South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2008 >> [2008] ZAWCHC 198

| Noteup | LawCite

Leen v S (A25/2004) [2008] ZAWCHC 198 (16 May 2008)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA


(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)



SAAKNOMMER: A.25/2004

DATUM: 16 MEl 2008




In die saak tussen:

SIMON JESAJA LEEN Appellant

en

DIE STAAT Respondent






U ITSPRAAK




GRIESEL, R:



Die appellant is in die streekhof te George skuldig bevind op n aanklag van onsedelike aanranding, gelees met die bepalings van artiket 51 van die Strafwysigingswet, 105 van 1997. Die streeklanddros kon geen wesenlike of dwingende omstandighede vind wat die oplegging van h mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis regverdig me en die appellant is daarop gevonnis tot tien jaar gevangenisstraf. Hy kom tans in hoer beroep teen beide die skuldigbevinding en vonnis.

Die gebeure wat tot die huidige appel aanleiding gegee het, het so lank gelede as 19 September 1998 plaasgevind. Oie appellant en die klaagster het in daardie stadium n saamleefverhouding gehad.



Op die betrokke aand het hulle by van die appellant se familie gekuier, waar die appellant heelwat gedrink het. Die klaagster het later opgestaan en geloop. Appellant is agterna en het haar aan die arm gesleep, teen n wal afgegooi en haar aangerand. Hy het daarna haar klere uitgetrek en haar beveel om op haar maag te le sodat hy anaal omgang met haar kon he. Die klaagster het geweier en haar teegesit. Die appellant het haar egter oorweldig en het haar in die proses sekere wonde toegedien deur haar, onder andere, op die boud en agter haar skouer te byt. Sy het in die proses ook 'n kneuswond aan haar linker bobeen opgedoen sowel as verdere wonde aan haar kneukels.



Daarna het die appellant voortgegaan om anale seks met die klaagster te he. Sy het in die proses heelwat pyn ervaar. Volgens die klaagster het sy later aan daarin geslaag om die appellant van haar af te gooi en het sy sonder haar klere na 'n nabygelee plakkerkamp gevlug waar sy om hulp gevra het. Die mense daar het vir haar die nodige bedekking gegee en van haar gesinslede net haar later daar kom haal en teruggeneem huis toe.



Sy het die voorval die volgende oggend aan die poHsie gaan rapporteer en is ook na die distriksgeneesheer geneem waar sy ondersoek is. Ten tyde van die verhoor was die betrokke dokter in die buiteland, maar haar verslag soos vervat in die J88 is met toestemming van die verdediging ingehandig as bewysstuk. Behalwe vir die beserings wat ek reeds genoem het, het die distriksgeneesheer 'n vars skeur van ongeveer 2cm lank aan die klaagster se anus gevind. Daar was ook bloeding teenwoordig.



Die appellant se weergawe was 'n blote ontkenning. Hy het getuig dat hulle wel die betrokke aand by sy suster gekuier het, maar hy ontken dat hy die klaagster enigsins aangerand het.



In sy uitspraak het die streeklanddros die getuienis deeglik bespreek en ontleed, gedagtig daaraan dat die klaagster 'n enkelgetuie was. Hy was egter tevrede op sterkte van haar getuienis, soos gestaaf deur die objektiewe feite sowel as die algemene waarskynlikhede dat die skuld van die appellant bo redeiike twyfel bewys is.

Op appel voor ons is geargumenteer dat die streeklanddros fouteer het deur die klaagster se getuienis te aanvaar. Daar is ook gewys op die afwykings tussen haar getuienis en haar polisieverklaring.



Ek is egter tevrede dat die streeklanddros deeglik van hierdie probleme bewus was en dit behoorlik in sy uitspraak aangespreek het. Ten spyte van die gebreke waarop die verdediging steun, was hy tevredeT wat die wese van haar getuienis aanbetref, dat die klaagster wel 1n geloofwaardige getuie was. Hierdie geloofwaardigheidsbevinding word ten voile deur die oorkonde gestaaf. Wanneer haar getuienis dan opgeweeg word teen die blote ontkenning van die appellant, is dit myns insiens dutdelik dat sy weergawe nie redelik moontlik waar kan wees nie.



Dit volg dat daar geen gronde bestaan om met die skuldigbevinding in te meng nie.



Wat vonnis aanbetref, het die streeklanddros homseif gebonde geag aan die bepalings van die minimum vonnis wetgewing. Die enigste vermelding van onsedelike aanranding in die betrokke wetgewing is in Deel Ml van Bylae 2 waar "n vonnis van tien jaar gevangenisstraf voorgeskryf word vir onsedelike aanranding op 'n kind onder die ouderdom van 16 jaar waarby die toediening van liggaamlike leed betrokke is. Die huidige klaagster val kennelik nie in daardie kategorte nie. Dit votg dus dat die streeklanddros in hierdie opsig misgetas het met die gevolg dat dit hierdie Hof vrystaan om self oor n gepaste vonnis te besin sonder om aan die betrokke wetgewing gebonde te wees.



Met inagneming van die jeugdigheid van die appellant sowel as die ander persoonlike omstandighede, is ek van oordeei dat 'n vonnis van ses jaar gevangenissfraf in die omstandighede gepas sal wees. Weens die bostaande redes, sou ek die appel teen skuldigbevinding van die hand wys, maar die appei teen die opgelegde vonnis handhaaf deur die opgelegde vonnis ter syde te stel en te vervang met een van ses jaar gevangenisstraf, wat terugdateer word tot datum van vonnisoplegging, dit wil se 30 Mei 2003.




LE GRANGE, R: Ek stem saam.






LE GRANGE, R


GRIESEL, R:



GRIESEL, R