South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 229
| Noteup
| LawCite
Konyn v S (A528/2007) [2008] ZAWCHC 229 (1 August 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A528/2007
DATUM: 1 AUGUSTUS 2008
In die saak tussen:
ELTON
KONYN Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
VAN REENEN, R:
Ek sal geriefshalwe na die appellant verwys as die beskuldigde.
Die beskuldigde het in die streekhof te Oudtshoorn tereggestaan op 'n aanklag van moord.
Die beskuldigde, wat deur 'n prokureur verteenwoordig was, het onskuldig geplelt en sekere formele erkennings gemaak. Na dtt gebeur net, het die Staat getuienis aangebied by monde van twee getuies, ene mnr Philander wat nie enige positiewe bydrae kon maak wat betref die identifisering van die persoon wat veraritwoordelik was vir die klaagster se dood op 21 Februarie 2004.
Daarna is ene Nathan Williams geroep wat ook in die straat waarin die oorledene geloop net teenwoordig was. Hy se dat persone horn verbygesteek; die oorledene genader het; en gepoog het om haar te beroof. Hy beweer dat in die proses het die beskuldigde, wat aan horn bekend was, die klaagster met 'n mes gesteek.
Nadat die staatsaak gesluit is, het die beskuldigde self getuig. Sy getuienis kom neer op 'n ontkenning van aandadigheid en hy het die blaam op ene Bryan WilJiams geplaas, wat hy beweer die aand saam met die staatsgetuie Nathan Williams was en wat hy gesien het die oorledene steek.
Die landdros het die Staat se weergawe - grotendeels die van Nathan Williams - aanvaar en die weergawe van die beskuldigde verwerp. Hy was wel gedagtig aan die feit dat Nathan Williams h enkelgetuie was. Die beskuldigde is aan die einde van die staatsaak skuldig bevind, soos aangekla en is 'n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf opgele. Daar word nou na hierdie Hof slegs teen die vonnis geappelleer.
Dit wil uit 'n bestudering van die oorkonde biyk dat die landdros die afleiding gemaak het dat die beskuldigde inderdaad die opset gehad het orn die oorledene te vermoor. Daardie subjektiewe gesindheid word deur die landdros afgelei van die aard van die wapen wat gebruik was om die wonde toe te dien asook die Ngging daarvan. Wat dit aanbetref, wif dit by n noukeurige bestudering van die oorkonde blyk dat daar geen getuienis op rekord is van wat die lengte van die mes was waarmee die oorledene gesteek sou gewees het me, Daar is ook geen getuienis van die geweld waarmee die houe toegedien was nie. Nog minder is daar getuienis van die posisle van die aanvaller relatief tot die oorfedene op die stadium toe die wonde toegedien is.
Die patoloog is nie geroep om te getuig me en daar is geen ander mediese getuienis aangebied aangaande die geweld wat nodig was om die wonde te veroorsaak het nie asook die kwesbaarheid van daardie gedeelte van die oorledene se liggaam in geval van die toediening van soortgelyke wonde. In die omstandighede is ek van mening dat dit nie die enigste redelike afleiding is wat op die bewese feite gemaak kan word dat die beskuldigde inderdaad subjektief die bedoeling gevorm het om die oorledene te dood nie - te meer so omdat dit duidelik is dat die motief vir die aanval op haar een van berowing was.
Dit is egter duidelik dat h redelike persoon in die beskuldigde se posisie sou voorsien het en dat die beskuldigde derhalwe moes voorsien het - en dit nie gedoen het me - dat die toediening van die meswonde wat tydens die lykskouing gevind was, die dood van die oorledene kon veroorsaak het.
Die effek van die bevinding is dat op die getuienis daar nie bevind kon geword het dat die beskuldigde nie die skuldvorm dolus geopenbaar het nie, maar eerder culpa deurdat hy nalatiglik die dood van die oorledene veroorsaak het.
Dit is so dat daar nie 'n appel teen die skuldigbevinding as sulks is nie. Hierdie Hof kan egter in die uitoefening van sy rnherente hersieningsbevoegdheid met die bevinding van skuldig aan moord inmeng en dit vervang met 'n skuldigbevinding aan strafbare manslag en dit word dan ook gedoen.
Die effek van die bevinding is dat die grondsiag waarop daar teen die opgelegde vonnis van 15 jaar gevangentsstraf geappelfeer word verdwyn. Maar omdat die skuldigbevinding aan moord met een van strafbare manslag vervang is en, omdat die morele blaamwaardigheid van die beskuldigde in die geval van 1n skuldigbevinding aan strafbare manslag uiteraard laer is as wat dit sou wees in die geval van 'n skuldigbevinding aan moord, is hierdie Hof geregtig om van meet af aan te besin oor wat die omstandighede van hierdie geval 'n gepaste vonnis behoort te wees.
Die ondersoek geskied natuurlik met inagnemmg van die gebruiklike trilogie van die beskuldigde se persoonlike omstandighede; die erns van die misdryf en die belange van die gemeenskap. Die mensiike lewe is die hoogste regsgoed wat beskerming verg. Alhoewel vervolgings van hierdie aard al meer en meer op 'n kavalieragtige wyse plaasvind, is dit iets wat hoogs beskermingswaardig is en is ek van mening dat howe misdrywe, wat die dood van individue tot gevolg het, ernstig moet straf, maar natuurlik met inagneming van die beskuldigde se persoonlike omstandighede en straf moet individualiseer.
Die klaagster het die aand, soos wat sy geregtig is, in die straat geloop en is nie alleen gekonfronteer ten einde haar van dit wat sy gehad het te beroof nie, maar daarbenewens is sy haar lewe ontneem. Dit is gedoen op 'n gewelddadige wyse en ongelukkig is geweldsmisdrywe gepleeg met messe in hierdie Hof se regsgebied besig om epidemiese af me tings aan te neem en is ek van mening dat die gemeenskapsbelang vereis dat daar in die onderhawige geval, in weerwii van die feit dat die beskuldigde se mfsdryf waaraan hy skuldig bevind is, verminder is, is dit steeds 'n geval waar daar ft streng straf geregverdig is.
Ek is van mening dat, met inagneming van veral die beskuldigde se relatiewe jong ouderdom en die feit dat hy nie h noemenswaardige lys van vorige veroordelings het nie, 'n gepaste vonnis in sy gevaf gevangenisstraf van 10 jaar gevangenisstraf behoort te wees, waarvan 21/2 jaar gevangenisstraf opgeskort word vlr 'n periode van vyf jaar op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan "n misdryf waarvan geweld teenoor die liggaam van 'n ander mensiike wese 'n element is gepleeg gedurende die tydperk van opskorting me en waarvoor hy gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete opgele word nie.
Dit word verder gelas dat die vonnis wat vandag deur hierdie Hof opgele is, geag word opgele te gewees het op 30 September 2004, dit synde die datum waarop die beskuldigde aanvanklik gevonnis is.
VAN REENEN, R
NGEWU, AJ