South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 238
| Noteup
| LawCite
Van Harte v S (A46/2007) [2008] ZAWCHC 238 (8 August 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A.46/2007
DATUM: 8 AUGUSTUS 2008
In die saak tussen:
MARTIN VAN HARTE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
LE GRANGE. R:
Die appellant was in die landdroshof te Malmesbury skuldig bevind aan oortreding van artikel 5(b) van die Wet op Dweimmiddels en Dwelmsmokkelary, Wet 140 van 1992 (handeldryf in dwelmmiddels) en gevonnis tot 2 jaar gevangenisstraf en daarbenewens 'n verdere R2 000,00 of een jaar gevangenisstraf. Die appellant kom nou met verlof van die Hof a quo in hoer beroep teen beide die skuldigbevinding en vonnis.
Mnr Cook het in sy betoogshoofde aangevoer dat die verhoorlanddros fouteer het om die appellant skuldig te bevind aan handeldryf in dwelms, aangesien dit nie die enigste redelike afleiding uit die bewese feite is nie. Dit was ook geargumenteer dat dit redeiik moontlik waar is dat die appellant die dwefms besit het vir eie gebruik en moes die appellant slegs skuldig bevind gewees aan oortreding van artikel 4{b) van Wet 140 van 1992 (die onwettige besit van dwelms).
Wat vonnis betref, is dit aangevoer dat die verhoorlanddros die aard en die erns van die misdryf oorbeklemtoon het ten koste van die appellant se persoonlike omstandighede en is die opgelegde vonnis skokkend onvanpas.
Die Staat het vier getuies geroep ter ondersteuning van die aanklagtes teen die appellant. Hierdie getuies was Thomas Petrus Arnoldus Visagie, Dust in Emmerson Jordaan, Martin Johannes van Heerden en Calvin Kenneth Leen.
Die eerste getuie was Visagie, 'n inspekteur in die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Kortfiks was sy weergawe dat huMe 'n fasbrief van deursoeking vir dwelms op appellant se woning uitgevoer het, waar hy onder andere In sak op Vi tafel in appellant se voorkamer gevind net, fn hierdie sak was 17 Mandrax tablette, 47 stoppe dagga en 11 tablette gevind. Die dwelms was in appellant se teenwoordigheid gevind en was aan horn getoon. Die dagga was later by die poltsiestasie in appellant se teenwoordigheid geweeg en het dit 171,5 gram geweeg.
Jordaan, wat 'n konstabel in die Surd-Afrikaanse Polisiediens is, het bevestig dat hy saam met Visagie gegaan het na die appellant se woning om die lasbrief uit te voer. Met die deursoeking van appellant se woning, het hy Vi hoeveelheid dagga in appellant se hangkas gevind wat in koerantpapter toegedraai was. Hy het later hierdie dagga in die teenwoordigheid van die appellant by die polisiestasie geweeg en gevind dat dit 130,7 gram weeg.
Van Heerden, 'n speurderinspekteur in die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ook die ondersoekbeampte in die onderhawige saak se getuiems het gehandel oor die versending van die Mandrax tablette en die tikstrooitjie vir forensiese analise.
Die laaste getuie van die Staat was Leen, 'n konstabel in die Sutd-Afrikaanse Polisiediens en een van die poEisiebeamptes wat vir Visagie vergesel het na appeflant se woning om die lasbrief uit te voer.Sy getuienis in kort was dat hy 20 stoppe dagga in h fles wat op ft kassie in appellant se sJaapkamer gestaan het in die teenwoordigheid van appellant gevind het. Hy het ook vir appellant gevisenteer en vier halwe Mandrax tablette en strooi tik op appellant se persoon gevind. Die dagga wat hy gevind het in die appellant se teenwoordigheid het 105,8 gram geweeg.
Die appellant het in sy eie saak getuig en geen ander getuies geroep nie. Die appellant se weergawe is kortliks dat die polisie by sy woning met die deursoekingslasbrief gearriveer het. Die sak met dwefms was op die tafel in sy voorkamer gevind. Die polisie het verneem aan wie die sak met die dwelms behoort. Hy het geantwoord dit behoort aan horn.
In kruisverhoor het hierdie weergawe verander. Die appellant het getuig dat die sak met die dwelms aan sy broer behoort en was hy glad nre bewus van die inhoud daarvan nie. Die appellant het ook ontken dat die polisie dwelms in ft hangkas in sy kamer, in 'n fles en op sy persoon gevind het. Die appellant het ook toegegee dat die hoeveelheid dagga en Mandrax wat gevind is op sy perseel te veel vir een persoon se gebruik is en kan dit moontlik verkoop word of deur meerdere persone gebruik word.
Die appellant plaas nie die onwettige besit van die dwelms in sy hoofde van betoog in geskil nie, maar voer aan dat die verhoorlanddros gefouteer het om horn skuldig te bevind aan handeldryf in dwelms.
Na deurlees van die oorkonde kan ek nie met die verhoorlanddros se bevinding saamstem nie. Uit die feite en omliggende omstandighede van hierdie saak, asook die appellant se eie getuienis, kan daar nie bevind word dat die enigste redelike afleiding uit die bewese feite, is dat appellant handelgedryf het met die dwelms nie. Die polisiebeamptes se getuienis wat, myns insiens, korrek deur die verhoorlanddros aanvaar is, het getuig oor die verskete plekke waar hulle dwelms in die woning van appellant gevind het. Daar was ook dwelms op die appellant se persoon gevind.
Daar is egter geen ander getuienis aangebied deur die polisie wat aantoon dat die appellant handelgedryf het met die dwefms nie. Die enigste aspek van die polisiebeamptes se getuienis waarop klem gele was, is die hoeveelheid dwelms. Die dwelms in totaal was ongeveer 407 gram dagga, ongeveer 19 Mandrax tablette en een strooitjie tik. Dit was ook beklemtoon dat hierdie hoeveelheid te veef vir eenmalige gebruik deur Yi persoon is.
Die appeflant se getuienis was dat die dwelms aan hom behoort maar hierdie weergawe het egter verander en het die appellant later aangevoer dat die dwelms aan sy broer behoort wat dit later met ander vriende sou gebruik. Hierdie weergawes van die appellant is teenstrydig. Daar is egter geen ander getuienis wat dit weerle nie. Behalwe vir die hoeveelheid en verskeidenheid, is daar geen ander getuienis van staatskant dat die appellant handelgedryf het met die dwelms nie. inteendeel, die visenteringslasbrief van die polisie maak ook net melding van 'n vermoede dat die appeflant in besit van dagga en Mandrax was. Die blote feit dat die appellant onder kruisverhoor toegegee het dat soortgelyke hoeveelhede dwelms wel verkoop sou kon word, is na my mening onvoldoende om, in die omstandighede van hierdie saak, die enigste redelike afleiding te maak dat die appellant wel met die dwelms handelgedryf het.
In die lig van al die omliggende omstandighede en die feite van hierdie saak, is die skuldigbevinding van die appellant aan die oortreding van artikel 5(b) van die Wet op DwelmmiddeJs en Dwelmsmokkelary onveilig en kan ek dit nie ondersteun nie. Daar is egter genoegsame getuienis deur die Staat aangebied om bo rede like twyfel te bewys dat die appellant homself skuldig gemaak het aan oortreding van artikei 4(b) van Wet 140 van 1992, besit van onwettige dwelmmiddels. Die appel teen skuldigbevinding moet derhalwe slaag en dienooreenkomstig gewysig word.
Aangesien
die appellant horn slegs aan die besit van dwelmmiddels skuldig
gemaak het is hierdie Hof by magte om
opnuut vonnis te oorweeg.
Die appellant was ten tyde van die skuldigbevinding 46 jaar
oud. Hy
was getroud, die alleenbroodwinner van sy gesin en het drie
minderjarige kinders onderhou. Hy het gewerk as ft
vryskutskrynwerker
en het ongeveer R1 600 per maand verdien. Hy is
egter nie ft eerste oortreder nie en was in 2000 skuldig bevind aan
die besit
van dwelmmiddels waar 'n boete van R400 of ses maande
gevangenisstraf opgele was en 'n verdere 12 maande gevangenisstraf
wat
opgeskort was vir vyf jaar op sekere voorwaardes.
Die besit van onwettige dwelmmiddels is n ernstige oortreding. Ons gemeenskap gaan tans gebuk onder die misbruik van dwelms. Families, en in meer besonder ons jeug, word alledaags blootgestet en vasgevang in hierdie euwel. Daar is dus ft plig op die howe om in gevalle soos hierdie gepaste vonnisse op te le.
In ag geneem al die relevante faktore by vonnis, is ek van mening dat boetestraf met gepaardgaande gevangenisstraf Vi billike en regverdige vonnis in hierdie saak is.
In die gevolg sal ek die volgende bevel maak:
Die appel slaag. Die skuldigbevinding en vonnis van die appellant word as volg vervang:
Die beskuldigde word skuldig bevind aan die oortreding van artikel 4(b) van Wet 140 van 1992 (besit van dwelms) en gevonnis tot R5 000 of drie (3) jaar gevangenisstraf. Daarbenewens n verdere twee jaar gevangenisstraf wat opgeskort word vir vyf (5) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan oortreding van artikel 5(b) en/of 4(b) van Wet 140 van 1992 gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
LE GRANGE, R
E STEYN. WnR