n braai te gaan hou. Beskuldigde 1 het agter in die voertuig gesit terwyl beskuldigde 2 die voertuig bestuur het. Hulle het u it Waliacedene woongebied rigting Delft gery.

Toe hulle by ’n stop by die kruising, sigbaar op Foto 1, Bewysstuk F, gekom het, was ’n aantal skote op hulle voertuig geskiet; ruite was raakgeskiet en het die insittendes platgeval in die voertuig. Die getuies weet nie watter persone die skote afgevuur het nie. Niemand in die voertuig was beseer nie. Beskuldigde 1 wou gehad het dat beskuldigde 2 moes omgedraai het sodat hy kon sien watter persoon op die voertuig geskiet het.

Beskuldigde 2 het egter reguit aangery en weggejaag tot by (onduidelik) waar die getuies en die ander insittendes afgelaai was. Die beskuldigde het alleen verder gery. Volgens Shireen Jacobs het sy nie weer na 8 November 2003 met beskuldigde 1 gepraat nie.

Beide getuies het verder getuig dat niemand hulle in verband met die skietvoorval bemvloed het nie. Mev Letitia Jacobs het aanvanklik getuig dat beskuldigde 2 die daaropvolgende Sondag na bewering vir haar skoonsuster, mev Shireen Jacobs, sou gebel het. Laasgenoemde moes vir die getuie ’n boodskap gegee het tot die effek dat hulle moes se dat hulle die Saterdagaand ’n huurmotor gebruik het. Later tydens kruisondervraging het sy haarseff korrigeer en getuig dat beskuldigde 1 die boodskap sou gestuur het.

Mnr Kobus Matthews se vriend Tette is getroud met ’n familielid van me Shireen Jacobs se man. Mnr Matthews het egter nie me Shireen Jacobs se skoonmense se perseel besoek nie. Die Jacobse het wel mnr Matthews se perseel besoek om bier te gaan drink. Mnr Kobus Matthews het ’n huiswinkel sowel as ’n smokkelhuis.

Me Shireen Jacobs het voor 8 November 2003 ook vir beskuldigde 2 met ’n rooi voertuig gesien. Tydens kruisonderv raging van Shireen Jacobs was dit namens beskuldigde 1 ontken dat hy enige verbintenis met ’n rooi voertuig op 8 November 2003 gehad het. Hy ontken ook dat die getuie saam met ander persone by sy huis te Wallacedene aangekom het en dat die getuie van ’n braai te Delft gepraat het. Volgens Shireen Jacobs het sy nie vir beskuldigde 1 na November 2003 in Pollsmoor gaan besoek nie, maar het sy wel vir beskuldigde 2 gaan besoek.

Daar was namens beskuldigde 2 aangevoer dat sy moeder wel ’n voertuig gehad het wat in beskuldigde 2 se oom se besit was. Beskuldigde 2 kon, na bewering, die voertuig net in noodgevalle geleen het aangesien eersgenoemde nie oor ’n bestuurderslisensie beskik het nie. Die getuie het bevestig dat sy vir beskuldigde 2 stegs een of twee keer met die voertuig gesien het.

Dit was verder namens beskuldigde 2 aangevoer dat hy die betrokke Vrydagaand van die getuie se verjaarsdag by ’n ander partytjie was en dat hy die hele Saterdag tot en met die Sondag sy roes afgeslaap het. Me Jacobs het te kenne gegee dat sy verskil met ander wat beweer dat beskuldigde 2 die hele Saterdag by die huis te Delft was.

Tydens kruisondervraging van me Letitia Jacobs was die gebeure te Waliacedene op Saterdagaand, 8 November 2003, betwis asook die feit dat beskuldigde 1 saam met huile gery het vanaf sy huis. Beskuldigde 1 het ook ontken dat hy ’n oproep na die getuie se skoonsuster aangaande die huurmotoraangeleentheid gemaak het. Volgens die getuie het sy dit wel aan die speurder genoem dat Shireen Jacobs sodanige boodskap vir haar gegee het alhoewel dit nie in haar verklaring staan nie.

Namens beskuldigde 2 is weereens aangevoer dat hy vanaf die Saterdagmiddag tot die Sondagoggend by sy suster se huis geslaap het.

Dr Linda Liebenberg, ’n forensiese patoioog, wat reeds 11000 lykskouings sedert 1981 uitgevoer het. Op 11 November 2003 het sy ’n lykskouing op die oorledene uitgevoer en het ’n verslag in hierdie verband opgestel wat as Bewysstuk C1 en C3 ingehandig is. Die vernaamste lykskouingsbevindinge was dat die oorledene minstens nege skietwonde aan die agterkant van sy kop, nek en skouergedeelte asook aan sy hande opgedoen het. Die oorledene het nog geleef na die skietwonde en het bloed ingeasem.

Daarbenewens het die oorledene verskeie skerp trauma beserings en skaafmerke opgedoen. Die skerp trauma

wonde is aanduidend van afweerhandelinge en dat die oorledene en ander persone handgemeen was. Die oorsaak van dood was skietwonde aan die kop en nek van die oorledene - skietwonde 1A en 3A, soos beskryf in die lykskouingsverslag onderskeidelik agter die linkeroor, nekgedeelte en agter die regterskouer van die oorledene was fatale wonde. Dr Liebenberg is van oordeel dat die oorledene meer as 36 uur gelede gesterf het voordat die lykskouing gehou was. Vanwee die verslapping van die liggaam, die verdere inagneming van die tyd van die jaar en die afwesigheid van vliegeiers asook die bewotkte temperatuur was dr Liebenberg van mening dat die liggaam toegemaak moes gewees het of in ’n kamer gehou was alvorens dit in die buitelug gelaat was. As die oorledene vir ’n dag gele het op die plek waar die liggaam gevind was, sou daar verwag word dat vliegeiers op die liggaam aanwesig sou gewees het. Die voorkoms van die wond agter die regteroor van die oorledene, soos beskryf in paragraaf 5(a) van die lykskouingsverslag is aanduidend daarvan dat dit van ’n redeiike naby afstand gevuur was en waarskynlik van ’n radius van een sentimeter vanaf die oorledene. Die persoon met die vuurwapen was binne armlengte vanaf die oorledene toe die skoot afgevuur was.

Mnr Brian Fisher was die volgende getuie. Hy is in terme van

artikel 204 van die Strafproseswet gewaarsku met betrekking tot die onwettige besit van ’n vuurwapen. In November 2003 was die getuie en beskuldigde 1 tesame met ander mense woonagtig te Waliacedene, Kraaifontein. Mnr Fisher en beskuldigde 1 was goeie vriende en het smokkelbesighede oenskynlik met drank en dwelms vanaf die perseel bedryf. Beskuldigde 1 het later ’n sogenaamde Wendy huis voor op die getuie se perseel opgerig waar hy gaan woon het. Na ’n tweede skietvoorval op beskuldigde 1, het hy tesame met sy meisie na Delft verhuis.

Beskuldigde 1 het steeds in November 2003 sy besigheid vanaf die Wendy huis bedryf. Beskuldigde 1 het nooit weer daarna by mnr Fisher se huis oornag nie en het die perseel elke aand teen ongeveer 22h00 verlaat. Mnr Fisher was ook vriende met familie van beskuldigde 2. Die getuie het die oorledene net van aansien geken.

Op 8 November 2003 was beskuldigde 1 tot net na 22h00 by die getuie se woning. Op die betrokke aand voor 23h00 het beskuldigde 2, soos gewoonlik, weer vir beskuldigde 1 kom haal met ’n rooi Conquest voertuig. Dit was nie dieselfde ou rooi Mazda voertuig wat aan beskuldigde 2 se moeder behoort het nie. Die getuie het aangedui dat hy nie goed bekend is met die fabrikate van voertuie nie, maar getuig dat dit ’n voertuig met ’n iuikrug was. Shireen Jacobs en nog ander persone was ook in die voertuig.

Die getuie het nie vir beskuldigde 1 op mnr Jacobs se versoek gaan roep nie. Beskuldigde 1 het links agter in die voertuig gaan klim en saam met die persone vanaf die huis weggery. Na ongeveer 15 tot 20 minute, om ongeveer 22h20, het die beskuldigdes met nog ’n jonger persoon, wat die getuie afgelei het die oorledene moes gewees het, agter in die voertuig teruggekeer. Beskuldigde 2 het die voertuig bestuur. Daar was koeelgate in die passasierskant van die voertuig en een van die linkerkantste passasiersruite was uit. Beskuldigde 1 het by die huis ingehardloop gekom en gese dat daar weer op hom geskiet was. Daar was inderdaad al voorheen ook op beskuldigde 1 geskiet. Op daardie stadium het beskuldigde 2 die oorledene in die voertuig vasgehou terwyl die oorledene gestoei het.

Nadat die beskuldigdes en die oorledene weer gery het, het mnr Fisher ontdek dat die vuurwapen, wat beskuldigde 1 altyd in die getuie se kamer versteek het, weg was beskuldigde 1 het die vuurwapen by die huis aangebring na die vroeere tweede skietery op hom en het gemeld dat dit ’n 9mm vuurwapen is. Die getuie het nie aan die polisie melding gemaak van die vuurwapen nie. Die getuie het nie die oorledene daarna weer gesien nie.


Nadat die beskuldigdes gearresteer was, het mnr Fisher ’n oproep vanaf beskuldigde 1 gekry wie horn versoek het om na sy regsverteenwoordiger, mnr Mostert, te gaan. Mnr Fisher moes aan mnr Mostert gese het dat hy deur die speurder gedreig was om ’n valse verklaring af te gele het. Beskuldigde 1 was op daardie stadium in aanhouding. Beskuldigde 1 het ’n beskrywing aan hom gegee ten opsigte van waar mnr Mostert se kantore gelee was. Beskuldigde 1 se selfoonnommer was op die getuie se selfoon gelys en die naam Donovan het op die getuie se selfoonskerm getoon toe beskuldigde 1 gebel het.

Binne ’n week daarna het mnr Fisher ’n tweede oproep op sy buurman se selfoon vanaf beskuldigde 1 gekry. Die speurders het vir beskuldigde 1 op twee tot drie geleenthede by mnr Fisher se woning kom soek. Mnr Fisher het die Kraaifontein area op ’n stadium verlaat, aangesien hy vir sy lewe gevrees het vanwee besoeke en dreigemente wat hy van onbekende persone ontvang het. Die besigheid het ook gekwyn omdat die publiek daarna te bang was om dit te ondersteun. Mnr Fisher het bevestig dat mnr Kobus Matthews ’n sokkerklub en huiswinkel gehad het en dat hy met drank gesmokkel het.

Tydens kruisondervraging namens beskuldigde 1 was die

volgende aspekte ontken: Eerstens, dat beskuldigde ooit sodanige twee oproepe na die getuie gemaak het en dat die getuie aangese was om na mnr Mostert te gaan. Daar was verder aangevoer dat die polisie beskuldigde 1 se selfoon met sy arrestasie sou afgeneem het en hy dus nie in staat sou gewees het om die oproepe te kon gemaak het nie.

Dit is ook betwis dat mnr Mostert ooit as beskuldigde 1 se regsverteenwoordiger opgetree het en het mnr Hussain, na bewering, vanuit die staanspoor namens hom opgetree.

Voorts was daar namens beskuldigde 1 ontken dat hy die betrokke Saterdagaand in ’n rooi voertuig by mnr Fisher geklim het en saam met beskuldigde 2 en die ander persoon gery het of dat sodanige voertuig daar was. Beskuldigde 1 het ook ontken dat hy in November 2003 nie meer by mnr Fisher se huis oorgeslaap het. Dit was aan die getuie gestel dat beskuldigde 1 wel op die aand van 8 November 2003 daar oorgebly het, wat die getuie pertinent ontken het.

Beskuldigde 1 het ontken dat hy ooit ’n vuurwapen besit het. Beskuldigde 1 ontken verder dat hy die oorledene ontvoer het of dat daardie betrokke Saterdagaand op hom geskiet was. Laastens was aangevoer dat mnr Kobus Matthews die brein agter die vorige twee skietaanvalle was en dat hy ook hierdie saak sodanig bewerkstellig het ten einde beskuldigde 1 uit die weg te ruim.

Namens beskuldigde 2 is ontken dat sy moeder ’n Mazda voertuig besit het. Dit was betwis dat beskuldigde 2 gewoonlik saam met beskuldigde 1 by mnr Fisher se huis gaan haa! het, beskuldigde 2 het net sy oom se voertuig in noodgevalle geleen. Beskuldigde 2 het ook ontken dat hy die betrokke Saterdagaand by mnr Fisher se huis was.

Namens beskuldigde 2 is daar aangevoer dat hy van die betrokke Saterdagoggend tot die daaropvolgende Sondagoggend by die suster se huis was.

Mark Cloete: Op 10 November 2003 was reservis Cecil Mark Cloete, verbonde aan Strandfontein polisiestasie, na die toneel te Lukannonweg waar die oorledene se liggaam gevind was. Ongeveer drie kilometers vanaf die toneel is ’n MTN maspaal in die John Powell vakansiekamp gelee. Mnr Cloete se getuienis is nie betwis nie.

Kaptein Nicholas Pienaar: Op 13 November 2003 om ongeveer 11h00 het die beskuldigdes hulself te Bishop Lavis polisiestasie gaan oorgee in die teenwoordigheid van hulle prokureur, mnr Hussain. Kaptein Nicholas Pienaar, verbonde aan die Kraaifontein polisiestasie, het die beskuldigdes van die klagtes en hulle regte gewaarsku. Die beskuldigdes het verkies om hulle swygreg uit te oefen. Tydens visentering was niks op die beskuldigdes se persoon gevind nie.


Die getuie was bekend met die saak sowel as beskuldigde 1 en hy het op ’n stadium vir arrestasie onsuksesvol na beskuldigde 1 gaan soek by sy woning te Wailacedene.

Speurderinspekteur Mong is die ondersoekbeampte in hierdie saak en is te Kraaifontein te gestasioneer. Hy het die dossier op 9 November 2003 vir verdere ondersoek ontvang waarna mnr Claasens en konstabel Jacobs hom op die kantoor kom spreek het na 15h00.

Een van die persone het ’n selfoonnommer aan hom gegee wat na bewering aan beskuldigde 1 behoort het, naamlik 073 166 6747. Die oorledene se selfoonnommer was as 082 485 2813 aan hom verskaf. Die getuie het die nommers neergeskryf in die dossier waarvan ’n afskrif later deur die verdediging as Bewysstuk 1 ingehandig is. Die getuie het na die nommer 073 166 6747 geskakel wat beweerdelik aan beskuldigde 1 behoort het, waarop die persoon wat die foon beantwoord het, bevestig dat hy ene Donnie was. Die getuie het aan die persoon Donnie gese dat daar ’n saak teen hom

aanhangig gemaak was en het hom aangaande die oorledene uitgevra. Die persoon het geantwoord dat hy nie kon praat nie en het die telefoon doodgedruk.

Beide beskuldigdes was as verdagtes aangedui op die stadium wat die getuie die dossier ontvang het. Kaptein Pienaar het, op die getuie se versoek, onsuksesvol na beskuldigde 1 by sy woning te Waliacedene gaan soek. Beskuldigde 2 se adres was onbekend aan speurinspekteur Mong op daardie stadium. Geen klagtes van ’n voorafgaande skietvoorval was ontvang het of het tot die getuie se kennis gekom nie.

Op 11 November 2003 het dit tot sy kennis gekom dat die oorledene se liggaam te Strandfontein gevind was. Volgens speurderinspekteur Mong kon geen vuurwapendoppies op die toneel waar die oorledene gevind was, gekry word nie.

Op 13 November 2003 het kaptein Pienaar die getuie in kennis gestel dat die beskuldigdes hulself te Bishop Lavis polisiestasie oorgegee het. ’n Mnr Mostert van Kraaifontein het die beskuldigdes tydens die borgaansoek verteenwoordig. Bewysstuk G, wat oproepe met betrekking tot beskuldigde 1 se selfoon reflekteer is by wyse van ’n lasbrief in terme van artikel 204 en 205 van die Strafproseswet bekom. Die nommer, 073 166 6747, is die enigste telefoonnommer wat die getuie van beskuldigde 1 gehad het. Die getuie het uIt hoofde van Bewysstuk G vasgestel dat daar vir die tydperk tussen 8 en 10 November 2003 oproepe gemaak was van en na mnr Kobus Matthews, mnr Oscar Felix asook mnr Claasens se selfoon, wat na bewering deur die oorledene gebruik was.

Op 9 November 2003 om 01:20:37 was ’n oproep vanaf beskuldigde 1 se selfoonnommer gemaak in die omgewing van die selfoontoring in die John Powell vakansiekamp te Strandfontein, welke kamp ongeveer twee tot drie kilometers gelee is vanaf die plek waar die oorledene se liggaam gevind was.

Volgens speurderinspekteur Mong reflekteer Bewysstuk G nie die oproep wat hy vanaf die polisiestasie na beskuldigde 1 se selfoon gemaak het nie. Tydens kruisondervraging namens beskuldigde 1 was daar erken dat beskuldigde 1 op Sondagmiddag op 9 November 2003 ’n oproep vanaf speurderinspekteur Mong ontvang het tot die effek dat die polisie opsoek was na hom hoewel daar nie erken is dat die betrokke nommer 073 166 6747 deur beskuldigde 1 gebruik was nie.

Beskuldigde 1 het toe, na aanleiding daarvan, sy prokureur gaan spreek. Die inligting, soos dit in Bewysstuk G Namens beskuldigde 2 was elke telefoongesprek betwis asook dat beskuldigde 2 by die moord en beweerde ontvoering betrokke was.

Mnr Oscar Felix is in Scottsdene, Kraaifontein, woonagtig en is bekend met beide beskuldigdes van kleins af. Beskuldigde 1 was sy vriend en hulle het saam aan die sokkerklub Stipulated behoort. Die oorledene was nie net van aansien aan die getuie bekend nie.

In die jaar 2003 was mnr Felix se selfoonnommer 082 950 2582. Die getuie het verneem dat die 16-jarige oorledene ontvoer was op 8 November 2003. Die getuie was nie bewus van enige voorafgaande skietaanval op ’n rooi Tazz voertuig nie. Die volgende Sondag was hy om ongeveer 06h50 by mnr Kobus Matthews se huis waar hy verneem het dat die oorledene nog soek was. Mnr Theodoor en mnr Van Rooyen was toe reeds daar. Daar was nie melding gemaak van ’n vuurwapen nie wat beskuldigde 1 sou gehad het toe die oorledene ontvoer was nie. Die oorledene en mnr Felix was nie by mnr Kobus Matthews se smokkelbesigheid betrokke nie, maar die oorledene en mnr Theodoor was bevriend.

Mnr Felix het bevestig dat hy tesame met mnre Theodoor, Van Rooyen en Kobus Mathews na beskuldigde 1 se huis in Delft gegaan het waar hulle vir Hendelene en nog drie vrouens aangetref het. Hendelene is beskuldigde 2 se suster en beskuldigde 1 se vriendin. Beskuldigde 1 was nie tuis nie.

Mnr Felix het ’n boodskap gelaat dat beskuldigde 1 hom telefonies moes gekontak het. Die getuie het gehoop dat hy beskuldigde 1 kon oorreed om die oorledene vry te laat. Hy wou die beskuldigdes probeer keer om iets onverantwoordeliks te gedoen het. Met hulle terugkeer het beskuldigde 1 die getuie gebel terwyl hulie op die R300 snelweg gery het om ongeveer tussen 08h00 en 08h20. Beskuldigde 1 se naam het ook op die getuie se selfoonskerm verskyn toe hy gebel het. Beskuldigde 1 se selfoonnommer is op die getuie se selfoon gelys. Hulle het ook in die voorafgaande tydperk gereeld met mekaar telefonies gepraat. Die getuie het aan beskuldigde 1 gevra hoekom hy nie die klong - dit is verwysende na die oorledene - los nie, waarop beskuldigde 1 geantwoord het dat hy gaan “kyk wat hy met die klong gaan maak”. Mnr Felix het ook sy versoek met beskuldigde 2 gepraat wie bloot gese het “Saluut”, voordat die getuie nog iets kon gese het en daarna die gesprek beeindig het.

Almal in die voertuig kon die gesprek gehoor het, aangesien mnr Felix se foon sodanig ingestel was.

Die getuie was nie bewus daarvan dat enigiemand anders met beskuldigde 1 gepraat het terwyl hulle in die voertuig gery het nie. Mnr Felix is daarna huis toe en het nie weer sedertdien in mnr Theodoor en mnr Van Rooyen se geselskap verkeer nie.

Beskuldigde 2 was die voorafgaande Vrydagnag om ongeveer 04h00 met ’n rooi Tazz voertuig by die getuie se huis om vir hom ’n CD-speler te bring. Hy het die Saterdag ook twee keer vir beskuldigde 2 alleen in die rooi Tazz of Conquest by die woonstelle in die Blokke gesien rondry.

Beskuldigde 2 se moeder besit ’n rooi voertuig selfs a! is die voertuig in beskuldigde 2 se oom se naam geregistreer. Die getuie het vir beskuldigde 2 al met verskillende soorte voertuie sien rondry in die verlede.

Die Saterdagaand het mnre Theodoor en Van Rooyen ook by die woonstelle aangekom en met mnr Kobus Matthews gepraat. Mnr Matthews het die ander persone ingelig dat die beskuldigdes die oorledene het. Die getuie het die Saterdagnag ongeveer 21h20 gaan slaap.


Tydens kruisondervraging namens beskuldigde 1, was ontken dat hy enigsins by die oorledene se ontvoering betrokke was of dat hy ’n telefoniese gesprek met die getuie gehad het op die betrokke Sondag. Beskuldigde 1 het wel erken dat hy ’n boodskap gekry het om die getuie te be I, maar het dit nie gedoen nie vanwee die kwade gevoelens wat daar tussen die getuie en mnr Kobus Matthews bestaan het.

Namens beskuldigde 2 is ontken dat hy die Vrydagaand by mnr Felix se huis was. Daar was aangevoer dat beskuldigde 2 die betrokke Vrydagaand by ’n partytjie was en dat hy die hele Saterdag sy roes afgeslaap het by Hendelene se huis. Voorts was dit namens beskuldigde 2 gestel dat hy slegs toegang gehad het tot sy oom se rooi Toyota Corolla in noodgevalle. Beskuldigde 2 het verder ontken dat hy die betrokke Sondagoggend met die getuie oor die selfoon gepraat het.

Daarna het ons die getuienis aangehoor van mnr Kobus Matthews. Sy getuienis moet met versigtigheid benader word vanwee die feit van sy beweerde betrokkenheid by die aanvaile. Mnr Kobus Matthews is die afgelope 20 jaar te Scottsdene, Kraaifontein, woonagtig. Hy het saam met beskuldigde 1 grootgeword en beskuldigde 2 is sy nefie. Die oorledene was net van aansien aan die getuie bekend en het hy in dieselfde pad as mnr Matthews gebly.

Op 8 November 2003 om ongeveer na 23h00, het mnr Theodoor na die getuie gekom en hom ingelig van die ontvoering van die oorledene. Daar was, onder andere, beweer dat die oorledene met ’n vuurwapen geslaan was. Mnre Theodoor en Van Rooyen het die getuie se voertuig geleen om na die plek te ry waar die voorval sou plaasgevind het om na beskuldigde 1 te gaan soek.

Volgens die getuie het mnr Theodoor vermoedelik vir hom genader omdat die getuie en beskuldigde 1 vriende was en hulle saam sokker gespeel het. Die getuie was bereid om mnr Theodoor te help in soverre hy kon aangesien hulle vriende was. Die getuie was gereed om mnr Theodoor te help in soverre hy kon aangesien hulle vriende was. Mnr Theodoor was met die oorledene en mnr Van Rooyen bevriend.

Mnr Matthews het op mnr Theodoor se versoek vir beskuldigde 1 op sy selfoon gebel. Beskuldigde 1 en die getuie was in die verlede gereeld telefonies in verbinding en het die getuie op sodanige geleenthede vir beskuldigde 1 op dieselfde selfoonnommer gekontak.

Gedurende die gesprek het beskuldigde 1 bevestig dat daar op hulle geskiet was en dat hy die oorledene by hom gehad het.

Beskuldigde 1 het ook gemeld dat hy ’n 28 bendelid was en dat

die getuie nie vir hom moet voorskryf wat om te doen nie. Beskuldigde 1 het daarna die selfoon doodgemaak. Die getuie self het van die selfoonnommer 082 279 0545 gebruik gemaak in November 2003.

Mnr Matthews het ook die ander persone ingelig van die gesprek met beskuldigde 1. Hy het voorgestel dat die ontvoering by die oorledene se vader en polisie aangemeld moes word. Mnr Matthews het dieselfde nag ongeveer 01 h 11 ’n oproep van beskuldigde 1 ontvang waarop die getuie weereens meegedeel was dat hy nie voorskriftelik moes wees nie. Mnr Van Rooyen het nie die getuie se selfoon gedurende daardie nag geleen nie en het ook nie ’n selfoon in mnr Van Rooyen se besit gesien nie.


Op Saterdag, 9 November 2003, het mnr Theodoor hulle die getuie ingelig dat die oorledene steeds nie teruggekeer het huis toe nie. Mnr Matthews het toe vir mnr Theodoor, mnr Van Rooyen en mnr Felix, op hulle versoek, met sy motor na sy tante se huis in Delft geneem. Brenden was ook moontlik saam in die voertuig. Die getuie wou met beskuldigde 1 gepraat het om verdere moeilikheid te verhoed.

Op pad terug het beskuldigde 1 vir mnr Felix gebel wie op daardie stadium agter in die voertuig gesit het. Die getuie kon nie die gesprek tussen mnr Felix en beskuldigde 1 gehoor het nie.

Na hulle besoek aan Delft en nadat hulle na mnr Matthews se huis teruggekeer het, het die getuie weer vir beskuldigde 1 gebel oor die oorledene. Beskuldigde 1 het toe aan die getuie gevra hoekom hy sy mense op hom laat skiet het, waarop mnr Matthews gevra het watter mense. Beskuldigde 1 het toe aan die getuie gese dat die oorledene beweer het dat hy sodanige opdrag gegee het en aan die oorledene ’n vuurwapen gegee het om hom te geskiet het. Dit was die eerste keer wat die getuie ingelig was dat daar op die rooi Tazz voertuig geskiet was aangesien beskuldigde 1 gemeld het dat die voertuig vol gate geskiet was.

Mnr Matthews het voorgestel dat beskuldigde 1 die oorledene na hom toe moes gebring het om die beweringe in sy teenwoordigheid te herhaal en dat hulle daaroor moet praat. Die getuie het ook vir beskuldigde 1 ingelig dat die polisie na hom gesoek het en dat dit beter sou wees as hy die oorledene sou terugbring het. Beskuldigde 1 het gese hy sal kyk wat hy met die oorledene sou maak en weereens het hy gese om nie voorskriftelik te wees nie.

Mnr Matthews het die ander persone van die gesprek met

beskuldigde 1 ingelig waarna hulle huis toe is. Mnr Theodoor hulle het ook die betrokke oggend na die polisie gegaan. Die getuie het op ’n stadium daardie dag ook beskuldigde 1 se selfoonnommer aan mnr Theodoor verskaf omdat die polisie die nommer gesoek het.

Op Maandag, 10 November 2003, het die getuie vir beskuldigde 1 gebel maar slegs sy stemposdiens was aangeskakel. Hulle het wel later telefoniese gesprekke gehad tydens beskuldigde 1 se aanhouding.

Mnr Matthews het ontken dat hy vir die oorledene opdrag gegee het om vir beskuldigde 1 te gaan doodmaak. Volgens mnr Matthews was daar verskeie ander smokkelhuise in die omgewing nader aan sy eie smokkelhuis gelee en was daar dus geen rede om spesifiek in kompetisie met beskuldigde 1 se smokkelhuis te wees nie.

Volgens mnr Matthews was die oorledene ook nie laatmiddag op Saterdag, 8 November 2003, by hom nie. Mnre Theodoor en Van Rooyen asook die oorledene en beskuldigde 2 was wel die betrokke Saterdagmiddag met ’n rooi Tazz of Conquest voertuig voor die getuie se deur, maar hy het nie persoonlike kontak met die oorledene gehad nie. Beskuldigde 2 het die voertuig bestuur en het nie onder die invloed van drank voorgekom nie. Beskuldigde 2 het met die getuie gepraat en was in ’n goeie gemoedstemming.

Tydens kruisondervraging was daar gewys op onbeduidende weersprekings tussen die getuie se polisieverklarings en sy getuienis. Volgens mnr Matthews het hy nie sy selfoonnommer aan die ondersoekbeampte gegee nadat hy sy verklaring op 23 November 2003 afgele het nie. Hy kan nie onthou dat hy in 2004 deur die ondersoekbeampte genader was om sy selfoonnommer te verkry nie.


Namens beskuldigde 1 was ontken dat die telefoongesprekke tussen die getuie en beskuldigde 1 plaasgevind het en uiteraard ook die inhoud daarvan. Daar was aangevoer dat mnr Matthews verantwoordelik was vir die skietvoorvalle op beskuldigde 1 by sy Wendy huis in 2003, welke aspekte die getuie ontken het.

Namens beskuldigde 2 was ontken dat hy die betrokke Saterdagmiddag saam met die oorledene, mnr Theodoor, en mnr Van Rooyen in ’n motorvoertuig naby die getuie se huis rondgery het. Beskuldigde 2 het aangevoer dat hy die Saterdag by sy suster se huis sy roes afgeslaap het en dat hy nie die getuie daardie dag gesien het nie. Dit het dan die staatsaak afgesluit.


Beskuldigde 1 in hierdie saak, mnr Donovan Jacobs, was woonagtig te Main Road, Bellviile-Suid, in November 2003. Hy het op daardie stadium ’n smokkelbesigheid te Wallacedene bedryf uit ’n sogenaamde Wendy huis wat op die perseel van mnr Brian Fisher opgerig was. Daar was nog ander persone ook op die perseel woonagtig.

Die oorledene en mnr Theodoor was net van aansien aan beskuldigde 1 bekend. Beskuldigde 2 is sedert die jaar 2002 aan hom bekend en is baie goeie vriende.

Beskuldigde 1 se vriendin is beskuldigde 2 se oudste suster. Beskuldigde 1 het ook ’n baie noue verhouding met beskuldigde 2 se moeder, bekend as “Tant Mary”. Daar was in die onderhawige geval twee skietaanvalle op beskuldigde 1 geloods waarin hy verwond was. Tydens die laaste

skietvoorval I a at in November 2003 was beskuldigde 1 met skietwonde in Tygerberg Hospitaal opgeneem. Hy was deur die hospitaalpersoneel versoek om die hospitaal te verlaat vanwee dreigemente wat ontvang was.

Beskuldigde 2, ook bekend as “Georgie” en sy moeder het beskuldigde 1 van die hospitaal na Tant Mary se huis vervoer.

Beskuldigde 1 het as gevolg van die tweede skietaanval vanaf Waliacedene verhuis en sedertdien by Tant Mary se huis woonagtig.

Ongeveer twee maande later het beskuldigde 1 weereens soms op ’n Vrydag of ’n Saterdagaand by sy Wendy huis 'te Waliacedene oorgeslaap, alhoewel hy dit as ’n groot risiko beskou het. Volgens beskuldigde 1 kon hy nie op mnr Fisher staatmaak om die besigheid te bedryf nie.

Beide beskuldigde 1 en mnr Kobus Matthews het vir mnr Matthews se sokkerklub, Stipulated, sokker gespeel. Die oorledene het as toeskouer eike sokkerwedstryd en ook die oefeninge bygewoon. Mnre Theodoor en mnr Van Rooyen was ook altyd by die sokker as ondersteuners en was hulle goed bevriend met die oorledene. Beskuldigde 1 en mnr Kobus Matthews was nie meer vriende ten tyde van die tweede skietvoorval nie, aangesien beskuldigde 1 vir mnr Matthews verdink het as synde die persoon agter die skietvoorvalle.

Beskuldigde 1 het getuig dat mnr Kobus Matthews ook ’n smokkeJbesigheid bedryf het wat ’n groot rol in die aanvalle op hom gespeel het. Mnr Matthews en beskuldigde 1 het aanvanklik saam gewerk, maar beskuldigde 1 het later op sy eie sy besigheid bedryf vanwee probleme tussen hulle.

Volgens beskuldigde 1 was hulle besighede in kompetisie met mekaar en was huile besighede wat onderskeidelik te Wallacedene en Scottsdene gelee was, slegs ongeveer vyf na tien minute se stap uit mekaar gelee.

Tydens die tweede skietvoorval het hulle verhouding heeltemal gedisintegreer . Mnr Kobus Matthews het ook nie sedert die tweede skietvoorval oor ’n telefoonnommer van beskuldigde 1 beskik nie en hulle het nie meer telefonies kontak gehad nie. Mnr Matthews het die vriendskap probeer red maar beskuldigde 1 het nie gepoog om die geskille tussen hulle uit te sorteer nie. Beskuldigde 1 is van oordeel dat hy as gevolg van mnr Kobus Matthews se toedoen van die misdade aangekla was.

Volgens beskuldigde 1 moes mnr Kobus Matthews ’n komplot teen hom gesmee het of hom geframe het, soos hy dit uitgedruk het, aangesien die skietvoorvalle onsuksesvol was. Beskuldigde 2 het nie kontak met mnr Kobus Matthews gehad nie en hulle net ook op ’n stadium ’n uitval gehad.

Op Vrydagaand, 7 November 2003, het beskuldigde 1 te Delft oornag. Volgens beskuldigde 1 het sy kliente hom normaalweg vanaf sy besigheidsplek te Wallacedene huis toe geneem. Op Saterdag, 8 November 2003 om 08h00 die oggend, het beskuldigde 1 na sy besigheidsplek te Waliacedene vertrek waar hy die hele dag spandeer het. Beskuldigde 1 het Saterdagnag daar by sy besigheidsplek oornag, aangesien hy nie ’n geleentheid huis toe kon gekry het nie.

Volgens beskuldigde 1 het hy glad nie die betrokke Saterdag of enige ander stadium saam met beskuldigde 2 in ’n rooi motorvoertuig gery nie. Beskuldigde 2 het nie oor ’n bestuurderslisensie beskik nie. Sy moeder wou hom baiekeer iewers heen gestuur het, maar het daarvan afgesien want sy was te bang om verkeersboetes te ontvang. Beskuldigde 2 se moeder het ’n rooi 1.6GL Toyota Corolla voertuig met ’n kattebak in stede van ’n luikrug gehad.

Beskuldigde 1 ontken ook dat hy mev Shireen Jacobs ’n braai belowe het aangesien hy haar op daardie stadium nie goed geken het nie. Mev Shireen Jacobs is ’n familielid van mnr Kobus Matthews en het gereeld by sy smokkelhuis gedrink.

Op Sondagoggend, 9 November 2003, het beskuldigde 1 teruggekeer na sy huis te Delft. Sy vriendin Hendelene, haar suster Claudia en ene Anthia was ook by die huis. Hendelene het aan beskuldigde 1 gese dat mnr Matthews en mnr Felix is ook nog ander persone daar wat na hom kom soek het.

Beskuldigde 1 se selfoon was op daardie stadium afgeskakel. Beskuldigde 2 het ook op ’n stadium daar opgedaag waarna hulle gesprek gevoer het. Beskuldigde 1 het toe weer kort daarna teruggekeer Kraaifontein toe.

Inspekteur Mong het ook vir beskuldigde 1 op sy selfoon gebel die betrokke Sondagmiddag teen ongeveer sonsondergang. Beskuldigde 1 kon nie onthou na watter telefoonnommer speurderinspekteur Mong hom gebel het nie, aangesien hy verskillende nommers gehad het. Beskuldigde 1 het eers getuig dat hy nie kon onthou of hy van ’n nommer 073 166 6747 (?) gebruik gemaak het nie, maar dan weer ontken hy dat hy ooit ’n 073 selfoonnommer gehad het.

Volgens beskuldigde 1 het hy sy advokaat ingelig dat die ondersoekbeampte hom nie op 'n 073 nommer gekontak het nie, maar wel op ’n ander nommer. Die ondersoekbeampte het aan beskuldigde 1 meegedeel dat die oorledene ontvoer was; dat sy vader ’n klag aanhangig gemaak het. Beskuldigde 2 was ook geimpliseer en het speurderinspekteur Mong versoek dat albei die beskuldigdes hom moes kom spreek het. Beskuldigde

  1. was op daardie stadium in ’n huurmotor op pad huis toe. Dit was die rede waarom hy vir speurderinspekteur Mong gese het dat hy nie met hom ’n gesprek kon gevoer het nie.

Beskuldigde 1 was nie bewus van die beskuldigings tot op daardie stadium nie. Volgens beskuldigde 1 het hy net een telefoongesprek met die ondersoekbeampte gehad en weet nie waar speurderinspekteur Mong sy telefoonnommer gekry het nie. Beskuldigde 1 het nie die Sondagaand by die huis geslaap nie, op sy prokureur, mnr Hassen, se advies, aangesien sy prokureur eers verdere ondersoek wou instel na die bewerings. Beskuldigde 1 het die Maandagaand, 10 November 2003, tot die Woensdagaand in die Rio Hotel in Elsiesrivier oornag. Mnr Hassen het met kaptein Pienaar gereel dat die beskuldigde sal self die Donderdag by Bishop Lavis polisiestasie moes gaan oorgee het. Die rede hiervoor was dat dreigemente ontvang was wat die beskuldigdes in gevaar sou gestel het as hulle in Kraaifontein opgesluit sou word. Beskuldigde 1 het nie ’n selfoon by hom gehad tydens sy arrestasie nie.

Beskuldigde 1 het twee onsuksesvolle borgaansoeke in Februarie 2004 en in Oktober 2005 geloods. Mnr Mostert het vir beskuldigde 1 verteenwoordig tydens beide borgaansoeke. Beskuldigde 1 het ontken dat hy ’n staatsgetuie gebel het om te versoek om na mnr Mostert toe te gaan. Volgens beskuldigde

  1. het mnr Fisher nie eers ’n foon gehad op daardie stadium nie. Niemand het beskuldigde 1 gebel en uitgevra oor die oorledene nie. Dit is valse bewerings in soverre dit die

staatsgetuies sou getuig het. Beskuldigde 1 het nie ’n onafhanklike herinnering dat hy ’n telefoongesprek met mnr Jacobs, die oorledene se vader, gehad het nie. Beskuldigde 1 het die oorledene se vader die eerste keer met die beskuldigde se eerste hofverskyning in 2003 gesien, nadat beskuldigde 2 hom aan beskuldigde 1 uitgewys het. Volgens beskuldigde 1 word mense deur mnr Kobus Matthews se mag bemvloed.

Tydens kruisondervraging namens beskuldigde 2 het beskuldigde 1 getuig dat hy en beskuldigde 2 ’n goeie verhouding gehandhaaf het sedert 2002, maar dat hulle nog in die proses was om ’n vriendskap op te bou. Beskuldigde 2 ht nie beskuldigde 1 se getuienis betwis nie.

Tydens kruisondervraging deur die Staat het die beskuldigde sy getuienis in hoof in wese herhaal. Beskuldigde 1 het aanvanklik voltyds op mnr Matthews se perseel te Waliacedene gebly maar sedert die skietvoorval in September 2003 in Delft woonagtig tesame met, onder andere, sy vriendin en beskuldigde 2. Mnr Fisher het na die drankgedeelte van hulle besigheid in Waliacedene omgesien terwyl beskuldigde 1 Mandrax verkoop het. Benewens die dwelmbesigheid wat hy in Waliacedene beskryf het, het beskuldigde 1 ook ’n huiswinkel en vrugtestalletjie saam met sy broer bedryf. die besigheid in Waliacedene word elke dag tussen 08h00 en

22h00 bedryf. Wallacedene is ’n halwe dag se stap vanaf Delft en het beskuldigde 1 nie ’n motorvoertuig besit nie. Soggens het beskuldigde 1 met ’n huurmotor na Wallacedene gery, maar saans na 19h00 was die huurmotors nie beskikbaar nie. Saans het sommige van sy kiiente met wie hy bevriend was hom huis toe geneem.

Van die drie kiiente wat beskuldigde 1 huis toe sou gevat het, het hy slegs geweet waar ene Samuel woonagtig was. As rede hiervoor het hy teenstrydig met sy vorige getuienis aangevoer dat hy nie die persone goed geken het wat hom geleenthede huis toe gebied het nie. Hy het in ruil daarvoor vir hulle geld gegee of petrol ingegooi of sodanige persoon met ’n Mandrax tablet vergoed. Sedert hy na Delft verhuis het, het beskuldigde 1 soms oorgeslaap in sy rondawel op mnr Fisher se perseel as hy nie ’n geleentheid kon gekry het nie.

Beskuldigde 1 het ontken dat beskuldigde 2 hom tesame met ander persone by mnr Fisher se perseel kom haal het op Saterdagaand 8 November 2003. Hy kon nie ’n geleentheid huis toe gekry het nie en het in sy rondawel oorgeslaap. Hy het ook ontken dat hy in 'n voertuig was waarop geskiet was die betrokke Saterdagaand. Beskuldigde 1 ontken dat hy die betrokke Saterdagaand aan mnr Fisher gese het dat daar weer op hom geskiet was.

Beskuldigde 1 het ook ontken dat hy ’n vuurwapen in sy besit gehad het ten spyte van die skietaanvalle en sy dwelmbesigheid. Die polisie het sy besigheidsplek gereeld deursoek en sou hulle die vuurwapen gekry het as hy wel een daar versteek het. Benewens ’n heining wat opgerig was, het beskuldigde 1 nie ekstra sekuriteitsreelings getref om homself te beskerm nie.

Volgens beskuldigde 1 het hy die daaropvolgende Sondag van openbare vervoer tussen sy huis en besigheid gebruik gemaak. Hy het juis die oproep van speurderinspekteur Mong op pad huis toe ontvang terwyl hy in ’n huurmotor was. Speurderinspekteur Mong het beskuldigde 1 telefonies ingelig dat daar ooggetuies was wat gesien het dat hy die oorledene in ’n voertuig inforseer het. Dit het beskuldigde 1 ontgaan om sy advokaat daarop te wys om hierdie weergawe aan speurderinspekteur Mong te stel terwyl sy advokaat kennis gedra het daarvan.

Beskuldigde 1 het ontken dat hy enige kennis dra van die ontvoering waarvoor hy en beskuldigde 2 beweerdelik verantwoordelik was. Beskuldigde 1 het vanaf Sondagaand 9 November 2003 en tot en met sy oorgawe aan die polisie op Donderdag 13 November 2003 by die Rio Hotel in Elsiesrivier Beskuldigde 1 se broer het die selfoon waarop die ondersoekbeampte hom gekontak het in die jaar 2004 verkoop aan ene Tamsaw(?) terwyl beskuldigde 1 nog in aanhouding was. Tamsaw is intussen oorlede. Beskuldigde 1 het die selfoon verkoop omdat hy geld nodig gehad het.


Op Sondag, 9 November 2003, was beskuldigde 1 tussen 09h00 en 10h00 die oggend by sy huis te Delft. Voorts getuig beskuldigde 1 aanvanklik dat hy nie seker was of beskuldigde

  1. ook daar by die huis was nie, maar getuig dat hulle wel ’n ontmoeting die oggend in Delft gehad het. Hulle het net oor die algemeen gesels. Daarna getuig beskuldigde 1 weer dat beskuldigde 1 wel ook by die huis was.

Beskuldigde 1 het ’n boodskap by Hendelene gekry dat hy so gou as moontlik met Kobus hulle in verbinding moes getree het. Hy het dit egter nie gedoen nie omdat hulle nie meer op vriendskaplike voet was nie. Beskuldigde 1 het die betrokke Sondag om 12h00 weer terug by sy besigheid in Kraaifontein aangekom het.

Beskuldigde 1 het ontken dat hy met die ondersoekbeampte en die ander getuies spesifiek op die 073 nommer gepraat het.

Hy kon nie ’n rede verskaf hoekom die ondersoekbeampte sowel as die ander getuies almai toevallig na dieselfde nommer gebel het nie.

Beskuldigde 1 ontken verder dat hy enigsins met die ander staatsgetuie oor die foon gepraat het met die uitsondering van speurderinspekteur Mong.

Met betrekking tot sy verhouding met die staatsgetuies het beskuldigde 1 getuig dat hy en mnr Fisher nie vyande was nie, maar dat daar in die verlede baie misverstande tussen hulle was en hulle selfs handgemeen geraak het. Die misverstande het oor geld en die besigheid gehandel. Dit kon moontlik ’n rede gewees het waarom mnr Fisher valse getuienis teen hom afgele het. Die twee hoofredes, volgens beskuldigde 1, was egter die feit dat mnr Fisher nog R4 000,00 vir 100 tablette aan hom verskuldig was en hy kon ook deur mnr Kobus Matthews bemvloed gewees het. Daar bestaan nie enige bewyse dat mnr Fisher wel betnvloed was nie. Volgens beskuldigde 1 het dit hom ontgaan om vir sy advokaat in te lig van die 100 pille terwyl hy gedurende die verloop van die verhoor deurentyd instruksies aan haar gegee het. Beskuldigde 1 het wel vir sy advokaat van die uitvalle oor die besigheid ingelig.

Wat me Letitia Jacobs aanbetref, is beskuldigde 1 van mening dat die getuie bemvloed is weens die feit dat ene Tessa se swaer, mnr Kobus Matthews, se regterhand is. Beskuldigde 1 kon nie ’n verdere rede verskaf waarom me Letitia Jacobs deel van die beweerde komplot sou gewees het nie en wat sy daardeur sou baat om valse getuienis teen hom af te le nie. Beskuldigde 1 kon ook nie ’n rede verskaf waarom me Shireen Jacobs vaislik teen hom sou getuig het nie. Hy meld bloot dat die getuie mnr Matthews se niggie is en die blote feit dat sy getuienis gelewer het maak haar wel deel van die beweerde komplot teen beskuldigde 1.

Beskuldigde 1 het toegegee dat mnr Van Rooyen, soos die res van die staatsgetuies, ’n risiko geneem het om te getuig. Hy het egter aangevoer dat dit maklik is om skuld op ’n ernstige misdaad te erken as daar geen klagtes teen sodanige persoon gemaak is nie. Mnr Van Rooyen was net van aansien aan beskuldigde 1 bekend.

Beskuldigde 1 het ontken dat hy ooit by die oorledene se vader se huis was. Hy getuig dat mnr Claasens hom seker van aansien geken het. Bsk1 het nie werklik ’n bevredigende antwoord verskaf waarom dit siegs aan mnr Claasens gestel was dat beskuldigde 1 nie die betrokke Saterdagmiddag by die getuie se huis was nie. Volgens beskuldigde 1 weet hy nie waar die oorledene woonagtlg was nie en het hy die oorledene se vader die eerste keer in die hof gesien.

Beskuldigde 1 was onseker of mnr Claasens deel van die komplot was, beskuldigde 1 het aangeneem dat die getuie aanvaar het dat die polisie die regte persoon het en sou dit die rede wees waarom hy getuig het dat hy met beskuldigde 1 oor die telefoon gepraat het. Beskuldigde 1 het die oorledene ook net van aansien geken.

Volgens beskuldigde 1 was die ondersoekbeampte nie deel van die beweerde komplot nie, hy het egter aangevoel dat speurderinspekteur Mong seker ’n fout gemaak het met die nommer waarop hy beskuldigde 1 na bewering sou gekontak het. Beskuldigde 1 kon ook glad nie verklaar waarom konstabel Jacobs ’n leuen sou vertel het met betrekking tot die telefoonoproep nie.

Beskuldigde 1 het getuig dat hy nie geweet het waar die John Powell kamp gelee is nie, hy betwis nie dat die persoon wat van die nommer 073 166 6747 gebruik gemaak het nie op 9 November 2003 om 01 h 11 omdat die omgewing van die kamp ’n oproep gemaak het nie. Beskuldigde 1 betwis net dat die betrokke nommer sy selfoonnommer was. Beskuldigde 1 het ook nie geweet watter pad na Strandfontein toe lei nie.

Volgens beskuldigde 1 het hy aan sy advokaat gese dat mnr Hassen sy saak behartig tot en met die borgaansoeke en dat mnr Mostert die borgaansoeke gehanteer het. Beskuldigde 1 weet nie hoekom dit nie so aan mnr Fisher gestel was nie en hoekom dit ontken was dat mnr Mostert hom verteenwoordig het. Beskuldigde 1 het getuig dat mnr Fisher nie ten tye van beskuldigde 1 aanhouding ’n telefoon gehad het nie. Volgens beskuldigde 1 het hy hierdie inligting aan sy advokaat meegedeel alhoewel dit nie so aan mnr Fisher gestel was nie.

Gedurende herondervraging het beskuldigde 1 getuig dat mnr Hassen hom op die stadium van die beweerde oproepe verteenwoordig het.

Tydens vrae deur die Hof bevestig beskuldigde 1 dat al die getuies se weergawes aangaande die rooi voertuig en die telefoonoproepe vals was. Beskuldigde 1 het getuig dat hy nooit enige vuurwapen besit het nie en ook nie oor ’n vuurwapenlisensie beskik het nie. Hy het aangevoer dat as daar wel ’n vuurwapen by mnr Fisher se huis was, het dit nie aan hom behoort nie. Die polisie sou ook op sodanige vuurwapen beslag gele het as dit wel daar was, aangesien hulle gereeld by die perseel besoek afgele het. Beskuldigde 1 het geen stappe geneem om homself te beskerm buitekant die

besigheidsperseel nie, hy het bloot na Delft verhuis na die skietvoorvalle. Kliente was na die skietaanvalle deur ’n hek bedien en het hulle het nie meer in die erf gekom nie. Hy getuig verder dat die 073 nommer nie sy selfoonnommer was nie.

Bewysstukke L tot M was daarna namens beskuldigde 1 ingehandig en dit het beskuldigde 1 se saak afgesluit.

Beskuldigde 2 was ten tye van die voorval in November 2003 20 jaar oud. Volgens beskuldigde 2 was die oorledene net van aansien aan hom bekend. Hy was vriende met beskuldigde 1 maar hulle was nie goeie vriende nie.

Beskuldigde 2 het getuig dat hy op Vrydag 7 November 2003 die hele nag by die Seagulls Hotel in Seepunt partytjie gehou het tot en met dagbreek op Saterdag, 8 November 2003. Hy het baie sterk drank gedrink en Ecstasy tablette gebruik gedurende die verloop van die partytjie. Volgens beskuldigde

  1. is hy nie normaalweg ’n drinker nie. Beskuldigde 1 het nie die partytjie bygewoon nie. Beskuldigde 2 kon nie aangedui het hoe laat hy by beskuldigde 1 se huis te Delft aangekom het na die partytjie nie. Hy was besope en het direk na sy kamer gegaan en gaan slaap. Hy het slegs sy suster Hendelene gesien toe hy by die huis aangekom het. Beskuldigde 1 was nie by die huis nie.

Beskuldigde 2 het die betrokke Saterdag regdeur geslaap tot en met Sondagoggend toe hy opgestaan het en werk toe gegaan het. Beskuldigde 2 het op daardie stadium vir ’n smous gewerk. Volgens beskuldigde 2 was hy nie betrokke by die gebeure, soos deur mnr Van Rooyen, ook bekend as Chico, beskryf was nie.

Beskuldigde 2 het ontken dat hy ’n telefoongesprek met enigiemand, insluitende mnr Oscar Felix, gehad het op Sondag 9 November 2003.

Beskuldigde 2 het ontken dat hy ’n lid van ’n bende was. Hy het nie ’n goeie verhouding gehandhaaf met sy neef, mnr Kobus Matthews, nie. in 2003 het hy sy moeder met haar voertuig na die hospitaal toe gevat van tyd tot tyd. Hy het ook een maal vir beskuldigde 1 by die hospitaal gaan haal op beskuldigde 1 se versoek. Hy het nie geweet dat beskuldigde

  1. as gevolg van ’n aanval op sy lewe in die hospitaal was nie.

Beskuldigde 2 het verder getuig dat hy nie vir beskuldigde 1 elke aand om ongeveer 22h00 in Kraaifontein gaan haal het nie. In 2003 het beskuldigde 2 nie ’n vuurwapen besit nie en dus ook nie oor ’n vuurwapenlisensie beskik nie. Beskuldigde 1 het nie beskuldigde 2 se getuienis betwis nie.

Tydens kruisondervraging deur die Staat bevestig beskuldigde

  1. dat hy ook as Georgie bekend staan. Beskuldigde 1 en beskuldigde 2 was net deur middel van hulle sokker verbintenis aan mekaar bekend. Beskuldigde 1 en beskuldigde

  1. se suster, Hendelene, het vir ’n onbekende tydperk ’n verhouding gehad. Hulle het saamgewoon in beskuldigde 1 se huis te Delft-Suid. Volgens beskuldigde 2 het hy nie geweet watter tipe werk beskuldigde 1 gedoen het nie. As gevolg van beskuldigde 2 se werksomstandighede het hy normaalweg slegs sy suster te siene gekry en nie vir beskuldigde 1 nie. Hy het aanvanklik getuig dat hy eintlik nie geweet het waar beskuldigde 1 woonagtig was nie, maar het later getuig dat hy saam met sy suster en beskuldigde 1 gebly het in November 2003. Beskuldigde 2 was voorheen in Mitchell's Plain woonagtig.

Beskuldigde 2 het getuig dat mnr Brian Fisher in die verlede gereeld beskuldigde 2 se vader besoek het, terwyl beskuldigde 1 nog ’n kind was. Hy het mnr Fisher so lank terug gesien dat hy nie kon onthou het wanneer hy hom laas gesien het nie.

Beskuldigde 2 het ontken dat hy elke maand vir beskuldigde 1 in Wallacedene gaan haal het. Hy weet nie om welke rede mnr Fisher so ’n bewering gemaak het nie. Volgens beskuldigde 2 het hy nie ’n motorvoertuig gehad om vir beskuldigde 1 te gaan haal het nie.

Beskuldigde 2 het ook ontken dat hy met die oorledene in 'n voertuig by mnr Fisher se woning was op 8 November 2003. Volgens beskuldigde 2 vertel al die betrokke staatsgetuies leuens in hierdie verband. Die getuies woon almal in Kraaifontein en derhalwe kon mnr Kobus Matthews as synde ’n gevaarlike persoon, hulle bemvloed het. Hy kon egter nie aangevoer het dat al die betrokke staatsgetuies deur mnr Matthews gebruik was om teen hom te getuig nie. Beskuldigde1 het nooit vir beskuldigde 2 van enige probleme tussen hom en mnr Matthews vertel nie.


Me Shireen Jacobs is beskuldigde 2 se tante. Beskuldigde 2 getuig dat me Shireen Jacobs moontlik ’n fout kon gemaak het met betrekking tot die gebeure wat die betrokke Saterdagaand plaasgevind het. Hy was ook nie bewus van ’n skietery op enige voertuig nie. Beskuldigde 2 het me Letitia Jacobs slegs van aansien geken. Hy kon nie ’n rede verskaf waarom me Letitia Jacobs leuens sou vertel het nie. Beskuldigde 2 het ontken dat hy die betrokke dag en aand aan haar ’n geleentheid met ’n voertuig gegee het.

Beskuldigde 2 en mnr Van Rooyen het mekaar in die verlede net in die verbygaan gegroet. Beskuldigde 2 het ontken dat hy die oorledene vasgegryp en in die voertuig gedruk het. Beskuldigde 2 kon nie ’n rede aanvoer waarom mnr Van Rooyen valse getuienis sou afgele het nie.

Beskuldigde 2 was nie bewus daarvan dat mnr Kobus Matthews en ander mense vir hom en beskuldigde 1 op Sondagoggend, 9 November 2003, by die huis kom soek het nie. Beskuldigde 2 kon nie kommentaar gelewer het aangaande waar hy homself bevind het op daardie stadium nie. Hy het getuig dat hy soggens vroeg uitgegaan het om te smous en dat hy saans laat teruggekeer het. Beskuldigde 2 kon nie se of beskuldigde 1 by die huis geslaap het op Saterdag 8 November 2003 nie. Beskuldigde 2 het vanaf die betrokke Vrydagnag tot die Sondagoggend regdeur geslaap by beskuldigde 1 se huis te Delft.

Vrydagaand, 7 November 2003, het beskuldigde 2 die hele nag gedrink en Ecstacy gebruik by ’n mondingwordingspartytjie van ’n onbekende dame sonder om vir enigiets te betaal. Daar was ook eetgoed in die hotelkamer waar die partytjie gehou was. ’n Vriend ene Kenneth het hom saamgeneem na die partytjie.

Saterdag teen dagbreek het beskuldigde 2 tesame met Kenneth en een van sy vriende met ’n huurmotor huis toe gegaan. Dit neem ongeveer ’n halfuur om per huurmotor vanaf Seepunt na Delft te ry. Beskuldigde 2 was egter nie seker of hy voor of na middagete by die huis aangekom het nie, maar die son het op daardie stadium geskyn. Beskuldigde 2 het die huis ongeveer 05h30 verlaat om werk toe te gaan die Sondagoggend. Hy het eers die middag teruggekeer huis toe.

Op vrae van die Hof het beskuldigde 2 weer getuig dat hy die huis om ongeveer 06h15 verlaat het op Sondagoggend, 9 November 2003. Chris en Kat het saam met hom gesmous die betrokke Sondag maar beskuldigde 2 weet nie waar die persone woonagtig was nie. Volgens beskuldigde 2 het hy nie sy moeder die betrokke naweek gesien nie. Die huis in Delft is ’n groot huis met twee slaapkamers waarvan een deur beskuldigde 2 gebruik was. Sy vriend, Kenneth, was woonagtig in Portlands, Mitchell's Plain. Beskuldigde 2 het nie mense geken wat in Strandfontein woonagtig was nie, maar hulle het wel in daardie omgewing gesmous. Beskuldigde 2 het die oorledene se vader die eerste keer by Kuilsrivier hof gesien nadat ander persone hom aan beskuldigde 2 uitgewys het.

Beskuldigde 2 het getuig dat hy nie bewus was van ’n partytjie wat die Saterdag by hulle huis te Delft plaasgevind het nie. Beskuldigde 2 het ook nie geweet waar sy moeder was toe hy by beskuldigde 1 se huis in Delft aangekom het nie.

Volgens beskuldigde 2 het hy nooit met die oorledene gepraat nie. Beskuldigde 2 het ook nie die oorledene se vader geken nie en het hom ook nooit vantevore gesien nie. Hy het beskuldigde 1 van die oorledene se ontvoering verneem toe hulle na die prokureur, mnr Hassen, gegaan het. Alhoewel beskuldigde 2 dit vreemd gevind het dat hy na die prokureur moes gaan, het hy nie vrae gevra in die verband nie. Beskuldigde 1 het hom ingelig dat hy (beskuldigde 2) na bewering ook betrokke was. Beskuldigde 1 en mnr Hassen het die aangeleentheid in beskuldigde 2 se teenwoordigheid bespreek. Die beskuldigdes het hulle aan die polisie oorgegee op die daaropvolgende Donderdag.

Me Arendse het namens beskuldigde 2 getuig. Me Arendse het getuig dat beskuldigde 2 haar seun is; dat hy ’n Toyota Corolla sedan motorvoertuig se lisensiedokument gedateer 31 Oktober 2003 as ’n Bewysstuk N ingehandig. Die getuie se neef se naam verskyn op Bewysstuk N aangesien hy borg geteken het vir die voertuig en die getuie nie oor ’n lisensie beskik het nie.

n Koopbrief gedateer 22 Oktober 2005 wat op dieselfde voertuig betrekking het, was as Bewysstuk O ingehandig. Die voertuig was rooi van kleur. Beskuldigde 2 het die voertuig in noodgevalle gebruik as me Arendse asma-aanvalle gekry het. Me Arendse het nie kennis gedra van ’n Tazz motorvoertuig nie. Beskuldigde 1 was me Arendse se aanstaande skoonseun. Die getuie het hom verblyf aangebied toe hy uit die hospitaal ontslaan was waarna hy by haar gaan bly het.

Tydens kruisondervraging namens beskuldigde 1 het me Arendse bevestig dat sy tesame met Shireen Jacobs in 2004 ’n besoek afgele het by beskuldigde 1 te Pollsmoor Gevangenis.

Tydens kruisondervraging deur die Staat bevestig me Arendse dat beskuldigde 1 en haar dogter saamgebly het in ’n huis te Delft. Die getuie het nie kennis gedra daarvan dat beskuldigde

  1. op ’n stadium by sy suster en beskuldigde 1 aan huis gaan biy het nie. Later getuig sy weer dat beskuldigde 2 by Hendelene hulle gebly het in November 2003. Beskuldigde 2 het vantevore in Mitchell's Plain gewoon. Die getuie het in Kraaifontein gebly op daardie stadium. Beskuldigde 2 was ook welkom om by haar aan huis te gebly het.

Beskuldigde 2 het tot St.6 op skool gevorder. Beskuldigde 2 het normaalweg wyn en whisky gedrink. Me Arense het nie

geweet watter tipe werk beskuldigde 2 in November 2003 verrig het nie en waarvandaan hy geld gekry vir sy lewensbehoeftes nie. Me Arendse het ook nie geweet watter tipe werk beskuldigde 2 gedoen het, sy getuig dit is nooit met beskuldigde 1 gekommunikeer het nie. Sy was bewus daarvan dat beskuldigde 1 gereeld na Kraaifontein toe gegaan het.

Op Saterdag, 8 November 2003, het die getuie met ’n huurmotor na Delft gegaan. Me Arendse het van ongeveer 12h10 tot 17h 15 by haar dogter gekuier. Beskuldigde 2 het volgens Hendelene in die kamer geslaap het, maar die getuie kon dit nie bevestig het nie. Daar was nie ’n partytjie by Hendelene se huis toe sy daar besoek afgele het nie.

Volgens me Arendse was daar nie ander rooi voertuie in die omgewing benewens haar eie voertuig nie. Beskuldigde 2 het haar vir ongeveer een jaar een maal per maand rondgery slegs as sy asma-aanvalle gekry het. Dit het net in die wintermaande gebeur dat sy asma-aanvalle gekry het. Beskuldigde 2 het dus net vyf of ses keer met haar voertuig gery as hy die getuie hospitaal toe gevat het. Me Arendse het toestemming aan beskuldigde 2 verleen om haar voertuig te bestuur omdat sy hom een keer met sy oupa se bakkie gesien ry het en sy dus geweet het hy kon bestuur. As die getuie ’n asma-aanval gekry het, het haar dogter vir beskuldigde 2

telefonies gekontak om die getuie te kom haal. Beskuldigde 2 sou saam met een van sy vriende vanaf Mitchell's Plain gekom het na Delft waar die getuie op daardie stadium gebly het. Dit het ongeveer ’n halfuur geneem om van Mitchell's Plain na Delft te ry. Die getuie was gewoonlik na Delft hospitaal toe geneem as sy dringend hulp nodig gehad het en aarvoeding moes gekry het. In November 2003 was sy per ambulans hospjtaal toe geneem na ’n asma-aanval.

Volgens me Arendse vertel die staatsgetuies leuens as hulle se dat beskuldigde 2 met haar voertuig rondgery het in die omgewing. Me Arendse het by mnr Kobus Matthews gehoor dat die polisie na die beskuldigdes gesoek het. Me Arendse het nie vir beskuldigde 2 hieroor uitgevra nie want sy het nie geweet waar hy homself bevind het nie.

Tydens vrae deur die Hof het me Arendse getuig dat sy nie kon onthou wie vir beskuldigde 1 by die hospitaal gaan haal het toe sy vir hom verblyf aangebied het nie. Beskuldigde 1 het ’n paar weke by haar gebly nadat hy uit die hospitaal ontslaan was. Die getuie weet nie waar beskuldigde 1 daarna gaan bly het nie. Dit het beskuldigde 2 se saak afgesluit.

Daarna het die Hof deskundige getuies geroep aangaande die betroubaarheid van die selfoonuitdruk, Bewysstuk G. Me

Renee Share is ’n (onduidelik) kommunikasiespesialis in die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Sy kon nie kommentaar gelewer het op die werking die akkuraatheid van die MNT selfoonnetwerk se sisteem nie. Sy het getuig dat die oproep- identifikasielyne van Telkom gedeaktiveer kon word. Die Kraaifontein polisiestasie se oproepidentifikasieiyne was inderdaad op ’n stadium gedeaktiveer. Insodanige gevalle sal die woorde “Call barred” bloot op ’n gegewe seifoonuitdruk verskyn. Toegang tot die polisie se eie databasis vir die jaar 2003 kon nie meer verkry word nie, aangesien die sisteem reeds intussen verander het.

Nadat me Hilda du Plessis deur die Hof herroep was, het die Staat weer sy saak herroep en me Renee Share was herroep. Sy het bevestig dat die Kraaifontein polisiestasie (onduidelik) wat wel op Bewysstuk G verskyn, naamlik 083 322 2670, 083 322 2671, 083 322 2672 en 083 322 2673. Die verdediging het nie hulle saak heropen nie en dit het dan die getuienis afgesiuit.

Die getuienis moet in die geheel beoordeel word en nie bloksgewys nie. Hoewel elke blokkie getuienis op sigself en alleenstaande nie voldoende mag wees om ’n beskuldigde se skuld daar te stel nie, moet die Hof beoordeel die getuienis as geheel onweerstaanbaar met die beskuldigdes se skuld al dan nie.

Wat die moordaanklag betref is dit in die onderhawige geval gemene saak dat die oorledene dood is as gevolg van skietwonde agter sy regterskouer en linkeroor of nek. Sien Bewysstuk C1. Die oorledene het minstens nege skietwonde hoofsaaklik aan die agterkant van sy kop, nek en skouergedeelte opgedoen. Hy het ook nog ’n skaafmerk en ander skerp trauma beserings opgedoen wat aanduidend van afweerhandelinge is. Die aantal wonde en ligging daarvan is ons insiens verder aanduidend daarvan dat die oorledene weerloos moes gewees het ten tye van die toediening van die skietwonde.

Dr Liebenberg se getuienis dat die skietwond agter die oorledene se regteroor op kort afstand toegedien was, is nie betwis nie. Hoewel die oorledene ’n vuurwapen ten tye van die ontvoering by hom gehad het, was daar na die skietaanval op die beskuldigde se voertuig nie meer rondtes in die wapen se magasyn en loop nie. Dit is ’n verdere aanduiding dat die jeugdige oorledene homself waarskynlik nie teen sy veel ouer aanvallers kon verweer het nie.

By gebrek van enige ander getuienis tot die teendeel, is die enigste redelike afleiding uit die aantal skietwonde asook die gedeelte van die liggaam waar dit toegedien was, dat die dader(s) opset gehad het om die oorledene te dood.

Die Hof moet beslis watter persoon of persone hierdie wonde toegedien het. Die beskuldigdes het hulle swygreg uitgeoefen tydens die pleitverrigtinge. Met verloop van die tyd het beide alibi’s as verweer geopper. Die bewyslas rus op die Staat om sy saak bo redelike twyfel te bewys. Dit beteken nie bewys bo enige sweem van enige twyfel nie, die klem val op redelike twyfel. Indien daar na behoorlike evaluering van al die getuienis ’n redelike moontlikheid bestaan dat die beskuldigdes se weergawe dalk waar mag wees, sal die voordeel van die twyfel aan die beskuldigdes gegee word. Die Hof hoef nie die beskuldigdes se weergawes noodwendig te glo nie, die Hof is ook geregtig om na die waarskynlikhede te kyk ten einde te bepaal of die beskuldigdes se weergawes redelik moontlik waar is. As die beskuldigdes se weergawes so onwaarskynlik is dat dit nie die waarheid kan wees nie, kan dit as vals verwerp word. Selfs die feit dat ’n beskuldigde se getuienis in isolasie beskou nie vatbaar vir kritiek nie, beteken nie dat daar nie ’n positiewe verwerping van sy getuienis kan wees nie. Die gehalte en oorwig van die getuienis tot die teendeel kan so oorweldigend wees dat selfs getuienis wat nie vir kritiek vatbaar is nie, verwerp kan word.

Die beskuldigdes word direk deur ’n enkele ooggetuie, mnr Van Rooyen, gei'mpliseer by die ontvoering van die oorledene. Die getuie was gewaarsku in terme van artikel 204 van die Strafproseswet ten opsigte van misdade wat nie op die onderhawige saak betrekking het nie, maar wat wel daarmee verband hou. Die Hof beoordeel mnr Van Rooyen se getuienis derhalwe met versigtigheid. Die benadering wat die howe in die verlede met betrekking tot die beoordeling van die geloofwaardigheid van enkelgetuies gevolg het is van toepassing. Die Hof moet oortuig wees dat sodanige persoon se getuienis die waarheid en geloofwaardig is ten spyte van tekortkominge, defekte en teenstrydighede in haar of sy getuienis. Goeie oordeel moet nie deur die versigtigheidsreel vervang word nie. Mnr Van Rooyen se weergawe word in ’n mindere of meerdere mate deur verskeie ander staatsgetuies gestaaf.

Mnr Van Rooyen getuig dat op Saterdagnag om ongeveer 22h30 het hy die oorledene na een van beskuldigde 1 se wonings gelee te Wallacedene vergesel. Die woning was kiaarblyklik op mnr Brian Fisher se perseel gelee, soos blyk uit die res van die getuienis.

Soos verder blyk uit die res van die getuienis, het beskuldigde 1 op daardie stadium reeds ampteiik na Delft verhuis en het toe slegs sy smokkelbesigheid op mnr Fisher se perseel bedryf. Of beskuldigde 1 die betrokke aand daarso oornag het al dan nie, is in geskii geplaas. Hoe dit ook al sy, na ’n onsuksesvolle aanval op ’n rooi luikrug voertuig en beskuldigde

  1. se lewe, het beskuldigde 2 later die nag die oorledene vasgegryp terwyl beskuldigde 1 ’n swart handvuurwapen teen die oorledene se kop gehou het. Die beskuldigdes het die oorledene toe in die rooi voertuig gedruk.

Ongeveer agt ander staatsgetuies bevestig onderskeidelik, eerstens, dat beskuldigde 2 vir beskuldigde 1 die betrokke aand net na 22h00 by mnr Fisher se perseel te Waliacedene gaan haal het en, tweedens, dat die oorledene in minstens beskuldigde 1 se teenwoordigheid was die betrokke dag van die oorledene se verdwyning, soos blyk uit telefoongesprekke tussen die getuies en beskuldigde 1.

Die Staat het ook onafhanklike getuienis aangebied bestaande uit selfoonuittreksel met betrekking tot ’n selfoonnommer wat beweerdelik aan beskuldigde 1 behoort het wat die staatsgetuies se weergawe grotendeels staaf. Dit kan verder uit die telefoongesprekke onderling tussen mnr Van Rooyen, mnr Matthews en beskuldigde 1 kort na die ontvoering in die nagtelike ure afgelei word dat die oorledene waarskynlik nog op daardie stadium geleef het.

Volgens mnr Felix was beskuldigde 2 steeds in beskuldigde 1 se teenwoordigheid die Sondagoggend na net ongeveer 08h00 aan gesien mnr Felix toe met beide beskuldigdes oor die telefoon gepraat het. Hoewel die tyd van dood van die oorledene nie met sekerheid presies bepaal kan word nie, is dit insiggewend dat beskuldigde 1 se selfoon die betrokke Sondagoggend tussen 01 h 11 en 01h20 in die Strandfontein gebruik was.

Aangesien die beskuldigdes se verweer op ’n blote ontkenning van die gebeure neerkom, moet die gehalte van die staatsgetuies en die beskuldigdes se weergawes asook die waarskynlikhede vervolgens oorweeg word. Die Hof is gedagtig aan die weersprekings wat daar in staatsgetuies se weergawes bestaan, soos wat deur tereg deur die verdedigingsadvokate tydens betoog uitgewys was. Die Hof is nie van voorneme om tydens die evaluering eike moontlike weerspreking of teenstrydigheid aan te haal nie, maar sal daar slegs na enkeles verwys word tesame met die bestaande stawende getuienis.

Die benadering van die Hof in hierdie verband is dat weersprekings per se lei nie noodwendig tot die verwerping van ’n getuie se getuienis nie. Twee of meer getuies gee ook selde dieselfde weergawe. Die Hof moet inagneming van getuienis as geheel bepaal of verskille genoegsaam wesenlik is om verwerping van die Staat se weergawe te regverdig. Die feit dat ’n getuie 'n fout maak in een opsig beteken ook nie dat hy leuens vertel oor ander aspekte nie. Die aard van die teenstrydighede, die aantal en belangrikheid daarvan en hoe ander dele van ’n getuie se weergawe daardeur geraak word, moet geevalueer word. Hoewel hulle nie as medepligtiges as sulks beskou word wat die onderhawige aanklagtes aanbetref nie, word mnre Van Rooyen en Matthews se getuienis met versigtigheid benader vanwee hulle betrokkenheid of moontlike betrokkenheid by verbandhoudende misdade.

Hoewel hulle nie perfekte getuies was nie en daar sekerlik kritiek teenoor hulle getuienis uitgespreek kan word, was hulle getuienis nie sodanig teenstrydig en onwaarskynlik dat die Hof nie bo redelike twyfel oortuig kan wees dat die wesenlike aspekte van hulle weergawes as die waarheid aanvaar kan word nie. Selfs ’n medepligtige se getuienis hoef nie in die geheel betroubaar en waar te wees alvorens dit weer aanvaar kan word.

In die onderhawige geval is dit byvoorbeeld sonder om spesifiek ’n bevinding in hierdie verband te maak, te wagte dat mnr Kobus Matthews nie noodwendig sou erken het dat hy opdrag gegee het dat beskuldigde 1 geskiet moes word nie. Dit is egter insiggewend dat beskuldigde 1 tydens een van die telefoniese gesprekke tussen homself en mnr Matthews ook sou gese het dat mnr Matthews, volgens die oorledene, vir hom sou gestuur het om vir beskuldigde 1 te gaan skiet het. Mnr Van Rooyen het getuig dat die oorledene dieselfde uitlating teenoor hom sou gemaak het vroeer die aand.

Die Hof is verder byvoorbeeld gedagtig aan die feit dat daar teenstrydigheid tussen mnre Matthews en Van Rooyen se weergawe bestaan oor op watter wyse beskuldigde 1 se selfoonnommer tot mnr Van Rooyen se beskikking gekom het. Die bron van die selfoonnommer was derhalwe deur die verdediging betwyfel. Wat egter wei soos ’n paal bo water staan, is dat beskuldigde 1 se selfoonnommer op die selfoonlys was wat mnr Van Rooyen aan die oorledene se vader en die polisie oorhandig het.

Volgens me Du Plessis was die versoek vir die data aangaande die selfoonnommer waarop Bewysstuk G betrekking het, alreeds op 27 November 2003 ontvang. Speurderinspekteur Mong het ook reeds op 9 November 2003 vir beskuldigde 1 al gebel nadat minstens een verklaring geliasseer was om ongeveer 15h00. Dit is dus onwaarskynlik dat speurderinspekteur Mong die selfoonnommer eers agterna in die dossier aangebring het, soos wat deur die verdediging tydens argument aangevoer was.

Beide die staatsgetuies, Shireen en Letitia Jacobs, bevestig mnr Van Rooyen se getuienis tot die effek dat hulle tesame met die beskuldigde in ’n rooi voertuig vanaf die perseel te Waliacedene gery het op Saterdagaand, 8 November 2003. Beide getuies het ’n goeie indruk op die Hof gemaak, veral me Letitia Jacobs. Me Shireen Jacobs het egter getuig dat hulle teen skemer vir beskuldigde 1 opgelaai het te Waliacedene terwyl me Letitia Jacobs getuig het dat dit donkernag plaasgevind het.

Mnr Brian Fisher, wat ook ’n goeie indruk op die Hof gemaak het, bevestig dat beskuldigde 2 vir beskuldigde 1 daar by hulle besigheidsperseel die betrokke Saterdagaand kom haal het.

Mnr Fisher het voorts getuig dat die beskuldigdes ongeveer 15 tot 20 minute later weer teruggekeer het met ’n jongerige persoon agter in die voertuig, welke persoon deur beskuldigde

  1. in bedwang gehou was. Me Letitia Jacobs se getuienis met betrekking tot die tyd sluit aan by mnr Van Rooyen en mnr Fisher se getuienis in hierdie verband.

Volgens mnr Van Rooyen het hy en die oorledene om ongeveer

22h30 na Wallacedene gegaan. Mnr Fisher het getuig dat beskuldigde 2 vir beskuldigde 1 die betrokke Saterdagnag net na 22h00 maar voor 23h00 kom haal het by sy perseel. Daar kan dus aanvaar word dat die persone later as skemeraand by mnr Fisher en beskuldigde 1 se besigheidsperseel te Wallacedene opgedaag het. Die teenstrydigheid in tyd kan waarskynlik aan me Shireen Jacobs se drankinname die betrokke aand toegeskryf word.

Mnr Van Rooyen word verder gestaaf met betrekking tot die skietaanval op beskuldigde 1 binne-in die voertuig waarin die beskuldigdes en die getuies gery het, watter persone in die voertuig was asook die beskuldigdes se posisie in die voertuig.

Mnr Van Rooyen het getuig dat die beskuldigdes tesame met dames vanaf die besigheidsperseel gery het. Al vier gemelde getuies was dit eens dat beskuldigde 2 die voertuig bestuur het en dat dit ’n rooi voertuig was. Hulle was nie almal vertroud met die fabrikate van voertuie nie.

Volgens mnr Van Rooyen het beskuldigde 1 links agter in die voertuig gesit toe die oorledene op die voertuig geskiet het. Die linkerruit van die voertuig was getref. Me Shireen Jacobs het getuig dat sy tesame met, onder andere, beskuldigde 1 agter in die voertuig gesit het terwyl beskuldigde 2 die voertuig bestuur het. Sy bevestig dat van die voertuig se ruite raakgeskiet was.

Me Letitia Jacobs het getuig dat sy tesame met beskuldigde 2 en ’n kind voor in die voertuig gesit het toe hulle vir beskuldigde 1 opgelaai het. Beskuldigde 1 moes dus by implikasie agter in die voertuig gesit het. Voorts bevestig sy dat ’n ruit van die voertuig tydens die skietery uitgeval het. Volgens mnr Fisher het beskuldigde 1 links agter in die voertuig geklim toe beskuldigde 2 hulle aanvanklik daar by sy perseel afgekom het. Hy bevestig ook dat me Shireen Jacobs, onder andere, in die voertuig was op daardie stadium. Daar was ook later in die aand koeelgate aan die passasierskant van die rooi voertuig en was een van die linkerkantste passasiersruite uit.

Die betrokke getuies vorm as ‘t ware drie verskillende groepe van wat normaalweg nie in die alledaagse lewe met mekaar meng nie. Dit is dus hoogs onwaarskynlik dat hulle kon saamgespan het om dieselfde weergawe in sulke besonderhede aan die Hof weer te gegee het. Dit is so dat daar nie wesenlike verskille in die getuies se weergawes bestaan soos byvoorbeeld aangaande die aspekte of mnr Fisher vir beskuldigde 1 moes gaan roep het al dan nie, maar ene Tessa in die betrokke rooi voertuig sou gesit het en die kwessie met betrekking tot boodskap wat beskuldigde 1 sou gestuur het aangaande die feit dat die getuies moes gese het dat hulle die betrokke Saterdagaand van Yi huurmotor gebruik gemaak het.

Beskuldigde 2 en sy moeder, me Arendse, het beide op ’n onoortuigende wyse getuig dat beskuldigde 2 slegs sy moeder se rooi Toyota Corolla sedan voertuig gebruik het om me Arendse hospitaal toe te neem tydens asma-aanvalle. Volgens me Arendse het beskuldigde 2 slegs ongeveer vyf of ses keer ’n jaar in die wintermaande haar hospitaal toe gevat. Me Arendse se weergawe in hierdie verband blyk ietwat onwaarskynlik te wees vanwee die afstand, tyd aspek en beskuldigde 2 se toevailige beskikbaarheid elke keer as sy dringend hospitaal toe moes gaan.

Hoe dit ook al sy, dit is duidelik dat beskuldigde 2 ook op ander geleenthede ander voertuig bestuur het, onder andere, op die verdediging se eie weergawe. Beskuldigde 2 en sy moeder het volgens beide beskuldigdes ook een keer vir beskuldigde 1 by die hospitaal gaan haal. Beskuldigde 2 moes immers op ’n stadium geleer bestuur het met Vi onbekende persoon se voertuig (onduidelik). Me Arendse het getuig dat sy juis vir beskuldigde 2 toegelaat het om haar voertuig te bestuur aangesien sy geweet het hy kon bestuur. Sy het ook een keer vjr beskuldigde 2 met sy oupa se bakkie gesien ry.


Mnre Van Rooyen, Brian Fisher, Oscar Felix en Kobus Matthews asook die Jacobs dames het vir beskuldigde 2 die betrokke dag of op ander geleenthede met ’n voertuig gesien rondry in die omgewing. Geen getuie het beweer dat beskuldigde 2 met sy moeder se rooi voertuig die betrokke dieselfde nag gery het nie, trouens mnr Brian Fisher het pertinent getuig dat die voertuig nie dieselfde voertuig as beskuldigde 2 se moeder se voertuig was nie. Beide die Jacobs dames het getuig dat beskuldigde 2 hulle die betrokke Saterdag met ’n rooi voertuig vervoer het. Me Shireen Jacobs was ook onseker of die spesifieke rooi voertuig aan beskuldigde 2 se moeder behoort het. Beskuldigde 2 het dus nie noodwendig met sy moeder se voertuig die betrokke Saterdag rondgery nie, hoewei mnr Van Rooyen die rooi Tazz voertuig ook vroeer die dag by beskuldigde 2 se familie in die blokke opgemerk het.

Mnr Felix het bevestig dat hy dieselfde dag vir beskuldigde 2 met ’n rooi Tazz of Conquest in die blokke gesien rondry het. Volgens mnr Felix was beskuldigde 2 die voorafgaande Vrydagnag/Saterdagoggend om ongeveer 04h00 met ’n rooi Tazz by sy woning met ’n CD-speler. Hierdie getuienis is wel deur beskuldigde 2 betwis.

Mnr Matthews het ook getuig dat mnre Theodoor en Van Rooyen tesame met die oorledene en beskuldigde 2 met ’n rooi Tazz of Conquest voertuig voor die getuie se huis se deur was die betrokke Saterdagmiddag. Die oorledene se vader het ook, na bewering, die rooi Tazz die Saterdagmiddag by die Claasens se huis gesien toe hy vanaf die werk teruggekeer het.

Die Hof heg egter nie enige waarde aan mnr Matthews se getuienis in hierdie verband nie, aangesien dit nie deur mnr Van Rooyen of ander betroubare getuies gestaaf was nie.

Uit die voorafgaande getuienis is dit duidelik dat beskuldigde 2 wel ’n rooi voertuig met ’n luikrug die betrokke naweek bestuur het. Dit is uiters onwaarskynlik dat die getuies hulle onderskeie weergawes aangaande die rooi voertuig kon gefabriseer het. Sommige getuies het byvoorbeeld nie eers geweet watter fabrikaat die rooi voertuig was nie.

Al die genoemde staatsgetuies was welbekend met die beskuldigdes, welke aspek nie betwis was nie. Dit was eers tydens die verdedigingsaak dat veral beskuldigde 1 te kenne gegee het dat die oorledene se vader nie aan hom bekend was nie. Mnr Claasens se getuienis tot die effek dat beskuldigde 1 gereeld by die oorledene besoek afgele het, was nooit pertinent tydens die staatsaak betwis nie. In die geheel gesien kon die getuies dus nie ’n fout met die identiteit van die beskuldigdes gemaak het nie.

Ten spyte van die beskuldigdes se ontkenning in hierdie verband, bestaan daar oorweldigende getuienis dat hulle wel die betrokke Saterdagaand in mekaar se teenwoordigheid was en dat hulle met ’n rooi voertuig, vermoedelik ’n Toyota Tazz, rondgery het.

Beskuldigde 1 kon nie ’n werklike rede aanvoer waarom die Jacobs dames valslik teenoor hom sou getuig nie behalwe om op ’n onoortuigende wyse die familieverband tussen die gemelde getuienis en mnr Kobus Matthews te blameer.

Beskuldigde 1 het aangevoer dat hy aangekla is weens ’n komplot wat mnr Matthews teen hom gesmee het omdat hy nie kon slaag met vorige aanslae op sy lewe nie. Mnr Matthews het ontken dat hy sy besigheid in kompetisie met beskuldigde 1 bedryf het of dat hy verantwoordelik was vir die skietaanvalle op beskuldigde 1. Beide beskuldigde 2 en me Arendse het getuig dat beskuldigde 1 nooit vir hulle ingelig het van enige moeilikheid wat hy met mnr Matthews spesifiek ondervind het vanwee ’n besigheidsverhouding wat suur geword het nie.

Beskuldigde 1 het getuig dat mnr Matthews self na die tweede skietaanval op beskuldigde 1 die vriendskap tussen hulle probeer red het, maar beskuldigde 1 was nie geinteresseerd om poging in hierdie verband aan te wend nie.

Beskuldigde 2 het aangevoer dat die staatsgetuies wat hom geTmpliseer het leuenagtig was omdat hulle moontlik deur mnr Kobus Matthews bemvloed kon gewees het. Hy het egter toegegee dat alle staatsgetuies nie deur mnr Matthews gedreig kon gewees het om teen hom te getuig het nie. Beskuldigde 2 kon nie werklik enige rede aanvoer waarom hy valslik deur die getuies impliseer sou word nie. Voorts daar is ook geen rede aangevoer waarom mnr Matthews moontlik ’n wrok teen beskuldigde 2 spesifiek kon gehad het nie.

Belangrik egter is die feit dat die Jacobs dames nooit die beskuldigdes met enige misdade geYmpliseer het nie, soos byvoorbeeld, besit van vuurwapens. Beskuldigde 1 het toegegee dat mnr Van Rooyen ’n risiko geloop het deur te getuig aangesien mnr Van Rooyen homself ge'mkrimineer het in die pleging van ander misdade as die onderhawige misdade.

Mnr Van Rooyen - en trouens geen ander getuie - het die saak teen die beskuldigdes probeer aandik nie. Mnr Van Rooyen het byvoorbeeld getuig dat die beskuldigdes glad nie op hom geskiet het tydens die ontvoering van die oorledene nie. Geeneen van die getuies wat met die beskuldigdes na die ontvoering oor die telefoon gepraat het, het byvoorbeeld beweer dat die beskuldigdes erken het dat hulle die oorledene doodgemaak het of sou gaan doodmaak het terwyl hulle dit maklik kon gedoen het as hulle die beskuldigdes met die oorledene se dood wou impliseer het.

Wat mnr Fisher betref, het beskuldigde 1 aangevoer dat hy ook deur mnr Kobus Matthews bei'nvloed kon gewees het. Tweedens, was mnr Fisher na bewering R4 000,00 aan beskuldigde 1 verskuldig. Hierdie belangrike beweegrede vir sy valse getuienis, naamlik die aspek van die skuld, was egter nooit aan mnr Fisher gestel tydens kruisondervraging nie. Die beweerde uitvalle aangaande hulle besigheid was ook nooit aan mnr Fisher gestel nie, inteendeel mnr Fisher het getuig dat hy en beskuldigde 1 vriende was, welke aspek nooit betwis was nie.

Volgens me Miriam Arendse, was sy nie bewus van ’n partytjie wat die Jacobs dames by Hendelene se huis die betrokke Saterdag bygewoon het nie. Me Arendse het egter, volgens haar eie getuienis, reeds Hendelene en beskuldigde 1 se woning teen 17h15 die betrokke dag verlaat. Benewens die feit dat me Arendse nie 'n goeie indruk as getuie gemaak het nie, neem haar getuienis nie die aangeleentheid in hierdie verband verder nie.

Beskuldigde 2 het getuig dat dit moontlik was dat daar ’n partytjie kon gewees het die betrokke Saterdag alhoewel hy geslaap het tot en met die Saterdagoggend. Me Arendse kon ook nie die hoorsegetuienis dat beskuldigde 2 tydens haar besoek elders in die huis geslaap het bevestig het nie terwyl beskuldigde 2 se weergawe in hierdie verband blyk nie geloofwaardig te wees in die lig van die totaliteit van die getuienis nie.

Vyf staatsgetuies, naamlik mnre Oscar Felix, Kobus Matthews, twee polisiegetuies asook die oorledene se vader het verskeie telefoongesprekke gedurende die tersaaklike tydperk voordat die oorledene se liggaam ontdek was, met beskuldigde 1 gevoer op dieselfde selfoonnommer, naamlik 073 166 6747. Hierdie oproepe was deur beskuldigde 1 ontken met uitsondering van die oproep wat hy vanaf speurderinspekteur Mong ontvang het. Volgens speurderinspekteur Mong het hy vir beskuldigde 1 op Sondag, 9 November 2003, op ’n stadium na 1 5h00 gebel.

Die onbetwiste getuienis van speurderinspekteur Mong was dat

dit die enigste telefoonnommer is wat hy van beskuldigde 1 gehad het. Speurderinspekteur Mong het ook die nommer in die ondersoekdagboek - in die dagboek van die saakdossier neergeskryf, soos gereflekteer word in Bewysstuk M.

Aangesien beskuldigde 1 die gesprek tussen hulle bevestig, moes inderdaad plaasgevind het en moes die selfoonnommer uiteraard aan hom behoort of deur hom gebruik gewees het. Beskuldigde 1 het aanvanklik ontken dat hy ooit van sodanige selfoonnommer gebruik gemaak het, maar het later tydens kruisondervraging toegegee dat hy moontlik oor sodanige selfoonnommer beskik het. Nog later, tydens vrae deur die Hof, het beskuldigde 1 weer getuig dat dit onmoontlik was dat hy oor ’n 073 selfoonnommer beskik het.

Beskuldigde 1 se eie weersprekende getuienis in hierdie verband is dus nie betroubaar nie, trouens beskuldigde 1 het tydens kruisondervraging deur die Staat bevestig dat speurderinspekteur Mong nie deel gevorm het van 'n beweerde komplot teen hom nie. Beskuldigde 1 het aangevoer dat speurderinspekteur Mong moontlik net ’n fout met die nommer gemaak het waarop hy hom gekontak het. Hierdie moontlikheid word verder uitgesluit deur die nommers wat op die dossier aangebring was deur die getuie, soos gereflekteer word in Bewysstuk M. Mnr Felix se getuienis dat hy oor beskuldigde 1 se selfoonnommer beskik het, was ook nie betwis nie. Mnr Felix het getuig dat hy en beskuldigde 1 in die verlede gereeld telefonies kontak gehad het.


Volgens konstabel Jacobs het hy vir beskuldigde 1 gebel op die betrokke nommer op Sondag, 9 November 2003, na 14h50. Konstabel Jacobs het getuig dat nie alleen die persoon wat die selfoon beantwoord het bevestig dat dit Donovan is wat praat nie, maar het ook beskuldigde 1 se stem herken aangesien hy al vantevore met hom te doen gehad het. Konstabel Jacobs se getuienis was geensins betwis nie.

Advokaat Lotter het op ’n later stadium aangedui dat dit ’n oorsig was om nie die plaasvind van die gesprek met konstabel Jacobs te betwis nie. Dit is geykte reg dat ’n regsverteenwoordiger van een party sy weergawe aan die opposiegetuies moet stel. Dit is betreurenswaardig dat ’n ervare advokaat soos advokaat Lotter sodanige oorsig met betrekking tot ‘n wesenlike aspek in hierdie saak begaan het. Ongeag hierdie oenskynlike oorsig is daar egter geen rede om konstabel Jacobs se getuienis te verwerp nie.

Mnr Claasens en mnr Van Rooyen het vir konstabel Jacobs gestaaf met betrekking tot die plaasvind van die gesprek. Beskuldigde 1 kon ook nie iater tydens sy getuienislewering verklaring waarom konstabel Jacobs ’n leuen sou vertel met betrekking tot die telefoonoproep nie.

Mnr Claasens het getuig dat hy ook op dieselfde geleentheid met beskuldigde 1 op die telefoon gepraat het op Sondag, 9 November 2003. Dit was nie uit die getuienis heeltemal duidelik of konstabel Jacobs vanaf ’n landlyn of vanaf mnr Claasens se selfoon na beskuldigde 1 se selfoon gebel het nie. Bewysstuk G reflekteer ’n oproep wat op 9 November 2003 om 14:42:48 vanaf Kraaifontein se sogenoemde roetenommers gemaak was wat versoenbaar is met konstabel Jacobs se getuienis in hierdie verband. Beskuldigde 1 se selfoonnommer was op die getuie se eie selfoon gelys nadat mnr Claasens die selfoon terugontvang het.

Dit is so dat daar ’n teenstrydigheid tussen mnr Van Rooyen en mnr Ciaasen bestaan met betrekking tot die feit of beskuldigde 1 se selfoonnommer op die oorledene of mnr Claasens se eie selfoon gelys was. Dit is egter duidelik dat die oorledene die betrokke Saterdagaand wel sy vader se selfoon ook op ’n stadium in sy besit gehad het en dit is moontlik dat daar by mnr Van Rooyen verwarring kon ontstaan het in watter persoon ’n spesifieke selfoon behoort het.

Hoe dit ook al sy, dit word onafhanklike dokumenteerde getuienis soos gereflekteer in Bewysstukke G en H bevestig dat daar, na die ontvoering, inderdaad vanaf mnr Claasens se selfoon geskakel was. Mnr Claasens het klaarblyklik nie die belang in die selfoonnommer besef waarop beskuldigde 1 geskakel was nie, aangesien hy eers later na soektog na Bewysstuk H waarop sy selfoonnommer verskyn te voorskyn gebring het. Die genoemde teenstrydigheid doen dus nie afbreuk aan die feit dat die oproep as sulks wel plaasgevind het nie. Beskuldigde 1 het tydens die oproep aan mnr Claasens bevestig dat die oorledene by hom was en dat hy die oorledene huis toe sou gebring het.

Mnr Claasens het verder getuig dat ’n polisiebeampte later die Sondagaand weer ’n oproep na beskuldigde 1 gemaak het in sy teenwoordigheid. Beskuldigde 1 het bevestig dat

speurderinspekteur Mong hom die betrokke Sondagmiddag teen ongeveer sonsondergang gebel het. Bewysstuk G reflekteer dat daar inderdaad om ongeveer 20h00 ’n oproep vanaf die Kraaifontein polisiestasie se roetenommer gemaak was.

Daar bestaan ook ’n teenstrydigheid tussen mnr Van Rooyen en mnr Matthews aangaande wyse waarop mnr Van Rooyen beskuldigde 1 se selfoonnommer bekom het. Dit staan egter vas dat mnr Van Rooyen sowel as mnr Claasens wel vir beskuldigde 1 op dieselfde nommer gebel het, soos wat mnr Matthews gedoen het. Dit blyk ook duidelik uit Bewysstuk M dat die betrokke 073 166 6747 nommer wat op die selfoon gelys was, wat mnr Van Rooyen later aan mnr Claasens oorhandig het, en dat hy dieselfde nommer aan die polisie verskaf het.

Mnr Claasens het ook getuig dat die betrokke nommer nie voorheen op sy selfoon gelys was nie, maar dat dit eers op sy selfoon verskyn het nadat mnr Van Rooyen die foon aan hom terugoorhandig het. Mnr Claasens het getuig dat hy nie weer met beskuldigde 1 gepraat het na die oproep die betrokke Sondag nie. Dit blyk egter uit Bewysstuk G dat daar wel oproepe vanaf die getuie se selfoon na beskuldigde 1 se selfoon gemaak is op Maandag 10 November 2003. Dit neem die aangeleentheid egter nie veel verder nie, aangesien enige ander persoon as mnr Claasens die oproepe op 10 November 2003 kon gemaak het, byvoorbeeld, moontlik die oorledene se ouer (onduidelik).

Mnr Van Rooyen het self vir beskuldigde 1 Saterdagnag om ongeveer middernag gebel om na die oorledene se welstand te verneem. Dit is onbekend van watter telefoon mnr Van Rooyen gebruik gemaak het. Mnr Claasens se selfoon, en nie die oorledene se selfoon soos mnr Van Rooyen aangeneem het nie, was op daardie stadium nog in mnr Van Rooyen se besit. Dit blyk die enigste foon in mnr Van Rooyen se besit te gewees het, aangesien hy getuig het dat hy beskuldigde 1 se nommer op die betrokke selfoonlys het nadat hy dit by mnr Matthews gekry het.

Mnr Van Rooyen het aanvanklik getuig dat hy nie bewus was daarvan dat beskuldigde 1 se selfoonnommer op die betrokke selfoon gelys was nie. Bewysstuk G reflekteer dit dat daar inderdaad om 1:11:09 ’n oproep vanaf mnr Claasens se foon na beskuldigde 1 se selfoon gemaak was. Beskuldigde 1 het op daardie stadium ook bevestig dat die oorledene by hom was.

Mnr Van Rooyen bevestig die plaasvind van die telefoongesprek tussen mnr Matthews en beskuldigde 1 op Saterdagaand 8 November 2003. Bewysstuk G reflekteer inderdaad ’n oproep op Saterdagaand om 23:53:13 wat vanaf beskuldigde 1 se nommer na mnr Kobus Matthews se foon gemaak was.

Volgens mnr Kobus Matthews het hy drie telefoongesprekke met beskuldigde 1 gehad na die oorledene se verdwyning. Die eerste gesprek het plaasgevind op Saterdag, 8 November 2003, toe hy vir beskuldigde 1 op sy selfoon op mnr Theodoor se versoek in verband met die aangeleentheid geskakel het. Bewysstuk G reftekteer ’n oproep wat vanaf beskuldigde 1 se selfoon na die getuie se selfoon gemaak was op die betrokke Saterdag om 23:53:13. Benewens die teenstrydigheid aangaande watter persoon die betrokke oproep gemaak het, blyk dit dat daar inderdaad ’n oproep tussen die partye plaasgevind het. Volgens mnr Matthews het beskuldigde 1 tydens die gesprek inter alia bevestig dat daar wel op hom geskiet was en dat die oorledene by hom was. Die tweede gesprek dieselfde nag het om ongeveer 1 h 11 plaasgevind toe beskuldigde 1 vir mnr Matthews geskakel het. Bewysstuk reflekteer inderdaad ’n oproep vanaf beskuldigde 1 se selfoon na die getuie se selfoon op 9 November 2003 om 1:11:09. Tydens hierdie gesprek sou beskuldigde 1 aan die getuie gese het om nie voorskriftelik aangaande die aangeleentheid te wees nie.

Die derde gesprek het plaasgevind na die getuie en ander persone se terugkeer aan Delft op die betrokke Sondag. Bewysstuk reflekteer weereens 'n oproep vanaf mnr Matthews se selfoon na beskuldigde 1 se selfoon op 9 November 2003 om 9:05:06, soos mnr Matthews getuig het.

Beskuldigde 1 het tydens hierdie gesprek aan mnr Matthews gevra waarom hy sy mense op hom laat skiet het. Beskuldigde 1 het gese dat hulle voertuig vol gate geskiet was. Volgens beskuldigde 1 het die oorledene be weer dat die getuie sodanige opdrag gegee het en dat mnr Matthews aan die oorledene ’n vuurwapen verskaf het om hom te skiet. Op daardie geleentheid het mnr Matthews ook vir beskuldigde 1 ingelig dat die polisie na hom gesoek het en dat beskuldigde 1 eerder die oorledene moes teruggebring het. Beskuldigde 1 het toe aangedui dat hy sou kyk wat hy met die oorledene sou gemaak het en weereens vir die getuie gese om nie voorskriftelik te wees nie. Die plaasvind van die telefoongesprek word dus deur ’n onafhanklike getuie, me Du Plessis, bevestig soos dit ook gereflekteer word in Bewysstuk G. ’n Uitdruk van MTN wat op die selfoonnommer 073 166 6747 betrekking het.

Dit is hoogs onwaarskynlik en net te toevallig dat al die getuies met beskuldigde 1 op die genoemde selfoonnommer gepraat het as die nommer nie inderdaad deur hom gebruik was nie. Me Du Plessis het getuig dat die inligting wat op die betrokke seifoonuitdruk verskyn is honderd akkuraat aangesien alle data elektronies geprosesseer word en dan ook sogenaamde backup sisteme bestaan om die betroubaarheid van die proses te verseker.

speurderinspekteur Mong het pertinent getuig dat die oproep wat hy na beskuldigde 1 se selfoon gemaak het, word op nie Bewysstuk G gereflekteer nie. Daar bestaan geen twyfel dat die telefoongesprek tussen beskuldigde 1 en speurderinspekteur Mong inderdaad plaasgevind het. Me Share het bevestig dat dit moontlik is om Telkom en ander oproepidentifikasielyne te deaktiveer. Kraaifontein polisiestasie se oproepidentifikasielyne was juis op 'n stadium gedeaktiveer.


Die deskundige getuies het verder getuig dat dit die Kraaifontein polisiestasie gebruik maak van sogenaamde roetenommers wat wel op Bewysstuk G gereflekteer word. Daar bestaan dus geen rede om die betroubaarheid van die selfoonuitdruk, naamlik Bewysstuk G, te betwyfel nie.

Volgens mnr Fisher het beskuldigde 1 hom ook geskakel na beskuldigde 1 se arrestasie. Beskuldigde 1 sou na bewering vir mnr Fisher na sy prokureur, mnr Mostert, gestuur het in ’n poging om met die ondersoek in te meng. Alhoewel hierdie aspek deur beskuldigde 1 ontken was en dan ook aanvanklik pertinent ontken was dat mnr Mostert ooit beskuldigde 1 se regsverteenwoordiger was, blyk dit later dat mnr Mostert inderdaad vir beskuldigde 1 verteenwoordig het.

Beskuldigde 1 moes ook aan mnr Fisher verduidelik het waar mnr Mostert se kantore gelee was, aangesien mnr Mostert nie aan die getuie bekend was nie.

Die feit dat kaptein Pienaar nie ’n selfoon by beskuldigde 1 gevind het met sy arrestasie tydens visentering nie, neem die aangeleentheid nie veel verder nie. Enige besoeker kon die selfoon vir beskuldigde 1 tydens besoeke gebring het.

Mnre Van Rooyen, Felix, Matthews word ook met betrekking tot hulle besoek aan beskuldigde 1 se woning te Delft op die betrokke Sondagoggend deur beskuldigde 1 self gestaaf in die opsig dat beskuldigde 1 wel daarna ’n boodskap gekry het om vir mnr Felix te bel. Beskuldigde 1 het beweer dat hy nie belang gestel het om op die boodskap te reageer nie, terwyl beide mnr Felix en mnr Matthews getuig het dat beskuldigde 1 wel vir mnr Felix gebel het terwyl hulle op die R300 snelweg op pad terug vanaf Delft gery het. Volgens mnr Felix het hy tussen 08h00 en 08h20 met beide beskuldigdes oor die foon gepraat.

Mnr Felix en mnr Matthews weerspreek mekaar met betrekking tot die feit dat watter persone in die voertuig na die gesprek kon geluister het en waar in die voertuig mnr Felix gesit het tydens die gesprek. Die weersprekings is egter nie wesenlik nie, aangesien die oproep wel plaasgevind het op Sondag 9 November 2003 om 8:19:59, soos gereflekteer word in Bewysstuk G.

Tydens die gesprek met mnr Felix het beskuldigde 1 aangedui dat hy nog sou besluit het wat hy met die klong, verwysende na die oorledene, sou gemaak het. Beskuldigde 1 het dus bevestig dat die oorledene wel in sy teenwoordigheid of onder sy beheer was na die beweerde ontvoering.

Die Hof is ook gedagtig aan die verskille wat tussen die staatsgetuies se weergawes ten opsigte van ander aspekte bestaan. Mnr Claasens het byvoorbeeld getuig dat beskuldigde 1 die betrokke Saterdagmiddag by sy huis was tesame met, onder andere, Chico, terwyl mnr Van Rooyen hierdie aspek ontken het.

Daar bestaan ook teenstrydigheid tussen mnr Claasens en mnr Van Rooyen aangaande die tye waarop die oorledene die lugtyd gaan koop het en of die oorledene die lugtyd weer later aan sy vader oorhandig het al dan nie. Volgens me Shireen Jacobs het sy nie weer na 8 November 2003 met beskuldigde 1 gepraat nie, terwyl me Arendse getuig het dat sy vir beskuldigde 1 tesame met die getuie na sy arrestasie in Pollsmoor besoek het.

Me Letitia Jacobs het verder melding gemaak van ’n poging wat beskuldigde 1 aangewend het om hulle te probeer beTnvloed deur ’n boodskap met Shireen Jacobs die daaropvolgende Sondag te stuur.

Dit is insiggewend dat mnr Fisher ook beweer het dat beskuldigde 1 hom ook probeer beTnvloed het deur beskuldigde 1 se prokureur te gaan se dat hy vroeer deur die polisie gebruik was om ’n valse verklaring af te gele het. Mnr Felix het ook duidelik ’n fout met die tyd begaan dat hy die betrokke Saterdagnag gaan slaap het nadat hulle ingelig was van die ontvoering.

Daar bestaan verder verskille tussen mnr Matthews en mnr Van Rooyen aangaande die feit of die oorledene laat Saterdagmiddag by mnr Matthews se huis was a I dan nie. Flierdie aspekte is egter nie deurslaggewend van aard by die beoordeling van die getuies en die beskuldigdes se weergawes wat die wesenlike aspekte in die saak aanbetref nie, byvoorbeeld, die verloop van die gebeure sedert die betrokke Saterdagaand tot en met die tyd wat die oorledene se liggaam ontdek was nie.

Daar het verskeie onbevredigende aspekte in beskuldigde 1 se weergawe na vore gekom.

1. Beskuldigde 1 het aangevoer dat daar ’n klomplot teen hom gesmee was en dat dit die rede was waarom al die getuies teen hom getuig het en het geTnsinueer dat hulle deur mnr Kobus Matthews beinvloed was. Benewens die feit dat hierdie bewering op blote spekulasie en nie op enige klinkklare bewyse berus het nie, kan beskuldigde 1 ook nie aanvaarbare redes verskaf het waarop minstens die polisiegetuies en die oorledene se vader valslik teen hom sou getuig het nie. Dit was byvoorbeeld ook nooit tydens kruisverhoor aan mnr Fisher gestel dat hy valse getuienis teen beskuldigde 1 afgele het omdat hy R4000,00 vir pille aan hom verskuldig was nie of omdat hy deur mnr Kobus Matthews beinvloed was nie. Dit was ook nooit betwis dat die betrokke persone goeie vriende was nie en was die beweerde uitvalle oor hulle besigheid nooit aan mnr Fisher gestel nie.

Beskuldigde 1 kon ook nie werklik enige rede aanvoer waarom die ander getuies valslik teen hom sou getuig het nie. Dit is onwaarskynlik dat al hierdie getuies kon saamgesweer het om vir beskuldigde 1 te impliseer vanwee die feit dat hulle as ‘t ware uit verskillende groepe getuies bestaan het, wie se weergawes ook deur onafhanklike getuienis gestaaf word. Die getuies was sekerlik ook nie vooraf bewus daarvan dat selfoonrekords verkry sou word om die betroubaarheid van hulle weergawes na te gaan nie, trouens, soos reeds vermeld, dat beskuldigde 1 pertinent getuig het dat speurderinspekteur Mong nie deel van die beweerde komplot teen hom was nie, maar het aangevoer dat dit ’n blote fout met die selfoonnommer gemaak het.

2. Mnr Fisher het getuig dat beskuldigde 2 gewoonlik elke aand om ongeveer 22h00 vir beskuldigde 1 in Wallacedene kom haal het. Hierdie aspek was nie betwis tydens kruisondervraging van mnr Fisher nie, hoewel beskuldigde 1 dit tydens sy getuie nislewering ontken het. Daar was bloot betwis dat beskuldigde 2 tesame met ander persone vir beskuldigde 1 die betrokke Saterdagaand met ’n rooi voertuig daar gaan haal het.

Mnr Fisher se getuienis was ook nooit pertinent betwis ten opsigte van die feit dat beskuldigde 1 die betrokke Saterdagaand aan die getuie sou gese het dat daar wel alweer op hom geskiet was nie.

3. Tydens kruisondervraging van mnr Fisher was pertinent namens beskuldigde 1 ontken dat ’n regsverteenwoordiger by name van mnr Mostert hom ooit verteenwoordig het. Later tydens sy getuienis in hoof het beskuldigde 1 speurderinspekteur Mong se getuienis bevestig tot die effek dat mnr Mostert hom wel tydens beide borgaansoeke verteenwoordig het. Beskuldigde 1 het getuig dat mnr Hassen hom aanvanklik ten tye van die beweerde oproepe verteenwoordig het.

4. Daar is ook nooit tydens kruisondervraging aan mnr Fisher gestel dat hy die telefoon wat beskuldigde 1 aan hom beskikbaar sou gestel het, verkoop het nie. Dit was dus nie gestel dat mnr Fisher nie 'n foon gehad het waarop beskuldigde 1 se selfoonnommer gelys was nie en waarop beskuldigde 1 hom kon gekontak het nie.

5. Dit was nooit aan speurderinspekteur Mong gestel dat hy op Sondag, 9 November 2003, telefonies vir beskuldigde 1 sou ingelig het wat die ooggetuies wat na bewering sou gesien het hoedat beskuldigde 1 die oorledene in ’n voertuig ingeforseer het nie. Ten spyte van die feit dat sy advokaat kennis daarvan gedra het en hy tel kens instruksies aan haar gegee het, het dit vir beskuldigde 1 ontgaan om vir sy advokaat instruksies te gegee het om hierdie weergawe aan speurderinspekteur Mong te gestel het.

6. Alhoewel hierdie aspek nie deurslaggewend is nie, het beskuldigde 1 aangevoer dat sommige van sy kiiente wat hom saans na werk geleenthede na sy huis te Delft gebied het, sy vriende was. Later het hy aangevoer dat hy nie sodanige persone goed geken het nie en kon hy slegs een van die drie genoemde persone se adres uitgewys het.


7. Beskuldigde 1 het aanvanklik ontken dat hy oor ’n 073 selfoonnommer beskik het, maar tydens kruisondervraging deur die Staat het hy toegegee dat dit wel moontlik is dat hy oor sodanige nommer kon beskik het. Later tydens vrae deur die Hof het beskuldigde 1 weer te kenne gegee dat dit onmoontlik is dat hy van Jn 073 nommer gebruik gemaak het. Daar is reeds verwys na ander getuienis tot die teendeel.


8. Aanvanklik het beskuldigde 1 in sy getuienis in hoof getuig dat beskuldigde 2 die Sondagoggend, 9 November 2003, by hulle huis aangekom het. Beskuldigde 1 was tussen 09h00 en 10h00 by sy huis te Delft. Later tydens kruisondervraging was beskuldigde 1 onseker waar hy beskuldigde 2 die betrokke dag ontmoet het en was hy onseker of beskuldigde 2 ook die Sondagoggend by die huis was. Hy het wel met beskuldigde 2 oor die algemeen gesels tydens ’n ontmoeting op Sondagoggend. Daar was nie ’n spesifieke rede vir die ontmoeting nie. Daarna getuig beskuldigde 1 weer dat beskuldigde 2 wel saam met hulle die betrokke Sondagoggend by die huis was. Beskuldigde 1 was teen twaalfuur weer terug by sy werk gewees in Waliacedene, Kraaifontein.

Hierdie getuienis is teenstrydig met beskuldigde 2 se getuienis dat hy reeds die Sondagoggend om ongeveer 05h30 of 06h15 gaan smous het en eers weer Sondagmiddag teruggekeer het huis toe. Beskuldigde 1 het sedert Sondagaand, 9 November 2003 tot Woensdagaand, 12 November 2003, elders in stede van by sy huis gebly.

Beskuldigde 2 het ook tydens die kruisondervraging van mnr Fisher pertinent ontken dat hy vir beskuldigde 1 die betrokke naweek gesien het. Die beskuldigdes het hulle prokureur op Maandag, 10 November 2003, gaan spreek nadat beskuldigde 1 vir beskuldigde 2 gaan oplaai het en hom eers op daardie stadium van die bewerings ingelig het.


9. Beskuldigde 1 het getuig dat die oorledene net van aansien aan hom bekend was. Mnr Claasens het egter getuig dat beskuldigde 1 met tye in die verlede by hulle aan huis gekom het as hy vir die oorledene besoek het. Hierdie aspek is nooit namens beskuldigde 1 betwis nie. Daar was bloot betwis dat beskuldigde 1 die betrokke Saterdag saam met beskuldigde 2 in ’n rooi voertuig by die oorledene se huis was. Daar bestaan geen klaarblyklike rede waarom mnr Claasens hierdie getuienis sou fabriseer het nie.


Mnr Claasens se getuienis tot die effek dat beskuldigde 1 saam met ene Teresa die oorledene daar by huis gekom spreek het, was ook nie namens beskuldigde 1 betwis nie. Die oorledene is, volgens mnr Claasens, deur Teresa gedreig omdat hy na bewering ’n vuurwapen by ’n ander persoon afgeneem het. Mnr Van Rooyen se stawende getuienis in hierdie verband was ook nooit betwis nie.


Mnr Fisher het getuig dat beskuldigde 1 ’n vuurwapen na die tweede skietaanval op hom by die perseel te Wallacedene aangebring het. Die vuurwapen het verdwyn nadat beskuldigde 1 tesame met beskuldigde 2 en vermoedelik die oorledene na die perseel teruggekeer het die betrokke Saterdagaand.

Beskuldigde 1 het ontken dat hy ooit ’n vuurwapen besit het. Dit is egter onwaarskynlik dat beskuldigde 1 geen ekstra veiligheidsmaatreels sou getref het na die tweede skietaanval op hom nie, benewens om die muur om die perseel te verstewig.


11. Beskuldigde 1 het die indruk geskep dat hy deurentyd die Saterdagaand en nag by mnr Fisher se perseel te Waliacedene, Kraaifontein, was. Volgens beskuldigde 1 het hy die Sondagoggend vir ’n kort tydperk teruggekeer na sy huis gelee te Delft en was teen twaalfuur weer by sy werksplek te Waliacedene. Dit is egter duidelik uit die seifoonuitdruk, naamlik Bewysstuk G, dat beskuldigde 1 homself in verskillende areas bevind het toe hy oproepe gemaak en ontvang het die betrokke Saterdagaand en Sondagoggend.

Beskuldigde 2 het ’n besondere onoortuigende weergawe van die gebeure van die betrokke naweek gegee en het nie ’n goeie indruk op die Hof gemaak nie. Alhoewel beskuldigde 1 aanvanklik getuig het dat hy en beskuldigde 2 goeie vriende was, het beskuldigde 2 homself op ’n onsuksesvolle wyse sover as moontlik van beskuldigde 1 probeer dlstansieer. Ten spyte van die feit dat die beskuldigdes in een huis woonagtig was en klaarblyklik minstens 'n goeie verhouding gehandhaaf het, het beskuldigde 2 getuig dat hy nie geweet het watter tipe werk beskuldigde 1 gedoen het nie. Beskuldigde 2 se weergawe dat hy nie bewus was daarvan nie, dat beskuldigde 1 weens ’n skietaanval op sy lewe in die hospitaal was nie, is ook onoortuigend. Beskuldigde 1 was versoek om voortydig die hospitaal te verlaat en kon nog nie na hore herstel het op daardie stadium nie. Beskuldigde 2 moes dus kennis gedra het van sy toestand en die oorsaak daarvan. Voorts het beskuldigde 1 ’n verhouding met beskuldigde 2 se suster gehad en het beskuldigde 1 ook op ’n stadium tydelik by beskuldigde

  1. se moeder gewoon.

Beskuldigde 2 se weergawe dat hy na die mededeling in verband met onjuiste aantygings teen hulle bloot vir beskuldigde 1 na die prokureur vergesel het sonder om enige vrae te stel of iets te se, is ook uiters onwaarskynlik. Volgens beskuldigde 1 het hy deur die loop van Sondagoggend tussen 09h00 en 10h00 wel vir beskuldigde 2 in Delft gesien terwyl beskuldigde 2 getuig het dat hy die huis tussen 05h30 en 06h15 verlaat het om werk toe te gaan.

Beskuldigde 2 se bewerings aangaande sy alibi en bewegings

die tersaaklike tydperk word dus deur beskuldigde 1 sowel as die staatsgetuies weerspreek en kan nie as redelik moontlik waar aanvaar word nie.

Daar bestaan geen klaarblyklike rede waarom mnr Felix valslik sou beweer het dat hy die betrokke oggend tussen ongeveer 08h00 en 08h20 ook met beskuldigde 2 op die telefoon gepraat het nie. Beskuldigde 2 het voor mnr Felix grootgeword en daar bestaan geen getuienis tot die effek dat hulle enige probleme in al die jare met mekaar ondervind het nie. Mnr Fisher was klaarblyklik ook met beskuldigde 2 se vader en oom bevriend en hy het by beskuldigde 2 hulle aan huis gekom. Weereens bestaan daar geen getuienis van spesifieke probleme tussen mnr Fisher en beskuldigde 2 nie.

Mnr Van Rooyen het die oorledene vergesel om spesifiek vir beskuldigde 1 te gaan aanval en kon niks daarby gebaat het om vir beskuldigde 2 by die gebeure van die betrokke Saterdagaand te betrek het nie. Dieselfde geld vir die Jacobs dames.

Beskuldigde 2 is immers me Shireen Jacobs se broerskind terwyl me Letitia Jacobs weer haar skoonsuster is. Me Arendse staaf of weerspreek beskuldigde 2 nie met betrekking tot sy bewegings die betrokke Saterdag en Sondag nie. Op haar weergawe is dit ook moontlik dat beskuldigde 2 wel met ander voertuie as haar eie met tye rondgery het. Daar bestaan dus oorweldigende getuienis wat beskuldigde 2 se vae weergawe weerspreek.

Beide beskuldigdes het geen getuies geroep ter stawing van hulle alibi met betrekking tot hulle bewegings op die tersaaklike Saterdag en Sondag nie. Beskuldigde 1 het egter melding gemaak van drie persone wat by sy huis te Delft aanwesig was toe hy die Sondagoggend vir die eerste keer sedert die vorige dag daar aangekom het. Hendelene was byvoorbeeld deur geeneen van die beskuldigdes geroep nie. Sy was na bewering ook tuis toe beskuldigde 2 vanaf die Saterdag tot die Sondagoggend daar by hulle huis geslaap het. Beskuldigde 2 het ook verkies om geen getuies te roep aangaande die gebeure die voorafgaande Vrydag en die betrokke Sondag nie, hoewel hy dit klaarblyklik kon gedoen het as hy wou.

Al hoewel daar geen bewyslas op die beskuldigdes rus met betrekking tot hulle alibi’s nie en hulle versuim om alibi getuies te roep as sulks nie ’n nadelige afleiding teen hulle regverdig nie, kon hulle maklik hulle geloofwaardigheid in hierdie verband versterk het. Die korrekte benadering is om ’n alibi in die lig van die totaliteit van die getuienis en ook die Hof se indrukke van die getuienis te beoordeel. As daar ’n redelike moontlikheid bestaan dat die alibi getuienis waar kan wees, bestaan dieselfde moontlikheid dat die persone nie die misdade gepleeg het nie. Beskuldigde 1 se alibi word direk deur mnr Brian Fisher weerle. Volgens mnr Fisher het beskuldigde 1 nie op sy perseel die betrokke Saterdagnag oornag nie. Beskuldigde 2 het ook nie die hele Saterdag tot Sondagoggend geslaap en toe werk toe gegaan nie, aldus die twee Jacobs dames, mnr Van Rooyen, mnr Oscar Felix en mnr Fisher. Me Arense tot die effek dat Hendelene die Saterdagmiddag sou gese dat beskuldigde 2 in sy kamer gele en slaap het, is biote hoorse en neem nie die aangeleentheid nie veel verder nie. Dit is wel moontlik dat beskuldigde 2 op ’n stadium gedurende die betrokke Saterdag kon geslaap het, maar hy het klaarblyklik nie meer geslaap ten tye van die misdaadpleging nie. Die Jacobs dames het tydens beskuldigde 2 die Saterdagaand na die partytjie by Hendelen se huis later wakker gemaak moes word om hulle vir die tweede keer daardie dag te vervoer het.


Me Arendse se getuienis in die algemeen is vaag en het hierdie saak na die een of anderkant toe nie veel verder geneem nie. Haar aanvanklike getuienis dat sy nie bewus was daarvan dat beskuldigde 2 op ’n stadium by Hendelene en beskuldigde 1 woonagtig was nie, is ietwat onwaarskyniik. Sy

het klaarblyklik soms by haar dogter besoek afgele, soos sy ook die betrokke Saterdag gedoen het. Beskuldigde 2 was ook telefonies gekontak om haar hospitaal toe te neem in noodgevalle en mos sy sekerlik geweet het waar hy woonagtig was.

Later het sy weer bevestig dat beskuldigde 2 wel in November 2003 by sy suster woonagtig was. Later het sy weer bevestig dat beskuldigde 2 wel in November 2003 by sy suster woonagtig was. Me Arendse het verder getuig dat sy nie weet waar die beskuldigdes gewerk het nie. Volgens haar het sy nooit met beskuldigde 1 gekommunikeer nie. Beskuldigde 1 het egter die indruk geskep dat hy op goeie voet met me Arendse verkeer het. Beskuldigde 1 het selfs die vrymoedigheid gehad om me Arendse te versoek om hom by die hospitaal te gaan haal het toe hy ontslaan was na ’n skietvoorval en was hy ook tydelik daarna by haar woonagtig.

Me Arendse se getuienis tot die effek dat daar nie die betrokke Saterdagmiddag ’n partytjie by Hendelene se woning was nie, is nie van veel betekenis nie, aangesien sy reeds om ongeveer 1 7h 15 daarvandaan vertrek het. Dit is verder onwaarskynlik dat sy nooit vir beskuldigde 2, die polisie of vir Matthews sou uitgevra het waarvoor haar seun deur die polisie gesoek was nie.

Die Hof het bevind dat as die identifiserende getuienis versigtig teen die alibi getuienis van opgeweeg word, eersgenoemde oorweidigend is. Opsommenderwys het al die staatsgetuies in ’n mindere of meerdere mate ’n goeie indruk op die Hof gemaak. Hoewel daar sekere weersprekings kom in die staatsgetuies se weergawes, hetsy in hulle eie weergawes of onderling, kan dit egter te wagte wees as gevolg van die tydsverloop tussen die gebeure. Hulle staaf mekaar egter in wesenlike opsigte en word hulle getuienis ook in sekere aspekte deur beskuldigde 1 asook onafhanklike getuienis wat op die MTN netwerk betrekking het gestaaf. Die Hof bevind dat die staatsgetuies se weergawes in wese as betroubaar en geloofwaardig aanvaar kan word ten opsigte van die wesenlike aspekte behaiwe waar anders aangedui.

Daarteenoor is die beskuldigdes se weergawes in die geheel so onbevredigend en onwaarskynlik dat dit sonder voorbehoud verwerp kan word. Die gehalte en oorwig van die getuienis tot die teendeel is verder so oortuigend dat die Hof genoop voel of die moontlikheid dat die beskuldigdes se weergawes waar mag wees uit te skakel.

Die vraag bestaan vervolgens aan watter misdrywe die beskuldigdes hulle skuldig gemaak het op die bewese feitestel, indien enige. ’n Beskuldigde kan skuldig bevind word aan moord as die doodmaak wederregtelik was en daar is bewys -

(a) dat hy die oorledene persoonlik doodgemaak het met die vereiste dolus vir byvoorbeeld om vir die oorledene te skiet of

(b) dat hy ’n party was tot ’n gemeenskaplike doel om te moor en een of meerdere persone van die party pleeg die daad of

(c) dat hy ’n party was tot ’n gemeenskaplike doel om ’n ander misdaad te pleeg en hy die moontlikheid voorsien het dat een of meerdere partye die slagoffer se dood kan veroorsaak in die uitvoering van hulle plan en hy voortgegaan het daarmee onversktllig aangaande die intrede van sodanige fatale gevolge;

(d) die beskuldigde moet binne die trefwydte van enige van die scenario’s in (a) tot (c) val, ongeag watter een aangesien in elke geval skuldig sal wees aan moord.

Die Hof is van oordeel dat die optrede van die beskuldigdes daarop dui dat hulle deurentyd met minstens gemeenskaplike opset gehandel het om ’n misdaad te pleeg, naamlik menseroof. Die leerstuk van gemeenskaplike doel kan soos volf geformuleer word:


As twee of meer mense saamspan in ’n onderneming met ’n regtelike doel is ieder een aanspreeklik vir handelinge wat deur die ander verrig word teen bevordering van die gemeenskaplike doel mits hy -

1. die moontlikheid voorsien het dat die ander een daardie handeling kon verrig in die nastrewing van hulle gemeenskaplike doel; en

2. onverskillig was omtrent die intrede van sodanige handelinge en hulle gevolge.”

Soos beslis deur ons howe moet daar vyf voorvereistes aanwesig wees om ’n beskuldigde aanspreeklik te hou waar ’n voorafgaande ooreenkoms nie bewys is nie en ten aansien waarvan daar nie bewys is dat ’n beskuldigde kousaal bygedra het tot die dood of besering van die slagoffer of oorledene nie:

1. ’n Beskuldigde moes by die geweldstoneel teenwoordig gewees het;

2. Hy moes bewus gewees het van die aanranding op die slagoffer;

3. Hy moes die opset gehad het om gemene saak te maak met diegene wat inderdaad die aanranding gepleeg het;

4. Hy moes sy deelname aan die gemeenskaplike doel met die pleeg van die misdaad gemanifesteer het deur een of ander daad van assosiasie met die optrede van die daad; en

5. die nodige mens rea moes by hom teenwoordig gewees het sodat met betrekking tot die doodslag van die oorledene daar dolus directus of dolus eventualis in sy gemoed moes gewees het.

Die aanwesigheid van die bestaan van ’n gemeenskaplike opset tussen beskuldigdes kan verder uit die omstandighede afgelei word. Gemeenskaplike opset aan nie noodwendig met voorafbeplanning gepaard nie, maar kan ook op die ingewing van die oomblik gevorm word. Die latere optrede van ’n persoon mag in gepaste omstandighede die afleiding regverdig dat hy in die gemeenskaplike opset gedeel het.

In gevalle waar twee persone dus deelneem aan ’n misdaad en die een van hulle in die loop van die misdaadpleging die slagoffer dodelik verwond en die ander daarna optree op ’n wyse wat daarop dui dat hy hom vereenselwig met wat gebeur het, sodanige latere optrede aangewend kan word as die grondslag van afleiding dat hy die moontlikheid voorsien het dat die slagoffer gedood kon word en onverskillig daarteenoor gestaan het, maar of so ’n afleiding regverdig is, hang af van al die omstandighede van ’n bepaalde geval.

Daar is reeds verwys na die direkte getuienis dat beide beskuldigdes die oorledene teen sy wil ontvoer het. Die Hof het aanvaar hierdie getuienis was betroubaar. Beide beskuldigdes het positiewe handelinge verrig om die oorledene onder bedwang te bring tydens die ontvoering en hom in hulle voertuig te druk. Hierdie optrede deur die beskuldigdes strook met die waarskynlikhede aangesien die oorledene kort tevore op die voertuig geskiet het waarin hulle insittendes was. Dit word verder deur ander omstandigheidsgetuienis gestaaf in soverre mnr Fisher die beskuldigdes tesame met ’n derde persoon kort na die ontvoering gesien het.

Op Saterdagaand, 9 November 2003, was slegs die beskuldigdes saam met ’n persoon in hulle voertuig, wat slegs die oorledene kon gewees het, gegewe die tydaspek tussen die skietaanval op die rooi voertuig en toe hulle weer op mnr Fisher se perseel opgedaag het. Beskuldigde 2 het tydens die tweede besoek aan mnr Fisher se perseel die oorledene binne die voertuig vasgehou terwyl beskuldigde 1 by die perseel ingegaan het.

Die beskuldigdes was die Saterdagnag tydens die ontvoering

van die oorledene en deurgaans daarna minstens met tye in mekaar se teenwoordigheid tot en met die oorledene se liggaam in die Strandfontein gebied gevind was om ongeveer 15h50 op Maandag 10 November 2003.

Die direkte getuienis met betrekking tot die menseroof, word ook bevestig deur die telefoongesprekke waartydens beskuldigde 1 aan getuies erken het dat hy beheer oor die oorledene gehad het. Op Sondagoggend 9 November 2003 het mnr Felix telefoniese kontak met beide beskuldigdes gehad op beskuldigde 1 se selfoon. Daar bestaan geen rede om mnr Felix se weergawe in hierdie verband te verwerp nie.

Die oorledene was waarskynlik op die betrokke Sondag vermoor gewees, ’n aspek wat later verder na verwys sal word. Die beskuldigdes het ook vir mnr Hassen tesame gaan spreek op Maandag 10 November 2003. Dit is insiggewend dat beskuldigde 2 op sy eie weergawe geen vrae gestel het toe hy van die aantygings met betrekking tot sy betrokkenheid by die oorledene se ontvoering meegedeel was nie.

Dit is duidelik dat die selfoonnommer 073 166 6747 inderdaad deur beskuldigde 1 gebruik was gedurende die tersaaklike tydperk aangesien al die tersaaklike staatsgetuies met hom kontak gehad het deur middel van die betrokke nommer. Daar was nooit enige getuienis aangebied tot die effek dat beskuldigde 1 die betrokke selfoon aan ’n ander persoon die betrokke Saterdagnag, Sondagoggend geleen of gegee het nie.

Beskuldigde 1 het ontken dat hy ooit naby die John Powell vakansiekamp was. Dit is egter duidelik uit Bewysstuk G dat beskuldigde 1 wel twee oproepe vanaf sy selfoon gemaak het op Sondagoggend 9 November 2003 om 01:11:9 en 01:20:37 in die omgewing van die betrokke kamp. Dit was nie betwis dat sodanige oproepe inderdaad vanaf die betrokke selfoon gemaak was nie. Dit is gemene saak dat die oorledene se liggaam ongeveer drie kilometers vanaf die kamp gevind was op Maandag 10 November 2003.

Daar word bo redelike twyfel bevind dat die beskuldigdes minstens ’n gemeenskaplike opset gehad het om die oorledene teen sy wil van sy vryheid te beroof het.

Wat die moordaanklag betref, berus die getuienis teen die beskuldigdes op omstandigheidsgetuienis. In sodanige geval geld die volgende benadering:

1. Die afleiding wat gesoek word moet ooreenstem met al die bewese feite, so nie, kan die afleiding nie gemaak word nie;

2. Die bewese feite moet sodanig gewees dat dit elke redelike afleiding uitsluit behalwe die een wat gesoek word. As dit ’n ander redelike afleiding nie uitsluit nie, moet daar twyfel bestaan of die afleiding wat gesoek word korrek is. Net redelike afleidings moet uitgesluit word.

Die Staat hoef nie elke tot die mees vergesogde moontlikheid uit te skakel nie. Die feit dat ’n aantal onderling onafhanklike feite almal in dieselfde rigting dui, is van groot belang. Moontlik kan elkeen afsonderlik nog versoen word met onskuld, maar die gesamentlike oortuigingskrag moet beoordeel word. By gebrek aan enige ander getuienis tot die teendeel is die enigste redelike afleiding dat die beskuldigdes die persone was wat die oorledene geskiet het of hulself ten minste daarmee vereenselwig het en die oorledene se liggaam naby die John Powell kamp gelaat het. Hierdie afleiding word, onder andere, op die volgende feite gebaseer:

1. Die tydsverloop vanaf die oorledene ontvoer was totdat die oproepe vanaf beskuldigde 1 se selfoon gemaak was was in die omgewing waar die oorledene se liggaam gevind was naby die John Powell vakansiekamp. Dit is hoogs onwaarskynlik dat iemand anders as die beskuldigdes by die oorledene se moord betrokke kon gewees het in die redelike kort tydsverloop van ongeveer minder as drie ure in die middel van die nag.


2. Beskuldigde 2 was bekend met die Strandfonteingebied aangesien hulle soms daar gesmous het. Volgens beskuldigde 1 was hy nie vertroud met die Strandfonteinarea en is dit nie sinvol dat hy uit eie beweging ’n onbekende area sou gekies het om die oorledene se liggaam na die moord te laat nie.


3. Beskuldigde 1 het op sy eie weergawe die betrokke Saterdagaand nie toegang tot ’n motorvoertuig gehad nie of was daar nie aangevoer dat enige ander persoon vir hom ’n geleentheid gegee het nie. Soos duidelik blyk uit die betroubare aanvaarde getuienis was beskuldigde 2 die persoon wat hom wel daardie aand vervoer het en geen ander persoon nie. Dit is hoogs onwaarskynlik dat beskuldigde 1 homself in die daaropvolgende oggendure om ongeveer na eenuur die oggend in die Strandfontein omgewing kon bevind het sonder dat hy deur beskuldigde 2 daarheen vervoer was.


4. Dr Liebenberg het getuig dat die oorledene reeds meer as 36 uur oorlede was tydens die lykskouing op Dinsdag, 11 November 2003, om 08h00. Dit

beteken dat die oorledene nie later nie, maar moontlik reeds vroeer as Sondagoggend op ’n onbekende plek waarskynlik in Strandfontein area vermoor was. Volgens mnr Michael Morris het dit voorgekom asof die oorledene se liggaam reeds vanaf die Sondagnag gele het op die plek waar dit gevind was. Dit is nie nodig om te spekuleer waar die oorledene se liggaam gehou was alvorens dit naby Lukannonweg, Strandfontein, gelos was nie.

5. Tydens ’n telefoniese gesprek tussen mnr Kobus Matthews en beskuldigde 1 na 23h00 op Saterdag, 8 November 2003, het beskuldigde 1 bevestig dat daar op hulle geskiet was en dat die oorledene by hom was.


6. Beskuldigde 1 het ongeveer middernag die Saterdag van die oorledene se ontvoering tydens ’n telefoongesprek met mnr Van Rooyen bevestig dat die oorledene by hom was.

7. Volgens mnr Felix het beskuldigde 1 hom op Sondagoggend, 9 November 2003, en tussen 08h00 en 08h20 gebel nadat mnr Felix ’n boodskap vir beskuldigde 1 by Hendelene getaat het. Beskuldigde 1 het weereens bevestig dat die oorledene by hom was. Op ’n vraag van mnr Felix waarom hy nie die oorledene I os nie, het beskuldigde 1 geantwoord dat hy nog sal besluit het wat hy met die “klong”, verwysende na die oorledene, sou gemaak het. Beskuldigde 2 was op daardie stadium ook steeds in beskuldigde 1 se geselskap aangesien mnr Felix tydens dieselfde oproep ook met beskuldigde 2 gepraat het. Beskuldigde 2 se leuenagtige getuienis met betrekking tot sy bewegings die betrokke Sondag versterk hierdie afleiding. Na hulle besoek aan Delft die Sondagoggend het beskuldigde 1 weer tydens ’n telefoniese gesprek aan mnr Matthews bevestig dat die oorledene by hom was. Beskuldigde 1 het aangedui dat die getuie nie voorskriftelik moes wees met betrekking tot wat hy met die oorledene moes gedoen het nie. Beskuldigde 1 het selfs aan mnr Matthews gese dat die oorledene beweer dat hy op beskuldigde 1 moes geskiet het in opdrag van die getuie en dat die getuie selfs ’n vuurwapen aan die oorledene gegee het.


8. Hierdie beskuldiging was in lyn met mnr Van Rooyen se getuienis tot die effek dat hy en oorledene vanaf mnr Matthews se huis na Waliacedene gegaan het voor die skietaanval op die beskuldigde se voertuig asook die oorledene se mededeling aan mnr Van Rooyen met betrekking tot die opdrag gegee deur die getuie.


9. Beskuldigde 1 het bevestig dat die oorledene by hom was tydens ’n telefoongesprek op mnr Claasens op 9 November 2003 om ongeveer 14h50 of kort daarna.

10. Beskuldigde het nie alleen die geleentheid gehad om die oorledene te vermoor nie, maar het ook die middele gehad om dit doen. Volgens mnr Fisher het beskuldigde 1 by wyse van afleiding ’n 9mm vuurwapen die betrokke Saterdagnag by die perseel gelee te Wallacedene kom haal vyftien tot twintig minute nadat hulle aanvanklik daar weggery het en dit is kort na die skietaanval. Daar was ’n derde jongerige persoon by die beskuldigdes in die voertuig. Beskuldigde 2 het die jong persoon wat mnr Fisher aangeneem het die oorledene moes gewees het, in die voertuig vasgehou terwyl beskuldigde 1 waarskynlik die vuurwapen binne die huis gaan haal het, aangesien hy kort daarna die vuurwapen gemis het. Selfs al is al hierdie afleiding verkeerdelik gemaak, het beskuldigde 1 steeds die middele gehad om die oorledene te skiet. Volgens mnr Van Rooyen het beskuldigde 1 ’n swart handvuurwapen teen die oorledene se kop gehou op die stadium wat die beskuldigde hom gegryp het en in die voertuig gedruk het. Die oorledene se eie vuurwapen is ook nie weer teruggevind nie. Dit kon sekerlik nie te moeilik gewees het om ammunisie daarvoor te verkry het nie, indien nodig.


11. Die beskuldigdes het klaarblyklik genoeg rede of ’n motief gehad om die oorledene te vermoor. Eerstens, het die oorledene vroeer die aand ’n aanslag op beskuldigde 1 se lewe gemaak met beskuldigde 2 as Jn insittende in die voertuig wat raakgeskiet was. Beide Shireen Jacobs en Letitia Jacobs bevestig die skietaanval op die voertuig waarin hulle gereis het. Mnr Fisher het ook koeelgate in die voertuig gesien na die voorval. Daar was volgens die verdediging aangevoer dat beskuldigde 1 nie wraak geneem het tydens die vorige skietvoorval op hom nie. Dit blyk egter duidelik uit die getuienis dat hy nie sekerheid gehad het oor watter persone verantwoordelik was daarvoor nie en dat hy bloot vir mnr Matthews verdink het. Daar was geen getuienis deur mnr Matthews tot die effek dat beskuldigde 1 wel onsuksesvol gepoog het om uit te vind watter persone daarvoor verantwoordelik was. In die onderhawige geval het hy sy aanvaller kort na die aanval opgespoor. Beide mnr Claasens en mnr Van Rooyen se onbetwiste getuienis was verder dat beskuldigde 1 ook ongeveer twee maande voor die oorledene se verdwyning by mnr Claasens se huis was tesame met ene Teresa waartydens doodsdreigemente teenoor die oorledene geuiter was oor ’n vuurwapen wat weggeraak het.


12. Die beskuldigdes se alibi’s is duidelik vals veral met verwysing na beskuldigde 1. Die selfoonuitdruk, Bewysstuk G, reflekteer dat beskuldigde 1 nie op die plekke was waar hy beweer hy sou gewees het gedurende die relevante tydperk nie.

Die vraag bestaan verder of enige van die beskuldigdes hulle onttrek het van deelneming aan die gemeenskaplike opset. Daar bestaan geen getuienis dat enigeen van die beskuldigdes en meer spesifiek beskuldigde 2, homself gedistansieer het van die gemeenskaplike doelwit deur ’n positiewe handeling van onttrekking van die moord te verrig nie. Al die beskikbare getuienis, soos reeds bespreek, dui daarop dat beide beskuldigdes deurentyd gesamentlik opgetree het en in mekaar se teenwoordigheid was. Beskuldigde 2 was aanvanklik klaarblyklik toevallig in die voertuig waarop die oorledene geskiet het. Hy het egter na die skietaanval op die voertuig doelbewus aan die ontvoering van die oorledene deelgeneem en homself daarna nie van beskuldigde 1 se aktiwiteite onttrek nie.

Die Hof hoef nie te spekuleer oor gedrag wat op die oog af inkriminerend is nie. Dit is genoegsaam as die Staat getuienis aanbied wat sodanige hoe graad van waarskynlikhede daarstel dat ’n redelike persoon na deeglike oorweging tot die slotsom sal kom dat daar nie redelike twyfel bestaan dat die beskuldigdes skuldig is aan die misdade waarvan hulle aangekla word nie. ’n Beskuldigde se aanspraak op die voordeel van die twyfel moet nie op spekulasie berus nie, maar moet op ’n redelike en soliede grondslag berus wat deur positiewe getuienis en redelike afleidings, wat nie in konflik is met die bewese feite nie of swaarder as die bewese feite weeg nie. Elke afsonderlike feit hoef nie onbetas onbestaanbaar met die onskuld van die beskuldigdes te wees nie, maar die getuienis in die geheel moet bo redelike twyfel - en nie enige twyfel nie - onbestaanbaar wees na sodanige onskuld.

Alhoewel die Staat geen deskundige getuies aangebied het tot die effek dat die vuurwapen wat beskuldigde 1 tydens die ontvoering gehad het binne die trefwydte van die definisie van

n vuurwapen, soos omskryf in artike! 1(b) van Wet 60 van 2000, val nie, kan daar in die lig van dr Liebenberg se getuienis teen twyfel wees dat die oorledene wel met ’n vuurwapen gedood was nie. (Sien in hierdie verband S v Williams 2005 (2) SACR 92 (K) 295d-f.)

In die onderhawige geval kan daar ook geen twyfel bestaan dat nie een van die beskuldigdes oor ’n vuurwapenlisensie beskik het nie. Beskuldigde 1 het tydens kruisondervraging van mnr Fisher ontken dat hy ooit ’n vuurwapen besit het, welke aspek hy later tydens getuienislewering bevestig het. Beide beskuldigdes het pertinent getuig dat hulle nie oor vuurwapenlisensies beskik het nie. Daar kan by wyse van noodwendige afleiding bevind word dat die oorledene se aanvallers hulle met die besit van vuurwapens vereenselwig het, selfs al het hulle dit nie elkeen afsonderlik fisies besit nie. Indien dit die bedoeling van lede van ’n groep is om die vuurwapen ter uitvoering van hulle misdaad gebruik tot hulle almal se voordeel, vereenselwig hulle hulle immers met die besit van die vuurwapen.

In die onderhawige geval moes beskuldigde 2 minstens bewus gewees het van die feit dat beskuldigde 1 'n vuurwapen teen die oorledene se kop gedruk het terwyl hy die oorledene om die lyf vasgegryp het ten tye van die ontvoerting. Die

oorledene het nege skietwonde opgedoen waarvan die een wond agter die oorledene se regteroor vanaf ’n redelike kort afstand geskiet was. Uiteraard moes die aanvaller of aanvallers in besit van ammunisie gewees het ten einde die skietwonde toe te dien.

Daar bestaan geen getuienis dat beskuldigde 2 op enige stadium enige handelinge verrig het tot die effek dat hy homself van beskuldigde 1 se handelinge gedistansieer het nie. Indien dit wel die geval was, sou daar verwag kan word dat hy die Hof in sy vertroue geneem het in hierdie verband.

Die Hof is, met inagneming van al die feite, derhalwe van oordeel dat die Staat se beskuldigdes se skuld bo redelike twyfel bewys het. Die Hof bevind beide beskuldigdes SKULDIG aan al die aanklagte, soos aangekla.

Die Hof is verder van oordeel dat mnr Van Rooyen en mnr Fisher hulle getuienis op ’n bevredigende wyse afgele het vir doeleindes van artikel 204 van die Strafproseswet. Mnr Van Rooyen word vrywaring teen vervolging verleen met betrekking tot die misdade wat voortspruit uit die onderhawige saak, naamlik die misdaad van poging tot moord, sameswering om moord te pleeg en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Mnr Fisher word op dieselfde basis gevrywaar van vervolging met betrekking tot die misdaad onwettige besit van ’n vuurwapen.


DESAI, R