South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2008 >> [2008] ZAWCHC 228

| Noteup | LawCite

Botha v S (A111/2008) [2008] ZAWCHC 228 (1 August 2008)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SLUP-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

SAAKNOMMER: A111/2008

DATUM: 1 AUGUSTUS 2008



In die saak tussen:

FREDERICK BOTHA Appellant

en

DIE STAAT Respondent




UITSPRAAK




THRENG. R:



Omdat die appellant in hierdie aangeleentheid blykbaar Afrikaanssprekend is, is ek van voornemens om uitspraak in Afrikaans te lewer.



Die appellant het in die streekhof tereggestaan, en wel op twee aanklagte. Aanklag 1 was moord: daar is horn ten laste gele dat hy op Vrydag 3 Februarie 2006 en te of naby George ene Carol Margaret McGill met 'n .22 kaliber pistool doodgeskiet het. Aanklag 2 was 'n oortreding van artikel 3 van die Wet op Beheer van Vuurwapens, No. 60 van 2000. Daar is oeweer dat die appellant op dieselfde datum en plek as in aanklag 1 ter sake is, wederregtelik in besit was van 'n .22 kaliber pistoot sonder om 'n lisensle daarvoor te he.



Op albei aanklagte het die appellant skuldig gepleit. Tydens sy verhoor in die streekhof is hy deur mnr Joubert, 'n lid van die Balie te George verteenwoordig. Die appellant is deur die streeklanddros tereg skuldig bevind, soos aangekla, en soos volg gevonnis:



Op aanklag 1 is hy tot vyftien (15) jaar gevangenisstraf gevonnis en op aanklag 2 tot agtien maande gevangenisstraf. Die landdros het gelas dat die vonnisse gelyktydig uitgedien moet word. Effektiewelik dus is rn vonnis van vyftien jaar gevangenisstraf die appellant opgele.



Die appellant se aansoek om verlof om teen sy vonnis te appelleer is deur die streeklanddros van dte hand gewys. Op petisie na hierdie Hof sodanige verlof egter toegestaan.



Die enigste getuienis wat by die verhoor viva voce voor die Hof geplaas is, was die van ene Riaan Nothnagel, 'n sogenaamde "gedragswetenskaplike" wat namens die appellant geroep is.

Hy was vroeer vir twaalf jaar as h proefbeampte in diens van die Departement van Maatskaplike Dienste. Daar is ook by ooreenkoms tussen die appellant en die staat verskeie dokumente as bewysstukke ingehandig, die juistheid van die inhoud waarvan wedersyds erken is.



Die tersaakiike agtergrondsfeite kan soos volg opgesom word: die appellant is 'n 67-jarige afgetrede rekenmeester wat te George woonagtig was. Ten tye van die pleeg van die betrokke misdade was hy 65 jaar oud, Hy was drie maal met verskeie vrouens getroud, maar al drie sy huwelike het in egskeidings beeindig. Vroeg in 2002 het die appellant die oorledene, Carol McGill, ontmoet. Sy was ten tye van haar oorlye ongeveer 55 jaar oud. In Junie 2002 het hulle verloof geraak en daarna het hulle 'n woning met mekaar gedeeL Hulle het egter nie getrou nie. Op 31 Oktober 2005, dit wil se ongeveer drie maande voor haar oorlye, het die oorledene die gemeenskaplike woning verlaat en by haar moeder gaan woon. Die liefdesverhoudtng wat tot dan tussen die appellant en die oorledene bestaan het, is deur laasgenoemde beeindig. Sy het blykbaar met 'n mansvriend h verhouding aangegaan. Hiermee was die appellant blykbaar bitter ontevrede en hy het deur die oorledene verwerp gevoel.





In 'n sogenaamde pleitverduideliking in terme van artikel

112(2) van die Strafproseswet, No. 51 van 1977, wat as Bewysstuk A voor die Hof geplaas is, en die Inhoud waarvan deur die staat as juis aanvaar is, se die appellant, onder andere:



"3. Ek en die oorledene was vantevore in 'n liefdesverhouding betrokke, maar sy het die verhouding beeindig en wou my nie toelaat om haar weer te sien nie. Toe die oorledene my verder meedeel dat sy 'n ander mansvriend het, het dit my diep gekrenk en my selfbeheersing uit woede laat verloor. Dit is die rede waar ek haar geskiet het.

4. Ek erken dat ek toe ek die skoot afgevuur het, geweet het dat dit verkeerd is wat ek doen, maar het verkeerdelik by myself geredeneer dat, aangesien sy alles in my lewe is, dit beter is dat sy en ek eerder sterf. Ek was van plan om my eie lewe ook te neem."



As Bewysstuk H is In beedigde getuieverklaring ingehandig wat deur ene Jordaan de Beer Jonck afgele is, die inhoud waarvan namens die appellant erken is. Hierdie man was met beide die appellant en die oorledene bevriend. In hierdie verklaring Jonck die volgende:


"Op Woensdag 06-02-01 omstreeks 19:00 was ek besig om uit my motor te klim by my suster se woonstel. Die verdagte het toe ook met Yi bakkie waarop Prof-Master staan, kom stilhou. Hy het met 'n kwart-vol bottet wyn uit die bakkie geklim en met my begin gesels oor Carol. Volgens horn het hy Carol met haar verjaarsdag geskakel waarop sy die foon in sy oor neergesit het. Hy vat toe 'n sluk uit die bottel wyn en se 'Jorry mark my words, ek gaan daardie vroumens doodskiet/ Dit was duideMk dat hy na Carol verwys het omrede die gesprek juis oor haar gegaan het. Ek het nog aan horn gese dat so iets nie die moeite werd is nie, want hy gaan net sy eie lewe verwoes. Hy voeg toe by dat hy nie omgee nie want as hy dit gedoen hetT gaan hy homself ook vrek skiet."



Voor dit en wel op 27 Januarie 2006 het die appellant reeds n selfmoordbriefie begin opstel waarin hy, onder andere, geskryf het:



"... Carol loop uit my lewe uit na 5 jaar. Ek sal haar nooit vergewe wat sy aan my gedoen het nie. Ek gaan my en haar lewens beeindig."


'n Buurvrou van die oorledene, ene Maria Magdalena Schraverus, se getuieverktaring is as Bewysstuk F ingehandig. Die inhoud daarvan is ook erken. Daarin vertel sy hoe sy ongeveer 17:45 namiddag op Vrydag, 3 Februarie 2006 gesien het hoe die oorledene[sic], wat sy nie geken het nie, in 'n bakkie voor die oorledene se woonstel gearriveer het. Hy het haar gegroet. Die oorledene het toe uit haar woonstel gekom en sy en die appellant het met mekaar gesels. Die getuie se verklaring lees verder:



"Sy het toe ierug beweeg na haar woning terwyl die man stadig agter haar aangery het. Sy het toe binne die erf inbeweeg en hy was buite die erf. Die manspersoon het op daardie tydstip buite sy bakkie gestaan tangs die muur. Die persoon het toe aan Carol gevra 'Why do you hate me so much'. Toe se Carol vir horn 'It's all over'. Ek het gesien dat sy beweeg langs die woonstel af en hy is kort agter haar. Die volgende oomblik het Yi gegil gehoor en onmiddellik h (onleesbaar) skoot hoor afgaan. Dit het geklink na 'n geweerskoot. Ek het gesien dat die manspersoon langs die woonstei van uitkom, maar ek het nie gesien dat hy wegry nie. Ek het gehoor dat Yi voertuig met 'n spoed wegtrek.

Ek is toe na die woonstel waar Carol gebly het en gesien dat sy le op die grond en dat bloed uit haar mond vloei."



In n verklaring wat hy op 4 Februarie 2006 voor die polisie afgele het en wat as Bewysstuk G voor die Hof geplaas is, het die appellant die voigende gese:



"Ek het vir Carol gebel en gevra of ons weer kan uitgaan. Sy het gese dat ek haar nie moet pla nie en sy het reeds ft ander boyfriend. Dit het my natuurlik woedend gemaak waarna na my vriend Carl (onleesbaar) toe is. Ek het gesien waar hy sy rewolwer/pistooi bo-op 'n kas gesit het. Ek het die pistool onwederregtelik(sic) geneem en na Carol se woonstel gery. Ek het gewag tot sy by die huis kom en daar was n hewige woordewisseling tussen ons twee gewees, waarna ek vir haar gese het dat sy my moes gese het dat sy 'n boyfriend het en sy hou my aan 'n lyntjie. Ek was op daardie oomblik blind van woede en ek het die pistool op haar gerig en haar geskiet. Voordat ek na Carol gegaan het, was ek by Beer (die polisieman) gewees en vir horn gevra om vir my te wys hoe die pistool werk- Hy het my toe gewys."


Volgens die nadoodse ondersoek van die oorEedene se lyk was sy oortede as gevolg van Vi enkele skietwond in die linkerbors wat haar longe, hart en aorta deurgedring het.



Daar is geen toelaatbare getuienis voor die Hof geplaas tot die effek dat die appellant tydens die doodskiet van die oorledene hoegenaamd onder die invloed van drank of dwelms was nie.



Ek handeJ kortliks met Nothnagel se getuienis. Hy het op In aantal faktore gewys wat, volgens horn, as strafversagtende omstandighede in ag geneem behoort te word. Hulle is die volgende:

1. Die appellant se blindelingse emosionele en fisiese gehegtheid aan die oorledene.

2. Alkoholinname deur die appellant. Soos ek reeds gese het is daar egter geen getuienis daarvan behalwe ontoelaatbare bewerings wat aan Nothnagel deur ander persone gemaak is, insluitende die appellant, en wat deur niemand onder eed bevestig is nie. Selfs in die appellant se pieitverduideliktng, Bewysstuk A, en in sy verklaring aan die polisie, Bewysstuk G, word geen melding daarvan gemaak nie. Myns insiens kan hierdie beweerde faktor dus veilig buite rekening gelaat word. Mnr Stamper, wat namens die appellant voor ons verskyn het, het dit ook toegegee.

3. Die appellant se obsessionele gedrag jeens die oorledene en haar emosionele verwerping van horn.

4. Die feite dat een van die appellant se broers vroeer dieseffde jaar oorledene is en dat sy moeder, aan wie hy baie geheg was, in Desember 2005, oorlede is.

5. Nothnagel het in sy getuienis gesuggereer dat die appellant as gevolg van sy gemoedstoestand minder toerekeningsvatbaar kon gewees het. Hteroor meer later.

6. Die feit dat die oorledene ongeveer drie maande voor die sktetvoorval uit die gemeenskaplike woning getrek het, sou die appellant onder ekonomiese druk geplaas het.

7. Die feit dat die oorledene Yi verhouding met Yi ander man aangeknoop het, sou die appellant verder verbitter het.

8. Die appellant het deegfike insae in die gevolge en implikasies van sy optrede en hy voel geweldig hartseer daaroor, se mnr Nothnagel.

9. Volgens mnr Nothnagel, het die appellant ook egte berou oor sy optrede. Hy het skuldig gepleit en hy het sy voile samewerking aan die polisie verleen. Hy het ook gese dat hy graag diegene wat deur sy misdaad geraak is, om verskoning sou wou vra, maar dat hy nie weet hoe om dit te doen terwyl hy in hegtenis is nie.

10. Die appellant se vorige veroordefings sluit geen veroordelings vir geweldsmisdade in nie.

11. Sy optrede toe hy die oorledene doodgeskiet het, was geheel en al onversoenbaar met sy normale gedrag en persoonlikheid. Hy het dan, volgens mnr Nothnagel, heeltemal anders opgetree as wat mense wat horn ken sou verwag het.

12. Die appellant se gevorderde ouderdom. Soos

ek reeds gemefd het, hy is tans 67 jaar oud en was 65 jaar oud toe hy die misdade gepleeg het. Hierdie is ongetwyfeld 'n belangrike faktor wat in die appellant se guns in ag geneem moet word. Terselfde tyd moet egter nie vergeet word dat die ouderdom veronderstel is om te minste 'n mate van wysheid en bedaardheid met hom mee te bring, liewers as gewelddadigheid. So het RUMPFF, AR, soos hy destyds was, in S v ZINN. 1969(2) SA 537 (AA) verwysende na Carpzovius op 541H-542A gese:

"According to the author, old age, when accompanied by loss of mental capacity, obviously is a ground for mitigation but generally speaking, old age is not a ground for leniency although corporal punishment should not be imposed."

Dit word dan oor die algemeen van ouer mense verwag om met groter geduld, ervaring en bedaardheid die terugslae wat die lewe af en toe vir almal uitdeel, te kan teenstaan en te kan bemeester, as wat van warmbloedige en onervare jeugdiges verwag word, soos Tennysson in "Ulysses" vir ons vertel "old age hath yet his honour and his toil".



13. Die appellant se fisiese gesondheid is nie goed nie. Hy ly blykbaar aan hoe bloeddruk. asmatiese emftseem, 'n knievervangings-operasie wat horn nog pyn veroorsaak, 'n katarak in sy regteroog wat onlangs ontdek is en probleme met urinasie wat moontlik aan 'n prostaatprobleem te wyte is. Vir al hierdie kwale kan die appellant egter in die gevangenis seker voldoende behandeling ontvang.



Teenoor hierdie versagtende elemente bestaan daar etfike strafverswarende faktore. Eerstens, en die ergste daarvan, is dat die moord van die oorledene blykbaar deur die appellant vooruit koel en stelselmatig beplan is. Twee dae voor die daad het hy vir Jonck gese "Jorry, mark my words, ek gaan daardie vroumens doodskiet". Toe het hy 'n pistool by sy vriend Carf Babs, sonder laasgenoemde se kennis of toestemming, gaan soek en dit van sy huis verwyder. Daarna het hy by 'n polisieman gaan uitvind hoe die vuurwapen werk. Toe het hy, met die pis tool gewapen, na die oorledene se woonplek gery. Daar kan myns insiens geen ander gevolgtrekking gemaak word as dat die appellant op daardie stadium reeds vasberade was om die oorledene met die pistoo! te gaan doodskret. Hy het toe buite haar woonstel gewag totdat sy huis-toe gekom het. Dit mag weliswaar op daardie stadium sy voorneme gewees het om selfmoord te pleeg nadat hy die oorledene om die lewe sou gebring het. Hoe dit ook al sy, die voorultbeplanning van die oorledene se moord het die appellant vir 'n voorgeskrewe vonnis van lewenslange gevangenisstraf gekwalifiseer ingevolge artikel 51(1) van die Strafregwysigingswet, No. 105 van 1997, gelees met Oeef 1 van Bylae 2 daarvan. Die appellant kan homseff derhalwe as gelukkig beskou dat die landdros horn nie na hierdie Hof vir vonnis verwys het nie.



Heetwat van die faktore waarop daar namens die appellant vir strafversagting gesteun word, is hoogs subjektief van aard, byvoorbeefdT die intensiteit van sy gehegtheid aan en gevoelens vir die ooriedene, en of dit obsessioneel was, die omvang en sterkte van die gevoel van verwerping wat die appellant ondervind het toe die oorledene hulle verhouding met mekaar wou beeindig, of hy met sy selfmoordbrief ernstig was, waarom hy versuim het om sy dreigement om selfmoord te pleeg uit te voer, of hy daardeur verbitterd gevoel het toe die oorledene horn meegedeel het dat sy 1n nuwe mansvriend nou gehad het in die diepte van hierdie gevoel by die appellant en, laastens, die berou wat die appellant se dat hy het.




Dit is myns tnsiens belangrik dat die appellant nie bereid was om in die getuiebank onder eed oor hierdie subjektiewe faktore te praat nie, waar hy hulle onder eed kon gestaaf het en daarop kon uitgebrei het en waar sy bewerings onder kruisondervragmg getoets sou kon word. Pleks daarvan, is hierdie faktore wat by monde van sy deskundige, Nothnagel, as hoorsegetuienis aangevoer is, grotendeels ongetoets en gebaseer op onbeedigde inligting aan die deskundige verskaf. Gevolglik word die gewig wat daaraan geheg kan word, na my oordeel, heelwat verminder. Anders gestel, hierdie faktore sal heelwat meer gewig by die Hof gedra het, indien die appeltant self daaroor sou getuig het. Hy is immers by uitstek die aangewese persoon om dit te doen, want hy het die beste kennis van, byvoorbeeld, sy gevoelens op verskeie tydsttppe en sy gemoedstoestand.



Nothnagel het van die moontlikheid van verminderde toerekeningsvatbaarheid aan dre kant van die appellant getuig. Myns insiens is daar geen basis in die getuienis en ander bewysmateriaal vir so 'n suggestie nie. Die appellant het deurgaans 'n lang reeks handelinge op 'n logiese, konsekwente, doefgerigte en gefokuste manier oor 'n aansienlike tydperk uitgevoer. Sy opt rede was ook vir Vi aansienlike tydperk vooraf beplan, waarskynlik etlike dae. Hier kan geen sprake wees, byvoorbeeld, van 'n geweldsmisdaad wat skielik in 'n vlaag van woede of ander emosie op die ingewing van die oomblik deur iemand gepleeg word nie. Die appellant se ook nie dat hy sy selfbeheersing verfoor het nie of selfs dat dit verminder is nie. Al wat hy se is dat hy woedend was. Op die beste, van die appellant se oogpunt beskou, is Nothnagel se getuienis hieroor blote bespiegeiing aan sy kant.


Indien gesuggereer sou word dat die appellant se vermoe om die versoeking te weerstaan deur sy emosies verminder is, wat die appellant ook nie self se nie, kan daar gerus verwys word na wat deur NAVSA, AR in S v EADIE. 2002(1) SASV 663 (HHA) op 689j-690d para. [60], naamlik:



"The view espoused by Snvman and others, and reflected in some of the decisions of our Courts, that the defence of non-pathological criminal incapacity is distinct from a defence of automatism, followed by an explanation that the former defence is based on a loss of control, due to an inability to restrain oneself, or an inability to resist temptation, or an inability to resist one's emotions, does violence to the fundamentals of any self-respecting system of law. This approach suggests that someone who gives in to temptation may be excused from criminal liability, because he may have been so overcome by the temptation that he lost self-control - a variation on the theme: "the devil made me do it". It is for this reason that it was suggested earlier that the use by JOUBERT, JA in Laubscher's case, supra. of the word "weerstandskrag" was unfortunate. So too was the use of the word "drang" in Campher's case at 956B, referred to in paragraph [32] of this judgment. These words suggest a resistance to urges or temptation. No self-respecting system of law can excused persons from criminal liability on the basis that they succumbed to temptation. Against the fundamental principles restated by J M BURCHELL (quoted in paragraph [58] of this judgment) it is with respect, absurd to postulate that succumbing to temptation may excuse one from criminal liability. One has free choice to succumb or to resist temptation. If one succumbs one must face the responsibility for the consequences."



Op 693g-h, para [70] het geleerde Appelregter soos volg voortgegaan:



"It must now be clearly understood that an accused can only lack self-control when he is acting in a state of automatism. It is by it's very nature a state that will be rarely encountered in future courts, must be careful to rely on sound evidence and imply the principles set out in the decisions of this Court. The message that must reach society is that consciously giving in to one's anger or to other emotions and endangering the lives of motorists or other members of society will not be tolerated and will be met with the full force of the law."



Die streeklanddros het bevind dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede hier bestaan het nie wat die ople van 'n mindere vonnis sou geregverdig het as die vonnis wat deur die Wet voorgeskryf is nie. In al die omstandighede kan ek geen fout met sy bevinding vind nie, mnr Stamper se argument tot die teendeel nieteenstaande. Mnr Stamper het na die beslissing in S v MCDONALD. 2000(2) SASV 493 (A) verwys, waar h vonnis van 15 jaar gevangenisstraf op appel na agt jaar gevangenisstraf verminder is. Myns insiens is daardie besfissing nie van enige hulp in hierdie aangeieentheid nie, aangesien die feite in daardie saak heeftemal anders was. In daardie saak was daar nie getuienis van vooruitbeplanning nie. Dit op sigself plaas die onderhawige gevai heeitemal in 'n ander kader.



Die faktore wat ek genoem het wat as strafversagtend beskou kan word, word na my oordeel grootliks deur die strafverswarende faktore wat ek ook vroeer genoem het, uitgebalanseer, en veral die feit dat die moord van die oorledene deur die appellant vooruit beplan is.




Gevolglik word die APPEL VAN DIE HAND GEWYS.




THRING, R




OLIVIER. WnR: Ek stem saam.











OLIVIER, WnR