South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 137
| Noteup
| LawCite
Kotze v S (A666/2006) [2008] ZAWCHC 137 (8 February 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A.666/2006
DATUM: 8 FEBRUARIE 2008
In die saak tussen:
NICOLAAS PETRUS KOTZE Applikant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
LOUW. R:
Die appellant in hierdie aansoek vir verlof om te appelleer is in die streekhof op vter aanklagte van die onwettige handel in diamante skuldig bevind. Hy is 'n vonnis op elke aanklag opgeie en hy het met verlof van die streekhof na hierdie Hof geappelleer slegs teen sy skuldigbevindings. Hierdie Hof het die appel afgewys en die skuidigbevindings bekragtig. Die applikant doen nou aansoek om veriof om na die Hoogste Hof van Appel te appelleer teen slegs sy skuldigbevindings.
Hierdie aansoek word deur die Staat teengestaan.
Die enigste geskilpunt by die verhoor en ook op appel na hierdie Hof was die vraag of die getuienis van die staatsgetuie Terblanche ingevolge die bepalings van artikel 252A van Wet 51 van 1977 by die verhoor toegeiaat moes gewees het. Die verhoorhof het bevind dat daardie getuienis toelaatbaar is en daardie bevinding is deur hierdie Hof op appel bevestig.
Die vraag is nou of daar Vi redefike vooruitsig is dat 'n ander Hof, in hierdie geval die Hoogste Hof van Appel, tot 'n ander gevolgtrekking kan kom ten opsigte van die toelaatbaarheid van Terblanche se getuienis.
Mnr Murray het in besonderhede in sy argument die gronde waarop hy betoog dat daar Vi basis is vir Yi ander bevinding deur h ander Hof uiteengesit.
Na oorweging van sy argument, is ek van mening dat daar wel rn redelike vooruitsig is dat ft ander hof tot h ander gevolgtrekking kan kom en dit volg dat daar dus verlof verleen moet word om te appeileer teen die skuldigbevindings na die Hoogste Hof van Appel.
SALDANHA. WnR: Ek stem saam.
SALDANHA, WnR
LOUW, R: Verlof tot appel word gevolglik toegestaan na die Hoogste Hof van Appel om te appeileer teen die skuldigbevindings van die applikant.
LOUW, R