South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 152
| Noteup
| LawCite
Dumani and Another v S (A789/2007) [2008] ZAWCHC 152 (29 February 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A.789/2007
DATUM: 29 FEBRUARY 2008
In die saak tussen:
NATION DUMANI 1ste Appelfant
NELSON
BANISE 2de
Appelant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
ROUX, WnR:
Die appellante is beide aangekla op twee aanklagte, te wete roof met verswarende omstandighede en poging tot moord. Die verhoorlanddros het op 12 Maart 2003 beide appellante skuldig bevind op die eerste aanklag. Die eerste appellant is ook skufdig bevind aan aanranding op die tweede aanklag. Die tweede appellant is vrygespreek op die tweede aanklag.
Wat die tweede aanklag betref, blyk daar 'n mate van onsekerheid te bestaan oor welke van die twee appellante die landdros bevind het daaraan skufdig te wees - op bladsy 206 van haar uitspraak lees dit inderdaad soos volg:
"Beskuldigde 2 op aanklag 2 skuldig is aan (onduidelik) skuldig is aan aanranding en dat beskuldigde 2 op daardie aanklag vrygespreek is."
Dit is of n weerspreking of rn tikfout. Uit die vonnis blyk dit egter dat eerste appellant skufdig bevind is op die aanklag van aanranding en gestraf is tot 'n bykomende twaalf maande gevangenisstraf. (Bladsy 209 van die rekord.) Die verhoorlanddros het beide die appellante gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf op die eerste aanklag. Die appellante kom nou in hoer beroep teen hul skuldigbevinding en vonnis.
Ek is van mening dat die Hof a quo tereg die appellante skuldig bevinding het aan roof met verswarehde omstandighede. Wat die eerste appellant betref, was daar oortuigende getuienis van die klaagster dat sy hom uitgeken het, beide tydens 'n uit kenning sparade en in die hof. Daarbenewens is dit gemenesaak dat hy in die voertuig was waarin haar aanvallers van die toneel gevlug het.
Daar is ook, in die geheel beskou, oortuigende getuienis van die polisiebeamptes dat eerste appellant, nadat die polisie die betrokke voertuig gestop het, weggehardloop net en hom probeer versteek het. Hy het ook nie betwis dat van die gesteelde goedere op hom gevind is nie en dat waar hy agter in die voertuig gesit het, n pis too! gevind is nie. HierdJe getuienis dui oorweldigend daarop dat hy betrokke was in die roof. Die landdros se hantering van die getuienis kan nie fouteer word nie
Wat die tweede appellant betref, is dit ook nie betwis dat hy in die betrokke voertuig was nie. Die klaagster het hom ook in die hof uitgeken en grondige redes verskaf waarom sy hom kon uitken, alhoewel sy hom oenskynMk nie by 'n uitkenningsparade uitgeken het nie.
Daarbenewens was daar, in die geheel beskou, ook die getuienis van die polisiebeamptes tot die effek dat ook hyt nadat die betrokke voertuig gestop is, gevlug het en homself probeer versteek het in nabygelee bosse. Die getuienis is pok nie betwis dat waar hy links voor in die betrokke voertuig gesit het, 'n pistool gevind is nie. Die landdros het tereg verwys na inherente onwaarskynlikhede in sy getuienis, wat daarop dui dat hy leuenagtig was, byvoorbeeld sy getuienis van hoe dit gekom het dat hy die betrokke dag in die voertuig was. Dit val ons uiters onwaarskynlik op dat kort nadat twee persone rn gewapende roof gepleeg het en van die toneel vlug, hulle toevallig 'n ryloper sal optel, soos wat die tweede appellant wou beweer. Dit maak gewoon ook nie sin dat die linker voorsitpfek dan oop saf wees inaggenome die feit dat daar toe reeds twee persone in die voertuig was nie.
Wat betref gebeure nadat die voertuig gestop is, kan ek nie fout vind met die landdros se evaluering van die getuienis van die polisiebeamptes in hul geheel beskou nie. Die getuienis van die polisie dat die tweede appellant ook van die toneel weggevlug en horn probeer versteek het, word inderdaad bevestig deur aantekening wat inspekteur Smith gemaak het.
Ek sou gevolgfik beide appellante se appel teen die skuldigbevinding op die eerste aanklag van die hand wys.
Wat die eerste appellant se appel teen die skuldigbevinding op aanranding betref, het ek reeds verwys na die oenskynlike teenstrydigheid in die uitspraak. Dit is duidelik dat dit die tweede appellant was wat die vuurwapen op die klaagster gerig het en die sneller getrek het Dit is inderdaad wat die landdros bevind het. Daar bestaan 'n mate van onsekerheid "n daardie verband. Myns insiens het die landdros bedoel om die tweede appellant skuldig te bevind aan aanranding en nie die eerste appellant nie. Dit blyk egter uit die rekord dat die eerste appeMant op hierdie aanklag skuldig bevind is.
Hierdie aspek is egter nie spesifiek in die kennisgewing van appel aangespreek of uitgelig nie en geeneen van die advokate het dit in hulle hoofde aangespreek nie. Hoe dit ook al sy, in die omstandighede sou ek die appel teen die skuldigbevinding van die eerste appellant op aanranding handhaaf.
Dit is geykte reg dat h hof van appel se bevoegdheid om in te meng in straftoemeting beperk is. Die hof van appel sal slegs inmeng by die vonnis van 'n verhoorhof indien die verhoorlanddros sy diskresie op h onbehoorlike of onredelike wyse uitgeoefen het of indien die opgelegde vonnis steurend en skokkend onvanpas is, (Sien S v MALGAS 2001(1) SASV 469 (HHA) 478d-h.)
Die verhoorlanddros het by die oplegging van gepa^ste vonnisse gekyk na die ernstigheid van die misdryf, die gemeenskap se belange in daardie verband en die appeflante se persoonlike omstandighede en daardie aspekte inaggeneem. Na my mening het die verhoorlanddros nie haar diskresie op 1n onbehoorlike of onredeEike wyse uitgeoefen nie en is die vonnis wat die appellante opgele is nie steurend of skokkend onvanpas nie. Gevolglik sou ek appellante se appel teen die vonnis wat deur die verhoorlanddros opgele is, van die hand wys.
Bygevolg sou ek die volgende bevel maak:
Die appel slaag gedeeltelik.
Beide die appellante se skuldigbevinding op die eerste aanklag word bekragtig.
Die eerste appellant se skuldigbevinding en vonnis op die tweede aanklag, te wete aanranding word tersyde gesteJ.
Beide die appellante se appef teen die vonnis opgele op die aanklag van roof met verswarende omstandighede word van die hand gewys.
ROUX, WnR
DESAI, R: Ek stem saam. Net om die bevel te herhaal:
1. Die appel slaag gedeeltelik;
2. Beide die appellante se skuldigbevinding op aanklag 1 word bekragtig;
3. Die eerste appellant se skuldigbevinding en vonnis op aanklag 2 word tersyde gestel. Die vonn;tise opgele ten opsigte van aanklag 1 ten opsigte van beide appellante word bekragtig.
DESAI, R