South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2008 >> [2008] ZAWCHC 115

| Noteup | LawCite

Visser v Muller NO and Others (18167/2007) [2008] ZAWCHC 115 (20 May 2008)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)


SAAKNOMMER: 18167/2007

DATUM: 20 MEI 2008


In die saak tussen:

JOHANNES ANDRe VISSER Applikant

en

ABRAHAM DANIEL MULLER NO 1 ste Respondent

HANNELIE MULLER NO 2de Respondent

JOHAN MULLER NO 3de Respondent


UITSPRAAK


TRAVERSO, ARP:



Voordat 'n bevel gemaak word, word dit genotuleer dat die applikante reeds beswaar aangeteken het teen die oprigting van die garagemuur en dat derhalwe sal die reel dat die applikant nie na verloop van een jaar en een dag hom op die verwydering van die oorskryding (indien dit in 'n toekomstige aksie bevind te word 'n oorskryding daar te stel) mag beroep nie, nie sal geld nie.




Dit word vervolgens soos volg beveel:

  1. Die respondent word gelas om onverwyld die applikant se ongestoorde besit te herstel van die stuk grond wat beskryf word as "the area of encroachment A (die geel gekleurde gedeelte op die sketsplan AVI tot die funderende eedsverklaring van die eerste applikant.

  2. Die respondent word gelas om die gedingskoste te betaal.



Indien verdere redes benodig word, sal ek dit verskaf indien daartoe versoek.

TRAVERSO, ARP