South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2008 >> [2008] ZAWCHC 131

| Noteup | LawCite

Mitchell v S (A735/07) [2008] ZAWCHC 131 (1 February 2008)

Download original files

PDF format

RTF format



SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy

 

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

 

SAAKNOMMER: A.735/07

DATUM: 1 FEBRUARIE 2008

 

In die saak tussen:

JUNAID MITCHELL                                                                                Applikant

 

en

 

DIE STAAT                                                                                           Respondent

 

U I T S P R A A K

 

VELDHUIZEN. R:

 

Die appellant is op 13 Junie 2006 in die landdroshof te Bishop Lavis skuldig bevind aan 'n oortreding van artikel 5(a) van Wet 140 van 1992 en is op 29 Julie 2006 tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy kom nou, met verlof van hierdie Hof, in hoer beroep slegs teen sy skuldigbevinding. Die klagstaat beweer dat hy op 31 Oktober 2005 te B[...] 1[...], Bonteheuwel, wederregtelik In afhanklikheidsvormende stof tewete 50 gram tik bevattende metamphetamine met 'n straatwaarde van R12 000 handel gedryf het.

 

Inspekteur Robert Brian van Zyl het getuig dat hy die betrokke dag deur kaptein Potgieter gevra is om n lokval te beheer. Nadat hy die geld ontvang het, het hy R13 000 aan die lokvink, konstabel Bruce Miller, oorhandig. Dit is nadat hy hom deursoek het en geen geld of dwelms op hom gevind het nie, Hy het Miller opdrag gegee om die appellant te versoek om hom (Miller) by die Kaapstad mark te ontmoet.

 

'n Tyd later het Miller hom per selfoon gekontak en meegedeel dat die appellant hom te Bonteheuwel agter 1n vrugtestal sou ontmoet. Nog later het Miller hom meegedeel dat hy die appellant te B[...] 1[...], Bonteheuwel, sou ontmoet. Hy het by die straat verbygery en het Miller se motorvoertuig asook die appellant s'n, h blou Ford Escort, voor die bogemelde adres waargeneem.

 

Om ongeveer 12:20 die middag het Milter hom in kennis gestel dat die transaksie plaasgevind het. Hy het die appellant se motorvoertutg 'n ent van sy woning gestop. Die appellant en ene Caesar was in die motorvoertuig. Dit was ty6ens die verhoor gemene saak dat R11 000 van die geld wat aan die lokvink oorhandig is, in die appellant se besit gevind is. Die appellant se woning is ook daarna deursoek. 'n Bejaarde man wat in beheer van die eiendom is, was ook teenwoordig.

 

Die getuie het egter buite by die appellant gebly. Die lokvink het horn meegedeel dat die transaksie binne die huis plaasgevind het en het die appellant uitgewys. Die appellant is vir 'n verduideliking vir sy besit van die geld gevra. Hy het geantwoord "Daai man se mos vir jou". Die appellant is daarna in hegtenis geneem. By die polisiestasie is die dwelms geseel en later na die forensiese wetenskaplaboratorium geneem vir ontleding.

 

Tydens kruisondervraging het die getuie toegegee dat hy nie die lokvink deurentyd onder observasie kon hou nie, Hoewel hy dit nie in sy polisieverklaring genoem het me, getuig hy dat hy die appellant, wat hy nie op daardie stadium geken het nie, asook sy blou Ford Escort wat die lokvink agter die vrugtestal gesien het.

 

Hy getuig verder dat die lokvink nie atleen was nie en dat hy nog iemand in die lokvink se motorvoertuig waargeneem het. Die dwelms en die oorblywende R2 000 is by die polisiestasie deur die lokvink aan hom oorhandig. Die lokvink is weer deursoek en weer is geen geld of dwelms op hom gevind nie. Konstabel Bruce Miller was die volgende getuie. Hy het getuig dat nadat hy deursoek is en R13 000 aan hom gegee isr hy na die Kaapse mark vertrek het. Op pad na die mark het hy die appellant geskakel en meegedeel dat hy op pad na die mark toe is. Hy het egter met die appellant afgespreek om hom in Bonteheuwel agter die vrugtestalletjie te ontmoet.

 

Daar gekom, het hy die appellant h paar keer geskakel om vas te ste] hoekom hy so lank neem om op te daag. h Motorvoertuig met die appellant en nog n insittende het by hom stilgehou. Hy het aan die appellant genoem dat hy 50gm tik wil koop. Die appellant het hom aangese om hom na sy huis te volg. Hy het dit gedoen en agter die appellant buite die appellant se huis stilgehou.

 

Op pad daarheen het hy vir inspekteur Van Zyl ingelig aangaande die verwikkelinge. In die voorhuis van die huis het die appellant die tik voor uit sy broek gehaal. Miller het die getd aan die appellant gewys en nadat die dwelms geweeg en oorhandig is, het hy R11 000 afgetel en aan die appellant gegee. Hy het die woning verlaat en vir Van Zyl per selfoon ingelig dat die transaksie bektink is.

 

Nadat die appellant onder arres geplaas is, het hy die dwelms te Bonteheuwel aan Van Zyl oorhandig. Hy het ontken dat daar nog n persoon of persons in die motorvoertuig saam met hom was.

 

Tydens kruisondervraging getuig hy dat hy die appellant nog nie vantevore gesien het. Later is hy met sy polisieverklaring gekonfronteer en het toegegee dat hy we I die appellant voorheen ontmoet het.

 

Die appellant se weergawe was dat ene Melvyn Solomons vir hom die geld geskuld het en in die huis teenwoordig was toe die lokvink daar was. Volgens hom moet dit Solomons wees wat die dwelms aan die lokvink verkoop het want dit was Solomons wat die geld aan hom oorhandig het. Volgens hom het die lokvink met twee ander mans by sy huis opgedaag. Hy ontken dat hy op enige stadium met die lokvink gepraat het of besigheid gedoen het.

 

Nadat Van Zyl deur die Eanddros teruggeroep is, het hy getuig dat hy nie seker is of daar nog persone saam met die lokvink was nie. Die karige redes wat deur die landdros gegee is vir sy bevinding, noop ons om die getuienis opnuut te beoordeel.

 

Dat Van Zyl homself weerspreek het oor of hy iemand in die lokvink se motorvoertuig gesien het, is ongetwyfeld. Hierdie weerspreking kan ook nie ligtelik afgemaak word nie.    Dit het kiaarblyklik tot sy kennis gekom dat die lokvink ontken dat iemand anders hom vergesei het. In die lig van die appellant se verweer, draai daar egter nie veel om hierdie punt nie.

 

Terwyl Van Zyl aanvanklik getuig het dat die appellant, toe hy om h verduideliking vir die geld gevra is, gese het uDaai man se mos vir jou", het hy, toe die landdros hom herroep het, getuig dat die appellant gese het dit is die geld vir die tekkies.

 

Die enigste werklike weerspreking wat in Miller se getuienis te bespeur is, is aangaande die feit of hy die appellant al voorheen ontmoet het. Hierdie weerspreking dra, in die iig van die appellant se ontkenning dat hy Miller voorheen of op die betrokke dag ontmoet het, nie veel gewig nie.

 

Van Zyl en Miller het mekaar ook weerspreekT eerstens aangaande die plek waar Miller die dwelms aan Van Zyl oorhandig het; tweedens, die tyd toe die lokval gestel en voltooi is en, derdens, of daar nog Yi persoon of persone by Miller in sy motorvoertuig was te B[...] straat 1[...], Bonteheuwel.

 

Hierdie is nie die soort onbeholpe getuienis wat 'n mens van polisiebeamptes in 'n lokvalsaak verwag nie. Hierdie is egter nie die enigste oorwegings wat geld wanneer die skuld of onskuld van die appellant oorweeg word nie. Dat die transaksie plaasgevind het, staan soos 'n paal bo water, Die feit dat Miller 'n polisiebeampte is, is tot 1n mate 1n waarborg van betroubaarheid in die sin dat hy nie 'n finansiele belang gebad het in die resultaat wat behaal word nie. Dit is hoogs onwaarskynlik dat hy opsetlik n verkeerde persoon sal uitwys. Miller se getuienis dat hy die appellant agter die vrugtestalletjie ontmoet het, word deur Van Zyl gestaaf. Die appellant was blykbaar bereid om n verklaring aan die polisie te gee vir sy besit van die geld, tog maak hy geen melding van dat Solomons dit vir hom gegee het nie en was so 'n persoon ook nie in die appellant se huis toe die polisie dit daarna deursoek het nie.

 

Van nog groter belang is die feit dat indien die appellant se weergawe waar is, dan moes Miller geweet het dat hy die geld aan Solomons oorhandig het en kon hy nie geweet het dat Solomons dit weer aan die appellant oorhandig het nie. Sonder hierdie kennis, sou dit absofuut fataal vir hom wees om die appellant te laat arresteer want volgens sy kennis sou die polisie dan nie die gemerkte geld op die appellant vind nie.

 

Hierdie oorwegings, die swakhede in die staatsgetuies se getuienis ten spyt, lei my tot die gevolgtrekking dat die Staat tog sy saak bo redelike twyfel bewys het.   Gevolglik word die appel VAN DIE HAND GEWYS EN DIE SKULDIGBEVINDING EN VONNIS BEKRAGTIG.

 

VELDHUIZEN, R

GOLIATH, R:     Ek stem saam.

GOLIATH, R