South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 203
| Noteup
| LawCite
Joubert v S (A12/2008) [2008] ZAWCHC 203 (16 May 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A. 12/20008
DATUM: 16 MEI 2008
In die saak tussen:
SAMUEL
JOUBERT Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
LE GRANGE. R:
Die appellant het in die streekhof te Atlantis tereggestaan en is skuldig bevind op 'n aanklag van onsedelike aanranding. Ingevolge die bepalings van artikel 51(b)(i) van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, is die appellant tot 'n termyn van tien jaar direkte gevangenisstraf gevonnis. Die appellant, met verlof van die Hof a quo kom nou in hoer beroep
Dit is namens die appellant aangevoer dat die verhoorlanddros misgetas het deur nie wesenlike en dwingende omstandighede te bevind wat 'n mindere vonnis regverdig as die voorgeskrewe vonnis nie en is die opgelegde vonnis buitensporig swaar.
Namens die Staat is aangevoer dat die verhoorlanddros die korrekte benadering gevolg het en kan daar moontlik wesenlike en dwingende omstandighede wees, maar dit is vir hierdie Hof om te bepaal, indien nodig.
ingevolge die bepalings van artikel 51(b)(i) saamgelees met 8ylae 2 van Deel van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, moet 'n hooggeregshof of 'n streekshof h eerste oortrederr wat skuldig bevind is aan onsedelike aanranding, op n kind onder die ouderdom van 16 jaar waarby die toediening van liggaamlike leed betrokke is, tot n termyn van tien jaar gevangenisstraf vonnis tensy daar wesenlike en dwingende omstandighede is wat h mindere vonnis regverdig.
Die appellant het skuldig gepleit. Die klaagster is aan hom bekend en was 8 jaar oud ten tye van die voorval Die klaagster het op die dag van die voorval by die ouerhuis van die appellant aangedoen om 'n haarborsel te kom leen. Hy het haar teen 'n bed neergedruk, sy jeanbroek afgetrek en net geklee in sy onderbroek op en af bewegings op die klaagster gemaak. Die klaagster het by haar bobeen sekere skaafwonde opgedoen wat veroorsaak was deur die appellant se broekgespe. Die klaagster het ook by haar bolip en nek ligte beserings opgedoen. Die appellant het erken dat hierdie beserings by die klaagster moontlik opgedoen was toe hy op haar beweeg het, maar het ontken dat hy haar fisies aangerand het.
Die verhoorlanddros in die soeke na wesenlike en dwingende omstandighede het bevind dat ten spyte van die deeglike oorweging van al die persoonMke omstandighede van die appellant en die feit dat die klaagster nie ernstige fisiese beserings opgedoen het nie, wel liggaamlike leed toegedien was en kon geen wesenlike en dwingende omstandighede bevind wat 'n mindere vonnis regverdig nie.
Die verhoorlanddros het op bladsy 17, reel 12 tot 17 haarself soos volg uitgedruk:
"Ek gaan soek in die persoonfike omstandighede en in die feitte van die saak om te kyk of ek iewers wesenlike en dwingende omstandighede kan kry. Die Hof het moeite gedoen om met 'n kammetjie deur alles te gaan om te kyk of ek nie vir u op so 'n manier genade kan betoon nie"
Op bladsy 56, reef 24 tot 57 reel 8 van die rekord het die verhoorlanddros die volgende gemeld:
"In Deef III staan daar onsedelike aanranding op 'n kind onder die ouderdom van 16 jaar, waarby die toediening van liggaamlike feed betrokke is, daar staan nie ernstige feed nie, daar staan ook nie aanranding op n persoon nie, daar staan liggaamlike leed en dit is wat die Wetgewer ook bedoel het. Hierdie klaagster het liggaamlike leed opgedoen en ek kan die feit dat u nie vir haar fisies aangerand het nie, maar dit op 'n ander manier fisies aan haar veroorsaak het, nie as wesenlike en dwingende kenmerk nie."
Na deurlees van die oorkonde kan ek nie met hierdie bevinding van die verhoorlanddros saamstem nie. Ten spyte daarvan dat die verhoorlanddros melding maak dat al die relevante faktore met die spreekwoordelike fynkam nagegaan was, het sy n wesenlike mistasting begaan om nie oorweging te skenk of die voorgeskrewe minimum vonnis, buite verhouding met die aard en erns van die misdryf, die belange van die gemeenskap, die persoonlike omstandighede van die appellant is nie, en of dit nie h onreg sal teweegbring indien die voorgeskrewe vonnis opgele word nie. In die verband sien S v MALGAS 2001(1) SASV 469 (HHA) op 482e.
Die misdryf waaraan die appellant homself skuldig gemaak het, is ernstig. Die aard en erns van 'n misdryf en die belange van die gemeenskap is wesenlike faktore wat 'n verhoorhof in ag moet neem by die oorweging van n gepaste straf, soos in sake van hierdie aard. Hierdie belangrike faktore moet egter nooit oorweeg word ten koste van fn misdadiger se persoonlike omstandighede nie. 'n Vonnis moet ook billik en regverdig wees en moet daar n mate van genade wees afhangende van die omstandighede in elke saak.
Die appellant was ten tye van die voorval 19 jaar oud en het geen vorige veroordelings nie. Hy het tot Graad 8 op skool gevorder en as verfwer gewerk waar hy ongeveer R17 per uur verdien het. Hy het skuldig gepleit en sy wandaad erken. Daar is ook geen getuienis op rekord dat die klaagster ernstige fisiese letsels opgedoen het as gevolg van die voorval nie. Die aanklaer in die Hof a quo het slegs gemeld dat die klaagster getraumatiseer was van die voorval.
Die verhoorianddros het ook, na my mening, te veel gewig geheg aan die interpretasie dat die blote toediening van liggaamlike leed, soos omskryf in Bylae 2 van Deel III van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, voldoende is om te bevind dat wesenlike en dwingende omstandighede afwesig is. Die aanklaer het op rekord geplaas op bladsy 52, lyn 24, tot bladsy 53, lyn 4, dat sy herhaaldelik vir die klaagster gevra het oor haar beserings. Die klaagster het geantwoord dat die appellant haar nie opsetlik seergemaak het nie en kon die gespe die beserings aan haar liggaam yeroorsaak het.
In ag geneem die to tali te it van al die relevante faktore ten opsigte van vonnis, is ek tevrede dat die voorgeskrewe minimum vonnis van tien jaar gevangenisstraf in die omstandighede van hierdie saak buite verhouding is tot die aard en erns van die misdryf, die belange van die gemeenskap en die appelant se persoonlike omstandighede en dat die oplegging daarvan 'n onreg teweegbring
Ek is oortuig dat in die lig van al die omstandighede in hierdie saak n vonnis van ses jaar gevangenisstraf, waarvan twee jaar gevangenisstraf opgeskort word vtr 'n periode met sekere voorwaardes 'n meer bi I like en regverdige vonnis is. In die gevolg moet die appel teen die vonnis slaag. Derhalwe stel ek die volgende bevel voor:
"Die appel teen vonnis slaag. Die opgelegde vonnis van tien jaar gevangenisstraf word ter syde gestel en vervang met die volgende: SES (6) JAAR GEVANGENISSTRAF waarvan twee (2) jaar gevangenisstraf opgeskort word vir vyf (5) jaar op voorwaarde dat die beskuidigde nie weer skuldig bevind word aan enige misdryf waarvan n onsedelike daad n element is, gepieeg gedurende die tydperk van opskorting nie. Die vonnis word teruggedateer tot die datum van vonnisoplegging in die Hof a quo.
GRIESEL,
R
GRIESEL. R: Ek stem saam. Dit word so beveel.