South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 247
| Noteup
| LawCite
John and Others v S (A501/05) [2008] ZAWCHC 247 (15 August 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUJD-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A501/05
DATUM: 15 AUGUSTUS 2008
In die saak tussen:
SHAFIEK JOHN 1 ste Appellant
NAZEEM JOHNSON 2de Appellant
TANIA
ERASMUS 3de
Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
LOUW. R:
Die Appellante wat deurgaans deur regsverteenwoordigers bygestaan is, het in die Wynberg se streekhof tereggestaan op 'n hoofaanklag en twee alternatiewe aanklagte tewete:
1. Die hoofaanklag dat hulle op 3 Maart 1999 in Hanover Park handel gedryf het in 38,77 gram kokaien, Vi gevaarlike afhankh'kheidsvormende stof en dus artfkel 5(b) van Wet 140 van 1992 ("die DweJmwet") saamgelees met artikels 1, 13, 17 en 64 daarvan, oortree het.
2. Die eerste alternatiewe aanklag dat hulle gemelde hoeveelheid koka'ien op dieselfde tyd in hulle besit gehad het en sodoende artikel 4(b) saamgelees met die ander artikels hierbo gemeld, van die Dwelmwet oortree het.
3. Die tweede alternatiewe aanklag dat hulle op dieselfde tyd en pJek saamgesweer het om die misdryf in die hoofaanklag te pleeg en sodoende artikel 18(2)(a) van Wet 17 van 1956 oortree het.
By die aanvang van die verhoor op 17 Desember 1999 het die appellante onskuldig gepleit op die hoof- en alternatiewe aanklagte. Al drie appellant het daarna deur monde van hul regsverteenwoordigers pleitverduidelikings ingevolge artikel 115 van Wet 51 van 1977 gemaak.
Die eerste en tweede appellante het ontken dat hulle dwelms in hulle besit gehad het of daarvan kennis gedra het en dat hulle deel was van h sameswering om enige misdryf, soos in die hoofaanklag vermefd, te pleeg. Hulle het ook 'n punt in limine geopper dat die lasbrief ingevolge waarvan die perseel by 34 Downbergweg, Hanover Park ("die perseel") deur die polisie deursoek is, ongeldig was en dat die deursoeking en beslaglegging wat daarop gevolg het, onregmatig was met die gevolglik ontoelaatbaarheid van die getuienis wat daarmee handel.
Die derde appellant het by monde van haar regsverteenwoordiger soos volg verklaar:
"Artikel 115 pleitverduideliking van beskuldigde 3 sal wees dat sy die vorige dag beskuldigde 2 besoek het en haar versoek het of sy 'n partytjie daar kan hou. Beskuldigde 3 nou in beskuldigde 2 se huis, dat beskutdigde 2 geen beswaar gehad het nie, maar op die oggend van die partytjie wat daardie selfde aand sou plaasvind, beskuldigde 2 siek geraak het en sy is na familie van haar toe om te herstel. Ook natuurlik gesien in die lig van die feit dat daar 'n partytjie was en sy nie gesteld was nie. Edelagbare, op die partytjie het sekere van haar vriende die stoof gebruik en sy vermoed dat crack daarop gemaak is. Van die mense het van die crack gerook. Sy se dat syself ook daarvan gerook het. Agbare, van die mense se goed het agtergebty by die partytjie en die volgende oggend het sy ft stuk crack in die huis gevind asook twee sakke met klere in. Sy het die voorwerp genoem in die kfagstaat toe gaan plaas in dieselfde slaapkamer as waar die sakke was. Op daardie stadium het beskuldigde 2 by die huis opgedaag en kort daarna beskuldigde 1 ook en kort na hulle daar opgedaag het, het die SAP op die toneeJ opgedaag en die stuk crack is gevind in die slaapkamer waar sy dit gelaat het."
Twee
binneverhore is daarop gehou. Die eerste het gehandel
met die
toelaatbaarheid van getuienis aangaande die deursoeking van die
perseel en van die beslaglegging wat deur deur die polisie
gemaak is.Superintendent Mara is, inspekteur Vertue, sersant
Stassen en kaptein Coetzee, almal lede van die SA Narkotikaburo,
SANAP, van die polisie het namens die Staat in die binneverhoor
getuig. Die appellante het nie getuig nie. In h uitspraak het die
verhoorlanddros bevind dat die lasbrief nie ongeldig is nie.
Die Staat het daarop voortgegaan om in die tweede binneverhoor getuies te roep ten einde die toelaatbaarheid te bewys van 'n sogenaamde waarskuwingsverklanng wat die tweede appellant in Ma art 1999 gemaak het. Inspekteur Morris, wat die verklaring geneem het, inspekteur Wiese, Vertue, inspekteur Van der Walt en Stassen het getuig namens die Staat. Die tweede appellant het ook getuig. tn Vi uttspraak het die landdros bevind dat die tweede appellant se verklaring toelaatbaar was.
Die verhoor het daarop voortgegaan en na afloop van die staatsaak, het die eerste en tweede appellante, maar nie die derde appellant, getuig. Geen verdere getuies is namens die appellante geroep nie.
Die landdros het op 8 November 2000 uitspraak gelewer en die appellante is a! drie op die hoofaanklag skuldig bevind. Op 4 April 2001 is die appellante soos volg gevonnis:
1. Eerste appellant tien (1 0) jaar gevangenisstraf.
2. Tweede appellant drie (3) jaar gevangenisstraf in terme van artikel 276(1)(i) van Wet 51 van 1977.
3. Derde appellant vier (4) jaar gevangenisstraf.
Appellante kom nou op appel teen hul skuldigbevinding en vonnis.
n Groot gedeelte van die gebeure op 3 Maart 1999 is gemene saak en word nie betwis nie. Vertue het getuig dat hy die oggend van 3 Maart 1999 om ongeveer 9:30 vm. Telefonies inligting van n betroubare bron ontvang het dat persone by die perseel besig was om crack koka'i'en te vervaardig en dat die koka/en nie op die perseel gestoor sou word nie, maar weggeneem sou word. Vertue het gereel dat van sy koliegas, Van der Walt en Morris, vooruitgaan om uit te vind presies waar die perseel gelee is en hy het intussen 'n beedigde verklaring opgestel op grond waarvan hy 'n lasbrief vir deursoeking wou verkry. Omdat hy van oordeel was dat die lasbrief baie gou verkry moet word, het hy vir sersant Stassen, 'n kollega in dieselfde eenheid, gevra om solank die gedrukte lasbriefvorm in te vul. Na beediging van sy beedigde verklaring het Vertue die beedigde verklaring saam met die lasbriefvorm, wat reeds deur Stassen ingevul was, na 'n offisier in dieselfde eenheid, kaptein Coetzee, geneem. Volgens Vertue het Coetzee die beedtgde verklaring deurgelees en het hy die fasbrief daarop uitgereik deur die lasbriefvorm te onderteken.
Vertue het verder getuig dat as hy meer tyd gehad het, hy by landdros rn lasbriefaansoek sou gedoen het maar volgens sy oordeel was daar nie tyd om eers na die Wynberg landdroskantoor te gaan om vir 'n lasbrief aansoek te doen nie. Stassen het die lasbriefvorm ingevul, maar het foutiewelik die adres van die perseel ingevul in n spasie waarin die voorwerp waarop beslag gele mag word, aangedui moet word. Hy het die adres van die perseel verder af op die vorm weer ingevul op die korrekte plek. Hy het ook nog verder af in die vorm die voorwerp waarop beslag gele mag word, beskryf as "Wet 140/92 Dwelms".
Stassen het ook die nodige blokkies wat na sy mening in die vorm gemerk moes word, gemerk tewete dat die voorwerp waarop beslag gele kan word, betrokke is by die vermeende pleging van Vi misdryf of op redelike gronde vermoed word betrokke te wees by die vermeende pleging van 'n misdryf of tot bewys kan strek van die vermeende pleging van ft misdryf of op redelike gronde vermoed word bestem te wees om by die pleging van 'n misdryf gebruik te word.
Vofgens Coetzee het hy Vertue se beedigde verklaring en die reeds ingevulde lasbriefvorm deurgelees en het hy die lasbrief daarop gemagtig deur die deurhalings en van die invoegings te parafeer, sy kantoorstempei daarop te plaas, die plek en datum in te vul en te onderteken met vermelding van sy ampstitel as kaptein. Hy het nie opgemerk dat die vorm foutiewelik ingevul was nie en dat waar die voorwerp waarop beslag gele mag word, beskryf moet word, die adres van die perseeE vermefd word. Hy meld dat dit reeds jarelank indertyd die praktyk in die eenheid was dat die lasbriefvorm reeds ingevul is wanneer dit vir magtigmg aan 'n vrederegter voorgele word.
Die geldigheid van die lasbrief is op verskeie gronde aangevai. Mnr Appels, namens die Staat, het na my mening tereg toegegee dat visenteringslasbrief in hierdie geval ongeldig is omdat dit gerig is aan "alle polisiebeamptes". Artikel 21(2) van Wet 51 van 1977 bepaal dat 'n visenteringslasbrief "moet b polisiebeampte aanse". Die lasbrief is dus vaag en ongeldig. Sien SMiT & MARITZ ATTORNEYS & ANOTHER v LOURENS NO & ANOTHER 2002(1) SASV 152 op 156d-158a.
In hierdie geval is getuienis na aanJeiding van hierdie lasbrief bekom. Die vraag is of hierdie getuienis wat verkry is nadat op die appellant se reg op privaatheid inbreuk gemaak is,toelaatbaar is. Ingevolge artikel 35(5) van die Grondwet moet die Hof bepaal of die toelating van die getuienis die verhoor onbillik sou maak of andersins vir die regspleging nadelig sou wees. Indien dit die geval is, bepaal artikel 35(5) dat die getuienis uitgesluit moet word.
Die Hof het egter ft diskresie by die bepaling van die faktore wat in die gegewe geval oorweeg moet word by die bepaling van die vraag of dit die verhoor onbillik sou maak of nadelig sou wees vir die regspleging. Die Hof kyk na die besondere omstandighede van die betrokke geval en vra of die beskuldigde deur die toelating van die getuienis benadeel word. Ek meen dat in hierdie geval die benadeling van die appellante nie van so h aard rs dat dit die uitslufting van die getuienis verg nie.
Hier Is die getuienis van 'n reele aard. Dit het reeds bestaan en spruit nie voort uit selfinkriminerende opt rede deur die beskuldigdes nte. Die reg waarop hier inbreuk gemaak is, tewete die privaatheid van tweede appellant, moet swaarweeg maar die erns van die inbreuk is in hierdie geval nie sodanig dat dit die u its I uiting van die getuienis verg nie. Die inbreuk was nie opseth'k en bepfan as 'n onregmatige inbreuk nie. Die polisiebeamptes het in goeie trou opgetree, hulle het gebruik gemaak van 'n voorafgedrukte vorm wat indertyd oenskynlik gebruik is en wat reeds die gedrukte woorde uaan alle polisiemanne1' bevat het. Die lasbrief is nie verkry op grond van bedrog deur die polisie of mate fide optrede nie. Voorts was die omstandighede dringend van aard en was dit noodsaaklik om die getuienis te bekom.
Laastens is hierdie 'n geval waar die polisie waarskynlik die visentering sonder Y\ lasbrief ingevolge die bepalmgs van artikel 22(b) van Wet 51 van 1977 of artikel 11 van die Dwelmwet kon gedoen het. Vertue het nietemin besluit om inderhaas vir 'n lasbrief aansoek te doen en in die proses is n ongeldige lasbrief aan horn uitgereik. Ek meen dat in die omstandighede die toelating van die getuienis nie die verhoor onbillik gemaak het nie en ook nie andersins vir die regspleging nadelig was nie. Ek meen dus dat die landdros se bevinding dat die getuienis wat voortspruit uit die uitvoering van die lasbrief, korrek toegelaat was.
Die hoogwatermerk van die Staat se saak teen die drie appellante is dat hulfe at drie teenwoordig was in die huis van die tweede appellant waar daar duideNke tekens was, soos getuig deur die forensiese deskundige, Van Warmenhoven, dat daar waarskynlik redelik onlangs crack koka'iene in die kombuis vervaardig is. Voorts is daar beslag gele op 38,77gram crack koka'iene in die huis. Daar is egter geen direkte getuienis dat die drie appellante wel betrokke was by die vervaardiging en besit van die koka'iene nie.
Die eerste appellant se weergawe was dat hy toevallig die oggend by die tweede appellant se huis was om ft videokasset by haar te kom haal. Tweede appellant se getuienis was dat sy nie die vorige aand by haar huis geslaap het nie, omdat die derde appellant, met haar verlof, Vi partytjie by haar huis gehou het en dat sy kort voordat die polisie by haar huis opgedaag het, self ook daar aangekom het.
Kort nadat sy by haar huis aangekom het, het eerste appellant daar opgedaag om ln videokasset te kom haal. Die tweede appellant se getuienis is ook dat sy nie bewus was van die kokafene wat in haar huis gevind is nie.
Daar is getuienis wat beskuldigdes individueel tot 'n mindere of meerdere mate verder Jmpliseer. Die getuienis wat die eerste appellant imphseer is die van inspekteur Van der Walt. Hy het met die polisie se aankoms by die perseel in opdrag van Vertue buite om die huis gefoop en het, volgens sy getuienis, vir eerste appellant deur 'n venster in die toilet sien staan. Dit was op Vi stadium toe die ander polisie by die voordeur besig was om toegang tot die huis te verkry. Volgens Van der Walt se getuienis het eerste appellant vir horn gesien en het die eerste appellant daarop 'n beweging met die regterkant van sy liggaam gemaak en net daarna is die toilet gespoel.
Van der Walt het onmiddellik deur die voordeur van die huis gegaan en het vir Vertue en die beskuldigde in die ganggedeelte van die huis gekry. Volgens Van der Walt het hy vir Vertue gese dat eerste appellant Yi persoon is wat hy gesien het wat by die toilet was en die toilet gespoel het. Vertue het ook daarop in die toilet gaan kyk en het, wat vir hom gelyk het na kokai'en en wat later geblyk het stukkies crack koka'iene te wees m die toilet sien dryf.
Die eerste appellant het in getuienis ontken dat hy ooit in die toifet was maar hy het tog bevestig dat Van der Walt hom aan Vertue uitgewys het. Van der Walt het getuig dat hy nie gesien het dat die eerste appellant daadwerklik iets in die toilet gegooi het nie, aangesien hy nie sy hande kon sien nie. Hy het egter op grond van wat hy gesien net, die afleiding gemaak dat die eerste appellant wel iets in die toilet gegooi het.
Die laaste aanval op Van der Walt se getuienis in hierdie verband word gebaseer op die inhoud van sy verklaring wat hy die dag na die voorval gemaak het en waarin hy die volgende gese het:
"Ek het gesien dat die badkamer se venster oop was. By die venster gekom, het ek ingekyk en 'n bruinman gesien. Toe die bruinman my sien, het hy iets in die toilet gegooi en vinnig die toilet gespoel."
Die betoog is dat hierdie weergawe verskil van sy weergawe in die hof, aangesien hy, so is betoog, in sy verklaring gese het dat hy gesien het dat die persoon iets in die toilet gooi. Die verklaring meld nie in soveel woorde dat hy gesien het dat die persoon iets in die toilet gooi nie.
Na my mening is die verklaring duidelik versoenbaar met Van der Walt se weergawe in getuienis dat op grond van wat hy deur die venster gesien het, hy die gevolgtrekking gemaak het dat die persoon iets in die toilet gegooi het. Die feit dat dit gemene saak is dat Van der Walt die appellant aan Vertue uitgewys het kort nadat hulle in die huis gekom het, ondersteun Van der Walt se weergawe dat hy die eerste appellant gesien het, dat hy iets gedoen het wat Van der Walt onder Vertue se aandag wou gebring het.
Vertue het ook self na die toilet gegaan toe hy dit hoor spoel en hy het self ook afgelei dat dit die eerste appellant was wat die toilet gespoel het aangesien die twee ander persone wat in die huis was, tewete die ander twee appellante, op daardie stadium in die sitkamer was. Vertue het ook die koka'iene uit die toilet gehaal. Al hierdie getuienis beteken na my mening dat wat Van der Walt oor die eerste appeflant aan Vertue gese het, te doen gehad het met iets wat die eerste appellant by die toilet gedoen het. Ek meen dat op die getuienis bewys is dat die eerste appellant iets in die toilet gespoel het op Y\ stadium toe die polisie besig was om by die voordeur in te kom.
Dit is nie in geskil dat Vertue wel crack kokaiene met ft massa van 0,02 gram in die toilet gevind het nie.
Die vraag is of die enigste redelike afleiding wat uit al hierdie getuienis gemaak kan word, is dat eerste appellant die crack kokaiene in die toilet gegooi het en dit probeer afspoel het. Die enigste ander moontlike afleiding is dat iemand anders vroeer die kokaTene in die toilet gegooi het. Ek meen nie dat op die getuienis dit 'n redelike afleiding is nie. Dit is veel meer waarskynlik dat iemand sou poog om wanneer die polisie besig is orn toegang tot die huis te verkry, die kokaiene in die toilet sou probeer weggooi het. Daar is tog geen rede waarom iemand anders dit vroeer daar sou probeer weggooi het nie.
Soos reeds vermeid het eerste appellant getuig maar ontken dat hy in die toilet was. Op al die getuienis kan dit nie korrek wees nie. Daar is dus slegs Van der Walt se getuienis oor wat in die toilet gebeur het. Ek meen dat die eerste appellant op hierdie getuienis skuldig is aan die besit van crack kokaVene. Daar is geen getuienis dat die eerste appellant egter direk verbind met die vervaardiging van die crack kokaiene nie. Die feit dat eerste appellant Vi swak getuie was, kan nie lei tot die afleiding dat hy wel by die vervaardiging van die kokaiene betrokke was nie.
Die tweede appellant se waarskuwingsverklaring, waarna ek hieronder verwys, is toegelaat as getuienis maar daar is geen aansoek voor die Hof dat hierdie getuienis as hoorsegetuienis toegelaat moet word teen die eerste appellant nie. Hierdie getuienis is dus nie deel van die getuienis waarop die skuld of andersins van die eerste appellant bepaal kan word nie.
In die tweede appellant se waarskuwingsverklaring wat sy die oggend van 3 Maart 1999 aan die polisie gemaak het, se sy die volgende:
°Ek en Tania Erasmus, h vriendin, was besig om wasgoed op te hang toe Vi onbekende bruinman aan die agterdeur klop. Toe ek hom groet, toe vra hy of ek later uitgaan. Ek het 'ja' gese omdat ek en my vriendin Kaapstad toe sou gaan. Die man het toe gevra of hy gou my stoof kan gebruik. Ek het hom gevra wat van die krag, toe se hy hy sal my kraggeld gee. Ek het toe die man, later bekend as Blassie, gevra wat hy met die stoof gaan maak. Hy het gese hy gaan fudge maak. Ek en my vriendin het toe voor die TV gaan sFt. Blassie het die heeltyd tussen die agterkamer en die kombuis beweeg. Ek en my vriendin was nie bewus wat
Blassie maak nie. Ons het toe voertuie voor die huis hoor stilhou. Ek en Tania het toe na die voorkamer beweeg waarop ons deur die polisie gevra was om die voordeur oop te maak. Die polisie het toe opgekookte kokaiene gevind wat deur Blassie gemaak was.1'
Die landdros het hierdie verklaring deur tweede appellant as bewysstuk toegelaat. Daar is by die verhoor beswaar gemaak teen die toelating en op appel is daar voortgegaan met die beswaar teen die toelaatbaarheid van die verklaring. Hierdie is h verontskuldigende weergawe sover dit die tweede appellant se aandeel betref. Sonder om die argumente wat ten opsigte van toelaatbaarheid geopper is te herhaal, meen ek dat die landdros korrek was om die verklaring as getuienis toe te laat. In die lig van die gevolgtrekking waartoe ek hieronder kom wat tweede appellant se skuld betref, is dit egter nie nodig om verder op die toelaatbaarheid van hierdie dokument in te gaan nie.
Die landdros het op sterkte van die swak getuienis wat tweede appellant afgele het, tot die gevolgtrekking gekom dat haar getuienis verwerp moet word. Die probleem is egter dat selfs indien die tweede appellant se getuienis glad nie aanvaarword nie, die vraag steeds is wat die Staat op die Staat se weergawe teen haar bewys het. Die Staat het bewys dat daar waarskynlik crack koka'iene in tweede appellant se kombuis gemaak is. Selfs al word die tweede appellant se onwaarskynlike getuienis dat sy in die kombuis skoongemaak het na haar aankoms, maar steeds nie bewus was van die teenwoordigheid van hierdie koka'iene in haar kombuis nie, verwerp, is die vraag steeds waarop sy op die getuienis in die geheel dan skuldig is.
Die landdros het haar skuldig bevind aan handel in koka'iene op grond daarvan dat sy deel was van die groep wat dit vervaardig het. Daar is egter geen basis waarop haar bewerings dat sy nie die vorige nag by haar huis geslaap het verwerp kan word nie. Daar is net doodgewoon geen getuienis wat daarmee in stryd is nie. Haar weergawe dat sy kort voordat die polisie opgedaag het by haar huis kan nie as nie redelik moontlik waar verwerp word nie. Hoewel dit onwaarskynlik is dat sy nie bewus sou geword het na haar tuiskoms van wat in die kombuis plaasgevind het nie, beteken dit nie dat indien sy wei bewus geword het daarvan, dat daar koka'iene in haar huis is, sy skuldig is as medepligtige tot die vervaardiging daarvan nie. Die vraag is egter of sy nietemin skuldig is aan die besit van daardie koka'iene nie. Ek meen nie dat die staat bo redelike twyfel bewys het dat sy die nodige opset gehad het om hierdie kokaiene wat wel in haar huis was, te oesit nie.
Die derde appellant het nie getuig nie. Haar weergawe is op twee wyses voor die Hof geplaas; eerstens, by wyse van haar pieitverduideliking in terme van artikel 115; tweedens, is h verklaring, wat sy op 10 Junie 1999 afgele het ter ondersteuning van die eerste appellant se aansoek om sy vrylating op borgtog as deel van die staatsaak by ooreenkoms as 'n bewysstuk ingehandig. En hierdie verklaring se die derde appellant dat sy die dag voor die voorval saam met die tweede appellant by laasgenoemde se huis was. Volgens haar was sy en die tweede appellant goeie vriende en het die tweede appellant haar toegelaat om die huis vir n partytjie saam met haar vriende te gebruik. Tweede appellant het egter nie by haar huis gebly vir die partytjie nie, aangesten sy nie gesond gevoel het nie en sy het gevolglik by familie oorgebly.
Daar was, volgens derde appellant se verklaring, verskeie mense die aand en nag van 2 Maart 1999 by die huis. Een van hierdie vriende het kokaiene gehad wat sy op die stoof in die kombuis met koeksoda gekook het om crack te maak. Die derde appellant self en haar vriende het toe deeltjies van die crack afgebreek en dit gerook. Die vriendin het die derde appellant versoek om die res van die crack op ft veilige plek te bere. Sy het toe die res van die crack op ft venterbank agter ft gordyn in een van die slaapkamers, waar sy self die nag geslaap het, gelaat. Sy wou dit, so s§ sy, nie in ft kas los nie want sy wou nie he dat die tweede appellant dit per ongeluk die volgende oggend daar vind nie.
Die volgende oggend het tweede appellant om ongeveer agtuur die oggend by die huis opgedaag en omtrent halftien daardie oggend het die eerste appellant ook daar opgedaag. Hy het vir die tweede appellant 'n videokasset, wat hy aan haar geleen het, gevra. Dit was op hierdie stadium wat die polisie opgedaag het en die huis deursoek het. Die polisie het die crack gevind waar sy dit agter die gordyne op die vensterbank geJos het.
Hierdie weergawe van derde appellant verskil van die weergawe wat namens haar ingevolge artikel 115 gestel is in die opsig dat sy in haar artikel 115 verklaring se dat sy die crack wat sy agter die gordyn op die vensterbank geplaas het, eers die volgende oggend aangetref het en dat sy dit toe eers, dit wil se die volgende oggend, op die vensterbank geplaas het. Dit was op hierdie stadium, se sy, dat die tweede appellant by die huis opgedaag het. Die weergawe van die partytjie en die vriend wat die crack op die stoof gemaak het en haar rook van die crack is egter dieselfde in beide weergawes.
Die weergawe wat die derde appellant in haar artikel 115 verklaring en in haar verklaring ter ondersteuning van die derde appellant se borgtog gegee het, is nie in getuienis deur haar herhaal nie. Haar weergawe, soos in haar beedigde verklaring uiteengesit, is egter as deel van die staatsaak voor die Hof geplaas. Die vraag is dus of in die lig van al die getuienis wat die Staat voor die Hof geplaas het, daar bevind kan word dat die enigste redelike afleiding is dat derde appellant deelgeneem het aan die vervaardiging van die crack. Ek meen nie dat dit die enigste redelike afleiding is nie.
Die derde appellant het egter in 'n weergawe onder eed, wat voor die Hof geplaas is, erken dat sy wel gedurende die loop van die nag van die crack koka'iene in haar besit gehad het toe sy dit gerook het en ook toe sy die groot stuk op die vensterbank gaan wegsteek het. Sy het dieselfde erkenning in haar artikel 115 verklaring gemaak. Ek meen dat op sterkte van haar eie erkenning wat gemaak is beide in die beedigde verklaring en in haar pleitverduideliking die derde appellant skuldig is aan besit van crack kokai'ene.
Ek meen dus dat die landdros verkeerd was om die appellante skuidig te bevind aan handel in crack kokaiene. Mnr Appels het ook in argument tot h groot mate toegegee dat dit in der waarheid die geval is. Vir die redes hierbo uiteengesit, meen ek dat die eerste en derde appellante egter wel skuldig is aan die besit van crack kokaiene. Die tweede appellant moet, na my mening, onskuldig bevind word beide op die handel in crack kokaiene en die besit daarvan.
In die lig van die voormelde bevindings ten opsigte van die skuldigbevindings, moet die vonnisse wat die eerste en derde appellante opgele is, heroorweeg word. Ten tyde van vonnisoplegging, is die eerste appellant 30 jaar oud. Hy was toe reeds 14 jaar getroud en het twee kinders wat uit hierdie huwelik gebore is. Die kinders was indertyd 7 en 14 jaar oud onderskeidelik. Die appellant se vrou het op daardie stadium as 'n smous gewerk en het ongeveer R200 tot R300 per week profyt gemaak.
Die appellant het as h verwer privaatwerk gedoen en hy het ongeveer R700 tot R800 per week verdien. Hy was ten tyde van vonnisoplegging op 4 April 2001 reeds sedert 3 Maart 1999 in hegtenis. Hy het dus op daardie stadium reeds twee jaar en een maand in die gevangenis deurgebring.
Die eerste appellant het verskeie vorige veroordelings wat teruggaan na 1984. Drie van hierdie vorige veroordelings is vir die besit van dwelms en ten tyde van die pleging van die onderhawige misdryf was hy onderhewig aan 'n ongeskorte vonnis wat hy in 1997 opgele is as deel van n boetevonnis van R6 000 wat ook 300 dae gevangenlsstraf ingesluit het wat vir vyf jaar opgeskort is. Die opskorting was op voorwaarde dat hy nie weer skuldig bevind word aan 'n oortreding van die besit of handel in dwelms nie. Ek meen dat in die omstandighede direkte gevangenisstraf wel die vonnis is wat opgele moet word en meen dat een jaar gevangenisstraf 'n gepaste vonnis vir eerste appellant is.
Die derde appellant was 29 jaar oud ten tyde van vonnisoplegging. Sy is getroud en het een kind wat indertyd ses jaar oud was. Sy is 'n eerste oortreder. Aangesren sy slegs in die besit van crack kokaiene skuldig bevind moet word, meen ek nie dat direkte gevangenisstraf in haar geval n gepaste vonnis is nie. Ek meen dat in haar geval 'n vonnis van een jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort word op voorwaarde dat sy nie weer skuldig bevind word aan die oortreding van artikel 4(b) of 5(b) van Wet 140 van 1992 wat gepleeg is gedurende die tydperk van opskorting nie.
Ek sal dus die volgende bevele maak:
1. Eerste, tweede en derde appellante se appel teen hul skuldigbevinding en hul vonnis word gehandhaaf.
2. Eerste appellant se skuldigbevinding aan die oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992 (handel in crack kokaTene) word tersyde gestel en word vervang met 'n skuldigbevinding aan die oortreding van artikel 4(b) van Wet 140 van 1992 ( besit van crack koka'iene).
3. Tweede appellant se skuldigbevinding aan die oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992 word tersyde gestel en die tweede appellant word onskuldig bevind.
4. Die derde appellant se skuldigbevinding aan die oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992 (handel in crack kokaiene) word tersyde gestel en vervang met 'n skuldigbevinding aan die oortreding van artikel 4(b) van Wet 140 van 1992 (besit van crack kokaiene).
5. Eerste appellant se vonnis van 10 jaar gevangenisstraf word tersyde gestel en word vervang met 'n vonnis van een (1) jaar gevangenisstraf wat op 4 April 2001 in werking tree.
6. Tweede appellant se vonnis van drie {3) jaar gevangenisstraf word tersyde gestel.
7. Derde appellant se vonnis van vier (4) jaar gevangenisstraf word tersyde gestel en vervang met 'n vonnis van een (1) jaar gevangenisstraf wat vir vyf (5) jaar opgeskort word op voorwaarde dat derde appellant nie weer skuldig bevind word aan oortreding van artikels 4(b) of 5(b) van Wet 140 van 1S92 gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
LOUW, R
ZONDI. R; Ek stem saam.
ZONDI, R