South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 184
| Noteup
| LawCite
Human v S (A205/2002) [2008] ZAWCHC 184 (25 April 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A.205/2002
DATUM: 25 APRIL 2008
In die saak tussen:
TREVOR
HUMAN Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
LE GRANGE, R:
Die Appellant (beskuldigde 2) is in die streekhof te Worcester saam met twee ander skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede. Die appellant is tot n termyn van 15 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis en was dit ook gelas dat vyf jaar van die gevangenisstraf gesamentlik uitgedien moet word met 'n vonnis wat die appellant op daardie stadium besig was om uit te dien. Die appellant kom nou in hoer beroep teen die skuldigbevinding en die opgelegde vonnis.
Mnr Stamper, wat namens die appellant verskyn, het hoofsaaklik aangevoer dat die verhoorlanddros fouteer het om te bevEnd dat die Staat hul saak bo redelike twyfel bewys het en die weergawe van die appellant te verwerp as vals. Hy het geargumenteer dat daar geen direkte getuienis is wat die appellant verbind met die pleging van die misdryf nte en dat die enkelgetuie, mnr Henry William Daniels, wat die appellant naby die rooftoneel plaas, se getuienis nie betroubaar in alle wesenlike omstandighede is nie.
Hy het ook aangevoer dat die verhoorlanddros se versuim om ft bevinding te maak oor die toelaatbaarheid van sekere hoorsegetuienis en die afle van kaptein De Villiers se getuienis, die appellant se reg tot ft billike verhoor aangetas het.
Met betrekking tot vonnis was aangevoer dat die verhoorlanddros gefouteer het om te steun op die bepalings van die algemene Regswysigingswet, Wet 105 van 1997, aangesien die misdryf, toe dit gepleeg was, hierdie wetgewing nog nie in werktng getree het nie. Me Boovsen, wat namens die Staat verskyn, het aangevoer dat die verhoorlanddros nie misgetas het met sy bevindinge nie. Sy het ook aangevoer dat die opgelegde vonnis nie skokkend onvanpas is nie.
Die Staat in die Hof a quo het altesaam tien getuies geroep om hul saak teen die appellant en sy mede-beskuldigdes te bewys. Die appellant het in sy saak getuig asook sy broer, Ashtey Human. DEt dien gemeld te word dat die beskuldigde 4 tydens die verhoor oorlede is en was die verrigtinge teen horn gestaak. Beskuldigde 1, Donovan Krige en beskuldigde 3, Alistair Faure, het hul swygreg uitgeoefen en geen verdedigingsgetutes geroep nie.
Dit is gemeensaak dat die oggend van 11 Maart 1997 om ongeveer halfnege die oggend was Lolita Johnson, Ebrahim Salie en Henry Fllander, wat almal werknemers was by die plaaslike munisipaliteit beroof van kontant in die bedrag van R122 141,37. Johnson, wat as klerk by die munisipaliteit werksaam was, is die oggend vergesel deur Salie en Filander te voet na die bank om die gelde te gaan bank. Hulle was kort daarna gedreig met ft vuurwapen en oorrompel deur vier bruinmans wat hoofsaaklik in swart geklee was.
Mev Elizabeth Frieslaar se voertuig, 'n roomkleurige Honda Ballade met registrasienommer CW.1277,was dieseifde oggend kort voor die pleging van die roof deur beskuldigde 3, Alistair Faur, geleen en is enke)e minute voor en onmiddellik na voltooiing van die roof in die onmiddellike omgewing van die munisipale kantore waar die rooftog plaasgevind het gesien. Henry William Daniels het die oggend van die rooftog tussen 20 oor agt en 25 oor agt verby die munisipale kantore gedraf.
Die entgste geskilpunt in hierdie saak is dat die appellant ontken dat hy een van die rowers was of kort voor die pleging van die misdryf Daniels in Frieslaar se voertuig by die munisipale kantore gesien het.
Die verhoorlanddros het die Staat se getuienis sowel as die van die appellant en sy broer opgesom en geevalueer en tot die volgende slotsom gekom:
"Daar is natuurlik die getuienis van beskuldigde 2 en ook van sy broer wat dit wat Daniels gese het, in s eke re opsigte inderdaad nie so kan wees nie. Ek gaan hoegenaamd nie probeer om enige redes te vind vir daardie aspek nie. Die getuienis van beskuldigde 2 se broer word in elk gevaf gestaaf dear die tydkaart uitgereik deur die firma Hextex en ai neem die Hof die getuienis van die beskuldigde 2 hieromtrent in aanmerking en die getuienis aan die Staat se kant nie, daardeur in diskrediet gebring kan word nie. Ek is ook nie be re id om te aanvaar dat beskuldigde 2 se getuienis en die van sy broer my moet beweeg om te aanvaar dat dit wat Daniels aan die Hof getuig het, nie die waarheid is nie. Daar moet onthou word dat hier gewerk word met tye en dit is 'n tang tyd gelede wat hierdie gebeure plaasgevind het. Dit kan heel moonttik wees dat die getuie Daniels horn ietwat misgis het met die tyd. Dit kan seifs wees dat hy horn misgis het met die dag waarop hy by die huis van beskuldigde 2 se broer sou gewees het. Dit is moontlikhede en ek is steeds van oordeef dat sou daardie moontiikhede op sy getuienis van toepassing gemaak word, dat dit nie per se betoken dat ek nou moet aanvaar dat hy nie die waarheid aan die Hof vertei het nie. fnteendeef, is die Hof nog steeds van oordeel dat sy getuienis 'n duidetike en korrekte beeld skep van wat die betrokke dag daar sou gebeur het. Aan die einde is die Hof dan eoriuig dat daardie betrokke dag wef 'n roof gepleeg was en dat die geld hier ter sprake gesteef was met die hulp van 'n vuurwapen of vuurwapens. Dat die vier manspersone wat verantwoordeiik was vir hierdie daad, korrek ge'identifiseer was en dat die getuienis van Faure, Daniels genoegsame bewys is van die skuld van at drie beskuidigdes."
Na deurlees van die oorkonde, stem ek met hierdie bevinding van die verhoorlanddros saam. Die getuienis van Hermanus Christiaan Swart is insiggewend en grotendeels nie in dispuut nie. Sy weergawe is kortliks dat die oggend van die voorval was hy sittend in sy voertuig wat geparkeer was in die straat aanliggend tot die munisipale kantore naby die bank. Hy het na sy regterkant gekyk en twee bruinmans, beide in swart geklee, by borne op die munisipale parkeerterrein sien staan. Beide het hoofbedekkings, wat hy as pette of keppies beskryf het, op hul hoofde gehad. Hy het die rooftog voor horn sien afspeel. Hy het sy voertuig verlaat en nader gehardloop om hulp te gaan verleen, maar toe hy hn voorwerp wat vir hom soos ft vuurwapen gelyk het, waarneem het hy wyslik besluit om die aftog te blaas.
In die loop van die rooftog het hy nog twee soortgelyke geklede manspersone op die parkeerterrein waar die rooftog plaasgevind het, opgemerk en besef dat daar vier persone betrokke was by die roof. Die rowers het onmiddellik na afloop van die gebeure tussen die munisipaliteit en die biblioteekgeboue gehardloop en buite sig verdwyn.
Swart het na sy voertuig teruggekeer en in die naby omgewing 'n wit Honda Ballade voertuig se bande hoor skree toe dit wegtrek. Die voertuig het oor n stopstraat gejaag tot waar dit by 'n rooi robot gestop het. Hy het die voertuig agtervolg en langs dit gestop. Hy het vier manspersone in die voertuig waargeneem, waar hulle besig was om swart Mere te verwissel. Die registrasienommer van hierdie voertuig was CW.1277. Die maak en die kleur stem ooreen met die voertuig wat Frieslaar vroeer die oggend aan beskuldigde 3 geleen het. Swart kon egter nie die gesigte van die persone behoorlik waarneem nie.
Mev Frieslaar het getutg dat haar roomkleurige Honda Ballade met die registrasienommer CW.1277, aan beskuldigde 3, Allistair Faure, geleen was die oggend van die voorval. Hy het haar voertuig agtuur die oggend kom haal en hy het dit weer voor nege dieselfde oggend teruggebring.
Dit is ook nie in geskil dat 'n palmafdruk van die appellant bo die buite regteragterdeur van die voertuig gevind was nie.
Henry William Daniels se weergawe was kortliks dat hy bevriend was met die appellant en die ander beskuidigdes. Die oggend van die voorval het hy gaan draf. Om ongeveer tussen 20 en 25 oor agt die oggend het hy in Beringstraat by die ingang na die munisipale kantore verbygedraf. Hy het Frieslaar se voertuig, wat goed aan horn bekend was, opgemerk waar dit by die munisipale gebou indraai in die rigting van die biblioteek. Die appellant en sy mede-beskuldigdes was die insittendes van die motor.
Hy getuig dat hy ongeveer 7 meter van die voertuig was toe hy die appellant en sy mede-beskuldigdes waarneem. Volgens horn, het Alistair Faure (beskuldigde 3) bestuur, terwyl die appellant in die voorste passasiersitplek gesit het. Beide van hulfe was geklee in swart baadjies.
Danieis getuig dat hy vir beskuldigde 3 gegroet het wie horn met ]n hand gebaar teruggegroet het. Hy het verder aangedraf. Hy het later verneem van die rooftog by die munisipale kantore en dat die Honda voertuig daarmee geassosieer word. Hy het toe sy waarneminge van die oggend aan die polisie gaan vermeld.
In kruisverhoor was Daniels uitgevra oor sy besoek aan die appellant in die gevangenis. Hy het hierdie besoek erken en die omstandighede rondom dit verduidelik. Volgens Daniels se weergawe was hy een Saterdag by appellant se broer se woning om te braai. 'n Telefoongesprek het toe plaasgevind en was hy nader geroep om met die appellant oor die telefoon te praat. Tydens hierdie gesprek het die appellant versoek dat Daniels horn saam met n familielid in die tronk kom besoek. Hy het aan hierdie versoek voldoen en tydens besoek in die gevangenis het appellant horn meegedeel dat hy in besit is van sy getuieverklaring. Die appellant het ook daar verneern dat hy 'n staatsgetuie gaan wees.
Die appellant se weergawe is kortliks dat hy geen kennis dra van die rooftog nie en was by sy woning. Hy erken dat Daniels hom een Saterdag in die gevangenis kom besoek het. Daniels het hom toe meegedeel dat hy jammer is om teen hom te getuig. Hy het vir Daniels meegedeel dat hy niks vir hom te se het nie en dat hy moet loop. Daniels was ook verder gekruisverhoor oor die datums en tye wat hy by die appellant se broer se woning was.
Mnr Swart, myns insiens, het nie probeer om sy weergawe aan te dik of te amplifeer in die Hof a quo nie en was die verhoorlanddros korrek om sy weergawe te aanvaar. Daar is geen twyfel by my dat die persone wat hy waargeneem het tydens die rooftog by die munisipale gebou dieselfde persone is wat hy later waargeneem het toe hulle weggejaag het met mev Frieslaar se voertuig nie
Die eerlikheid en betroubaarheid van sy getuienis word verder weerspieel dat hy nie probeer het om n beskrywing te gee van die rowers se gesigte nie. Die verhoorlanddros het ook nie gefouteer om die getuienis van Daniels te aanvaar nie.
Daniels, volgens myf was ook 'n eerlike en betroubare getuie en is die uitkenning van die appellant en sy mede-beskuldigdes in Frieslaar se voertuig die oggend by die munisipale kantore betroubaar Die kritiek teen sy getuienis is sonder meriete. Daar is geen direkte getuienis dat die appellant die klaers beroof het nie.
Die getuienis van Daniels en Swart is omstandigheids-getuienis. Die toets by omstandigheidsgetuienis is of die afleiding wat gesoek word, die enigste redelike afleiding uit die bewese feite is. In hierdie verband sien R v BLOM 1939 AD 188 asook S v REDDY AND OTHERS 1996(2) SASV 1 waar die volgende bevind is deur die Hof:
"In assessing circumstantial evidence one needs to be careful not to approach such evidence upon a piece-meat basis and to subject each individual piece of evidence to a consideration or whether it excludes the reasonable possibility that the explanation given by an accused is true. The evidence needs to be considered in its totality. It is only then that one can apply the oft-quoted dictum in R v Blom 1939 AD 188 at 202-3, namely -
The evidence sought to be drawn must be consistent with at! the proved facts, if it is not then inference cannot be drawn.
The proved facts should be such that they exclude every reasonable inference from them save the one sought to be drawn. If they do not exclude other reasonable inferences, then there must be a doubt that whether the inference sought to be drawn, is not correct."
Die verhoorlanddros het 'n volledige uitspraak gelewer en met elk van die geskilpunte gehandel. Sy benadering in die evaiuering van die omstandigheidsgetuienis kan nie gekritiseer word nie. Hy het nie elke brokkie getuienis afsonderlik betrag nie. Dit is duidelik uit die sinvolle en deurdagte uitspraak van die verhoorlanddros dat hy al die getuienis in sy totaEiteit deeglik oorweeg en beoordeel het. Indien die welbekende beginsels rakende die evaiuering van omstandigheidsgetuienis waarna verwys is, toegepas word op hierdie getuienis alleen, dan is die appellant se ontkenning van sy betrokkenheid by die gewapende roof vafs en behoort sy weergawe verwerp te word.
Ek is derhalwe van mening dat in die omstandighede van hierdie saak, dit is nie eers nodig is om met die getuienis van Ricardo Foote wat die appellant en sy mede-beskuEdigdes se betrokkenheid by die rooftog verder aanspreek mee te handel nie.
In die gevolg kan appellant se appel op die skuldigbevinding nie slaag nie en moet dit van die hand gewys word.
Ten opstgte van vonnis is aangevoer deur mnr Campher dat die Hof a quo misgetas het deur te steun op die Strafwysigingswet, Wet 105 van 1997, aangesien hierdie wetswysiging nog nie in werking was ten tye van die rooftog nie. Myns insiens is hierdie argument sonder meriete. Die verhoorlanddros het nie op hierdie bepalings van die Strafwysigingswet gesteun nie, maar stegs daarna verwys en gebruik gemaak van sy eie strafjurisdiksie wat 15 jaar is.
Die verhoorlanddros het myns insiens deeglike oorweging gegee aan die appellant se persoonlike omstandighede, die belange van die gemeenskap en die ems van die misdryf. Die appellant het op daardie stadium n vonnis van 13 jaar gevangenisstraf uitgedien vir 'n soortgelyke misdryf. Die misdryf waaraan die appellant homsetf skuldig gemaak het, is ernstig en is die opgelegde vonnisr volgens my, nie skokkend onvanpas of buitensporig swaar nie. Ek kan ook nie vind dat die verhoorlanddros sy vonnisdiskresie op n onbehoorlike wyse uitgeoefen het nie
Dit volg dat die appel ten opsigte van die vonnis ook nie kan slaag nie.
Derhalwe sal ek die volgende bevel voorstel: Die appel ten opsigte van die skuldigbevinding en vonnis WORD VAN DIE HAND GEWYS.
LE GRANGE, R
LOUW, R: Ek stem saam en dit word so beveel. Ek wil ook die advokate bedank vir huhe behulpsame en insiggewende betoe, julle het ons gehelp om die geskilpunte behoorlik te oorweeg.
LOUW, R