South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 109
| Noteup
| LawCite
Theart and Another v Minnaar NO (A99/2008) [2008] ZAWCHC 109 (21 August 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNR: A 99/2008
J T THEART 1ste Appellant
COPPERSUN (PTY) LTD 2de Appellant
v
DEON MINNAAR N.O. Respondent
UITSPRAAK GELEWER OP DONDERDAG, 21 AUGUSTUS 2008 CLEAVER R:
[1] Alhoewel daar nie pertinent na die Hofreel in die respondent se aansoek verwys is nie, is dit duidelik dat hy kragtens Reel 49(11) van die Uniforme Hofreels aansoek doen om die uitsetting van die appellante, hangende die appel.
[2] Die aansoek is vir 'n bevel dat hangende die appel, die appellante vergoeding vir hulle okkupasie van die betrokke eiendom ten bedrae van R22 000 per maand moet betaal vir solank as wat hulle die betrokke eiendom okkupeer. Die appellante opponeer nie die aansoek nie, maar in stede van R22 000 bied hulle R17 500 per maand aan as vergoeding vir hulle okkupasie.
[3] Die bedrag waarvoor die respondente aansoek doen is gebaseer op 'n waardasie van 'n eiendomsagent wat in Stellenbosch besigheid doen, terwyl die bedrag wat die appellante aanbied gestaaf word deur 'n verklaring van 'n eiendomsagent wat
hoofsaaktik in Kleinmond besigheid doen. Luidens die waardasie wat deur die
respondent aangebied word, het die woning
"... 'n prima ligging in een van Stellenbosch se mees gesogte woonbuurtes, dit is nuut oorgedoen en beskik oor goeie sekuriteit.
Die waardasie lui verder
Met in agnome die gemiddelde huur-inkomstes van ander eiendomme in Mostertsdrift, asook ander eiendomme van dieselfde standard, groottes ens in ander gesogte woonbuurte, kan ons hierdie geskatte huur-inkomste bevestig."
Appellante se agent meld slegs dat hy 'n vergelykende markanaliese gedoen het.
[4] Die respondent se waardasie is meer aanvaarbaar as gevolg van die agent se betrokkenheid in Stellenbosch en ook omdat die appellante voorheen R112 487 per maand uit hoofde van die opsiekontrak betaal het.
[5] In die omstandighede word die volgende bevel gemaak:
Die uitsettingsbevel wat teen die eerste en tweede appellante deur hierdie Hof op 7 Augustus 2008 gelas is word opgeskort hangende die appel, maar sodanige opskorting is onderhewig daaraan dat die appellante gesamentlik en afsonderlik 'n bedrag van R22 000 per maand vooruit betaat as vergoeding vir die okkupasie van die eiendom te Van der Stelstraat 65, Stellenbosch, die eerste betaling voor of op 1 September 2008 gemaak te word en die daaropvolgende betalings voor of op die eerste dag van elke maand daarna gemaak te word.
Indien enige betaling nie stiptelik plaasvind nie, kan die uitsettingsbevel (soos vervat in para 3 van hierdie hof se uitspraak op 7 Augustus 2008) onverwyld uitgevoer word. Vir hierdie doeleindes mag die respondent die Griffier van hierdie hof nader (of die Klerk van die landdroshof, indien nodig, nader), deur middel van voorlegging van 'n eedsverklaring, vir die uitreiking van die nodige lasbrief vir uitsetting.
Die koste van hierdie aansoek sal koste in die appel wees.
R B CLEAVER
ZONDI, J
Ek stem saam
D H ZONDI