South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 159
| Noteup
| LawCite
Engelbrecht v S (A523/2007) [2008] ZAWCHC 159 (7 March 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A. 523/2007
DATUM: 7 MAART 2008
In die saak tussen:
KAY-MARI ENGELBRECHT Appellant
en
DIE STAAT Respondent
U ITSPRAAK
VAN REENEN. R:
Geriefshalwe word daar na die appellant as die beskuldigde verwys.
Die beskuldigde het op 18 Julie 2007 in die landdroshof van Laaiplek tereggestaan op 'n aanklag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Die inhoud van die klagte was dat sy op 18 Maart 2007 by Noordhoek Primere Skool te Laaiplek ingebreek het; dit binnegegaan het en daar wederregtelike en opsetlik twee groot plastieksakke bevattende pasteie en twee groot plastieksakke bevattende aartappelskyfies, die eiendom van of in die regmatige besit van Clifford Dawn gesteel net. Dit word beweer dat die totale waarde van die goedere ongeveer R1 000,00 was terwyl die getuienis was dat dit ongeveer R100,00 was.
Die beskuldigde, wat deur 'n prokureur verteenwoordig was, het onskuldig gepleit. Geen pleitverduideiiking was aangebied nie. Die beskuldigde is op 18 Julie 2007 skuldig bevind aan die ten laste geiegde misdryf, nie as hoofdader nie, maar as 'n medepligtige en gevonnis tot twaalf maande gevangenisstraf.
Die beskuldigde appelleer, met verlof van die verhoorhof, na hierdie Hof teen sowel die skuldigbevinding as vonnis wat haar opgele is.
Die skuldigbevinding word aangeveg op sterkte daarvan dat alhoewel dit erken is dat die beskuldigde tydens die pleging daarvan op die toneel van die misdaad teenwoordig was, daar nie "n behoorlike feitebasis deur die Staat gele is vir 'n bevinding dat sy op enige wyse die pleging van die misdryf bevorder het nie.
Die feite-matrys waarieen daardie submissie beoordeel moet word, is kortliks die volgende: Die kantoorgedeelte van die Noordhoek Primere Skool is van 'n alarmstelsel voorsien en in die kompleks is daar 'n vertrek waarin snoeperye vir die verkoping aan leerlinge gehou word. Daar is tydens die getuienis na hierdie vertrek as die "Snoepie" verwys. Daardie besigheid is deur privaat individue bedryf. Tussen die Snoepie en die buitemuur van die gebou is daar 'n rookkamer. Die rookkamer het 'n venster wat ongeveer .5m X .5m groot is. Aan die buitekant van die rookkamer was daar diefwering gei'nstalleer en die twee vertrekke was deur Vi geslote deur van mekaar geskei.
Die opsigte van die skool, mnr Dawn, het as gevolg van 'n oproep wat hy van die alarmoperateurs ontvang het, om ongeveer 22h50 op 18 Julie 2007 na die kantoorgebou van die skool gegaan. Terwyl hy dit genader het, het hy die beskuldigde opgemerk waar sy buitekant die venster, wat ongeveer 1,5 meter van die grond af is, gestaan bet. By haar het daar vier groot plastieksakke gele. Die diefwering was versteur en die venster stukkend. Toe Dawn vir die beskuldigde se om "vas te staan" het n manspersoon, wat binne-in die gebou was, kop eerste deur die venster geduik en weggehardloop. Hy kon nie die persoon identifiseer nie. Die beskuldigde het nie enige verduideliking aan horn aangebied vir haar teenwoordigheid op die toneel nie.
Mnr Dawn het die beskuldigde aan personeellede van die alarmoperateur oorhandig wat haar polisiestasie toe geneem het. Toe mnr Dawn die grootste van die omheimngshekke tot die skoolperseel wou oopsluit, het die beskuldigde 'n onsuksesvolle poging aangewend om weg te kom.
Daar was pasteie en aartappelskyfies 3n die sakke wat naby die beskuldigde op die grond gevind is. Mnr Dawn het vasgestel dat benewens die venster en die diefwerrng wat gebreek was, ook die geslote deur tussen die rookkarner en die Snoepie oopgetrap was en hy het die persone wat die Snoepie bedryf het daarvan in kennis gestel.
Die beskuldigde se weergawe was dat sy 'n vriend van haar by een van sy vriende agtergelaat het en op pad huis toe was. Langs die pad het sy hn wiidvreemde man teegekom by wie sy h "entjie" gevra het terwyl hy besig was om 'n daggasigaret te rol. Die persoon sou toe met dreigemente van Mggaamltke geweld haar oorreed het om horn te vergesel terwyl hy ingebreek het.
Alhoewel sy se dat sy teen haar sin daar was en verlig was toe mnr Dawn daar aangekom het, het sy nie vir horn, die alarmpersoneel of die polisie van haar penarie ingelig, soos wat ft mens sou verwag het sy sou gedoen het nie.
In die lig daarvan en die feit dat sy haar nie uit die voete gemaak het terwyl die inbreker binne besig was nie, was die beskuldigde se verduideliking vir haar teenwoordigheid, myns insiens tereg, as ft versinsel deur die landdros verwerp.
As dit aanvaar word dat die beskuldigde vrywillig daar was, is die afleiding myns insiens onontsnapbaar dat sy die inbreker vergesel het ten einde horn bystand te verleen vir die verwesenl iking van sy misdadige doel deur horn teen onverwagte aankomelinge te waarsku en te help om die gesteelde goedere deur die venster aan te vat - dit sou stompsinnig wees om brose pasteie van h hoogte van 1,5 meter grond toe te laat val - en horn te help om die buit weg te dra. Na my mening konstttueer daardie optrede h gedrag wat neerkom op h wederregtelike en opsetlike bevordering van die misdryf van huisbraak met die opset om te steel en diefstal wat deur die ander onbekende persoon gepleeg was. (Sien in die verband C R SNYMAN, STRAFREG. 5de Uitgawe, op 272 en verder.)
In die lig van die voorgaande is ek tevrede dat die Staat wel bewys het dat die beskuldigde se weergawe nie redelik moontlik waar kon wees nie en is ek tevrede dat sy korrek skuldig bevind is op die basis van medepligtigheid aan die misdryf wat haar in die klagstaat ten laste gel£ word.
Gevolglik is ek van mening dat die appel teen die skuldigbevinding van die hand gewys behoort te word.
Die appel teen die vonnis is daarop gebaseer dat die verhoorhof sou misgetas het deur die beskuldigde se persoonlike omstandighede te onder- en die ems van die misdaad te oorbeklemtoon het. Dit word ook die landdros verwyt dat hy die hoof boosdoener as 'n misdadiger gekategoriseer het; ongeregverdig die beskuldigde gekoppet het aan 'n kultuur van met misdadigers assosieer en dat dit sy evaluasie van wat 'n gepaste vonnis sou wees, wesenlik tot nadeel van die beskuldigde bei'nvloed het.
Dit is gemeensaak dat ft hof van appel nie willekeurig met die vonnis van n verhoorhof inmeng nie: dit word gedoen slegs indien die vonnis skokkend onvanpas is en of daar ri wesenlike mistasting begaan is. Die onderhawige appel teen vonnis skyn slegs op die laasgenoemde van die gemelde twee gronde gerig te wees.
Dit is myns insiens nie nodig om die faktore wat hierbo uiteengesit word, noukeurig te ontleed nie. Dit is so omdat die landdros myns insiens ander wesenlike mistastings begaan het wat betref die opFegging van vonnis.
Die eerste is die feit dat die inbreker die beskuldigde se kerel was eerder verswarend as versagtend inwerk omdat dit sou beteken dat sy voordeel uit die diefstal sou getrek het; die tweede is dat die beskuldigde in p]aas daarvan om haar kerel tot ander insigte te bring, horn nie alleen bygestaan het nie, maar aangemoedig het om die misdryf te pleeg; en derdens, dat dit nie vanuit die uitspraak op vonnis blyk dat die verhoorhof 'n ingeligte en onafhanklike beoordeling gemaak het van die moontlike effek wat die gevangenissetting van die beskuldigde op haar vierjarige kind, van wie sy die primSre versorger is, se beste belange, soos vereis deur artike! 28(2) van die Grondwet, gehad het nie.
Daar skyn nie enige feitebasis te gewees het vir die gevolgtrekkings wat in die vorige paragraaf uiteengesit word gemaak kon gewees het nie. Die derde mistasting in die vorige paragraaf vermetd, is in S v M (Centre for Child Law as Amicus Curiae) 2007(2) SASV 539 deur die grondwetlike hof as Yi mistasting aangemerk van 'n voldoende graad om heroorweging van die vonnis te regverdig.
In die lig van die mistastings staan dit hierdie Hof vry om van meet af aan te besin oor wat n geskikte vonnis behoort te wees met inagneming van die beskuldigde se persoonlike omstandighede, die erns van die misdryf waaraan sy skuldig bevind is en die belange van die gemeenskap.
Die beskuldigde is 'n ongetroude enkel ouer vroeg in haar twintigerjare en is 'n eerste oortreder. Alhoewel skole sagte teikens vir inbrake mag wees en beskerming verdien mag die graad van die beskuldigde se morele skuld nie buite rekening gelaat word nie. Die beskuldigde was nie die hoofdader nie, maar op die getuienis voor die Hof was haar betrokkenheid beperk tot hulpverlening van n relatief laer graad as die van die inbreker self. Verder is al die gesteelde goedere teruggevind.
Terwyl dit in gemeenskapsbelang is dat ernstige oortredings gepas gestraf word, moet straf steeds gei'ndividualiseer word ten einde te pas by die behoeftes en omstandighede van *n individuele skuldigbevinde.
Omdat die beskuldigde die primere versorger van 'n vierjarige kind is, moet daar oorweging gegee word aan die vraag of die beste befange van die kind deur die oplegging van gevangenisstraf aan haar as primere versorger gedien sou word. Die waarskynlikhede skyn myns insiens sterk daarteen te stry.
Dit is verder die siening van howe in hierdie afdeling dat korttermyn gevangenisstraf ten opsigte van eerste oortreders vermy behoort te word indien dit enigsins moontlik is. (Sien in die verband S v CEYLON 1998(1) SASV 122 (K) te 123j-124a en die sake daarin gesiteer.)
In die lig van die voorgaande is ek van mening dat Vi gepaste vonnis in die onderhawige saak twaalf maande gevangenisstraf is, die geheel waarvan opgeskort word vir 'n periode van vyf (5) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal of diefstal of 'n poging daartoe gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
Ten slotte ag ek dit my plig om kommentaar te lewer op die deeglike en objektiewe wyse waarop advokaat De Villiers vir die Staat, soos wat Vi mens alreeds aan gewoond geraak het, sy taak verrig het.
Gevolglik word die appel teen die skuldigbevinding van die hand gewys en word die vonnis wat deur die landdros ople" is, deurgehaal en vervang met die volgende vonnis:
"TWAALF (12) MAANDE GEVANGENISSTRAF. die geheef waarvan opgeskort word vir h periode van vyf (5) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal of diefstal of 'n poging daartoe gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie."
VAN REENEN, R
CROWE. WnR: Ek stem saam.
CROWE, WnR