South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2006 >>
[2006] ZAWCHC 89
| Noteup
| LawCite
S v Nqweniso (SS187/2006) [2006] ZAWCHC 89 (1 November 2006)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(OOSTELIKE RONDGAANDE PLAASLIKE AFDELING, GEHOU TE GEORGE)
SAAKNOMMER: SS1 87/2006
DATUM: 1 NOVEMBER 2006
teen
SOLOMON NQWENISO
V O N N IS
Die persoonlike omstandighede van die beskuldigde was so pas op rekord geplaas deur mev Van Vuuren. Die beskuldigde was gearresteer op 25 September 2003 en is nou ’n bietjie meer as drie jaar in hegtenis.
In ag geneem die aard en erns van die misdryf, die beskuldigde se persoonlike omstandighede en veral die feit dat hy meer as drie jaar in hegtenis is verhoorafwagtend, is die Hof oortuig dat die kumulatiewe effek van al hierdie omstandighede genoegsaam is om wesenlike en dwingende omstandighede teweeg te bring om ’n mindere vonnis te oorweeg en op te le.
Die misdryf waaraan die beskuldigde homself skuldig gemaak het, is ernstig van aard. Dit is ook ’n misdryf wat veelvuldig plaasvind in die gemeenskap en die gemeenskap verwag dat wanneer oortreders skuldig bevind word aan hierdie tipe van misdrywe, dat die howe ’n gepaste vonnis sal op le.
D ie klaagster in hierdie aan g e leenthe id, a I hoewel ’n volwasse vrou, was as gevolg van die voorval erg getraumatiseer eh sy het ook haar gevoelens geopenbaar aan die Hof, die feit dat sy op troue gestaan het, sy het ’n minderjarige kind gehad om te versorg en was hierdie voorval !n vernedering vir haar. Wat egter verblydend is dat sy in die huwelik getree het met haar verloofde en dat sy nog steeds getroud is met haar verloofde en die vrese wat sy uitgespreek het nie gematerialiseer het nie.
Daarenteen is die beskuldigde ’n eerste oortreder. Hy het tot St.9 gevorder. Voor sy inhegtenisneming het hy gewerk by ’n gastehuis en het ongeveer R700 tweeweekliks verdien. Hy het een minderjarige kind wat tans drie jaar oud is vir wie hy moet sorg.
In ag geneem al die omstandighede van hierdie saak is ek van mening dat ’n termyn van 15 jaar geregverdigde en biilike vonnis is maar ek is ook van mening dat die termyn wat die beskuldigde alreeds in hegtenis is in ag geneem moet word en dat daardie termyn afgetrek moet word van die tydperk van 15 jaar gevangenisstraf.
As ’n verdere vorm van genade teenoor die beskuIdigde omdat hy ’n eerste oortreder is, sal ek aanklag 1 en 2 saamneem vir doeleindes van vonnis. Derhalwe, in ag geneem die beskuldigde se persoonlike omstandighede, die belange van die gemeenskap en die erns van die misdryf, is ek van mening dat ’n termyn van twaalf (12) jaar direkte gevangenisstraf gepas is en word die beskuldigde tot ’n termyn van TWAALF (12) JAAR GEVANGENISSTRAF gevonnis.
LE GRANGE, R