South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2007 >>
[2007] ZAWCHC 329
| Noteup
| LawCite
Albertus en Ander v S (SS14/2008) [2007] ZAWCHC 329 (20 February 2008)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAK NO: SS14/2008
DATUM: 20 FEBRUARIE 2008
In die saak tussen:
ALBERT ALBERTUS …...................................................................1ste Applikant
RICARDO TITUS …...........................................................................2de Applikant
en
DIE STAAT ….........................................................................................................Respondent
UITSPRAAK
(Aansoek vir verlof om te appelleer)
FOURIE. R:
Hierdie is 'n aansoek deur beskuldigdes 1 en 2 vir verlof om te appelleer teen hulle skuldigbevinding aan moord en in die geval van beskuldigde 1 behels dit ook 'n aansoek om verlof om te appelleer teen die vonnis wat horn opgele is.
Die Staat opponeer beide aansoeke.
Die toets in 'n aansoek soos hierdie is welbekend, naamlik of daar 'n redelike vooruitsig bestaan dat 'n ander hof tot 'n ander bevinding sal kom as die van die Hof van eerste instansie.
Ek het die gronde waarop die aansoeke gerig word, asook die betoe van die advokate, oorweeg. Ek het ook die uitspraak van die streeklanddros heroorweeg, tesame met sy addisionele redes wat hy verskaf het. In die lig van die redes, soos reeds verskaf deur die streeklanddros in sy uitspraak, en in die lig van die redes vervat in my kort uitspraak op die meriete en uitspraak op die vonnis, is ek nie oortuig dat 'n hof tot "n ander bevinding sal kom ten aansien van enige van die twee aansoeke nie.
In die lig daarvan word beide die AANSOEKE VIR VERLOF OM TE APPELLEER VAN DIE HAND GEWYS.
FOURIE. R