South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 252
| Noteup
| LawCite
Botha v S (A300/2007) [2008] ZAWCHC 252 (22 August 2008)
Download original files |
Saakno A300/07
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
In die saak tussen:
JOSEPH FREDERICK BOTHA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRA AK: 22 AUGUSTUS 2008
Griesel R:
[1] Die appellant is op 30 September 2005 in die streekhof skuldig bevind op 33 aanklagte van bedrog sovvel as 13 aanklagte van ver-valsing. Die aanklagte is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en op 14 Desember 2005 is hy gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf met inag-neming van die bepalings van art 276(l)(i) van die Strafproseswet. Verlof om teen sy opgelegde vonnis te appelleer is later op petisie aan die appellant toegestaan.
[2] Intussen, op 13 Maart 2006, het die Staat voor 'n tweede land-dros aansoek gedoen dat ]n opgeskorte vonnis van vier jaar gevangenisstraf, opgele op 8 Julie 1999, teen die appellant in werking gestel word. Sodanige bevel tot Inwerkingstelling is wel op 25 April 2006 deur die tweede landdros toegestaan.
[3] In sy betoogpunte het die appellant se advokaat weinig aandag aan die appel teen die opgelegde vonnis gegee en tereg so. Volgens my oordeel is daar geen gronde waarop hierdie hof met die opgelegde vonnis kan inmeng nie. Die advokaat se betoog was eerder toegespits op die inwerkingsteUkig van die opgeskorte vonnis. Daardie bevel is egter nie appelleerbaar nie, maar beide partye was dit eens dat hierdie hof wel, ingevolge sy inherente hersieningsbevoegdheid, by magte is om daarmee in te meng, indien nodig. Beide partye was dit verder met mekaar eens dat, in die besondere omstandighede van die huidige saak, daar wel met die betrokke bevel ingemeng kan word.
[4] In hierdie verband toon die appellant se SAP69 dat hy op 8 Julie 1999 te Pretoria weens bedrog gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf, wat opgeskort is vir vyf jaar. Die opskortingsvoorwaarde is soos volg bewoord:
... OP VOORWAARDE DAT BESK NIE WEER SKULDIG BEVIND WORD AAN BEDROG, DIEFSTAL OF ENIGE POGING DAARTOE IN DIE TYD VAN DIE OPSKORTING.
[5] Hieruit blyk dit dat dit die skuldigbevinding is wat binne die op-skortingsperiode moet plaasvind - nie die pleging van die misdaad nie. Of dit inderdaad die oogmerk was wat die eerste vonnlsoplegger wou bereik, is debatteerbaar. Hoe dit ookal sy, uit die feke is dit duidelik dat die appellant meer as 6 jaar na die vorige vonnisoplegging aan die huidige misdade skuldig bevind is, dus nie *in die tyd van die opskorting' me. Dit volg hieruit dat die tweede landdros nie by magte was om die opgeskorte vonnis in werking te stel nie. Daardie bevel moet derhalwe tersyde gestel word.
[6] Ek moet beklemtoon dat hierdie bevel, sowel as die Staat se toe-gewing daaromtrent, berus op die veronderstelling dat die bewoording van die opskortingsvoorwaarde soos uiteengesit in die SAP69 korrek is. Die Staat was nie in staat om die oorspronklike hofbevel waarin die vonnis vervat is te bekom voor die aanhoor van die huidige appel nie, Dit volg dus dat indien dit later sou blyk dat die oorspronklike op-skortbgsvoorwaarde inderdaad anders bewoord is, dit die Staat sal vrystaan, indien aldus geadviseer, om opnuut aansoek te doen om inwerkingstelling van die betrokke opgeskorte vonnis,
[7] Bygevolg word die volgende bevel uitgereik:
1. Die appel teen die opgelegde vonnis word van die hand
gewys.
2. Die bevel gedateer 25 April 2006 onder Saakno 30/29/2002 tot inwerkingstelling van die opgeskorte vonnis van vier jaar gevangenisstraf word tersyde gestel; met dien verstande dat indien dit sou blyk dat die betrokke opskortingsvoorwaarde anders bewoord is as in die SAP69 uiteengesit, dit die Staat vrystaan, indien aldus geadviseer, om opnuut aansoek te doen om inwerkingstelling van sodanige opgeskorte vonnis.
B M Griesel
Regter
P L Goliath