South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 204
| Noteup
| LawCite
Bosman v S (A665/2007) [2008] ZAWCHC 204 (17 May 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER A.665/2007
DATUM: 17 MEI 2008
In die saak tussen:
THEUNISSEN BOSMAN Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
STEYN, WnR:
Die appellant in hierdie aangeleentheid was op 19 Februarie 2007 in die streekhof Wynberg aan verkragting skuldig bevind en tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis. Appellant appelleer tans teen vonnis alleentik, nadat die Hof a quo op 21 September 2007 slegs verlof om te appelleer teen vonnis aan hom verleen het.
Wat die misdaad betref, het dit plaasgevind in omstandighede waar die beskuldigde die klaagster geken het. Hy het haar een aand verkrag terwyt sy langs haar vriend in die bed gele en slaap het. Daar was drank betrokke die aanloop van die misdaad. Die appellant, die klaagster en die klaagster se vriend het almal gedrink die aand voordat die klaagster gaan slaap het saam met haar vriend.
Terwyl die appellant besig was om die klaagster te verkrag, het sy wakker geword en het sy haar vriend wakker gemaak en vertel dat die appellant besig was om haar te verkrag. Die appellant het toe weggehardloop. Die klaagstef het nie fisiese beserings opgedoen nie en daar was me getuienis van emosionele trauma nie.
Wat vonnis betref, is dit geykte reg dat n Hot van Appel slegs sal inmeng met die vonnisdiskresie van die verhoorhof indien daar 'n wesenlike mistasting begaan is of as die vonnis as skokkend onvanpas beskou kan word.
In die onderhawige geval, skryf Wet 105 van 1997 'n verpligte minimum vonnis van tien jaar gevangenisstraf voor tensy daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat In afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdig. Die landdros het, tydens vonnisoplegging, bevind dat daar nie omstandighede bestaan wat die afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdig nie. Die verhoorlanddros het wel seker faktore, wat horn in staat sou stel om van die voorgeskrewe vonnis af te wyk, oorweeg maar beslis dat in die omstandighede hierdie omstandighede slegs versagtende omstandighede was en nie die Hof genoop het om af te wyk nie.
Daar is egter faktore wat die landdros buite rekening gelaat het. Hy het nie in ag geneem of genoeg waarde geheg aan die kumulatiewe effek van faktore, soos dat die klaagster nie beseer is nie; dat geen wapen gebruik is nie; dat die misdaad nie beplan was nie en dat die klaagster geslaap het gedurende minstens 'n deel van die verkragting. Die landdros het ook nie in ag geneem dat die appellant reeds ongeveer 15 maande in geheg tenis was terwyi hy verhoorafwagtend was op die misdaad nie. Die rol van drank en die moontlike intoksikasie van die appellant is nie behoorlik oorweeg nie en ook nie die feit dat hy op die ouderdom van 29 nog 'n eerste oortreder was nie.Die landdros het die erns van die misdaad oorbekEemtoon.
In die lig van bogemelde omstandighede en met verwysing na ander gerapporteerde uitsprake, is die vonnis buitensporig swaar en skokkend onvanpas en is hierdie Hof by magte om in te meng met die vonnis deur die verhoorhof opgele. Ek sal gevolglik die vonnis wysig na een van sewe (7) jaar gevangemsstraf.
Ingevolge die bepalings van artikel 282 van die Strafproseswet, word die vonnis terugdateer na die datum wanneer die appellant gevonnis is in die streekhof, naamlik 19 Februarie 2007.
STEYN, WnR
VELDHUIZEN, R: Ek stem saam, die appel slaag en die skuidigbevinding word bekragtig en die vonnis word ter syde gestel en vervang met 'n vonnis wat my kollega voorstel.
VELDHUIZEN, R