South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2008 >> [2008] ZAWCHC 156

| Noteup | LawCite

Ndala v S (A648/2007) [2008] ZAWCHC 156 (7 March 2008)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA


(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)



SAAKNOMMER: A.648/2007

DATUM: 7 MAART 2008



In die saak tussen:

REHOMBA NDALA Appellant
en

DIE STAAT Respondent






UITSPRAAK




VELDHUIZEN. R:



Die appellant is op 19 Julie 2007 in die landdroshof van die Strand skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Hy is tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis. Met verlof van die verhoorhof appelleer die appellant nou teen sy skuldigbevinding.



Die klaer, mnr Miguel Solari, sy vrou en kinders het op die oggend van 11 Maart 2007 sy huis in Millerstraat, Gordonsbaai, verlaat. Hulle het later die dag na kerk teruggekeer. Dit was al donker. Die klaer het die kinders in die huis ingeneem en die ligte aangeskakel. Sy vrou het horn telefonies meegedeef dat daar ft per soon onder hulle rubberboot skinl. Die klaer het ondersoek ingestel en die appellant onder die boot gevind.



Op 'n vraag van die klaer het die appellant horn meegedeel dat hy haweloos is. Die appeflant is beveel om die perseel te verJaat. Toe hy n ent weg is, het die klaer ft groot sak, ft doos en h klein sak onder die boot gemerk. Hy het getuig dat toe hy die appellant daarna vra, het die appellant eienaarskap erken en toe hy die groot sak optel, het van die inhoud uitgeval. Die klaer het dit as sy eiendom herken.



Die appellant sou daarop gese het dit is nie sy eiendom nie en het weggeloop. Die klaer het horn bevee! om stil te staan en sy vrou gevra om die polisie te skakel.



Hy getuig dat die appellant, toe hy hoor dat die polisie geroep gaan word, weggehardloop. Die appellant is later aangekeer en in hegtenis geneem. Die klaer het later vasgestel dat die slot van die motorhuisdeur, wat hy daardie oggend gesluit het, afgebreek is. Tydens kruisondervraging is die klaer se polisieverklaring, wat hy blykbaar dieselfde aand afgele het, aan hom gestel.



In die verklaring meld hy dat die appellant na drank geruik het en aan hom genoem het dat hy onder die boot slaap. Wat presies daarna gebeur het, is nie heeltemal duidelik nie. Ore klaer getuig:



"When I saw the stuff there I went straight away outside my road and I called him. From where I was he was maybe a few metres away. I called him and he came back; and I said to him: Is this stuff yours?' He said to me straight away : 'Yes'. Then when we went in the back I start to pull aside the bag. That is when I shouted 'is this yours". Then he looked and picked up the stuff. He looked and said: 'No, no, this is not mine...' and he left it there under the what-you-call-it, the rubber duck, and that is when I saw it was mine; and that is when I stopped him."



Hierdie volgorde van gebeure verskil van sy verklaring. Volgens sy verklaring het hy eers gemerk dat die appellant "had a box and paper bag. in the box was a brand new insect killer which belongs to me". Eers daarna het hy aan die persoon gevra wat hy in sy werf soek waarop die appellant geantwoord het dat hy daar slaap.



Oor die presiese verloop van die gesprek en gebeure wat tussen die appellant en die klaer plaasgevind het, dra die klaer se vrou nie enigsins by om klarigheid te gee nie.



Volgens die appellant was hy hierdie betrokke aand te dronk om sy gewone staapplek te haal. Hy het toe onder die boot ingekruip en aan die slaap geraak. Nadat die klaer horn wakker gemaak het, het hy geloop. Die klaer het horn teruggeroep en gevra of dit sy goed is wat onder die boot is. Hy het toe gese "Nee, dit is nie my goed nie, ek ken nie die goed nie". Hierdie weergawe van die appellant is nie in kruisondervraging afgebreek nie.



Die enigste vraag wat die verhoorhof moes beslis, is of hierdie omstandigheidsgetuienis die afleiding, as synde die enigste redelike afleiding, wat gemaak kan word wat met al die getuienis strookT regverdig dat die appellant by die klaer se motorhuis ingebreek en die goedere gesteel het. Die landdros het in n kort uitspraak gemeen dat hierdie vraag bevestigend beantwoord moet word. Daar is, na my mening, tussen die appellant se dronkenskap en die klaer se taalvreemdheid bale ruimte vir mrsverstand tussen die twee.

Die redelike moontlikheid dat iemand anders gedurende die loop van die dag by die motorhuis ingebreek het en besluit het om die goedere onder die boot te versteek sodat dit later, wanneer dit donker is, verwyder kan word, kan nie uitgesluit word nie. Daar is 'n sterk suspisie dat dit die appellant is, maar suspisie is nie genoegsaam om 'n skuldigbevinding te fundeer nie, Na my mening kan die skuldigbevinding nie staande bly nie.



Gevoiglik SLAAG DIE APPeL EN WORD DIE SKULDIGBEVINDING EN VONNIS TER SYDE GESTEL.



VELDHUIZEN, R