South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2007 >>
[2007] ZAWCHC 98
| Noteup
| LawCite
Mavangwana v S (A81/2006) [2007] ZAWCHC 98 (2 November 2007)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A81/2006
DATUM: 2 NOVEMBER 2007
In dfe saak tussen:
SI8ULELE
MAVANGWANA
…...................................................................................................Appellant
en
DiE STAAT …......................................................................................................................Respondent
UITSPRAAK
DICKER, WnR:
Die appellant is op 26 Julie 2004 in die streekhof vir die streekafdeling van die Kaap gehou te Strand, skutdig bevind aan moord en poging tot moord en gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf ten opsigte van die moordaanklag en sewe jaar gevangenisstraf ten opsigte van die klagte van poging tot moord. Die verhoorhof het verder gelas dat beide aanklagte saamgeneem word vir doeleindes van vonnis.
Op 28 Julie 2004 is die appellant se aansoek om verlof tot appel deur die Hof a qou gewefer. Verlof om te appelfeer na hierdie Hof teen sy skuldigbevinding en vonnis is op 9 November 2005 verieen na 'n petisie gerig is aan die Regter-president van hierdie Hof. Die appellant kom nou in hoer beroep teen die skuldigbevinding en vonnis alhoewel geen submissies namens of die appellant of die Staat gemaak is ten opsigte van die vonnfsopleggmg nie.
Mnr Labuschagne het namens die appellant aangevoer dat die verhoorlanddros fouteer en/of misgetas het in die dat hy in die beoordeling van die getuienis van 'n enkeJgeture horn misgetas het, met die bantering van getuienis met betrekking tot identiteit, met die bantering van getuienis met betrekking tot foto-identifikasie, met die beoordeling van moontlike ongerymdhede in die ondersoek van die saak (deur te bevind dat die getuienis van inspekteur Koekemoer enigsins stawing verieen vir die weergawe van die klaer) en die appellant se alibi.
Die gebeure op 4 September 2002 kan kortliks soos voig opgesom word: Mnr John Steven Haggard (die klaer) het op 4 September 2002 vergesel deur Clinton M. Wyngaard (die oorledene) na die woonbuurt Nomzamo te Strand gegaan om namens Total nuwe kliente te werf aan wie paraffien verkoop sou kon word. Die klaer het omstreeks etenstyd te Selwyn- en Langestraat, Nomzamo binnegegaan. Hy het 'n swart manspersoon binne die winkel opgemerk. Hy het by 'n damespersoon binnekant navraag gedoen oor die eienaar van die winkef. Hy is toe meegedeel dat die eienaar nie daar was nie. Hy het weggery en ongeveer 15 tot 20 minute later omstreeks kwart voor twee teruggekeer. Die klaer is weer by die winkel in, maar die eienaar was weereens nie daar fcie. Die oorfedene het in die voertuig bfy sit. Die kJaer het toe weer die winkel verlaat en teruggekHm in sy voertuig.
Toe die klaer die bestuurdersdeur toemaak, het hy 'n skoot hoor klap en besef dat hy in die regterarm gewond is. Die oorledene het op een of ander stadium by die motorvoertufg uitgeklim. Die klaer het toe gesien hoe n persoon met 'n vuurwapen om stap aan die voorkant van sy voertuig na die kant van die voertuig waar die oortedene gesit het. Die persoon het daarop h skoot na die oorledene geskiet en die oorledene het op die grond neergeval. Die klaer wou die oorledene te hulp snel, en het om die voorkant van die voertuig beweeg. Teen die tyd het die oorledene opgespring en probeer weghardloop. Die klaer wou toe terug klim in sy voertuig, maar die persoon met die vuurwapen het die vuurwapen weer op die klaer gerig en ongeveer 2 tot 3 meter voor horn kom staan. Die klaer het gesmeek dat hy horn nie moet skiet nie, maar die persoon het net geglimlag, sy oe toegemaak, kop weggedraai en die klaer in die gesig geskiet. Die kEaer het daarna gesiaag om in sy motorvoertuig te kiim en weg te ry.
Dit is die klaer se getuienis dat die appellant die persoon is wat beide bom en die oorledene geskiet het.
Die klaer het op 8 Januarie 2003 'n Identikiet saamgestei van sy aanvaller. Op h latere stadium het die polisie foto's na die klaer se woning geneem en agt foto's aan horn getoon. Hy het die appellant op die derde foto uitgeken en h week daarna n formele uitkenning bygewoon waar hy dieselfde foto uitgeken het.
Ek handel vervolgens met die aspekte geopper deur mnr Labuschaqne. Ten einde die skuld van die appellant^ bo redelike twyfel te bewys, het die Staat drie getuies geroep, terwyl slegs die appellant ter sy eie verdediging getuig het. Die klaer was die enigste getuie tot die voorval en is dus n enkelgetuie met betrekking tot die identiteit van die oortreder. Getuienis met betrekking tot die identiteit van die oortreder word versigtig benader, maar artikel 208 van Wet 51 van 1977 bepaa! dat 'n beskuldigde op die enkelgetuienis van n bevoegde getuie skuldig bevind kan word. Die Hof moet egter in sulke gevalle tevrede wees dat die getuienis van die enkelgetuie in elke wesenlike opsig duidelik en bevredigend is.
Die klaer het gedurende kruisondervraging sekere toegewings gemaak, welke toegewings volgens my oordeel gepas was. Nieteenstaande hierdie toegewings, het die klaer horn nooit werklik weerspreek nie en het hy nooit die Hof probeer mislei nie. Hy het na my mening ook nie probeer om sy getuienis of te vergroot, aan te dik, of oor te beklemtoon nie. Die klaer was deurgaans selfversekerd dat sy uitkenning van die appellant akkuraat was. Sy onbetwiste getuienis is inter a//a dat die voorvaf in helder daglig plaasgevind het, hy die appellant op twee vorige geleenthede gesien het en die appellant slegs 2 tot 3 meter voor horn gestaan het toe hy die kfaer in die gesig geskiet het.
Wat ook beiangrik is met betrekking tot die beoordeling van die klaer se getuienis en spesifiek met verwysing na die appellant se identiteit en die foto-identifikasie, is die feit dat die kiaer eers 'n gesigsamestelling van die verdagte gegee het en hom dan later op Yi foto uitgeken het.
Na my mening is daar tereg deur die verhoorhof bevind dat die klaer 'n goeie en geloofwaardige getuie was.
Daar
is namens die appellant aan die hand gedoen dat daar
onreelmatighede
plaasgevind het met betrekking tot die foto-
ujfkenningsparades
waarby die klaer betrokke was en
ongerymdhede in die ondersoek.
Selfs
al het
onreelmatighede plaasgevind ten opsigte van die foto-uitkenningsparades en selfs al word inspekteur Koekemoer se getuienis nie as stawing vir die klaer se getuienis beskou nie, is daar steeds na my mening voidoende getuienis voor die verhoorhof geplaas om die elemente van die misdrywe te bewys.
Met inagneming dat die klaer Yi enkelgetuie was, die appellant 'n alibi as verweer geopper het en die moontlike onreelmatighede waarna daar namens die appellant verwys is, moes die Hof hn besluit maak gebaseer op die totaliteit van die getuienis. Na my mening het die verhoorhof met in ag genome die direkte getuienis, die appellant se weergawe korrek as onwaarskynlik beskou en as vals verwerp, en die getuienis van die klaer aanvaar en bevind dat die Staat, bo redelike twyfel bewys het dat die appellant inderdaad die aanvaller was tydens hierdie voorval.
Gevotglik sou ek die appei teen die skuldigbevinding van die hand wys.
DICKER, WnR
DAVIS, R: Ek stem saam en dit word so beveel.
DAVIS, R