South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2008 >> [2008] ZAWCHC 273

| Noteup | LawCite

Griffiths v S (A291/2007) [2008] ZAWCHC 273 (24 October 2008)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

SAAKNOMMER: A291/2007

DATUM: 24 OKTOSER 2008


In die saak tussen:

JOHNNY GRIFFITHS Appellant

en

DIE STAAT Respondent




UITSPRAAK




JOUBERT. WnR:




Die Appellant net op 25 Januarie 2007 onskuldig gepleit in die Streekhof te Mosselbaai voor die agbare Streeklanddros mnr. M Van Wyngaard op Jn klagte van verkragting, naamlik dat hy op/of omtrent 27 Augustus 2005 en te of naby Campirostraat 15, Mosselbaai wederregtelik en opsetlik met Sophia Manu, 'n meerderjarige vroulike persoon, geslagsgemeenskap gehad het sonder haartoestemming.


Die Appellant het regsverteenwoordiging van die hand gewys en het sy eie verdediging behartig.

Nadat die getuienis van die klaagster en haar eggenoot, Karel Manu namens die Staat, en die Appellant en sy eggenote, Esthia Griffiths, op dieselfde dag aangehoor is, is die Appelfant skuldrg bevind op die aanklag soos gestel. Nadat die Appellant getuienis ter versagting afgele hetp is hy ook op dieselfde dag tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis.


Met verlof van die Hof a quo, kom die Appellant op hoer beroep teen die skuldigbevinding alleenlik.


In bree trekke, en met verwysing slegs na die beweerde verkragting self, was die klaagster se getuienis dat terwyl haar eggenoot Karel Manu in die sit- of woonarea van hulle woonhuis gesit en slaap het (na 'n oenskynlik hewige drinksessie), die Appellant haar agtervolg het toe sy na haar slaapkamer gaan, en haar toe gevra het om seks met horn te he, welke versoek sy uitdruklik van die hand gewys het. Volgens haar het die Appellant toe na die kombuis toe gegaan en n mes gaan haat waarmee hy haar toe gedreig het om seks met horn te he. Sy het deurentyd probeer om haar slapende eggenoot, Karel, wakker te roep, maar hy het nie gereageer nie en sy het geen keuse gehad as om haar samewerking te verleen nie. Op die Appelfant se instruksies het sy toe die een heffte, d.w.s. die een pyp, van die broek asook die dames-broekie wat sy aangehad het uitgetrek, en het die Appelfant toe teen haar wil geslagsomgang met haar gehad op die bed in die slaapkamer. Nadat hy die daad voltooi het, het die Appellant volgens die klaagster geloop en het sy toe haar eggenoot gaan wakker maak en horn vertel wat gebeur het. Hy het uitgegaan om die Appelfant te soek, maar kon horn nie kry nie en die polisie is toe gekontak en 'n klagte van verkragting gele.


Karel Manu kon slegs getuienis lewer ten opsigte van die gebeure voordat hy aan die slaap geraak het en die gebeure nadat die klaagster horn kom wakker maak het. Meer besonderhede hieroor volg later.


Die Appelfant het 'n mondelinge pleitverduideliking gelewer en ook getuienis afgele, tot die effek dat hy en die klaagster voorheen in 'n seksuele verhouding was en selfs nadat sy met Karel Manu getroud is gedurende

2001, by geleentheid seksueel verkeer. Volgens horn het hy op die betrokke dag, nadat Karel aan die s!aap geraak het, "ogies gemaak" vir die klaagster en het sy deur haar optrede aangedui dat sy gewilJig is om weer geslagsomgang met horn te he. Hy het toe uitdrukEik vir haar gevra of hy weer geslagsomgang met haar kan he, waarop sy instemmend geantwoord het Volgens horn het sy eers seker gemaak dat haar kinders nie teenwoordig is nie, en toe na die slaapkamer gegaan vanwaar sy Karel se naam 'n paar keer geroep het om seker te maak dat hy nie sal wakker word nie. Hy het toe deur die slaapkamer na die badkamer gegaan en in die proses van by haar verby loop, sy hand onder die kombers waaronder sy toe gele het gesit, en gevoel dat sy reeds kaa! of harfkaal is. Toe hy terugkom van die badkamer het hy, met haar toestemming, geslagsomgang met haar gehad. Oie feit dat die klaagster horn van verkragting aankla, skryf hy daaraan toe dat sy horn wou terugkry vir 'n vorige geleentheid toe hulle gesEagsgemeenskap gehad het en hy 'n kondoom gebruik het. Sy was, volgens die Appellant, ontstoke daaroor en het vir horn gese dat sy horn nooit sal vergewe nie.


Die Appellant se eggenote, Esthia Griffiths, se getuienis het die saak geensins verdergevoer nie.


By ooreenkoms tussen die Staat en die Appellant is 'n mediese verslag by die verhoorhof ingedien waaruit dit btyk dat die klaagster geen beserings opgedoen het nie.


Die geleerde verhoorlanddros het in sy uitspraak sy skuldigbevinding op die volgende faktore baseer;

  1. Dat die feit dat die klaagster 'n rapport aan haar man gemaak het, nie ooreenstemmend is met die gedrag van iemand wat toegestem het tot gemeenskap nie;

  2. Dat daar niks in die klaagster se getuienis is wat agterdog verwek het nie, dat sy 'n goeie indruk op die Hof gemaak het, en dat lv...'m soverre

haar getuienis en die van haar man ooreenstemmend is, bet hutie mekaar gestaaf.


(c) Dat die Appellant se weergawe "...gesien in die iig van die getuienis in die geheel, nie redefik moontiik waar (is) nie en dear die Hof venverp word".



Gegewe die fert dat -

(a) dit gemene saak was dat daar seksuele omgang tussen die klaagster en die Appellant plaasgevind het;

(b) daar geen beserings deur die klaagster opgedoen is nie;

  1. die klaagster en Appellant voorheen 'n seksuele verhouding gehad het;

  2. die enigste geskil was of die klaagster toestemming tot seksuele om­gang gegee het al dan nie, ten opsigte van welke geskilpunt sy 'n enkelgetuie was; en

  3. die Appellant onverteenwoordeg was,


is ek van mening dat die geleerde verhoorlanddros die klaagster se getuienis met versigtigheid moes benader het (sfen bv. S v Van der Ross 2002(2} SASV 362 (C) en S v Jones 2004 (1) SASV 420 (C) te 427). Dit blyk egter nie uit sy uitspraak, of die wyse waarop hy die getuienisvoering tydens die verhoor hanteer het dat die geleerde verhoorlanddros sodanige benadering gevolg het nie, en ek is van mening dat sy versuim om dit te doen, of ten minste haar getuienis met 'n meer kritiese gesindheid te benader, 'n mistasting was.


'n Meer kritiese benadering onthul Jn aantal probtematiese aspekte van die klaagster se getuienis en die Staat se saak in geheel:

Weersprekende getuienis t.o.v. aanloop tot die beweerde verkragting

Aanvankfik getuig die klaagster dat daar n aantal mense in die huis was, dat sommfges toe geloop het, wat tot gevolg gehad het dat sy, haar man Karel, en die Appellant alleen agtergebly het. Hulle het toe gedrink en toe hulfe klaar gedrink het, het Karel "getiep". Sy het toe kamer toe gegaan, die Appellant het haar gevofg en die verkragting het toe pfaasgevind (sien rekordbl 9:10-20)


Later in hoofgetuienis (bl 11:10-15) se sy dat nadat die ander mense gefoop het, hulle drie agter gebly het, die Appellant toe geloop het en toe weer teruggekom het. (Haar getuienis dat die Appellant toe vir haar vra waar Karel is (r. 14), maak ook nie sin nie aangesien die Appellant sou kon gesien het Karel sit en slaap.)


Tydens kruisondervraging (bl 24:7-9) getuig sy weer dat beide die Appellant en Karel weggegaan het en dat Karel toe voor die Appellant teruggekom het.


Laasgenoemde weergawe word in wese in herondervraging deur die klaagster bevestig (bl 27:9-20).


Die klaagster se man, Karel Manu, se weergawe is weer heeltemal anders. in hoof getuig hy eenvoudig dat huile by die huis was, saam gedrink het, en dat hy toe aan die slaap geraak het (bl 29:4-14).


Later getuig hy dat hy en die Appellant mekaar by Hartenbos ontmoet het, afgespreek het dat Appellant Jater ln draai by sy huis sal kom maak, wat toe ook gebeur het, maar dat daar nie sprake daarvan was dat hulle eers op 'n stadium weer saam van die huis af weggestap het nie (bl 30:9-19).


Waarom kon die klaagster nie haar man (Karel) se hulp inroep nie?



Die klaagster getuig (bl 12:23) dat sy die heeltyd na haar man geroep het maar dat hy glad nie geantwoord het nie. Dit blyk nie duidelik op watter stadium sy begin het om na horn te roep nie hoewel sy, volgens haar, ook na horn geroep het terwyl die verkagting aan die gang was (bl 13:25 - 14:3).


Laasgenoemde getuienis laat natuurlik die vraag onstaan waarom sy nie deur die beweerde teenwoordigheid van 'n mes afgeskrik is nie. Die doel van 'n mes sou tog juis wees om haar tot swye te intimideer. Sy het wel getuig dat, nadat die Appellant haar die eerste keer met die mes gedreig het, sy die mes nie weer gesien het nie, maar sy sou tog bewus moes gewees het dat die mes nog iewers naby die Appellant moes gewees het.


Die werklike vraag is egter waarom sy nie na haar man toe kon gehardfoop het en horn wakker geskud het nie. Volgens haar getuienis was sy op pad kamer toe gewees, en het die Appellant haar toe gevolg en vir seks gevra waarop sy nee gese het. Hy gaan toe terug kombuis toe, gaan haal Hn mes en se toe vir haar dat sy moet uittrek (bl 9:18-21). Sekerlik sou sy 'n geleentheid gehad het, nadat sy na bewering vir die Appellant gese het sy wil nie seks he nie, om na haar slapende man toe te hardloop.


Haar getuienis (bl 19:17-19) blyk te wees dat sy al vir Karel begin roep het toe die Appellant haar vir seks gevra het. Dit was m.a.w. nog voordat hy na bewering 'n mes gaan haal het. In plaas van om te roep na Karel, kon sy net eenvoudig na horn toe gegaan het.



Teenwoordigheid van klaagster se kind, Warren



Aanvanklik getuig die klaagster eenvoudig dat die kinders nie by die huis was nie, en eers teruggekom het toe die polisie daar kom, d.w.s. na 20h30 die aand (bl 18:20 -19:8).


Die ktaagster erken egter (bl 19:24 - 20:4) dat sy op 'n stadium vir die Appellant gevra het waar die seuntjie, Warren is. Sy kon egter nie verduidelik waarom sy dit gevra het nie en hierdie getuienis neig myns insiens om die Appellant se weergawe dat beide van hulle wou seker maak dat hulle nie gesteur sal word nie, te staaf.

Tydens kruisondervraging ontken sy nie die beskuldigde se sterling dat Warren op 'n stadium daar was nie (bl 22:5-15), hoewel dit moontlik is dat die geleerde Verhoorlanddros se tussentrede op daardie punt tot gevolg gehad het dat daardie stelling eenvoudig agterwee gefaat is.


Later in kruisondervraging skep sy die indruk dat Warren tog tot op 'n sekere stadium kort voor die voorval nog teenwoordig was (bl 23:2-22).


Tydens herondervraging ontken sy weer dat Warren hoegenaamd daar was (bl 27:1-4), hoewel die feit dat daar nie na spesifieke stadiums verwys word nie, moonttik verwarring kon skep.



Klaagster se verhouding met Appellant


Die klaagster het weliswaar nooit erken dat sy na haar troue met Karel in 2001 'n seksuele verhouding met die Appellant gehad het nie, hoewel dit blyk dat haar ontkennings in hierdie verband nie heeltemal oortuigend was nie. Sien veral haar huiwering om die geleerde verhoorlanddros vraag in hierdie verband te antwoord op bl 25: 22.


'n Meer belangrike kwessie is egter die effekvan haar aanvanklike erkenning (bl 18:4-9) dat sy by die vorige geleentheid wat hulle gemeenskap gehad het, vir die Appellant gese het dat sy hom nie sal vergewe vir die feit dat hy ln kondoom gebruik het nie.


Dit blyk uit die rekord dat haar ontkenning daarvan onmiddelfik na die erkenning eerder 'n geval was dat sy deur die staatsaanklaer daartoe gelei is, as dat sy 'n bona fide tout reggestel het.


Indien 'n versigtige benadering tot die klaagster se getuienis gevolg was, sou 'n verduideliking vir haar aanvanklike erkenning van die stelEing sekerlik van die kfaagster geverg gewees het. Nie net het die geleerde verhoorlanddros geensins na hierdie aspek in sy uitspraak verwys nie, maar uitdruklik bevind dat daar niks in haar getuienis was wat agterdog gewek het nie.

Die belang van hierdie punt is dat dit 'n motief sou kon wees vir haar aanklag van verkragting, soos wat deur die Appellant beweer is.


Weersprekende getuienis t.o.v. "eerste rapport"


Die klaagster het getuig (bl 14:7-21) dat, nadat die Appellant vertrek het, sy opgestaan het, vir Karel wakker gemaak het en vir horn gese het uKarel, kyk wat het Tot met my gemaak'. Sy het drie maaf, op vrae van die geleerde verhoorlanddros asook die aanklaer bevestig dat dit al woorde is wat sy gese het.


Karel Manu se getuienis het ietwat hiervan verskil. Hy het getuig (bl 29:18-25) dat toe die klaagster horn wakker maak, sien hy sy staan kaal en dat sy toe se sy is verkrag deur die Appellant. Volgens horn het sy ook gehuil.


Buiten die feit dat die klaagster nie getuig het dat sy gehuil het nie en Karel op sy beurt nie haar getuienis van die woorde wat sy gebruik het bevestig nie, strook Karel se getuienis dat sy kaaf was nie met haar getuienis dat sy slegs die een kant van haar broek en dames-broekie uitgetrek het nie.



Verde re aanduidings van verhoorlanddros se versuim om (n versigtige benadering te volg


Die geleerde Verhoorlanddros se steliing aan die beskuldigde (bl 5:23) dat "...as u saamstem, hoefgns nie te bewys dat jy seks met haar gehad het, kan die indruk skep dat hy die saak vanuit die staanspoor nie vanuit 'n totaal objektiewe oogpunt benader het nie. Ek is bereid om te aanvaar dat die gebruik van die woord ,lons" 'n blote en onskufdige glips was, maar wil tog die ooglopende punt maak dat regterlike beamptes sorg moet dra met woordkeuses in sulke omstandighede.


Eerder as om die klaagster se getuienis kilties of met versigtigheid te benader, ondersteun die geleerde verhoorlanddros haar op bl 10:20, waar hy haar in effek lei om te getuig dat sy nie dronk was nie. Die feit dat sy en haar suster saam 2 liter "Koring jou Doring", wat blyk 'n plaaslike alkoholiese

brousel te wees, en 'n onbekende hoeveelheid "Donker Steyn" gedrink het, maar dat sy nie eers kan onthou hoeveel sy gedrink het nie, behoort die vermoede te laat onstaan het dat sy wel onder die invloed van drank was. Die blote feit dat sy getuig het dat sy vir die Appellant nee gese het nadat hy vir seks gevra het, beteken tog nie dat sy nugter moes gewees het nie.


Tydens die Appellant se (onbeholpe) kruisondervraging ten opsigte van die klaagster se getuienis oor die kwessie of die Appellant en Karel die heeltyd in die huis teenwoordig was en of hutle op 'n stadium weg was (bl 24:2-12), het die geleerde landdros daardie die iyn van ondervraging gestop, terwyl mens sou verwag het dat hy aan die onverteenwoordigde Appellant eerder Hn mate van leiding met die ondervraging gee, of ten minste meer tegemoetkomend behandel.


Die punte hierbo uitgeiig noop my tot die gevolgtrekking dat Hn meer versigtige benadering tot die klaagster se getuienis aantoon dat haar getuienis inderdaad nie bevfedigend was nie, en moet ek derhalwe wat dit betref eerbied iglik van die geleerde verhoorlanddros verskil.


Serfs indien die Appellant se getuienis as onbevredigend beskou kan word (hoewel ek nie van mening is dat daar werklik ernstige kritiek teen sy getuienis gelewer kan word), beteken dit nie dat die klaagster se getuienis aanvaar moet word nie aangesien daar steeds bepaal moet word of bo rede­like twyfet bevind kan word dat haar getuienis dat sy toestemming geweier het, waar is (Sien: SvM 2006 (1) SACR 135 (SCA) te para 64).


Hoewel die verhoorlanddros gemefd het dat die klaagster u'n goeie indruk" op horn gemaak het, is dit nie duidelik of hy daardeur verwys na sy waarneming van die klaagster se houding, of na die inhoud van haar getuienis nie (sien bv. S v Gentle 2005 (1) SACR 420 (SCA) te para 16). In ieder geval is hierdie na my mening 'n geval waar die voordele wat 'n verhoorhof geniet nie oorskat behoort te word nie (SvM (supra) te para 41).

Gegewe al die bostaande, is ek van mening dat daar tog redelike twyfel moet wees oor die vraag of die geslagtelike verkeer plaasgevind het sonder die klaagster se toestemming, en sou ek die volgende bevel maak:


"Die Appellant se appel word gehandhaaf en sy skuldigbevinding op die verkragting van Sophia Manu word tersyde gestel."





DC JOUBERT, WnR




EK STEM SAAM





PB FOURIE, R


24 Oktober 2008