South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 298
| Noteup
| LawCite
Niewoudt v Heyl NO (7409/2005) [2008] ZAWCHC 298 (18 November 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELENG)
SAAKNOMMER: 7409/2005
DATUM: 18 NOVEMBER 2008
In die saak tussen:
ACS NIEWOUDT Applikant
en
HARTWIG-GEORG HEYL NO Respondent
UITSPRAAK
D POTGIETER. WnR:
Hierdie is n aansoek om verfof om te appelieer teen die uitspraak wat in hierdie aangeleentheid op 23 Julie 2008 gelewer was. Die toets wat ter sprake is in 'n aansoek soos hierdie is geyk, naamlik, of daar redelike vooruitsigte is van sukses op appel of soos dit ook gestel word, 'n hof van appel tot 'n ander bevinding mag kom ten opsigte van die saak.
Die gronde waarop die applikante om verlof, wie die verweerderes in die hoofsaak was, steun is volledig uiteengesit in die kennisgewing van aansoek om verlof om te appelleer en is ook vandag in argument weereens uitgelig deur mnr De la Rey, wat namens die applikante vandag verskyn net, soos hy gedoen net tydens die verhoor.
Mnr Van der Walt, wie namens die respondent verskyn - die respondent, moet ek byvoeg was die eiser in die hoofsaak en mnr Van der Walt net ook vir horn op daardie stadium opgetree - het geskrewe betoog opgehandig vanoggend en die tersaaklike submissies in daardie verband toegelig. Hy handel onder andere, by die oorweging van die vraag of daar redelike vooruitsigte van sukses op appel is, met die bekende benadering van fn hof van appel tot feitebevindings of afleidings van die verhoorhof, soos uiteengesit in die saak van R v DHLUMAYO AND ANOTHER 1948(2) SA 677 (A), naamlik dat die hof op appel nie ligtelik sal inmeng waar die verhoorhof die saak beslis het na aanleiding van of op die basis van feitebevindings en afleidings wat deur die verhoorhof gemaak was nie.
Hy maak ook die submissie, soos uiteengesit in die geskrewe betoog, dat daar geen basis is waarop 'n hof op appel sal inmeng met die feitebevindings en afleidings in hierdie saak nie. Hy het verwys, onder andere, na die saak van NATIONAL EMPLOYERS' GENERAL INSURANCE COMPANY LIMITED v JAGERS 1984(4) SA 437 (ECD) en ook na die saak waarmee gehandel was in die uitspraak in hierdie aangeleentheid, naamiik STELLENBOSCH FARMERS' WINERY GROUP LIMITED AND ANOTHER v MARTELL-AT-SEA AND OTHERS 2003(1) SA 11 (HHA) asook na twee verdere Hoogste Hof van Appel sake wat basies die benadering in die STELLENBOSCH FARMERS' WINERY GROUP saak bevestig, naamlik LOURENS v OLDWAGE 2006(2) SA 161 (HHA) en DREYER AND ANOTHER NNO v AXZS INDUSTRIES (PTY) LTD 2006{5) SA 548 (HHA). Ook hierdie is 'n geykte benadering tot die beoordelmg van feitlike getuiems waar daar dispute ter sprake is.
Ek moet byvoeg dat at die aspekte waarmee gehandel word in die gronde uiteengesit in die kennisgewing van aansoek om verlof om te appelleer asook in die argument vandag is mee gehandel in die uitspraak in hierdie aangeleentheid. Na my mening sal dit geen doel dien om dit hier te herhaal nie.
Na oorweging van die aansoek asook die argumente wat aangevoer was namens die partye, is ek nie oortuig dat daar Tn redelike vooruitsig is van sukses op appel nie en bygevolg word die aansoek om verlof om te appelleer VAN DIE HAND GEWYS MET KOSTE.
D POTGIETER, WnR