South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2007 >>
[2007] ZAWCHC 86
| Noteup
| LawCite
Van Wyk v S (A547/06) [2007] ZAWCHC 86 (30 May 2007)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROViNSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A.574/06
DATUM: 30 MEI 2007
In die saak tussen:
JACOBUS
VAN WYK Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
N C ERASMUS, R:
Die appellant, wat 42 jaar oud was ten tyde van die verrigtinge in die streekhof, het tereggestaan op "n aanklag van verkragting. Dit was beweer dat hy 'n Jong kind na sy huis gelok het, haar daar verkrag het en toe feitlik op heterdaad deur die polisie betrap is.
Daar was verskeie feitegeskiIIe tussen die Staat en die verdediging. Die Staat het in wese die getuienis van twee getuies aangebied ten einde die gebeure in die huis te probeer bewys, die verdediging insgelyks het die appellant en sy vriend geroep.
Die verhoorJanddros het die weergawe van die verdediging verwerp omdat, soos hy dit stel, die Staat se weergawe bo redelike twyfel is en derhaiwe kan die verdediging se weergawe nie waar wees nie. Die landdros het verwys na die geskille en verskille in die staatsaak en sommige aspekte wat vreemd opval, desnieteenstaande het hy tot die gevolgtrekking gekom dat die getuies geloofwaardig en betroubaar is. Hy verwerp, soos reeds aangetoon, die verdediging se weergawe bloot aan die hand van hoe hy die sterkte van die staatsaak sien. Sodanige benadering is verkeerd in terme van die regsposisie.
Vanoggend, met die aanvang, is dit gestel aan mnr Louw« wat namens die appellant verskyn, dat die benadering dalk moet wees dat die hof van appel van nuuts die getuienis evalueer. Mnr Louw en mej Joubert. namens die respondent, blyk in ooreenstemming te wees met sodanige benadering.
Na my mening is daar 'n sterk vermoede dat hier baie meer gebeur het as wat deur beide die Staat en die verdediging by die verhoorhof aangebied is. Die kwaliteit van die getuienis aan beide kante gaan mank aan geloofwaardigheid en betroubaarheid. Die onus rus egter op die Staat en ongefukkig fs dit so dat dit blyk dat die ondersoek in hierdie saak nie volledig gedoen, soos wat 'n mens sou verwag nie; die aanbieding daarvan gebrekkig was en in die finale instansie moet daar twyfel bestaan of die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het. In sulke gevalle behoort rn beskuldigde die voordeel van die twyfel te kry. Na my mening, behoort die appellant dit by die verhoorhof te gekry het en kan die skuldigbevinding nie bekragtig word nie.
Ek sou derhalwe die APPeL LAAT SLAAG EN DIE SKULDIGBEVINDING EN VONNtS TER SYDE STEL.
STEYN, WnR: Ek stem saam.
STEYN, WnR
N C ERASMUS. R: Dit word so gelas.
N C ERASMUS. R