South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 135
| Noteup
| LawCite
James v S (A338/07) [2008] ZAWCHC 135 (1 February 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A.338/07
DATUM: 1 FEBRUARIE 2008
In die saak tussen:
MORNE JAMES Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
VAN STADEN, WnR:
1. Die appellant, mnr Morne James, het in die streekhof te Stellenbosch tereggestaan op vier aanklagte van roof. Die appellant het onskuldig gepleit, maar skuldig bevind aan drie van die vier aanklagte en is op 6 September 2004 gevonnis tot drie jaar direkte gevangenisstraf op elk van die drie aanklagte. Op 17 Maart 2005 het die Hof a quo 'n aansoek vir verlof om te appelteer teen skuldigbevinding en vonnis van die hand gewys.
2. Wat die drie misdade betref waaraan die appellant skuldig bevind isr blyk dit wat aanklag 1 betref, die appellant skuldtg bevind is dat hy R15,00 en twee goue ringe van die klaer geroof het. Daar was geen getuienis wat betref die waarde van die ringe nie. Die appeflant het die klaer in die straat gekonfronteer, horn vasgegryp, deursoek en die geld uit sy sak geneem en die ringe met sy tande van sy vinger gestroop. Hierdie voorval het op 21 Februarie 2004 plaasgevind.
3. Aanklag 2 het behels dat die appellant daaraan skuldig bevind is dat hy op 15 Maart 2004 'n sekere me. Abels beroof het deur haar met n mes te dreig en n Nokia-selfoon van haar af te neem. Die setfoon is R1 500,00 werd. Die klaer is nie tydens hierdie roofvoorval beseer nie.
4. Wat die verdere aanklag betref ten opsigte waarvan die appellant skuldig bevind is, blyk dit dat die betrokke roofvoorval op 29 April 2004 plaasgevind het. Die klaagster, me Abrahams, is weereens met 'n mes gedreig en n rugsakr waarin 1n beursie met R130,00 kontant, bankkaarte en verskeie, los items was, is van haar geroof. Weereens is die ktaer met n mes gedreig maar sy is nie beseer nie.
5. Die appellant se persoonlike omstandighede omvat dat hy, toe die voorval plaasgevind het, 23 jaar oud was, werkloos was en 'n 4-jarige kind gehad het. Sy vorige veroordelings slurt in dat hy in November 1999 tot twaatf maande gevangenisstraf gevonnis is vir huisbraak. Hierdie vonnis was vir drie jaar opgeskort. In 2001 het hy ft erkenning van skuEd van R150.00 betaal vir die besit van dagga. In 2002 is hy gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf op h aanklag van roof en gedurende dieselfde jaar tot R 120,00 boete of 60 dae gevangenisstraf op 'n aanklag van crimen injuria Van belang veral is die feit dat die appellant reeds vantevore 'n vonnis van twee jaar direkte gevangenisstraf opgele is.
6. Wat die oplegging van vonnis betref, blyk dit uit die verhoorlanddros se uitspraak dat hy op 1n deeglike en beredeneerde wyse sekere relevante faktore oorweeg het. Hy het egter met die belang van die gemeenskap in gedagte tydens vonnisoptegging die volgende gese:
'"n Mens kan nerens in die dorp erens heen stap nie. Jy kan nerens eens met jou kar erens heen ry nie. Jy word of met klippe gegooi, soos nou weer hier op die N1 of kapers vat jou kar. Stop jy by 'n plek, dan kom mense soos jy wat jou net daar en dan van jou selfoon en beursie en goeters beroof, as hulle jou nie doodmaak nie, en jy hoef net In koerant oop te maak of 'n tydskrif en die briewekolom te lees om agter te kom hoe moedeloos en raadop is die deursnee lid van die algemene pubfiek in Suid-Afrika."
7. Dit kom my voor uit hierdie passasie of veralgemenings op 'n ongepaste wyse op die appellant van toepassing gemaak is. Die verhoorlanddros het in hierdie opsig fouteer. Vanwee hierdie wanvoorligting is hierdie Hof bevoeg om in te meng.[1]
8. Me Boolev wat vir die appellant in hierdie hof verskyn het, het verder aangevoer dat die kumulatiewe effek van die drie vonnisse in die omstandighede te swaar is. HoeweE 'n mens klaarbiyklik hier met drie verskillende misdade te doen het en die appellant ten regte op drie aanklagte van roof skuldig bevind is, blyk dit dat die drie betrokke voorvalte in n relatiewe kort tyd perk van 21 Februarie 2004 tot 29 April 2004 in die strate van Cloetesville, Stellenbosch, plaasgevind het. Ek stem saam dat die landdros fouteer het deur nie die kumulatiewe effek van die drie vonnisse in ag te neem nie.[2]
9. Die omstandighede wat betref die eerste aanklag waaraan die appellant skuldig bevind is, in teenstelling met die twee ander aanklagte, is in wesenlike opsigte verskiilend. Wat aanklag 1 betref, was daar geen dreigement met 'n mes nie. Die appellant is skuldig bevind aan die roof van R15.00 kontant en twee goue ringe, ten opsigte waarvan daar geen getuienis was oor die waarde daarvan nie. Ten gunste van die appellant moet aanvaar word dat die ringe geringe waarde het. In die ander twee gevalle is items met meer substansiele waarde gestee! en is die klaers met n mes gedreig.
10. Advokaat Meyer, wat vir die Staat in hierdie hot verskyn het, het aangevoer dat alhoewel dit geargumenteer kan word dat die opgelegde vonnis h swaar vonnis is, daar nie gronde is waarop daar ingemeng kan word nie. Dit kan nie in die omstandighede gese word dat die vonnis onvanpas is nie. Sy het verder te kenne gegee dat die appellant van twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede aangekla moes gewees het omdat hy 'n mes gebruik het om die klaers te dreig. Die appellant is egter nie so aangekla nie en kan nie op daardie grondslag gevonnis word nie.[3]
11. In die lig van al die omstandfghede is ek die mening toegedaan dat die kumulatiewe effek van die drie vonnisse wat direkte gevangenisstraf van nege jaar tot gevolg het, ontstelfend onvanpas is en dat 'n mindere vonnis opgele behoort te word. Ek stel voor dat die vonnis van drie jaar gevangenisstraf op efk van die gemelde drie aanklagte tersyde gestel word en dat die volgende vonnis opgele word:
Aanklag 1: EEN (1) JAAR GEVANGENISSTRAF.
Aanklag 2: TWEE (2) JAAR GEVANGENISSTRAF.
Aanklag 3: TWEE (2) JAAR GEVANGENISSTRAF
Die effektiewe vonnis sal dus vyf jaar gevangenisstraf eerderas nege jaar wees.
VAN STADEN, WnR
ALLIE, R: Ek stem saam. Die vonnis van drie jaar gevangenisstraf op elk van die aanklagte word tersyde gestel en 'n vonnis van een jaar gevangenisstraf word opgele ten opsigte van aanklag 1 en 'n vonnis van twee jaar op elk van die ander twee aanklagte waaraan die appellant skuldig bevind is. Dit word dan so beveel.
ALLIE, R
[1] S v KGOSIMORE 1999 (2) SASV 238 (H H A).
[2] S v SCHRICH 2004(1) SASV 360 (K), S v XWENAMORE 2004(1) SASV 385 (HHA); S v PUTE 1990 (1) SASV 339 (K) en S v SEVENSTER 2002 {2} 400 (K).
[3] S v BATES 1990(2) SASV 82 (K).