South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2008 >> [2008] ZAWCHC 263

| Noteup | LawCite

Pietersen v S (A25/2007) [2008] ZAWCHC 263 (12 September 2008)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIP-AFRIKA


(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFOELING)



SAAKNOMMER: A25/2007

DATUM: 12 SEPTEMBER 2008



In die saak tussen:

MARCUS PIETERSEN Appellant
en

DIE STAAT Respondent






UITSPRAAK




H J ERASMUS. R:



Die appellant het op 16 Februarie 2006 in die landdroshof te Swellendam in saaknommer 875/2005 skuldig gepleit op vier aanklagte van oortreding van artikel 154(1 )(a) van die Drankwet, 27 van 1989 (hierna "die Wet"). Op dieselfde datum het hy in dieselfde hof In saaknommer 1394/2005 ook skuldig gepleit op twee aanklagte van oortreding van artikel 154(1)(a) van die Wet en op een aanklag van poging tot dwarsboming of belemmering van die verloop van die gereg. Die ses aanklagte van oortreding van artikel 154(1)(a) van die Wet net betrekking op misdrywe wat gepleeg is op 21 April 2005 (twee aanklagte), 16 Mei 2005, 15 Junie 2005, 28 Oktober 2005 en 16 Desember 2005.





In die twee sake is woordeliks identiese pleitverduidelikings ingehandtg. In die pleitverduidelikings erken die appellant dat hy die drank waarna daar in die skedules verwys word, gekoop het met die doeJ om dit te herverkoop teen 'n wins.



Hy erken verder dat die SA Polisiediens beslag gele het op die drank wat in sy besit was. In die skedules word daar erken dat daar in totaal beslag gele is op sowat 1 176 750ml bottels bier, 9 bottels spirltualiee en 21 kanne 5 liter wyn. Daar word ook erkennings gemaak ten opsigte van kanne wyn wat half of driekwart voJ was.



Dte verhoorlanddros het in saaknommer 875/2005 die vier aanklagte saamgeneem vir doeleindes van vonnis en die appellant tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis. In saaknommer 1394/2005 is die appellant gevonnis tot ses maande gevangenisstraf op elk van die drie aanklagte. Daar is beveel dat die vonnisse wat in die twee afsonderlike sake opgele is, samelopend uitgedien word. Die appellant is derhalwe effektiewe gevangenisstraf van twee jaar opgele. Die appellant kom nou, nadat hierdie Hof verlof daartoe verleen het, in hoer beroep teen die opgelegde vonnis.



Die kern van die appellant se beswaar teen die vonnis wat horn opgele is, word soos voig saamgevat in sy regsverteenwoordiger se hoofde van betoog:



"The appellant submits that the sentence imposed by the learned magistrate was harsh and severe and induces a sense of shock. In the light of the personal circumstances of the appellant, more particularly that he is for intention purposes, a first offender, has a family to support and pleaded guilty to the charges thus showing remorse. He should have received a non-custodial sentence."



Ingevolge artikel 163{1)(a) van die Wet is 'n landdros bevoeg om in die geval van oortreding van artikel 154(1)(a) van die Wet 'n boete - en geen perk word voorgeskryf nie - of gevangenisstraf van hoogstens vyf jaar op te le. In artikel 163(2) van die Wet bepaal word dat enigiemand wat binne vyf jaar weer skuldig bevind word aan oortreding van onder meer artikel 154(1)(a) van die Wet, strafbaar is met twee maal die boete of gevangenisstraf wat vir daardie misdryf opgele kan word of met daardie boete sowel as daardie gevangenisstraf.



Die Staat het die getuienis van kaptein N A Alberts van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ter strafverswaring aangebied. Die appellant het nie ter strafversagting getuig of getuienis aangebied nie.



Kaptein Alberts het getuig dat die appellant vir baie jare reeds onwettfge drankhande) bedryf in Swellendam. Hy het verwys na die groot hoeveefhede drank wat die appellant van 'n bepaaide drankhandelaar bestel en dat hierdie drank nie net by die appellant se eie huis afgelewer en gestoor word nie, maar dat van die drank wat hy bestel ook by ander persele in die omgewing geberg word. Hierdie getuienis is nie aangeveg nie.



In kruisondervraging is aan kaptein Alberts gestel dat selfs na die appellant se arrestasie vroeg in Desember 2005, drank in sy naam bestel en afgelewer is. Die suggestie is vaagweg gemaak dat dit sonder die medewete van die appellant geskied het. Kaptein Alberts het die aankoop en fewering van die drank na appelant se arrestasie bevestig. Hy getuig dat hy die bestelling opgevolg het en vasgestel het dat die drank in die naam van die appellant bestel is en op 22 Oesember by sy perseel afgelewer is.




Kaptein Alberts het in sy getuienis ook verwys na sosiale euwefs, veral aanrandings en selfs h geval van moord wat in daardie omgewing gedy en wat hy koppel aan die onwettige drankbedryf van die appellant.



Namens die appellant is aangevoer dat die verhoorlanddros misgetas het deur die strafverswarende getuienis wat voor die Hof geplaas is, te oorbeklemtoon. Dit sal dtenstig wees om hlerdie submissie te toets in die lig van die hoofsaaklik onbetwiste feite van die saak.



Die appellant bedryf vir baie jare reeds onwettige drankhandel as sy enigste bron van inkomste. Die omvang van sy bedryf blyk uit die hoeveelheid drank waarop daar beslag gele is, soos vermeld in die skedules by sy pfeitverduidelikings, en uit die omvang van sy aankope by slegs een drankhandelaar, soos blyk uit die getuienis van kaptein Alberts.



Die misdrywe waaraan hy skuldig gepleit het, is gepleeg op 21 April 2005, 16 Mei 2005, 15 Junie 2005, 28 Oktober 2005 en 16 Desember 2005. Op elk van hierdie datums het die polisie, volgens die appellant se ere erkenning beslag gele op drank waarmee hy handel gedryf het. Sedert die eerste beslaglegging op 21 April 2005 en ten spyte van gereelde beslagleggings daarna, het die appellant tot 16 Desember voortgegaan met sy onwettige handel. Die drankhandel word na sy arrestasie voortgesit en daar word steeds drank bestel en afgefewer. Hierdie optrede toon 'n totale minagting van die polisie-optrede en van die reg van die land.



Die verhoorlanddros was deeglik bewus van die beperkinge van die bewyswaarde van statistieke gegewens. Hy se egter tereg dat daar kennis geneem kan word van die sosiale euwels waartoe onwettige drankhandel in die woongebied aanleiding gee. Die landdros was ook daarop geregtig omF soos hy dit in sy uitspraak stel 'geregtellk kennisname te neem wat in hierdie distrik aangaan". In DU TOIT EN ANDERE, COMMENTARY ON THE CRIMINAL PROCEDURE ACT 28/4 word daar gese dat n voorsittende beampte "is entitled to make use of his personal or own knowledge regarding the prevalence of crime in his jurisdiction area".



in die saak van S v MAVANGUA 1975(2) SA 83 (SWA) op 84A word gese:



"Dit is die taak van 'n landdros om vir die gebied waarin hy in d*e amp optree kennis te neem van die algemene voorkoms van misdade om daardie kennis te gebruik by die toemetrng van straf."



Daar is, namens die appellant, aangevoer dat daar nie genoegsaam gewig geheg is aan die feit dat die appellant skuldig gepleit en berou getoon het nie. Die appellant het nie getuig nie. Onder die omstandighede is die volgende woorde van RUMPFF, AR, soos hy indertyd was, in S v SEGERS 1970(2) SA 506 (A) op 511G van pas:



"It was submitted to us that appellant's admission of guilt to the detectives, his confession to the magistrate and his plea of guilty in die trial court, demonstrate his penitence and remorse. Remorse as an indication that the offence will not be committed again, is obviously an important consideration, in suitable cases, when the deterrent effect of a sentence on the accused is adjudged. But in order to be a valid consideration, the penitence must be sincere and the accused must take the Court fully into his confidence. Unless that happens, the genuineness of the confession alleged cannot be determined."

Sien ook S v VAN PER WESTHUIZEN 1995(1) SASV 601 (A) op 605d en S v MORRIS 1972(2) SA 617 (A) op 620F tot 6218.



Die feit dat die appellant skuldig gepleit het, dui nie noodwendig op berou nie. Die appellant het die Hof nie in sy vert roue geneem oor die redes waarom hy besluit het om skuldig te pleit nie.



Uit die getuienis wat voor die Hof geplaas is blyk dat die waarskynlike rede waarom die appellant skufdig gepleit het, te vinde is in die feit dat hy by 'n vorige geleentheid 'n boete na skulderkenning betaal het en dat ander persone wat by sy besigheid betrokke was, vofgens kaptein Alberts, in die verlede ook met boetes weggekom het.



Die appellant se optrede na 21 April 20G5, toe daar vir die eerste keer beslag gele is op drank op sy perseel, is nie die van rn persoon wat berou het oor sy dade nie, inteendeel hy gaan rustig voort met sy onwettige bedryf.



Daar is voorts aangevoer dat die verhoorlanddros misgetas het deur die appellant as eerste oortreder direkte gevangenisstraf op te le. Dit is geykte reg dat die feit dat ft beskuldigde 'n eerste oortreder is, 1n versagtende faktor by vonnisoplegging is (sien TERBLANCHE, THE GUIDE TO SENTENCING IN SOUTH AFRICA, 223). Daar bestaan egter geen reef wat h eerste oortreder, bloot omdat hy of sy n persoon is wat geen vorige veroordelings het nie, geregtig maak op 'n vonnis wat cfirekte gevangenissetting uitsluit. (Sien S v VICTOR 1970(1) SA 427 (A) op 429C). In S v HOLDER 1979(2) SA 70 (A) op 77H-78A word die posisie soos volg gestel:



"Die hele benadering dat gevangenisstraf slegs in sekere gevalle geregverdig is, kan nie aanvaar word nie en is 'n beperking wat me by ons straftoemeting bestaan nie. Enige ernstige misdaad, van watter aard ook al, kan aanleiding gee tot gevangenisstraf en dikwels is gevangenisstraf die enigste gepaste straf wat opgele kan word."



Hierdie benadering word onderskryf in S v PACKEREYSAMMY 2004(2) SASV 169 (HHA) op 173f-g:



"The submission was made that because the appellant was a first offender, he should have been given a sentence that would ensure that he was kept out of jail. A first offender has no right to be kept out of jail It all depends on the circumstances of each case. It has been held that any serious offence can lead to imprisonment and frequently imprisonment is the only appropriate sentence that ought to be imposed."



Alhoewel die appellant as 'n eerste oortreder beskryf word, toon sy SAP69 dat hy op 10 Oktober 2000 op n aanklag van oortreding van artikei 154(1 )(a) van die Wet h boete na erkenning van skuld betaaJ het. Dit is Yi feit waarvan hierdie Hof kennis kan neem.



Die feit dat die appellant n eerste oortreder is, word verder getemper deur die feit dat hy die misdrywe wat horn ten laste gele is, oor 'n tydperk gepleeg het. In hierdie verband sien S v VAN NfEKERK 1993(1) SASV 482 (NK) op 490d waarin daar verwys word na S v VAN NIEKERK 1981(3) SA 239 (O) op 242G-243A.



Die landdros het korrektiewe toesig as n vonnisopsie oorweeg en, myns insiens tereg, bevind dat die appellant nie o geskikte kandidaat daarvoor is nie in die lig van sy volgehoue, selfs nadat die polisie op horn begin toeslaan het, en doelbewuste oortreding van die betrokke Wetgewing. Daar is in die appellant se regsverteenwoordiger se hoofde voor ons aangevoer dat die Wet daarop gemik is om groot spelers in die drankbedryf te beskerm teen die klein entrepreneurs wat n eie besigheid wil begin. Die landdros, so is aangevoer, het nie kennis geneem van die feit dat daar Yi nasionale beweging is om sogenaamde sjebiens te wettig nie. Daar is geen getuienis in hierdie verband voor die landdros geplaas waarvan hy kennis kon neem nie. Die landdros is ook nie meegedeel dat die appellant graag sy besigheid as Vi wettige sjebien sou wou bedryf nie.



Hoe dit ook al sy, na my oordeel sou een van die oogmerke van die wettiging van sjebiens wees om die soort van onderneming wat die appellant bedryf aan bande te le en te reguleer. Die wettiging van sjebiens sal ongetwyfeld die lokaliteite waar sjebiens bedryf kan word beheer en reguleer, vereistes neerle waaraan die gebou waarin die besigheid bedryf word, moet voldoen, voorskrifte bevat ten opsigte van die hou van voorraad, boekhou, die betaling van 8TW en so meer. in WILLEMSE v S 2001(3) All SA (C) op 14g het COMRIE, R verwys getuienis wat voor die verhoorhof geplaas is in 'n saak wat soortgelyk is aan hierdie en gese -



"... the consequential evils associated with the unregulated dealing in liquor, many of which were seen daily in this court and that liquor was sold from unsuitable premises in an unsuitable area."

Die landdros het in sy uitspraak aandag gegee aan a 11 e relevante oorwegings. Hy het op geen manier misgetas nie en 'n gepaste vonnis opgele. Alles in ag genome is daar geen gronde waarop hierdie Hof kan inmeng met die vonnis wat die verhoorlanddros opgele het nie.




Ek maak derhalwe die volgende bevel:




Die appel word van die hand gewys.


H J ERASMUS, R




STEYN, WnR: Ek stem saam.

STEYN, WnR