South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2008 >> [2008] ZAWCHC 146

| Noteup | LawCite

Masinga v S (A248/2007) [2008] ZAWCHC 146 (22 February 2008)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOE1E HOOP PROVINSIALE AFDELING)



SAAKNOMMER: A.248/2007

DATUM: 22 FEBRUARIE 2008




In die saak tussen:



PHILLIMON MASINGA Appellant

en

DIE STAAT Respondent






UITSPRAAK




DUMINY. WnR:



Die appellant is in die streeknof te Kaapstad aangekla van diefstal van h motorvoertuig. Hy net onskuldig gepleit, maar is op 26 Julie 2006 skuldig bevind en op 16 Augustus 2006 gevonnls tot tien jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar opgeskort is op toepaslike voorwaardes.

Die appellant appelleer nou teen die skuidigbevinding en vonnis.



Die aankteg spruit voort uit die diefstal van 'n motorvoertuig gedurende die nag van 4/5 Desember 2005 uit ft parkeerterrein by 'n woonstelgebou in Vredehoek, Kaapstad. Die voertuig is die nag van 4 Desember 2005 daar geparkeer; toe was dit in h goeie toestand. Teen agtuur op 5 Desember 2005 was die voertuig weg. Toe dit teruggevind is was die deurslotte, aansitslot en stuurslot beskadig en daar was ook skade aan die bakwerk.



in die vroee oggendure van 6 Desember 2005 is die appellant saam met twee ander persone in die voertuig aangetref en gearresteer. Die appellant was 'n passasier wat op die agterste sitplek gestt het. Volgens die hoofstaatsgetuie is 'n skerpgemaakte stuk gereedskap bekend as 'n "Allen key" ook op die sitplek gevind. Blykbaar word sodanige instrumente dikwels met motordiefstalle verbind.



Die appellant het deurentyd ontken dat hy betrokke was by die diefstal van die motor of trouens selfs dat hy geweet het dat die motor gesteel is. Sy weergawe was dat hy die aand van 5 Desember 2006 besig was om te drink in 'n kroeg. Hy het een van die ander beskuldigdes daar ontmoet wat ft sleepwa op Stellenbosch moes gaan haal. Die appellant net saam met horn gery. Met hulle terugkeer he! hulle 'n ander persoon opgelaai en drank bekom wat hulle gedrink het. Later toe dit op is, het hulle besluit om na 'n nagklub in Kaapstad te ry om verdere drank te bekom. Op pad is hulle deur die polisie gestop en in hegtenis geneem. Dit was die appellant se verduideliking van hoe hy in die voertuig beland het en daar aangetref is,



Sy getuienis is dat hy nie van die "Allen key" in die voertuig bewus was nie en dat hy nie deur die polisiebeamptes daarmee gekonfronteer of daaroor uitgevra is nie. Dit is ook duidelik uit die oorkonde dat hy nie daarmee gekonfronteer is tydens die verhoor nie.



In sy uitspraak het die verhoorlanddros twee redes aangegee vir die skuldigbevinding van die appellant, die eerste daarvan was dat een van die beskuldigdes getuig het dat die voertuig behoort het aan ene Sipho wat cfit reeds vir vier maande sou gehad het. Dit was duidelik valse getuienis wat sterk op daardie beskuldigde se skuld gedui het. Die verhoorlanddros het dit egter ook aan die appellant toegeskryf.



Advokaat Pretorius, wat namens die appellant opgetree het, het daarop gewys dat, volgens sy getuienis, die appellant die voertuig vir die eerste keer die aand van sy arrestasie gesien het. Hy het homself nooit met die ander beskuldrgdes se weergawe omtrent Sipho se beweerde besit van die motorvoertuig vir die vorige vier maande vereenselwig me en dit is nooit met horn behandel in sy getuienis of kruisondervraging nie. Na my mening het die agbare verhoorlanddros fouteer deur hierdie weergawe aan die appellant toe te skryf.



Die tweede oorwegtng wat die verhoorlanddros teen die appellant in ag geneem het, was dat die "h skerpgemaakte "Allen keys" in sy "omgewing" gevind is. Terwyl dit moontlik agterdog mag wek, is dit nie Vi genoegsame basis waarop die appellant aan diefstal van die motorvoertuig skuldig bevind kon word nie.



Die appellant se blote aanwesigheid in die kennelik gesteelde voertuig regverdig nie die afleiding dat hy betrokke was by die diefstal daarvan nie of dat hy in besit was van die voertuig nie. In laasgenoemde verband was daar geen getuienis dat hy enige beheer oor die voertuig uitgeoefen het nie, selfs nie gesamentlik met die ander mede-beskuldigdes nie. Daar kan dus nie gese word dat hy ooit regtens in besit was van die voertuig nie. In hierdie verband sien R v BRAND 1960(3) SA 637 (A) op 640E-641-E.

Om die voorgaande redes meen ek dat die verhoorlanddros se benadering tot die appellant se saak nie korrek was nie en meen ek dat di'e appellant se skuldigbevinding en vonnis tersyde behoort gestel te word.


DUMINY, WnR



VELDHUIZEN, R: Ek stem saamP dit word so beveel. Die appel slaag, die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.






VELDHUIZEN, R