South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 143
| Noteup
| LawCite
Gcule v S (A513/2006) [2008] ZAWCHC 143 (22 February 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A.513/2006
DATUM: 22 FEBRUARIE 2008
In die saak tussen:
MBANDLA
GCULE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
VELDHUIZEN. R:
Die appellant is op 30 Augustus 2005 in die streekhof skuldig bevind aan poging tot verkragting en tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis. Die appellant kom, met verlof van die verhoorhof, in hoer geroep teen sy skuldigbevinding.
Op 5 Januarie 2005 was die klaagster, wat toe nege jaar oud was, by haar ouerhuts. Haar pa en die appellant het krieket op die televisie gekyk. Die appellant het haar gestuur om te kyk of daar mense by sy huis is. Die appellant het haar gevolg. By die appellant se huis het sy gemerk dat sy broer uit die huis kom. Sy het die huis binnegegaan.
Die appellant het ingekom, die deur toegemaak en haar op die bed gegooi. Hy het haar broekie ultgetrek en daarna sy broek afgetrek. Sy het getuig dat hy haar bene oopgemaak het en haar verkrag het.
Toe sy tuiskom het sy haar ma, wat in 'n motor gesit en koerant lees het, gerapporteer wat gebeur het. Sy is na die polisiestasie geneem en is later deur n dokter oncfersoek. Die appellant se verhaal is dat hy die klaagster se moeder gevra het of die klaagster horn kan vergesel om koeldrank te gaan koop. Hulle twee het na sy huis gegaan en hy het geld in die slaapkamer gesoek. Die klaagster het genoem dat sy die krieket mis en is daar weg. Hy ontken dat hy haar hoegenaamd verkrag het.
Die landdros net die getuienis van die klaagster aanvaar en die van die appellant verwerp. Ons is op geen mistasting in die landdros se uitspraak gewys nie en ek kon geen vind nie. In die omstandighede kan ons sEegs met die landdros se gevolgtrekking inmeng indien ons tevrede is dat dit verkeerd is.
Verre daarvan dat ek meen die bevinding is verkeerd, toon die nalees van die oorkonde, na my mening, dat die landdros se bevinding volkome geregverdig is. Die landdros het nogtans die appeliant onskuldig bevind aan verkragting omdat sy, op die getuienis as geheel, nie kon bevind dat die klaagster vaginaal gepenetreer is nie. Hy is egter skuldig bevind, soos hierbo genoem, aan poging tot verkragting.
Met hierdie bevinding van die landdros is ek dit nie eens nie. Die mediese getuienis ondersteun nie die landdros se bevinding nie. Die distriksgeneesheer kon geen beserings aan die klaagster se geslagsdele vind nie en het siegs gevind dat daar rooiheid om haar vulva was. Hy het getuig dat die rooiheid die gevolg van 'n besering of inflammasie kon wees. Oor watter een van die twee moontlikhede dit was, kon hy nie uitsluitsel gee nie. Hierdie getuienis is dus neutraal.
Hoe dit ook al sy, die getuienis toon nie bo redelike twyfet dat die appellant subjektief die opset gevorm het om die klaagster te penetreer nie. Selfs al het hy sy geslagsdeel ontbloot, is dit ewe moontlik dat hy net teen die klaagster se vagina wou vryf. Dit volg dat die skuldigbevinding nie kan staande bly nie. Na my mening is die korrekte bevinding een van skuidig aan onsedelike aanranding.
In die lig hiervan moet die vonnts heroorweeg word. Ek is nie van voorneme om al die getuienis te herhaal nie. Dit is genoegsaam om te noem dat dit van belang is dat die regte en liggaamlike integriteit van jeugdiges beskerm moet word en dat optrede, soos die beskuldigde sh, nie geduld kan word nie. Die howe is genoop om in gevalle soos die onderhawige streng op te tree.
Na my mening sal die ondergenoemde vonnis aan a] die oogmerke van vonnisoplegging voldoen: Gevolglik slaag die appel en word die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel en met die volgende vervang:
Skuldig aan onsedelike aanranding. Die appellant word gevonnis tot VYF (5) JAAR GEVANGENISSTRAF. waarvan twee (2) jaar gevangenisstraf opgeskort word vtr vyf (5) jaar op voorwaarde dat die appellant nie weer skuidig bevind word aan die misdaad onsedelike aanranding gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
VELDHUIZEN, R
DUMINY. WnR: Ek stem saam.
DUMINY, WnR