South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 234
| Noteup
| LawCite
S v marharha (A227/2008) [2008] ZAWCHC 234 (8 August 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A227/2008
DATUM: 8 AUGUSTUS 2008
In die saak tussen:
LUVUYO
MRHARHA Appellant
en
DIE ST A AT Respondent
U1TSPRAAK
STEYN, WnR:
Die appellant in hierdie aangeleentheid was skuldig bevind aan verkragting in die slreekhof George en op 25 Maart 2004 is hy tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis. Appellant appelleer tans teen skuldigbevinding en von n is, nadat die Hof a quo slegs vertof om te appelleer teen vonnis aan hom verleen het. Appellant versoek die Hof om sy inherente hersieningsbevoegdheid te gebruik om die appel teen die skuldigbevinding aan te hoor, alternatiewelik word die Hof versoek om die appel teen skuldigbevinding aan te hoor mgevolge die bepalings van artikel 304(4) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977.
Die trefwydte van die bepalings van artikel 304(4) is van toepassing op alle gevalle waar die verhoorlanddros in die laerhowe Vi nie-hersienbare vonnis ople waar die verrigtinge onder n regter se aandag kom en waar die verrigtinge vir enige rede nie in ooreenstemming is met geregtighetd nie. Omdat artikel 304(4) die deure ooplaat vir sogenaamde goedkoop appefle, is daar n gevaar dat die howe oorval kan word deur appelle waar daar nie meriete is nie en die howe het van tyd tot tyd al geweier om hersienings te oorweeg.
Daar is voorgeskrewe reeis wat die prosedure vir appelle en hersienings voorskryf. Die howe sal slegs 'n afwyking toelaat in spesiale omstandighede. Die vraag is of inmenging nodig is in befang van geregtigheid. Die riglyne wat deur die howe gevoig word, is reeds neergele in verskeie uitsprake soos S v MAFU 1966(2) SA 240 (OK). Die howe moet poog om die kaf van die koring te skei. Riglyne wat toegepas word, sluit in dat slegs van die normale reels afgewyk sal word vir goeie redes. Faktore wat oorweeg word, sluit in of die beskuEdigde verteenwoordig was tyd ens die verhoor en wat sy geldelike vermoens is. Verder moet die aard en omvang van die beweerde regskending, die benadelende gevolge daarvan en die vooruitsigte van sukses op hersiening op appel oorweeg word.
Na In behoorlike bestudering van die rekord in hierdie aangeleentheid is dit duidelik dat appellant nie behoort te slaag in sy aansoek om te appelleer teen die beskuldigbevinding in hierdie saak nie. Die beskuldigde was verdedig en het besluit om nie self te getuig oor die meriete van die klag nie. Daar is geen indikasie, na behoorlike en indiepte bestudering van die rekord in hierdie saak, dat die skuldigbevinding nie reg iaat geskied het. Die Hof betreur die neiging tot onnodige en ongefundeerde pogings om sake op hersiening te neem sonder goeie gronde voor te hou dat reg en geregtigheid nie in 'n gegewe geval geskied het nie.
In die omstandighede en vir soverre dit nodig mag wees, word die skuldigbevinding bekragtig.
Wat die misdaad betref, het dit plaasgevind in omstandighede waar die beskuldigde die klaagster geken het. Hy het haar verkrag in omstandighede waar drank betrokke was in die aanloop tot die misdaad. Die beskuldigde, die klaagster en haar vriend inn e het almal gedrrnk voordat die voorval plaasgevind het.
Die appellant was voorheen in 'n verhouding met die klaagster betrokke. Hy het haar teen haar wil gedwing om saam met horn te gaan en haar toe verkrag. Daarna het die appellant die klaagster geJos. Sy het nie fisiese besermgs opgedoen nie en daar was nie getuienis van besondere emosionele trauma nie. Na die mlsdaad het die klaagster gehuil, haar ma verte! en haar vriend gaan soek by wie sy toe oornag het, voordat die misdaad die volgende dag aan die poiisie rapporteer is. Die klaagster se vriend was kwaad oor die voorval en het wet aangedring dat 'n klag gele" word.
Wat vonnis betref, is dit geykte reg dat 'n hof van appel slegs sai inmeng met die vonnisdiskresie van die verhoorhof indien daar 'n wesenlike mistasting begaan is of as die vonnis as skokkend onvanpas beskryf kan word. In die onderhawige geval skryf Wet 105 van 1997 'n verpligte minimum vonnis van tien jaar gevangenisstraf voor tensy daar wesenlike en dwingende omstandighede best aan wat fn afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdig.
Die landdros het tydens vonnislegging bevind dat daar nie omstandighede bestaan wat 'n afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdig nie. Die verhoorlanddros het in sy baie kort uitspraak nie werklik enige faktore wat horn in staat sou stel om van die voorgestelde minimum vonnis af te wyk oorweeg nre, en het beslis dat die Hof nie kan afwyk nie.
Daar is egter wel sekere faktore wat die landdros buite rekening gelaat het of nie genoeg waarde aan geheg nie. Hy het nie in ag geneem of genoeg waarde geheg aan die kumulatiewe effek van faktore soos dat die klaagster nie beseer is nie; dat geen wapen gebruik is nie; dat die misdaad op die oog af nie beplan was nie; dat die klaagster en die beskuldigde voorheen in 'n verhoudings nie. Die landdros het ook nie behoorlik oorweeg wat die rol van drank en die moontlike intoksikasie van die appellant is en ook nie die feit dat hy, toe die misdaad gepleeg was, nog redelik jong (20 jaar) en op die ouderdom van 21 nog 'n eerste oortreder was wat betref geweld- of seksueEe misdaad nie. Hy het die berou wat die beskuldigde getoon net, verwerp as selfbejammering.
In die lig van bogemelde omstandighede, sal ek van mening wees dat daar wel wesenlike en dwingende omstandighede bestaan om van die voorgeskrewe vonnis af te wyk. Met verwysing na ander vergelykbare gerapporteerde uitsprake, is die vonnis wel buitensporig swaar en skokkend onvanpas en is hierdie Hof by magte om in te meng met die vonnis wat deur die verhoorhof opgele is.
Ek sou gevolglik in hierdie aangeleentheid die vonnis wysig na een van ses (6) jaar gevangenisstraf. Ingevolge die bepaltngs van artfkel 282 van die Strafproseswet sal ek die vonnis terugdateer na die datum wanneer die appellant gevonnis is in die streekhof, naamlik 25 Maart 2004.
E STEYN, WnR
LE GRANGE. R: Ek stem saam en dit word so gelas.
LE GRANGE. R